Praktiese aanbevelings met nuwe gemeente planting

Ek wil graag die planting van nuwe huiskerke verder bespreek: Dit vat gewoonlik so ses maande om die regte grondslag vir ’n nuwe huiskerk te lê. Behalwe die voorlesing uit die Huiskerk Handleiding: Huiskerke: Hoe? Hoekom? of die luister van die Huiskerk gemeente planting strategie wanneer julle bymekaarkom, behoort almal dit ook by die huis verder te bestudeer. Daar is ook baie ander huiskerk bronne op die webwerf beskikbaar wat in die aanvanklike byeenkomste gebruik kan word.

Daar moet ‘n konkrete aksieplan wees om die huiskerk gemeente beginsels prakties te implementeer. Dit help natuurlik baie as almal kennis neem van die volgende:

Word soos kinders oor die nuwe en vreemde beginsels waarmee julle nie vertroud is nie. Almal moet besluit om met ‘n oop gemoed deel te neem en ast’ware ‘n nuwe blaadjie om te slaan. So ‘n gesindheid maak dit makliker om die veranderings te aanvaar. Natuurlik sal nuwe bekeerlinge geen probleem daarmee hê nie omdat hulle van die begin af reg geleer word. Ons ouer mense wat uit die institusionele kerk kom het dit maar moeiliker maar met die genade van God is alles moontlik.

Wees geduldig met die groep se vordering. Dit vat redelik lank om alles mooi op dreef te kry. Moenie oorhaastig wees nie. Die Heilige Gees is in beheer en Hy het sy eie tyd. Dit kan letterlik jare neem voor die gemeente werklik soos die vroeë gemeentes van die Nuwe-Testamentiese kerk funksioneer.

Weet dat jou gevoelens tog maar iewers in die proses gaan seerkry maar dit is eerstens onvermydelik en tweedens ook nodig. Dit is wanneer vordering en groei plaasvind. (Wanneer die eie ek gekruisig word om God se wil te bevorder)

Mense sal weggaan. Dit is onvermydelik. Nie almal aanvaar die nuwe of die vreemde so maklik nie, veral as daar ‘n bietjie vrees vir die onbekende is.

Weet dat ‘n opwindende tyd van geestelike groei en ontwikkeling vir dié wag wat die hele pad stap. Dit is ook onvermydelik en glo my, dit is absoluut die moeite werd!

Baie belangrik is om die volgende terme van die begin af reg te kry:

“Ons het ‘n byeenkoms vandag”

“Ons kom vandag bymekaar” of “Ons het vandag ‘n samekoms” (1 Kor. 14:26)

“Ons fellowship vandag”

“Ons het ‘n gemeentevergadering”

Let op dat die volgende terme glad nie korrek is nie en nie gebruik moet word nie:

“Ons is op pad kerk toe”

“Ons het ‘n kerkdiens vanoggend”

Hierdie stellings is glad nie so onskuldig as wat dit klink nie. Dit is nie korrek nie, dit is nie Skriftuurlik nie en dit bevorder die menslike instellings van die institusionele kerk. Ons is die kerk en die gebou waarheen ons op pad is om bymekaar te kom is nie die kerk nie, hetsy dit ‘n huis, ‘n kerkgebou of ‘n katedraal is. ‘n “Diens” is ‘n institusionele instelling en het die gawes van die Gees vervang. Ons hou nie dienste nie en die Heilige Gees lewer nie ‘n “diens” nie.

Since this regular performance-orientated enterprise called “worship service” requires a lot of organizational talent and administrative bureaucracy to keep going, formalized and institutionalized patterns developed quickly into rigid traditions. Statistically, a traditional 1-2 hour “worship service” is very resource-hungry but actually produced very little fruit in terms of discipling people, that is, in changed lives

– Wolfgang Simson

Wisselwerking:

Hoe voel jy oor Wolfgang Simson se stelling wat hy hierbo maak?

Vir meer informasie oor huiskerke, kry die boek, “Huiskerke, Hoe? Hoekom?”, op die “Hulpmiddels” bladsy.

Terug na die Tuis bladsy

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment