Twee Baie Groot Probleme In Die Kerk!

Die volgende is ‘n uittreksel uit, “The Free and authentic Christian dreams and visions symbols dictionary” as agtergrondinligting vir hierdie inskrywing.

Bull

To understand the symbol of a bull in dreams and visions you need to know this; a bull does not recognize its owner and would quite easily attack its owner. Similarly some Christians do not always recognize the ways and the will of God in the church. They do not recognize the anointing of God on people. They do not recognize the move of the Holy Spirit in the church. They usually resist people who are anointed by God or who are led by the Holy Spirit. To them, attacking an anointed servant of God is not a big deal. They are totally unaware of the fact that they are in conflict with God when they do so. Many people with this attitude go after the five-fold ministry and people who operate in the gifts of the Spirit with the intention of hurting them and there ministries. Although some of them speak in tongues, they are still very skeptical towards the gifts of the Spirit. They are usually under the influence of people who actually resist God and his kingdom entirely.

Bull (Red)

Red bulls symbolize a person or a group of people who are more aggressive than usual. Such people do not have a problem with openly showing their discontent towards members of the five-fold ministry. They thrive on conflict and are very active in their campaigns and resistance against anointed preachers.

Bull (Black)

Black bulls symbolize a person or a group of people who resist anointed people because of an inherent state of unbelief. They just do not believe that the God of the universe still heals people, still baptizes people in the Holy Spirit and still casts out demons through the ministry of his children. To them God does not speak anymore. They believe that God said everything that He wanted to in the Bible and that He does not communicate with his children other than through the Bible. Because of this belief they actively resist anointed people of God who functions in the gifts of the Spirit.

– The Free and authentic Christian dreams and visions symbols dictionary

Hierdie gesindheid het ‘n nou verband met simbole soos “luiperds”, “tiere” en “katte” in drome en visioene. “Luiperds” is nog meer aggressief en vernietigend as “bulle”.

In Augustus 2014 het God twee baie groot probleme in die kerk baie duidelik in ‘n droom aan my uitgewys. Twee groot jagluiperds was baie prominent in die droom. Daar was ook ‘n derde kleinerige jagluiperd welpie in die droom wat ook baie prominent was. Ek sal in ‘n volgende skrywe oor hierdie welpie skryf. Die twee groot jagluiperds was egter baie prominent omdat hulle die kinders van God in die kerk op ‘n vernietigende dwaalspoor gelei het en steeds lei. Dit kom al ‘n lang pad in die institusionele kerk. Die kinders van die Here was in die droom absoluut gefassineer deur hierdie twee vals leerstellings en ook deur mense wat hierdie leerstellings versprei. In die droom was hierdie twee jagluiperds in ‘n oop vertoonkas en het mense fotos geneem en hulle met bewondering bejeën.

Die welpie het los tussen die kinders van die Here rondgeloop en was bewonder en vertroetel. Jagluiperds verteenwoordig egter mense wat Godslasterlik optree teen die Heilige Gees en ook lasterlik optree teen Heilige Gees vervulde kinders van God. Hierdie mense tree vinnig en genadeloos op teen Heilige Gees werking in die kerk. Ook teen Gees vervulde kinders van God wat in die gawes funksioneer. Hoewel hulle meesal self kinders van God is en dikwels onwetend verlei word, ervaar hulle ongelukkig die negatiewe gevolge daarvan en gaan hulle ongetwyfeld die wrang vrugte pluk van dit wat hulle gesaai het. (Lees onderaan hierdie skrywe watse vernietigende gevolge sulke mense moet trotseer as gevolg van hulle dade)

Die twee groot probleme in institusionele kerk is die volgende:

  1. Prominente kerkleiers en ook ander kinders van die Here het daarin geslaag om kinders van God absoluut agterdogtig te maak teenoor die gawes van die Heilige Gees. In werklikheid het die duiwel daarin geslaag, met die hulp van hierdie mense, om die gawes van die Gees toe te draai in ‘n waas van agterdog. Selfaangestelde beskermers van die kerk verkeer onder die wanindruk dat hulle God en die kerk ‘n guns bewys maar in werklikheid is hulle instrumente in die hand van die duiwel. Om hierdie rede funksioneer die gawes van die Gees amper glad nie in die institusionele kerk nie.

  2. Vyfvoudige bedienaars en gemeentes wat wel nog in die gawes funksioneer word meedoënloos aangeval, beskinder en belaster. Ook ander Christelike bedienaars wat suksesvol in hulle bedienings funksioneer, word ook meedoënloos beskinder en afgebreek.

Die gawes van die Gees

Die gawes van die Gees is baie belangrik in die kerk van God. God het dit ingestel sodat Hy sy kinders en ook die gemeentes daardeur kan versterk, stig, bemoedig en toerus vir hulle dienswerk. Hierdie dienswerk is eintlik die voortsetting van die verlossingswerk van Jesus Christus in en deur sy kerk. Ons kan dit nie uit onsself doen nie en daarom is die gawes van die Gees nodig.

Dit is nodig vir die fisiese realisering van geestelike bediening in die kerk. Dit maak die almal deelnemende en almal funksionerende aspek van die konings en priesters van God moontlik.

1 Kor. 14:26

Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging – laat alles tot stigting geskied.

Paulus sê in 1 Kor. 14:1 die volgende:

beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.

Hy sê ook in vers 12 die volgende:

So moet julle ook, terwyl julle streef na die geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.

Hy sê ook in vers 39 die volgende:

Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

Hy sê ook in Rom 15:2 die volgende:

Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.

Die Skrif is baie duidelik oor die doel, die waarde en die erns van die geestelike gawes. Dit kan ook nie anders nie. Dit is een van die twee pilare waarop gemeente lewe staan.

Wat Paulus eintlik vir ons sê in 1 Kor. 12:1-11 is die volgende: En wat die geestelike gawes betref moet julle nie onkundig wees nie, wees gerus daaroor want in die byeenkomste, deur middel van die gawes, praat God met julle. Moenie vrees nie, want dit is nie feilbare mense wat met julle deel as julle bymekaarkom nie. Dis is God self deur die Heilige Gees. Julle is in veilige hande. Julle hoef nie op mense staat te maak in hierdie verband nie. Dit is nie maar net ‘n klomp mense wat bymekaarkom en probeer om mekaar te leer en te bemoedig nie. Die lewende God is self daar in julle midde. Daar waar Ala, Mohammed en Boeddha se volgelinge bymekaarkom is dit net mense wat bymekaarkom want hulle gode lê iewers in ‘n graf, hulle is dood. Hierdie mense leer deur die intellek want daar is geen gees van hulle gode teenwoordig nie. Ons dien egter ‘n lewende God wat deur sy Gees met ons bemoeienis maak en met ons praat.

Paulus gaan hier ook verder met die volgende woorde: Niemand wat deur die Gees van God spreek sal Jesus Christus ‘n vervloeking noem nie. Wees gerus. Iemand wat deur die Gees van God spreek is nie vyand nie. God gee julle selfs die gawe van onderskeiding van die geeste as ‘n veiligheidsnet. Dan gaan hy verder deur vir hulle te sê dat dit eintlik die Heilige Gees is wat alles in almal werk al is daar ‘n verskeidenheid van genadegawes, bedieninge en werkinge. Paulus sê eintlik vir die Nuwe-Testamentiese kerk dat mense nie in die Naam van Jesus kan wandel, lewe en spreek en Hom dan sal vloek of ‘n vervloeking noem nie. Wees gerus, God is in beheer.

God sê eintlik vir ons in sy woord hier om nie ‘n gees van vreesagtigheid te hê aangaande die gawes van die Gees nie. Hy is in beheer. Niemand sal enige skade aanrig nie. God beskerm ons teen vals leringe en vals profete. Ons hoef regtig nie so kleingelowig te wees nie. Die Skrifgedeelte met betrekking tot “om nie ’n gees van vreesagtigheid te hê nie” kan in alle situasies toegepas word maar dit is eintlik in die Skrif in die konteks van die gawes van die Gees gebruik. Dit is ’n direkte verwysing na die Gees gawes.

God is ‘n “komplekse” wese en Hy het ál hierdie gawes, bedieninge en werkinge nodig om die dieptes en veelvuldige dimensies binne die Godheid aan ons te openbaar, asook al die dimensies aangaande sy koninkryk en al die dimensies aangaande ons komplekse menswees. Ons praat nog nie eens van sy verlossingswerk deur middel van die gawes van die Gees nie. As ons nie die genadegawe van genesing gehad het nie sou niemand van ‘n siekte genees kon word nie. Hy doen dit dan ook deur almal; Hy doen dit nie deur een mens nie.

Die institusionele kerk het die geestelike gawes van God verwerp inruil vir die woorde, aksies en insae van mense. Laat die Pastoor eerder praat en preek en vir ons bid. Is dit nie presies wat die Israelitiese volk by die berg Sinai gedoen het nie? Laat Moses eerder met ons praat. Dit was die hele fokus en doel van die “jagluiperd” of “waarskuwing” “bedienings” in die kerk. Die werklike fokus was om God stil te maak in ons byeenkomste.

Ek wil ’n baie belangrike stelling maak aangaande die Gees gawes: Die Gees gawes is gelyk aan ‘n Lewende God wat praat en doen. Dit is waaroor die Gees gawes eintlik gaan. Sonder die Gees gawes is God in werklikheid in ‘n groot mate gebind.

Die aanval op die gawes van die Gees en die aanval op Gees vervulde bedienaars van God

Jy het seker ook al die leuens oor die geestelike gawes gehoor: “Die Heilige Gees gawes is nie meer vir vandag nie. Dit was net vir die Apostels en vir die Nuwe-Testamentiese kerk. God het die Bybel klaar geskryf en Hy praat nie verder met ons nie behalwe deur sy woord. Wat Hy vir ons wou sê het Hy klaar in sy woord gesê. Daarom is daar nie meer tale, uitleg van tale of profesie nie. Net sekere gawes het oorgebly; die meeste bestaan nie meer nie. God maak ook nie meer gesond nie. Dit was net deur Jesus en die apostels in die Nuwe Testament gedoen om die evangelie te vestig. Daarna was genesing nie meer nodig nie (mense kan maar siek bly?!). Dit was net ‘n teken van God om te bevestig dat Jesus en die apostels deur Hom gestuur was. Die Bybel is geskryf en die mense het geglo; daarom is die dae van wonderwerke verby. Die doping in die Gees is ook verby, dit was net vir Jesus en die apostels omdat dit nodig was vir die Gees gawes. Omdat daar nie meer Gees gawes is nie, is die doping in die Heilige Gees nie meer nodig nie.”

Ons het almal al een of ander tyd tenminste van hierdie leuens gehoor indien nie almal nie. Waar kom dit vandaan en hoekom glo die kinders van die Here hierdie leuens?

Dit is in die hel gebore en die doel daarmee was nog altyd om die outentisiteit van Jesus Christus te bevraagteken en ook om die lewende God van die Christendom “stil” te maak. As Hy nie kan “praat” en “doen” nie dan is Hy net soos ander dooie gode. As Hy nie kan praat en doen nie dan bly net die geskrewe woord oor; en die geskrewe woord kan baie maklik verdraai word want die mense, insluitende Christene, ken nie die woord van God nie; hulle glo baie maklik wat aan hulle vertel word. Soos ek gesê het, die duiwel het met hierdie leuens daarin geslaag om die Gees gawes in baie kinders van die Here se lewens toe te wikkel in ‘n “waas” van wantroue en agterdog. Dit is verstommend hoeveel kinders van God skepties is oor die Gees gawes en hoeveel van hulle bang is daarvoor.

God het geweet dat daar ‘n baie groot aanslag op die outentisiteit van die Gees gawes sou wees. Daarom het Hy Paulus gelei om ‘n paar hoofstukke daaroor te skryf om die vrae daaromtrent te beantwoord, duidelikheid daaroor te gee en aan sy kinders te bevestig dat die Gees gawes eerstens van Hom af kom, tweedens hoekom Hy dit geskenk het en derdens hoekom dit nie sal ophou totdat Hy weer kom nie. Die Skrif bevestig hierdie stellings duidelik en sonder twyfel. Die rede dan hoekom die kinders van die Here die leuens glo is omdat hulle nie die Skrif ken nie en ook nie die krag van God ken nie.

Matt 22:29

Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

Daar was reeds in die Nuwe-Testamentiese kerk probleme met mense wat nie die gawes van die Gees wou aanvaar nie. Inteendeel, Jesus Christus Homself het probleme met mense gehad met betrekking tot die gawes van die Gees.

Kom ons kyk hoe het Jesus gereageer toe Hy oor die gawes van die Gees aangevat is:

Lukas 11:15, 17, 18, 20

Maar sommige van hulle sê: Deur beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit. Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ‘n huis wat teen homself is, val. En as die satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat ek deur beëlsebul die duiwels uitdryf. Maar as ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.

In dieselfde voorval in Matt 12:28 sê Jesus:

Maar as ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

Hier sien ons dat Jesus nie in sy eie krag die duiwels uitgedryf het nie maar deur die Gees van God. En hier sien ons ook hoekom daar vandag so ‘n hewige aanval op alle kinders van God is wat kragtig in die Gees opereer. Dit het al met Jesus gebeur! En ons sien ook vandag dat sulke manifestasies aan demoniese aktiwiteite gekoppel word net soos die fariseërs dit ook gedoen het. Hoekom? Want hulle kon nie die werklikheid ontken nie. Daar voor hulle oë kon almal sien hoe siekes genees word en hoe duiwels uitgedryf word. Hulle kon dit nie ontken nie. Die aangewese alternatief is om daardie aksies en manifestasies aan duiwels toe te skryf. Hoe kan jy anders die argument wen? As jy erken dat dit deur die Gees van God is dan moet jy ook erken dat Jesus die Seun van God is. En dit is presies wat die fariseërs nie wou doen nie. Hulle wóú Jesus verwerp omdat Hy hulle posisies en geloof ongedaan kom maak het maar ook omdat Hy nie ‘n fisiese koninkryk op aarde kom vestig het nie. Hulle wou die juk van Romeinse oorheersing afwerp maar Jesus was nie te vinde daarvoor nie. Hy het die werke van sy Vader kom doen. Hy het nie in mense se persoonlike aspirasies en persoonlike behoeftes kom voldoen nie.

Jesus sê ook met betrekking tot die Heilige Gees gawes twee baie belangrike dinge: Hy sê in (vers 30) van dieselfde Skrif die volgende: Hy wat nie met my is nie is teen my; en hy wat nie saam met my versamel nie, verstrooi. Almal wat dus teen die Heilige Gees gawes is, is teen Jesus en hy verstrooi. Die aanval op die Heilige Gees gawes (vers 31) word as sonde teen die Gees van God beskou. Hoe dan anders want so ‘n mens noem die Gees van God “satan” en “duiwel” en sy werkinge “demonies” en ek dink dit is hoekom dit so ‘n mens nie vergewe word nie. Dit is ’n verskriklike belediging! Daarmee sê ek nie dat almal wat teen die Heilige Gees gawes is ‘n sonde gepleeg het wat nie vergewe kan word nie. Dit is egter gevaarlik om Godslasterlik teenoor Gees gawes op te tree.

Jesus sê dat omdat Hy dit deur die Gees van God doen, het die koninkryk van God by julle gekom. As ons dan bymekaarkom en elkeen word deur die Gees van God gelei in die Heilige Gees gawes, dan is dit die openbaring en realisering van God se koninkryk daar in ons midde! Sy koninkryk word op aarde gevestig deur sy Gees! Die koninkryk van God het by julle gekom. Die woorde “koninkryk van God” en “die gawes van die Gees” kan nooit geskei word nie, want die koninkryk van God word deur die Gees gevestig.

Hoe het Paulus dwaalleer in die kerk hanteer?

As mense wel kinders van die Here wil waarsku teen dwaalleer, hoekom doen hulle dit nie op die Bybelse manier nie? Paulus was vir ons ‘n baie goeie voorbeeld hierin:

  1. Hy het nooit mense belaster en persoonlik aangeval nie.

  2. Hy het nooit name genoem en mense in die openbaar afgebreek nie, maak nie saak hoe skuldig hulle aan wat ook al was nie.

  3. Paulus was nooit aktief betrokke by ‘n “waarskuwings” veldtog of bediening nie.

  4. Paulus het baie min van sy tyd aan die “waarskuwing” aspek gewy. Hy het 99% van sy aandag en energie aan die Persoon Jesus Christus gewy. Hy was elke dag besig om Jesus Christus te verkondig. Wys na Jesus en jy wys na die outentieke Woord van God. Wys vir die mense hoe ‘n ware 100 rand noot lyk en hulle sal die vervalsing dadelik herken as hulle dit sien. Jy hoef nie op allerhande vervalsings te fokus nie. Paulus se fokus was nie op die negatiewe of op mense nie. Sy fokus was nie op ‘n ander bediening behalwe om Jesus Christus aan die mensdom te verkondig nie. Sy primêre funksie was om Jesus Christus te verkondig en hy het al sy tyd daaraan bestee. God het nie beskermers nodig in sy kerk nie.

  5. Paulus het gewoonlik vir die kinders van die Here gewaarsku teen mense wat iets anders as Jesus Christus verkondig. Hy het sulke mense valse apostels genoem. Vergelyk hierdie paar Skrifgedeeltes met ander Skrifgedeeltes wat na Jesus wys en jy sal vinnig agterkom dat Paulus beslis nie in die “waarskuwing” bediening was nie.

  6. Paulus het beslis niemand gewaarsku teen die gawes van die Gees nie of vals gawes van die Gees nie. Hy het net gewaarsku teen Ou-Testamentiese gebruike of wettiese leerstellings. Hierdie leerstelling het die kinders van die Here hulle vryheid ontneem en hulle diensbaar aan mense sowel as die Joodse wet gemaak. Tweedens het hierdie leerstellings die genade werk van Jesus Christus ongedaan gemaak. Daarom het Paulus gesê dat as enigiemand ‘n ander evangelie as Jesus Christus, die gekruisigde, verkondig, dan moet hy vervloek wees. Daarmee was dit afgehandel. Paulus het genoeg vertroue in die kinders van God gehad om self verder die waarheid te volg. Elke kind van God het die Heilige Gees en weet alles. Ons het nie nodig dat enigiemand ons leer nie. God lei ons in alle waarheid in. Ons het almal die Heilige Gees en kan almal valse leerstellings identifiseer en daarteen optree as ons dit sien. Die probleem is egter dat vyfvoudige bedienaars waarskuwings veldtogte teen God ingestelde bediening voer en Gees vervulde bedienaars van God voer asof dit, of hulle, valse leerstellings of valse bedienaars is.

  7. Natuurlik moet die vyfvoudige bedienaars die kerk waarsku teen dwalinge. Ek ontken dit nie. Maar Paulus het vir ons gewys hoe. Dit word definitief nie gedoen deur middel van die meedoënlose swartsmeer veldtogte teen die Heilige Gees gawes en teen Heilige Gees vervulde bedienaars van God soos wat dit vandag gedoen word nie. Hierdie veldtogte is satanies gedrewe strategieë om die werk van God af te breek. Elkeen wat daarmee besig is, is ‘n werktuig in die hande van satan.

Wat is die effek wat hierdie tipe optrede op kinders van die Here het?

Ons weet dat baie van hierdie mense nie kinders van God is nie. Baie is sataniste, baie is bloot ongeredde mense of goddelose mense. Die meeste van hulle het die kerk van God ingesypel en is besig met hulle vernietigingswerk onder die vaandel van Christenskap. Op hierdie manier lei Godslasterlike goddelose mense die heiliges van God op ‘n dwaalspoor. Selfs Gees vervulde kinders van die Here word gruwelik mislei.

2 Tim 3:13

Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

Dit is hierdie Gees vervulde kinders van God waaroor ek eintlik hierdie gedeelte vandag skryf. Nie net word hulle self deur hierdie goddelose mense mislei nie maar sommige van hulle gaan voort om ook ander kinders van die Here te mislei. Sodoende trek hulle nie net ander mense saam met hulle in die draaikolk van wantroue, agterdog en depressie in nie maar word erge skade aan die kerk van God gedoen. Wat is die werklike gevolge hiervan op die kerk en op die kinders van God?

  1. Hierdie kinders van God begin fokus verloor. In stede van die evangelie van Christus en in stede van op Jesus Christus te fokus, begin hulle op hulle “waarskuwing” bediening te fokus. Hulle is gereeld besig om giftige literatuur deur middel van epos en ander media aan te stuur en te versprei. Dit word hulle “evangelie”.

  2. Hulle word ingetrek deur die magte in beheer van hierdie veldtogte of bedienings en begin tred verloor met wat werklik van God af is en wat nie van God af is nie. Omdat hulle saam in dieselfde veldtog is moet hulle saampraat oor dieselfde goed. Die onderwerpe (vals leerstellings) en die mense (vals profete) wat teen gewaarsku (swartgesmeer) moet word, word mettertyd deur almal in die groep aanvaar. Op hierdie manier word ware God ingestelde leerstellings en Gees vervulde bedienaars deel van die lys van werklike valshede waarteen gewaarsku word. Baie van die dinge waarteen hulle waarsku is werklik vals leerstellings, dit ontken ek nie.

  3. Omdat hulle fokus nie op Jesus Christus en Hom alleen is nie, begin hulle liefdesverhouding met Hom skade lei. Dit lei tot ‘n stelselmatige aftakeling en verwydering. ‘n Geestelike “verhouding” geloof maak plek vir ‘n “godsdiens” geloof. Die uiteinde daarvan is ‘n dooie oppervlakkige godsdienstige geestelike lewe. Hoe dan anders as ‘n mens teen die gawes van die Gees staan. Daar is nie diepte en krag in hierdie mense se lewens nie. Alhoewel baie van hulle Gees vervulde vyfvoudige bedienaars in selfs pinkster kerke is, is die kragteloosheid in hulle bedienings vir ander mense duidelik sigbaar. Hierdie mense is egter salig onbewus van hierdie negatiewe gevolge. Amper almal van hulle is onder die indruk dat alles nog klopdisselboom in hulle bedienings is. Baie vyfvoudige bedienaars lei aan die spreekwoordelike “denial” sindroom. Hulle is steeds aktief besig om die evangelie van Christus te verkondig en aktief besig om ywerig vir God te werk. Daarom is hulle onbewus van die negatiewe gevolge van dit waaroor hierdie skrywe gaan.

  4. Hierdie kinders van God is salig onbewus van die feit dat hulle eintlik teen Christus en teen die Heilige Gees is. Omdat hulle nie saam met Hom versamel nie is hulle eintlik besig om te verstrooi. Hulle rig onbeskryflike groot skade aan in die kerk van God. Hulle beswadder, hulle beskinder, hulle laster, hulle Gods laster, hulle breek af, hulle gooi om, hulle vernietig, hulle promoveer die negatiewe, hulle skep agterdog, hulle boesem vrees in, hulle bring wanhoop, hulle skaad vertroue in mense en in God.

  5. Nie net word hulle self slagoffers van dit wat hulle verkondig nie maar hulle trek baie ander mense saam met hulle in hierdie afgrond in.

Hoekom skryf ek hierdie gedeelte?

Ek skryf dit om die kinders van God wat hiermee besig is te vra om hulle van hierdie praktyk te bekeer. Fokus op Christus en fokus op sy wonderlike verlossingswerk. Moenie die gawes van die Gees teëstaan nie. Moenie die Heilige Gees bedroef nie. Moenie betrokke raak in dinge waarvoor jy nie geroep is nie. Moenie deelneem aan swartsmeer veldtogte nie. Moenie ‘n instrument in die duiwel se hande word nie.

Aan kinders van God wat nie deel hiervan is nie is my versoek om nie deel hiervan te word nie. Moenie in hierdie slagyster trap nie. Distansieer jouself van hierdie mense. Vermy hulle en dit waarmee hulle besig is. Bestudeer eerder die woord van God. 2 Timotheus 3:16 sê mos dat die hele Skrif deur God ingegee is en dat dit nuttig is tot lering, tot weerlegging.

Vra ook die Heilige Gees om jou te lei in alle waarheid. Dit is in werklikheid die Goddelike metode van beskerming teen dwalinge. “Waarskuwing” bedienings en veldtogte is in die hel gebore en kom definitief nie van God af nie. Die uiteinde daarvan is ‘n dooie godsdiens en dit lei altyd net tot skade.

Vir meer informasie oor huiskerke, kry die boek, “Huiskerke, Hoe? Hoekom?”, op die “Hulpmiddels” bladsy.

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment