Hoe plant mens ‘n huiskerk gemeente?

Kyk net na die foto van hierdie mooi huis hierbo! Wat sien ons onmiddelik as ons daarna kyk?

Ons sien ‘n mooi en ‘n skoon huis wat heiligmaking simboliseer. Ons sien oop en skoon vensters wat vredevolle en eerlike uitreiking na buite simboliseer. Hier is geen sprake van ‘n verskuilde agenda nie. Ons sien lig wat verlossing simboliseer. Ons sien ‘n huis wat omring is met bome en groen gras. Dit simboliseer mense en dit simboliseer vrede en voorspoed.

Dit is hoe elke Gees vervulde gemeente van God moet lyk. Dit is altyd die mikpunt of aspirasie van elke goeie en getroue vyfvoudige bedienaar van God. As vyfvoudige bedienaars is hulle almal besig om huise (gemeentes) te bou. Partykeer bou hulle sommer so saam aan dieselfde huis.

In hierdie skrywe wil ek ’n bietjie prakties wees met ’n bietjie raad oor hoe ’n huiskerk geplant word.

Wat moet eerste gedoen word?

Heel eerste moet mense bymekaargekry word. Hetsy deur die belangstelling van mense op te wek deur middel van die bewusmaking van die huiskerk beginsels of deur middel van evangelisasie van nuwe bekeerlinge:

Voorbereiding:

  1. Bid vir wysheid en bid vir mense.

  2. Soek ongeredde mense en lei hulle na Jesus Christus.

  3. Gee kopieë van die Huiskerk Handleiding, “Huiskerke: Hoe? Hoekom?” en die “Huiskerk gemeente planting strategie” uit aan mense. Beide hulpmiddels kan gratis van die Suid-Afrikaanse Huiskerke webblad afgelaai word. Die gemeente planting strategie DVD kan ook deur middel van epos aangevra word. (R200.00)

  4. Laai die gratis Mp3 klankopnames van die Suid-Afrikaanse Huiskerke webwerf af en versprei dit onder familie en vriende.

  5. Maak mense bewus van die Suid-Afrikaanse webwerf vir die huiskerk gemeenskap van Suid-Afrika: www.huiskerk.co.za en www.asrmartins.com

  6. Begin ‘n boek groep en lees gedeeltes van die “huiskerk handleiding” saam met mense om die fundamentele waarhede te leer en te begryp.

  7. Ontmoet met mense en bespreek die moontlikheid van die vestiging van ‘n huiskerk met hulle.

  8. Epos jou voorneme en vordering hulp en ondersteuning deur middel van ons offisiele “Kontak Vorm

  9. Stel die “Suid-Afrikaanse huiskerk gemeenskap” forum aan mense bekend deur daarby aan te sluit en ander te nooi om ook aan te sluit:

    Suid-Afrikaanse Huiskerke gemeenskap forum

Die bymekaarmaak van mense om ‘n huiskerk te vestig kan deur enige persoon gedoen word. Die belangrikste is om die verstand uit die pad te kry. Moenie oor enige praktiese komplikasies top nie en moenie te veel vooruitsigte beredeneer nie. Al die vrae maak ‘n mens bang en laat ‘n mens twyfel. Doen net wat menslik gedoen kan word en laat die res aan God oor.

As die fundamentele beginsels in die handleiding gevolg word, is die res van die reis baie makliker. Almal in die groep en natuurlik nuwe besoekers wat inskakel moet op datum gebring word met die Bybelse waarhede en beginsels omtrent die daaglikse christelike gemeenskap van die heiliges en die huiskerk byeenkomste. Dit is ‘n uitdaging omdat alles nuut is vir almal maar die resultate is fenomenaal. Daarom moet die huiskerk handleiding elke week behandel word tot alles vir almal duidelik en welbekend aan almal is. Aanvanklik is alles nuut maar later maak alles sin en uiteindelik val die legkaart stukke mooi inmekaar soos duidelik in God se woord uiteengesit is. Dit is gewoonlik vir mense ‘n groot en wonderlike openbaring as alles so mooi deur die woord van God bevestig word. Jy sal nooit weer anders oortuig word as jy eers deel hiervan is nie.

Wisselwerking:

  1. Stem jy saam dat die praktiese deel van Christelike gemeenskapslewe net gehoorsaamheid vra? God eer mos gehoorsaamheid.

  2. Jesus bou sy kerk. Ons is maar net sy instrumente. Hoe sien jy hierdie stelling?

As jy meer wil weet aangaande huiskerk gemeente planting, kry die boek, “Huiskerke: Hoe? Hoekom?”, op die “Hulpmiddels” bladsy.

Terug na die Tuis blad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment