Outentieke Bybelse leierskap

Leierskap in die kerk is een van die onderwerpe wat menige skrywers al deur die jare dikwels oor geskryf het. Seminare en kursusse oor leierskap in die kerk word voortdurend wêreldwyd aangebied. Leiers preek en leer daaroor van die kansels af. Baie is gesê maar min van dit wat gesê is kan deur die woord van God ondersteun word of as Bybel gefundeerd beskou word. Myns insiens is daar deur die jare te veel van leiers gemaak en te min van die mens in sy hoedanigheid as God aangestelde priester en koning in die koninkryk van God. Dit is vir my ‘n uitgemaakte saak dat leierskap sisteme in die kerk, soos ons dit ken, nie deur God ingestel is nie.

Bybel gefundeerde leierskap is eintlik heel onbekend in die kerk. Dit wat ons sien is hoofsaaklik leierskap volgens wêreldse metodes. Die Romeinse ryk (Keiser) en die Katolieke kerk het die geestelike vyfvoudige bediening struktuur van die kerk verander deur dit te vervang met ‘n posisionele en ‘n hiërargiese leierskap struktuur. Deur die jare heen het dit parallel met leierskap in die staat asook in die besigheids wêreld ontwikkel.

Hierdie ontwikkeling het egter presies volgens wêreldse metodes en standaarde plaasgevind. Insette van beide die besigheids wêreld asook landsregerings is oor en weer met insette van die kerk aangepas om leierskap te ontwikkel tot dit wat ons vandag ken. Dieselfde aanbieders en deskundiges wat seminare vir die kerk aanbied bied dikwels dieselfde materiaal net so vir die besigheids wêreld aan. In baie gevalle word die studie materiaal, strukture en sisteme net so vanuit die besigheids wêreld oorgeneem en in die kerk geïmplimenteer. Dit was amper ‘n vanselfsprekende stap wat geneem is omdat die institusionele kerk presies soos ‘n besigheid funksioneer en bestuur word.

Hierdie metodes is in werklikheid van geen nut in die geestelike kerk van God nie. Wanneer ek sê van “geen” nut nie is dit alles behalwe oordrywing. Dit is letterlik van geen nut nie. God beheer sy kerk en sy gemeentes deur die Heilige Gees. Enige metodiek van enige aard het geen plek in die heilige interaksie tussen God en mens nie. Selfs tydens interaksie tussen mede gelowiges het wêreldse metodiek geen plek nie.

In die besigheids wêreld word sekere kwaliteite of karaktertrekke met betrekking tot ‘n leier as goeie kwaliteite of goeie karaktertrekke beskou. Sekere persoonlikheidseienskappe word dikwels as voordelig of as ‘n vereiste vir leierskap beskou. Die besigheids sektor en ook die kerk is gedurig op soek na mense met hierdie tipe persoonlikhede en eienskappe om die betrokke maatskappye, gemeentes of departemente suksesvol te bestuur.

Mense met sulke eienskappe of kwaliteite word verder ontwikkel deur middel van besigheidsbestuur kursusse en seminare. In die kerk van God is ‘n hele nuwe kultuur met betrekking tot leierskap ontwikkel en in plek gesit. Net soos in die besigheids sektor word deeglike onderhoude met aspirant “bestuurders” gevoer om seker te maak dat hulle die regte kwaliteite het vir die posisie waarvoor aansoek gedoen is. Ja, daar word beslis na geestelike kwaliteite ook gekyk maar deur dieselfde bril as wat die besigheids sektor na kwaliteite kyk. Eintlik is die institusionele kerk genoodsaak om na hierdie kwaliteite te kyk want die meganiese struktuur van die institusionele kerk is van so aard dat sulke mense aangestel móét word om sukses te verseker.

In werklikheid beteken al hierdie eienskappe, kwaliteite en selfs karaktertrekke vir God net mooi niks nie. Dit maak nie saak watse persoonlikheid jy het of watse eienskappe jy het nie. God gebruik elke mens in sy koninkryk doeltreffend omdat elke mens deur die Heilige Gees bedien. Elkeen word deur die Gees gelei en elkeen funksioneer deur middel van Gees werking. God (Christus) is in die Nuwe-Testamentiese opset werklik en prakties Hoof van die gemeente. Hy lei die gemeente na geestelike hoogtes en in hemelse dimensies in deur middel van die Heilige Gees. Ons hoef letterlik geen wêreldse leierskap eienskappe te hê om ‘n handige instrument in God se hand te wees nie.

As ons dit wel het dan moet ons dit eintlik neerlê ter wille van Heilige Gees leiding en Heilige Gees werking in ons lewens. In ons privaat hoedanigheid kan ons hierdie eienskappe gebruik maar in die kerk het dit geen plek nie. In die geestelike struktuur van die ware Nuwe-Testamentiese kerk is geen organisasie ter sprake nie en daarom is hierdie eienskappe nie nodig nie. God gebruik almal en Hy gebruik elkeen net soos wat hy is. Daar is ‘n plekkie vir almal in die liggaam van Christus. Dit maak nie saak hoe of wat of wie jy is nie. God maak elkeen bekwaam deur die Heilige Gees.

As jy die stellings wat in hierdie boek gemaak word in die institusionele kerk struktuur probeer toepas gaan niks vir jou sin maak nie. Bybelse beginsels is vir die ware geestelike kerk van God; die “Ekklesia”. Daardie klein eenvoudige familie tipe struktuur wat om Jesus Christus as die Hoof van die gemeente vergader. Daar werk Bybelse beginsels met betrekking tot leierskap. Daar kan alle Bybelse beginsels ook in die algemeen doeltreffend toegepas word.

Selfs voltydse vyfvoudige bedienaars in die ware Nuwe-Testamentiese kerk het geen leierskap kwaliteite nodig nie. Die Bybel sê baie duidelik presies wat vyfvoudige bedienaars nodig het. Inteendeel, ons almal, selfs ons wat net gewone lidmate in ‘n Nuwe-Testamentiese huiskerk gemeente is, het ook net dit nodig wat so duidelik in die boek Timotheus vir die vyfvoudige bedienaars uitgespel word. Kom ons kyk ‘n bietjie daarna:

Beskeie, ingetoë, onderdanig, onberispelik, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig (moet die Skrif ken), vriendelik, sy eie huis goed regeer (volgens die woord van God en ‘n goeie voorbeeld wees), ervare, waardig, ‘n rein gewete hê, goeie morele standaarde handhaaf, getrou wees, nie lui wees nie, ‘n goeie voorbeeld wees, regverdig wees, God lief hê, in liefde wandel met sy familie en medemens.

Hierdie is alles Bybelse vereistes wat van ‘n vyfvoudige bedienaar verwag word. Dit verg net gehoorsaamheid om hierdie eienskappe deel van jou lewe te maak. Almal kan dit doen ongeag jou natuurlike persoonlikheid of natuurlike eienskappe. Wanneer hierdie goed deel van ‘n man of ‘n vrou se lewe is dan kan God hom of haar doeltreffend aanwend in sy koninkryk. Die Heilige Gees sal so ‘n mens wonderlik kan lei om presies dit te doen wat Hy deur hom of haar wil doen. Die enigste verskil tussen die gewone gemeentelid en ‘n vyfvoudige bedienaar is dat die vyfvoudige bedienaar die Skrif goed ken en ook dat die vyfvoudige bedienaar meer ervaring het. Hy is al langer op die geloofspad en dien die Here al langer as die gewone lidmaat. Hy het ondervinding met betrekking tot gemeentelewe en Christenskap wat die nuweling nog nie het nie.

Vyfvoudige bedienaars moet allermins hulleself in wêreldse leierskap ontwikkel. Dit is nooit die gewenste ding om te doen nie. Vyfvoudige bedienaars moet eerder alles in hulle vermoë doen om Jesus Christus te ken. Hulle moet die diepte en breedte en lengte en hoogte van sy liefde so goed ken dat dit volkome deel van hulle wese word. ‘n Intieme liefdesverhouding met Hom is die eerste en belangrikste vereiste. Tweedens moet hulle ‘n baie groot liefde vir mense hê. Hoe intiemer hulle verhouding met Jesus Christus is hoe dieper sal hulle liefde vir mense word. Derdens moet hulle die woord van God baie goed ken.

Hierdie reeks beskryf die eenvoud en doeltreffendheid van ware Bybel gefundeerde leierskap. Die kerk mis die merk totaal en al wat hierdie onderwerp betref. God is egter besig om die ware Nuwe-Testamentiese waarhede ook op hierdie gebied te herstel. Wanneer u die boek lees moet u die stellings in verband bring met die Nuwe-Testamentiese huiskerk gemeente. Om hierdie waarhede met die institusionele kerk te probeer vereenselwig sal absoluut onmoontlik wees.

LEIERSKAP VOLGENS DIE NUWE-TESTAMENTIESE VOORSKRIFTE

Jesus word ervaar soos wat Hy Homself openbaar. Hy openbaar Homself deur middel van die gawes van die Gees. Hy openbaar Homself deur middel van die almal deelnemende en almal funksionerende bediening van die heiliges. Daar waar Hy die Hoof is en in beheer is, daar is die openbaring van Homself verhewe, onbeperk en tot eer en verheerliking van sy Heilige Naam. Daar waar Hy nie in beheer is nie, daar is die openbaring van Homself gedeeltelik, beperk en klein.

Om dit beter te verstaan moet ons kyk na Jesus se lewe en ervarings toe Hy die aarde bewandel het. Ons moet ook kyk na sy interaksie met die kerkleiers van die tyd:

Jesus was nie ‘n welkome besoeker toe hy op 30 jarige ouderdom die godsdiens van die Jode deurmekaar kom krap het nie. Hy was op ‘n missie en daardie missie was nie van ‘n populêre aard nie. Hy moes die wettiese, dooie godsdiens en geloof van die Joodse leiers onverskrokke aan die kaak kom stel. Hy het nie doekies omgedraai nie. Dit wat Hy op aarde kom vind het was nie wat God ingestel het nie. Dit was ‘n dooie godsdiens wat die Joodse leiers van die Ou Testament vir hulleself ingestel het net soos wat die institusionele kerk vir hulleself ingestel het. So het hulle ook in die loop van die jare stelselmatig veranderings ingestel en die “verhoudings geloof” van Abraham, Isak, Jakob, Dawid en Samuel verander in ‘n wettiese godsdiens. Dit was ook maar ‘n “organisasie geloof”. Net soos wat die institusionele kerk van vandag ook gekonfronteer word met die werklikheid van ’n verhoudings geloof, net so het Jesus ook die fariseërs en ander Joodse leiers gekonfronteer. Kan die institusionele kerk gekonfronteer word vir instellings wat hulle uitgevoer het? Die geskiedenis van die Katolieke kerk en ook van die Romeinse ryk beantwoord hierdie vraag vir ons onomwonde.

Daar is dus ‘n vergelyking tussen die institusionele kerk en die Joodse leiers van die Nuwe Testament. Dit is egter hier waar die ooreenkoms tussen Joodse leiers en die institusionele kerk ophou. Die Joodse leiers was bose leiers en hulle het vir Jesus Christus totaal verwerp, wat nie die geval is met die institusionele kerk nie. Die institusionele kerk is gevul met pragtige, Gees vervulde leiers en kinders van God wat Hom in gees en in waarheid aanbid met die mooiste motiewe, ywer en gesindheid. Hulle het God lief en wil Hom behaag. Dit is ook dan hoekom God hulle seën en met hulle saamwerk. Dit is per slot van rekening nie hulle skuld dat die kerk die roete geloop het wat dit geloop het nie. Hulle het ook maar geërf wat lank gelede en oor jare plaasgevind het.

Die Nuwe-Testamentiese Joodse leiers het egter ongelukkig voortgegaan waar hulle Ou-Testamentiese kolegas opgehou het. Vir elke leier en elke kind van God kom daar egter ook ‘n dag waarop hulle sal moet besluit of hulle voortgaan waarmee hulle besig is en of hulle gaan aanbeweeg. Die wolkkolom het reeds begin beweeg. Dit het tyd geword dat die kerk kamp afslaan en saam met die wolkkolom begin beweeg. Daar is praktiese metodes hoe gevestigde institusionele gemeentes die oorgang na huiskerk gemeentes kan maak sonder te veel ongerief. Dit gebeur reeds in baie lande.

Om terug te keer na die konfrontasie wat plaasgevind het tussen Jesus en die Joodse leiers, kyk wat sê Mattheus hieroor:

Matt. 15:1-3

Toe kom daar skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem na Jesus en sê: Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die ou mense? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering? Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe. Maar julle sê: Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is ’n offergawe — dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie. So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

Matt. 23:1-39

Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie. En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.

En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges
en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi! Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders. En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is. Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus. Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word. Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ’n swaarder oordeel ontvang. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as julle self. Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: 
Elkeen wat sweer by die tempel — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig? En: Elkeen wat sweer by die altaar — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig? Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is; en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon; en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie. Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het. Maak die maat van julle vaders dan vol! Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gesel en van die een stad na die ander vervolg, sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaria, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar. Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom. Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

‘n Plek waar Jesus tuis kon wees

Uit bogenoemde Skrifgedeelte is dit baie duidelik dat Jesus nie tevrede was met wat Hy gevind het in terme van die Jode se geloof nie. Hy was nie tuis in hierdie mens ingestelde godsdienstige opset nie. Hy het Hom dan ook duidelik uitgespreek daarteen. Uit die bogenoemde Skrifgedeelte is dit nie moeilik om te verstaan dat Jesus ‘n gehate persoon vir die Jode was nie en dat hulle Hom verag het nie. Hy is uitgekryt vir ‘n vraat en ‘n wynsuiper en selfs dat Hy ‘n werktuig in die Satan se hande was. Daar was mettertyd ‘n openlike vyandigheid teenoor Hom gewees en die Jode was daarop uit om Hom aan die kaak te stel met allerhande strikvrae en om Hom uiteindelik te vermoor.

Hierdie wêreld was beslis nie ‘n vriendelike wêreld vir Jesus nie. Dit moes vir Jesus baie moeilik gewees het. Hy moes soos die “indringer” tussen hulle gevoel het.

Jesus was deur “Jerusalem” verwerp en daarom het Hy nooit in Jerusalem vernag nie. Hy het die stad nie baie besoek nie maar die paar keer wat Hy daar was, het Hy voor dit aand geword het uitgewyk na Betanië na die huis van Martha, Maria en Lasarus waar Hy vrede kon hê. Jesus was baie geliefd in daardie huis. Hoekom was Hy so geliefd in daardie huis? Omdat hulle Jesus aanvaar het as die Seun van God. Hulle het Hom erken as dit wat Hy gesê het Hy is. Hulle het ook ‘n verhouding met Hom gehad. Hulle het ‘n openbaring van Hom as die Seun van God gehad, nie as mens nie.

En Hy was baie lief vir hulle. Dit is in skrille kontras met sy verhouding met die kerkleiers van sy tyd. Hy was nie welkom in Jerusalem of in die huise van die fariseërs nie maar daar was ’n plek waar Hy baie welkom was.

Johannes 11:5

En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad.

Johannes 11:34-36

en gesê: Waar het julle hom neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk. Jesus het geween. Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom gehad het!

Onthou Hy het nie sy eie huis gehad nie. Hy het in ’n stadium vir iemand gesê: “Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie”

Jesus wou somtyds ‘n bietjie uit die vyandige wêreld van die Fariseërs ontsnap en wou natuurlik ook ‘n bietjie wegbreek van die uitputtende bediening waarmee Hy besig was. Die werk van sy Vader was nie maklik nie, want Hy moes baie keer tot laat saans nog siekes genees en die mense van die Koninkryk van God leer. Die skare het Hom altyd opgespoor en dan moes Hy bedien. Hy het hulle nooit weggewys nie. Dit was dan vir Jesus baie aangenaam om na ‘n plek te ontsnap waar Hy geliefd en absoluut welkom is om ‘n bietjie te rus. Hy was altyd ‘n hoogs geërde en geliefde eregas in Martha, Maria en Lasarus se huis. Hier was Hy meer as welkom.

Wat is ‘n huis of ‘n tuiste presies in die ware sin van die woord?

Dit is ‘n plek waar jy ‘n bietjie kan rus na ‘n lang dag se werk. Jy kan jou skoene ‘n bietjie uitskop en gemaklik verkeer.

Dit is ‘n plek waar jy kan ontspan, gemaklik wees en jouself kan wees.

Dit is ‘n plek waar jy vryheid kan geniet en doen wat jy wil sonder om allerhande komplikasies te konsidereer.

Dit is ‘n plek waar jy uiting aan jou persoonlikheid kan gee.

Dit is ‘n plek waar jy vrylik kan kommunikeer.

Dit is ‘n plek van veiligheid en sekuriteit.

Dit is ‘n plek waar jy vriendelik en met blydskap ontvang word, aanvaar word en welkom is.

Dit is ‘n plek waar jou geheime, passie en begeertes veilig aan jou familie toevertrou kan word.

Dit is die plek waar jý heer en koning is.

Gemeente ervaring is “tuiste ervaring”

Dink jy ook ‘n mens is anders in jou huis waar jy met jou familie “fellowship”? Tree jy anders op teenoor hulle as teenoor ander? Hierdie gesindheid en voorreg is presies wat ook ons in die gemeente byeenkomste moet ervaar. Hierdie punte hier bo genoem is presies wat Jesus in Betanië by hierdie drie geliefdes van Hom ervaar het. As Jesus nog aangekom het, het Maria en Martha al uitgehardloop na Hom toe. Hulle kon nie wag om Hom te sien nie. Jesus het baie geërd en geliefd gevoel om so deur hierdie geliefdes van Hom “aangehang” te word. Maria kon nooit wag dat Hy kom nie, want sy het aan sy lippe gehang as Hy by hulle aan huis was.

Lukas 10:38-42

En op hulle reis het Hy in ’n sekere dorp gekom, en ’n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang. En sy het ’n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister. Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help. Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

Wanneer Jesus en van sy dissipels by Maria-hulle was het sy gewoonlik saam met sy dissipels rondom Jesus vergader. In hierdie intieme bymekaarkoms het hulle baie intieme goed gesien en gehoor. Dinge wat nie buite aan die menigte gedeel is nie. Dit was net bedoel vir dié wat baie na aan Jesus was. Dié wat Hom baie lief gehad het, die wat saam so intiem om Hom vergader het, was bewus van ‘n Jesus wat nie teruggehou het nie. Hier het Hy met vertroue die verborgenhede van God, sy geheime, begeertes, passie en sy hart voor hulle, sy geliefde familie, uitgestort. Hier was geen sprake van vyandigheid, vooroordeel, ongeloof, rituele, reëls, regulasies, godsdiens, bybedoelings, minderwaardigheid, arrogansie, beterweterigheid en verskuilde agendas nie. Behalwe vir Judas natuurlik wat hoogs ontstoke was toe Maria die fles duur parfuum oor Jesus uitgegooi het. Hy het die beursie gedra en het van die geld gesteel. Hy sou baie graag die duur parfuum wou verkoop vir eie gewin.

Almal in die vertrek het aan Jesus se lippe gehang en ingedrink wat Hy te sê gehad. Hulle was oorspoel met sy liefde. Hulle het openbarings van Hom gehad wat die menigte daar buite nie van geweet het nie. Dít is die kern van die huiskerk gemeente; hierdie intieme groepering om Jesus. Selfs die godsdienstige leiers van sy tyd was salig onbewus van hierdie openbarings van Jesus. Hierdie intieme vriende van Jesus het egter ‘n “ander” Jesus geken wat nie in ‘n waas van godsdiens toegewikkel was nie.

Daar is ‘n onbeskryflike, asemrowende, wonderlike, majestueuse Jesus wat jou sal laat snak na jou asem, wat nie in die institusionele kerk so geken word nie.

Hy is ‘n onverklaarbare wese met ‘n onbeskryflike skoonheid van kleure, aroma, lig, liefde, krag en ‘n teenwoordigheid waarin jy nie sal kan regop staan as Hy in sy volle glorie aan jou verskyn nie.

Kom ons kyk ‘n bietjie wie Jesus is:

He is the King of all kings, He is the King of righteousness, He is the King of the ages, He is the King of heaven, He is the King of glory, He is the Lord of lords, He is a sovereign King, no means of measure can define His limitless love, He’s enduringly strong, entirely sincere, eternally steadfast, He’s immortally graceful, imperially powerful, impartially merciful, He’s the greatest phenomenon that has ever crossed the horizon of this world, He’s God’s Son, He’s the sinners Savior, He’s the centerpiece of civilization, He’s unparalleled, He’s unprecedented, He’s the loftiest idea in literature, He’s the highest personality in philosophy, He’s the fundamental doctrine of true theology, He’s the only one qualified to be an all sufficient Savior, He supplies strength to the weak, He’s available for the tempted and the tried, He sympathizes and He saves, He strengthens and He sustains, He guards and He guides, He heals the sick, He cleanses the lepers, He forgives sinners, He discharges debtors, He delivers the captives, He defends the feeble, He blesses the young, He serves the unfortunate, He regards the aged, He rewards the diligent, He beautifies the meek, He’s the key of knowledge, He’s the wellspring of wisdom, He’s the doorway of deliverance, He’s the pathway of peace, He’s the roadway of righteousness, He’s the highway of holiness, He’s the gateway of glory, His life is matchless, His goodness is limitless, His mercy is everlasting, His love never changes, His word is enough, His grace is sufficient, His reign is righteousness, His yoke is easy, His burden is light, He’s indescribable, He’s incomprehensible, He’s invincible, He’s irresistible, You can’t get Him out of your mind, you can’t get Him off your hand, you can’t outlive Him and you can’t live without Him, the Pharisees couldn’t stand Him, but they found out they couldn’t stop Him, Pilate couldn’t find any fault in Him, Herod couldn’t kill Him, death couldn’t handle Him and the grave couldn’t hold Him.

– SM Lockridge

Jesus is die sigbare beeld van die onsigbare God, die een waarin al die volheid van die Godheid woon, die lewende Tempel van die Drie-enige God, die Een waarin die ewigheid lewe, asemhaal en bestaan, Petrus en Johannes het dit nie besef nie maar toe hulle aan Jesus geraak het, het hulle aan die ewigheid geraak, Hy was voor tyd, die A tot Z van alles, die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, die Eersgeborene van die geskape heelal, wie opgestaan het uit die dode om nooit weer te sterf nie, die oorwinnaar van die sonde, dood en die graf, die Een wat die hele skepping in Homself bymekaarhou, in Hom is alle krag, mag en majesteit, die Hoof outoriteit en bron van alles wat leef, die Een deur wie, vir wie en tot wie alles geskape is, die Een in wie alle dinge doel en betekenis vind, die Een wat alle dinge in die Hemel en die aarde met God versoen het, die Een wat elke wet, reël en regulasie wat die kinders van God veroordeel aan die bloedige kruis vasgenael het, die Een wat elke vloek gebreek en aan die kruis vasgenael het, die een wat die Opperwese is in elke koninkryk of gebied en die eerste plek in alle dinge beklee, die Een wie se sinrykheid en betekenis geen gelyke ken in die geskiedenis van die mensdom nie, die Een wat die titelakte hou van die heelal, hierdie heerlike, wonderlike, onbeperkte, onvergelykbare, majestueuse, magtige, triomfantlike, uitstaande, kosbare, oorwinnende, verbasende, verbluffende, verstommende, omvattende, buitengewone, ongelooflike, oneindige, ontsaglike, besondere, manjifieke, roemryke, pragtige, wonderbaarlike, weergalose, ongeëwenaarde, bedwelmende, skrikbarende, skitterende, geweldige, onmeetlike, glansryke, stralende, skouspelagtige, asemrowende, heerlike Wese is die mees glorieryke fenomenale Wese wat ooit bestaan het en ooit sal bestaan.

As jy in jou gemeente nie ervarings met Jesus beleef, en lewensveranderende openbarings direk van Hom ervaar, wat jou laat snak na jou asem nie, of wat jou nie in jou wese skud nie, dan besef jy vandag watse vernietigende gevolge die godsdiens en menslike verordeninge in die kerk gehad het. As jy tevrede is met dit wat jy in jou gemeente ervaar, daar is nog meer. Jesus kan net in Sy volle grootheid deur Homself geopenbaar word waar Hy sonder enige beperkings as die werklike Hoof van die gemeente vrye teëls het om te doen soos Hy wil en deur Sy Gees onbeperk sy gang in ons lewens kan hê. Slegs dan sal Hy jou laat snak na jou asem. Soos wat Hy in Maria, Martha en Lasarus se huis gedoen het. In Martha en Maria se huis het Hy self met hulle gemeenskap gehad. Hy het nie deur een persoon met hulle gedeel nie. Waar Hy in praktyk werklik die hoof is, openbaar Hy Homself deur elkeen teenwoordig deur middel van die gawes van die Gees. Hy “praat” nie deur een mens nie. Dit sou werklik ‘n “supermens” moes wees, God Homself, om die waarheid te sê. Geen mens kan die dinamiek van 1 Kor. 14:26 verstaan nie, wat nog van die openbaring van Jesus Christus deur homself kanaliseer. Die kern van die dinamiek rondom hierdie versie is elkeen se persoonlike en praktiese ervarings deur die week wat uiteindelik deur die Heilige Gees, wanneer hulle bymekaarkom, gebruik word om Jesus te openbaar aan elkeen deur elkeen wat teenwoordig is”. Jesus praat mét elkeen déúr elkeen!

1 Kor. 14:26

Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging —laat alles tot stigting geskied.

Let op die woord “elkeen” wat aandui dat almal aktief betrokke is. Die Heilige Gees was in beheer en het elkeen gebruik om Jesus aan die ander te openbaar op Sy unieke manier. Hier kan ons reeds sien dat Jesus deur middel van die Heilige Gees in beheer van die samekoms is. Geen mens staan is sy pad nie. Almal wag met afwagting af om te sien en te ervaar wat Hy volgende gaan doen.

So if the hand doesn’t function in the gathering, Christ will not be manifested in fullness. Likewise, if the eyes fail to function, the Lord will be limited in His self-revelation. On the other hand, when every member of a local assembly functions in the meeting, Christ is seen. He is made visible. And why? Because He is assembled in our midst. Consider the analogy of a puzzle. When each puzzle piece is properly positioned in relation to the other pieces, the puzzle is assembled. The net effect? We see the entire picture. It’s the same way with Christ and His church.

– Frank Viola

Wat presies moet gebeur wanneer ons saamkom? Wat is die bruid se Godgegewe taak? Soos Jesus in Maria-hulle se huis self aan die woord was en aan hulle die diepste geheimenisse van die koninkryk van God openbaar het, so begeer Hy steeds vandag om deur die werking van die Heilige Gees Homself aan ons te openbaar. Hy wil persoonlik met ons gemeenskap hê, ‘n diepe verhoudingslewe gebou op informele, suiwer liefde. Die bruid moet dus ontvanklik wees vir Heilige Gees leiding in ons samekomste.

Ek het dit elders in die boek ook genoem maar ek wil dit hier beklemtoon: Die weeklikse Sondag byeenkomste behoort aan Jesus Christus en die Heilige Gees. Tydens hierdie byeenkomste word Christus bedien deur Gees werking. Niks word georganiseer nie en geen besluite word geneem ten opsigte van die byeenkomste nie.

Die byeenkomste word nie gebruik om in almal se behoeftes te voorsien nie. Dit is nie gebed sessies nie. Dit is ook nie “bedien mekaar” sessies nie. Wanneer ons dit doen verloor ons heeltemal die fokus. Dit word dan selfgesentreerd en die Christus openbaring is dan nie meer ons fokus nie. Christus kan dan nie meer manifesteer tydens ons byeenkomste nie, want ons fokus is onsself. Die ou “sorg groepe” van so ’n paar jaar gelede is ’n goeie voorbeeld hiervan. Wanneer so iets eers begin is dit moeilik om dit weer te stop. Daar is plek vir hierdie tipe bediening maar dit hoort nie tydens die weeklikse byeenkoms nie. Huiskerk gemeentelede besoek mekaar gedurende die week om mekaar te bedien en om in mekaar se behoeftes te voorsien. Wanneer iemand werklik dringende gebed nodig het, kan dit na die byeenkoms gedoen word. Volgens Jak. 5:14-15 sien ons ook dat siekes die ouderlinge inroep wanneer gebed nodig is:

Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

Ons kom nie bymekaar om bedien te word nie. Ons kom bymekaar om te dien.

Die ware kerk se Godgegewe taak is dus niks anders as die volgende:

Om Jesus Christus aan mekaar en die wêreld uit te beeld en voor te stel soos hulle Hom nog nooit geken het nie as funksionerende priesters in sy lewende huis as deelnemende lede van sy liggaam.

Om die lewe en koninkryk van God tot in sy uiterste graad ten toon te stel.

Om Christus, haar Bruidegom, in haar te laat lewe. Sy staan op die aarde as lewende bewys van die Bruidegom se liefde, provisie, beskerming en rykdom. Deur haar is Sý skoonheid, passie, en aantreklikheid sigbaar in die wêreld. Die Jesus in haar word deur die wêreld gesien en erken.

Om uiteindelik die heelal te vul met die heerlikheid van Christus. Jesus vul die aarde met sy heerlikheid in sy kerk.

Om ‘n diepe liefdesverhouding met Christus te hê, Hom passievol lief te hê, en te kom by Ef. 3:19 deur die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat sy vervul kan word tot al die volheid van God.

Om die Goddelike openbaring van Jesus in gehoorsaamheid uit te bou deur die Geestelike gawes totdat sy mense sprakeloos en aangenaam oorweldig staan in die teenwoordigheid van sy glorie en heerlikheid.

Deur ‘n gedeelde gemeenskapslewe as familie van God saam te leef.

Om saam te leer om deur die inwonende Jesus Christus te lewe.

Om God se outoriteit hier op aarde uit te oefen.

1 Kor. 12:28

En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

Let op die woord “sommige” wat in die gemeente gestel is. Dit is weereens nie net een persoon nie. Al die gawes van die Gees kan tog nie net deur een persoon werk nie. Die Skrif is duidelik oor “elkeen”.

Ef. 4:13-16

Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Let op die woorde “goed saamgevoeg en saamverbind” en ook “ondersteuning wat elke lid gee”. Hier sien ons weereens dat elkeen betrokke is om die hele liggaam op te bou en te ondersteun. Elke lid in die gemeente het sy funksie, sy werk en sy deel om die gemeente te ondersteun. As dit nie gebeur nie sal die liggaam nie kan staan nie maar inmekaar sak. Die senings en die spiere hou die skelet regop. ‘n Lewende organisme het elke lid nodig om gesond te funksioneer anders gaan hy dood of is hy ‘n invalide.

Wat hou die institusionele kerk regop? Dit staan wel maar net omdat dit nie ‘n organisme is nie maar ‘n instelling. Soos ‘n besigheid bly die institusionele kerk staan deur middel van goeie besigheids beginsels. ’n Organisasie het ’n goeie bestuurder nodig. ’n Organisasie word deur enkeles in standgehou. Dit het nie die almal deelnemende leefwyse en almal funksionerende aspek van Christenskap nodig nie. Inteendeel, die institusionele kerk vertrou nie die almal deelnemende en almal funksionerende aspek van Christenskap nie.

Then there is also the fear of losing control. When we start to live and work as the early Ekklesia did, meeting in homes and at work, we fear that others may develop differently from our perception of being Christ’s followers. We fear allowing others to express their opinions and will. Possibly at the heart of this fear is the lack of trust in the Holy Spirit to deal individually with people. There is also the fear that an Ekklesia meeting as families and friends will not be able to handle the theological challenges of the day. Jesus did, however, promise us that His Spirit would direct us as needed. What He wants is for His people to be humble, teachable and accountable.

– Johan Carstens

U kan sien dat daar geen sprake van individualisme in die ware kerk is nie. God werk altyd met die korporatiewe. Hy werk met sy kerk in sy geheel. Hy werk met sy gemeente in die geheel. Hy werk met en deur elke lid. Hy werk nie deur een persoon met sy bruid of sy gemeente nie.

Gemeenskap in die Godheid

Selfs die Godheid is in gemeenskap met mekaar. God verwag nie van ons om iets te doen of iets te wees wat nie uit Hom gebore is nie. 1 Korintiërs 13 spreek eintlik van ‘n liefdesverhouding wat uitvloei uit die verhouding tussen die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Al drie is gelyk aan mekaar. Die een doen niks waarvan die ander nie weet nie. Daar is ‘n absolute staat van wedersydse harmonie, liefde, respek en gedeelde gemeenskapslewe binne die Goddelike Drie-eenheid. God se passie en missie is om daardie selfde wedersydse harmonie, liefde, respek en gedeelde gemeenskapslewe uit te brei na sy kerk. Dit wat in die Godheid is moet ook in ons wees wanneer ons bymekaarkom. Almal op gelyke voet in ‘n liefdes verhouding. Dit is die kern van ‘n outentieke Skrif gefundeerde Christelike gemeente van God.

Note that the only way that Christ can be properly expressed is if every member of a church freely supplies that aspect of the Lord that he or she has received. Make no mistake about it: The Lord Jesus cannot be fully disclosed through one member. He is far too rich for that.

– Frank Viola

As jy ‘n bietjie met jou geestesoog kyk sal jy vier persone op die “hoogste” punt van die heelal se horison sien staan. In die asemrowendste, majestueuse heerlikheid en volheid staan hulle daar in ‘n gemeenskaplike band en eenheid van ewige lig, harmonie en liefde. God die Vader, God die Seun, God die Heilige Gees en die bruid van Christus. Sy is die mooiste bruid wat jy nog ooit gesien het. Daar bestáán nie ‘n mooier bruid as sy nie. Haar skoonheid kom van die lig en die heerlikheid wat uit Jesus uitstraal en op haar skyn. Maar dan merk jy dat die lig nie net op haar skyn nie maar ook uit haar uitstraal. Dieselfde lig. Dan weet jy; Hý leef ook in haar. Hulle is één Gees.

Jy sien die liefde in Jesus se oë as Hy na haar kyk. Jy sien dat Hy nie sy oë van haar kan afhou nie. Hy moet dit van haar wegskeer elke keer as sy aandag iewers anders nodig is. En jy besef dat Hy absoluut verlief op haar is en jy sien dieselfde by haar (Sien Hooglied van Salomo).

Maar dan merk jy ‘n ander belangrike ding op. Die God deur wie en tot wie en vir wie alle dinge gemaak is, deel met sy bruid in haar geheel. Jy sien sy is ‘n korporatiewe wese. Haar liggaam bestaan uit baie lede. Sy is baie maar tog is sy een, ‘n unieke wese. Die enigste lewende organisme in die heelal wat so uniek saamgestel is. Al die lede; al die lewende, Gees vervulde, asemhalende “eenhede” of “selle” (ek en jy en al die ander kinders van God) is uniek in liefde saamgebind en ondersteun mekaar op ‘n unieke wyse om hier lewensgroot voor haar Bruidegom te staan.

En by Hom merk jy dat, hoewel sy liefde vir elke individuele lid duidelik sigbaar is, sy hele wese op haar as geheel, die enkele, korporatiewe persoon gefokus is. God is nie ‘n mens nie. Dit is heel gepas en niks minder as reg dat niks minder as Sy bruid in haar totaliteit waardig is om voor Hom te staan nie. Geen individu kan in haar plek voor Hom gaan staan nie.

Kyk en sien hoe “dans” hulle die dans van die lewe. Sy linkerarm om haar middel en haar hand in sy regterhand. Haar linkerarm om sy nek. Kyk hoe grasieus dans hulle terwyl hulle in mekaar se oë kyk. Hulle liefde vir mekaar ‘n ewige vuur wat in hul oë vir mekaar brand. Vlae van liefde, respek en bewondering beweeg van die een na die ander. Daar is ‘n Goddelike “meedeling” van sy diepste “God wees” wat op ‘n Goddelike wyse in haar gedeponeer word. Van Gees na gees. Hy druk haar styf teen Hom vas en jy besef sy is vir Hom gebore. Die eerste Adam is uit stof geskep. Uit hom is sy Eva ook uit stof geskep. Maar dit is nie wat jy hier voor jou sien nie. Die laaste Adam en sy bruid is albei uit Gees gebore.

Joh. 3:3-8

Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ’n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

‘n Nuwe spesie. Ons is nie van hierdie wêreld nie. Hierdie Skrifgedeelte sê dat die wêreld weet nie van waar ons is nie en waarheen ons gaan nie; want ons is uit Gees gebore.

2 Kor. 5:17

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Kyk mooi. Ons is ‘n nuwe spesie. Jesus is die eersteling van daardie nuwe spesie. Sy interaksie met ons word nie deur ‘n persoon gekanaliseer nie. Hierdie “Gees God” kommunikeer met sy “gees bruid” in die Gees. Inteendeel, die uitdrukking van Homself aan haar is nie ‘n orale boodskap of orale kommunikasie nie want dit vind nie in die siel dimensie van verstandelike kennis plaas nie. Dit is ‘n openbaring in die Gees op gees vlak. Mense bedien die letter, en hulle bedien kennis, wat niks anders is as ‘n dooie godsdiens nie. Waar mense vergader, sonder die Heilige Gees, in ‘n poging om God te bereik, hou hulle hulleself besig met ‘n dooie godsdiens. Waar Gees vervulde kinders van God vergader maar verkies om uit die vlees te bedien, bedien hulle die letter. Waar mense om Jesus Christus vergader en Hom toelaat om in en deur hulle te lewe, daar word ware aanbidding geleef. Daar word uit die Gees gelewe. Net die Gees kan gees en lewe bedien. Net die Gees kan Jesus openbaar. Daarom is dit net Gees werking wat Hom kan openbaar. Geen intellektuele preek deur die beste spreker ooit kan Gees werking vervang nie, want dit bedien kennis en nie lewe nie. Die Gees bedien gees, waarheid en lewe. Die vlees bedien die dood.

Is hierdie Skrifgedeelte in die Bybel?

Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, laat die voorsang leier die gemeente in lofprysing en aanbidding lei, laat die herder afkondigings maak, laat die herder bid, laat die herder preek, laat die herder die mense deur gebed bedien, laat die gemeente al hulle aandag op die herder rig, laat die gemeente stil wees — laat alles tot stigting geskied.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat by God die woord “individualisme” ten opsigte van sy kerk en sy bruid nie bestaan nie; want hierdie versie is nie in die Bybel nie. Die versie wat in hierdie verband in die Bybel staan is ‘n Heilige Gees gawe bediening waar almal aan deelneem. “Wanneer julle bymekaarkom dan het elkeen….”

God het die gemeenskap wat in die Godheid bestaan uitgebrei na sy kerk. Daarom is die volgende terme uit God gebore: Gemeenskap, familie, gesin, ondersteuning, saamwees, help mekaar, interaksie, ens.

No expression of a New Testament church is ever led by just one professional “holy man” doing the business of communicating with God and then feeding some relatively passive religious consumers Moses-style. Christianity has adopted this method from pagan religions, or at best from the Old Testament. The heavy professionalization of the church since Constantine has now been a pervasive influence long enough, dividing the people of God artificially into laity and clergy. According to the New Testament (1 Tim 2:5), “there is one God, and one mediator also between God and men, the man Christ Jesus.

– Wolfgang Simson

Bogenoemde was ‘n uittreksel uit die boek, “Bybel Gefundeerde Leierskap”. Dit kan nou op die skakel hier onder aangekoop word:

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment