Hoekom huiskerke? Hoekom nou?

INLEIDING

Hoe plant ‘n mens ‘n huiskerk? Die antwoord op hierdie vraag is die begin van ‘n wonderlike avontuur reis met God en met mense wat jou grootste verwagtinge gaan oortref. Dit is kerk wees op sy beste. Geen ander vorm van gelowige samesyn kan daarmee vergelyk word nie. Dit kan ook nie anders nie, want dit is hoe God dit beplan het vir sy kerk. Dit is hoe die kerk in die Nuwe Testament saamgekom het en hoe die gelowiges hul geloof uitgelewe het.

Dit is nie maar net nog ‘n metode nie maar inderdaad die geboorte van die kerk in sy suiwerste vorm. Dit is ‘n leefwyse van gemeenskap met God en met medegelowiges wat al die elemente bevat om hulle reis baie dinamies en Goddelik vervullend te maak. Met hierdie Godgegewe metode van samekoms en saamlewe het Vader letterlik elkeen se diepste menswees verryk en aan hulle behoeftes op ‘n Goddelike wyse voorsien. God die Vader, die Seun en die Heilige Gees was uiteraard baie welkom en tuis in hierdie opset waar ook al hierdie eerste gelowiges bymekaargekom het. Hierdie leefwyse, saamwees en saam lewe ervaring van die eerste gelowiges was die mees lewensveranderende ervaring wat die mensdom ooit aan blootgestel is. In hierdie God geskape dimensie van interaksie tussen Jesus en die korporatiewe liggaam van Christus, het ’n asemrowende diepe en heerlike intieme verhouding tot stand gekom en ontwikkel. Hy was die middelpunt van alles en Hy alleen was die Goddelike voorwerp van aanbidding, bewondering en liefde. Hulle is in Hom gebore en in Hom het hulle as ’n eenheid gegroei.

My gebed vir jou is dan ook as volg: “May your personal encounters with Jesus Christ be the dynamics of your being and the distinctive feature of your gatherings and daily walk with each other” Mag jy ook die Goddelike ervarings smaak wat daardie eerste gelowiges gesmaak het. Dit is sy wil vir ons almal dat ons ‘n suiwer verhouding met Hom en ons medegelowiges ervaar wat nie besmet is met die godsdiens en menslike verordeninge en instellings nie. Mag jy ook daardie diep opregte, ongekunstelde leefwyse ervaar waarin ons werklik die waarheid leer ken en werklik vrygemaak word.

Hierdie handleiding is gemik op die praktiese sy van huiskerke en daarom gaan ek nie te diep in dogmatiese leerstellings nie. Ek sal egter graag ‘n bietjie wil laat deurskemer hoekom sekere handelinge in die huiskerk prakties uitgevoer word soos wat ek dit in die handleiding aan u bekend stel. Daar is redes en motiverings vir alle gedrag, optrede en die leefwyse van die huiskerk gemeenskap. Niks word sommer maar net toevallig op ‘n sekere manier gedoen of uitgevoer nie. Die handleiding behandel dus die geestelike beginsels wat outentieke huiskerk planting beheer. Dit is ook ‘n praktiese gids wat die totstandkoming en groei van ‘n huiskerk vergemaklik en laastens is dit ‘n gids wat deel met die gesondheid en ontwikkeling van die huiskerk in die algemeen. Die handleiding stel u werklik in staat om ‘n outentieke huiskerk te plant én in stand te hou.

Dit is vanselfsprekend dat wanneer gelowiges bymekaarkom dan vind daar Goddelike interaksie plaas. Hierdie interaksie wissel van informele kuier tot meer ernstige interaksie met God en met mekaar. Alle interaksie is egter informeel van aard omdat dit ten alle tye familie samekomste en familie interaksie is. Hierdie interaksie, wanneer hulle offisieel saamkom asook wanneer hulle in hulle daaglikse lewe met mekaar te doen het, is God se boumateriaal om op ‘n unieke manier met elkeen individueel asook gesamentlik te deel en te werk. Interaksie in die huiskerk skep nuwe dimensies in die kind van God se lewe wat hom konfronteer. Dit vra belangrike vrae aan hom en dit eis ’n nuwe gesindheid waaraan ons nie gewoond is nie. Hierdie interaksie is Jesus gesentreerd. Dit verander ons, dit buig ons en dit ontwikkel ons. Dit skep ’n Jesus beeltenis in ons. Dit is dus werklik Goddelike interaksie omdat onse Hemelse Bruidegom aktief in al hierdie interaksie betrokke is.

Niks in die handleiding word in yster gegiet of as absoluut voorskriftelik voorgehou nie. Dit is een van die belangrike elemente van die huiskerk. Daar is plek vir elkeen iewers in die liggaam van God waar hy homself kan wees en waar hy sy unieke lewe kan uitleef sonder om veroordeel te word. Dit is prakties ’n godsdiens vrye “Jesus lewe”. Jesus in jou verander nie jou persoonlikheid nie. Hy leef in jou en deur jou ongeag jou persoonlikheid.

Dit wat wel voorgehou word is die resultaat van jare lange praktiese ondervinding wat wêreldwyd in huiskerke van verskillende nasies, volke en tale versamel is en in hierdie handleiding weergegee word. Ek gaan verwys na die verskillende bronne en selfs internet skakels beskikbaar maak vir verdere studie. Hierdie bronne is literatuur van vooraanstaande huiskerk planters met baie jare se ondervinding soos Frank Viola, Gene Edwards, George Barna, Wolfgang Simson, Myron Horst, Milt Rodriguez, Jon Zens, Grace Wiebe, Karl Ketcherside, David Anderson, en ander. Daar is ook insette van Gees vervulde Woord bedienaars en profete soos Jannie van Zyl.

Die handleiding is ook in lyn met die woord van God en ek sal baie na Skrifgedeeltes verwys. Dit is dan ast’ware getoets aan die woord van God en ook aan die praktiese uitvoerbaarheid daarvan. Party goed is nie reg of verkeerd nie maar dit werk net die beste. Party goed is goeie voorstelle en dit maak nie saak of dit ‘n bietjie anders gedoen word nie. Daar is wel goed wat uit die aard van die saak nie onderhandelbaar is nie, vir baie goeie redes natuurlik, maar u sal dit onmiddellik erken en die kanse is baie goed dat u daarmee sal saamstem.

Die hoof motivering vir die skryf van hierdie handleiding is om ‘n omvattende Afrikaanse handleiding beskikbaar te maak aan die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika. Die hoof oogmerk is natuurlik om hulle behulpsaam te wees met die plant en instandhouding van outentieke huiskerke wat aan ware Bybelse beginsels voldoen.

Die huiskerk word gebore

Op hierdie stadium wil ek dit noem dat ‘n outentieke huiskerk nie werklik begin word nie maar “gebore” word. Dit is ‘n lewende organisme en nie ‘n menslike struktuur wat met mense hande gemaak word nie.

An authentic church cannot be started by the bare hands of human beings – no more than a woman can be constructed through human ingenuity or imitation. A woman must be given birth. And once born, she must be nurtured to the point where she develops on her own.

– Frank Viola

Die kerk is die liggaam van Christus waarvan Jesus die hoof is. Dit is die bruid van Christus en die tempel van God. Definitief ‘n organisme wat nie van hierdie wêreld is nie. Die kerk is uit God gebore en word deur Hom in standgehou. Om hierdie rede behoort elkeen wat hierdie terrein betree terdeë daarvan bewus te wees dat hy of sy homself of haarself op heilige grond bevind. Die kerk is ’n vrou, ’n bruid, om die waarheid te sê. Sy is die vrou van die Lam (Openbaring 21:9). As sy dan ’n lewende organisme is, hoe kan sy soos ’n institusie bestuur word? Hoe kan sy soos ’n besigheid behandel word?

Ons lees van hierdie organisme in 1 Kor. 10:32-33

Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of van die gemeente van God nie. Net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar die van baie, sodat hulle gered kan word.

Die gemeente van God is ’n lewende tempel. Sy is nie uit klip en steen gebou nie. Die kerk is gees want God is Gees. Die kerk van God is mense. Mense wat saamkom is ’n gemeente. So ‘n gemeente, algemeen bekend as die “Ekklesia”, wanneer hulle die eerste paar keer bymekaarkom, moet eers saam ‘n dinamiese ontmoeting met Jesus ervaar voor sy gebore word. Kom ons sê hierdie “ontmoeting” is ‘n “openbaring” ‘n “bevrugting” of ‘n heilige “konfrontasie” met die Skepper van die heelal wat hierdie geboorte voorafgaan. Iets gebeur in die gees wêreld wanneer hierdie Goddelike “konfrontasie” plaasvind wat die groepie mense saamsnoer in die Gees en in eenheid. Daarom kan ’n huiskerk nie sommer net begin word nie. Dit sal bloot net ’n alledaagse samekoms van ’n groepie mense wees wat niks verskil van ’n alledaagse assosiasie of ’n vergadering van mense wat dieselfde belangstelling deel nie. Daar moet ’n Goddelike meedeling of bevrugting plaasvind. Wanneer dit gebeur, wat het eintlik dan gebeur?

Nog ‘n Goddelike gemeenskap is gebore wat in ‘n unieke verhouding met God en met mekaar staan. Die groepie mense word deur die Gees van God met mekaar verbind in eenheid en in gees. Hierdie geboorte kom egter net tot sy volle reg as die betrokke Ekklesia voldoen aan die Bybel gefundeerde vereistes van die Ekklesia. Die unieke geboorte vind nie plaas as dit net die gewone of normale vergadering van gelowiges is nie. Jesus is die Hoof van die gemeente en Hy ken elke lid van die gemeente. Hy ken elkeen se motiewe. Hy ken elkeen se hart. Hy weet wat die fondament en die fokuspunt van die gemeente gaan wees. Hierdie Goddelike ontmoeting met Jesus lei tot geboorte die oomblik wanneer die groepie met sy Gees vervul word en as ‘n eenheid bevestig word. Dit is juis om hierdie rede dat ware outentieke huiskerke oor die algemeen wêreldwyd as die “organiese kerk” bekend staan. Die woord organies verwys na die geboorte uit ‘n “geestelike lewe” en nie die meganies menslike konstruering van die institusionele kerk wat met godsdienstige programme aanmekaar gehou word nie. Wat beheer die institusionele kerk? Wat hou dit aanmekaar? Menslike reëls, regulasies, tradisies, besigheid beginsels en georganiseerde strukture.

The strict definition of the Greek word dictates that the “Ekklesia” is to be a local and autonomous congregation which reveals God’s program for the assembling of believers. It does not support any form of false doctrine and gives a proper biblical concept of the New Testament church.

– Cooper P. Abrams

Dit is dan ook die verskil tussen die huiskerk en die institusionele kerk. Hoewel die mense in die institusionele kerk ook deel uitmaak van die liggaam van Christus soos ek dit so pas verduidelik het, is die struktuur daarvan nie outentiek nie en nie deel van God se volmaakte wil vir sy kerk nie. Dit is deurtrek met menslike instellings en menslike organisasie wat baie skade aangerig het. Dit lê die ware kerk van God, wat binne die mensgemaakte struktuur lewe, erg aan bande. In stede van Jesus in ons as die basis van ons leefwyse en die grondslag van bediening en funksionering van die liggaam van Christus, het ons die organisasie toegelaat om die beheer van die kerk oor te neem.

By contrast, the only sustaining force of the early church gathering was the life of the Holy Spirit. The early Christians were clergy-less, liturgy-less, program-less, and ritual-less. They relied entirely on the spiritual life of the individual members to maintain the church’s existence and the quality of their gatherings.

– Frank Viola

Die vroeë kerk was deur die inwonende Jesus beheer. Die Heilige Gees het leiding gegee. Gemeentes was totaal afhanklik van Christus as die Hoof van die gemeente. Die institusionele kerk het in die loop van die jare grootliks afgewyk van die “liggaam van Christus” ervaring en die uiteinde daarvan was die vervanging van ‘n “verhoudings geloof” met ‘n “organisasie geloof”. Die kerk het basies geïgnoreer wat die Skrif voorskryf met betrekking tot kerk planting, gemeente versorging, kerk leierskap en so meer. Ek erken beslis dat die institusionele kerk nog steeds deur God gebruik en geseën word.

Ek het reeds ‘n paar keer die woord “outentiek” gebruik wanneer ek na huiskerke verwys. Die rede hiervoor is dat nie alle huiskerke outentiek is nie. Nie almal is op suiwer Bybelse beginsels gegrond nie en baie huiskerke verskil geensins van die institusionele kerk nie. Voorbeelde hiervan is sorg groepe, sel kerke, sel groepe, gebed groepe, Bybelstudie groepe, spesiale Christelike belangstelling groepe, ens. Van hulle is die groepering van ‘n klompie mense om ‘n spesiale persoon of ‘n spesiale idee of belangstelling. Sodanige groep is net ‘n uitvloeisel van die institusionele kerk en fundamenteel voldoen dit nie aan die kenmerke van ‘n ware Bybel gefundeerde huiskerk nie. Dit verander alles. As die basis van die groep nie suiwer is nie dan bly dit bloot net ’n menslike instelling. Die een groep is op ’n rots gebou en die ander op sand.

Hoe dit ook al sy, hierdie groepe mis die ervaring en die dinamika van die outentieke huiskerk geheel en al. Die meeste het wortels diep in die institusionele kerk en om hierdie rede is hulle nie veel anders nie en trap hulle in dieselfde slaggate en mis hulle ook die Goddelike bevryding, diepte en vervulde gemeenskapslewe van die ware huiskerk. Tipies van hierdie groepe is dat die openbaring van Christus op ‘n dinamiese manier, wat kenmerkend van die ware Bybel gefundeerde huiskerk is, nie plaasvind nie as gevolg van dieselfde faktore wat die institusionele kerk aan bande lê. Nog ‘n betekenisvolle kenmerk is dat wanneer hulle ‘n droë of rowwe tydjie belewe of wanneer konflik sy kop uitsteek, die mense kop uittrek. Baie van hulle word eventueel terug gelok na die goed gepoleerde program gedrewe institusionele kerk.

Daar kom tog wel vir baie mense ‘n dag van aanbeweeg. So baie mense ervaar ’n hunkering na ware gees verbintenis met God en ander mense. Party weet iets is fout iewers maar hulle kan nie die vinger daarop druk nie. Ander weet instinktief dat die kerk soos hulle haar ken nie volmaak is nie en ver te kort skiet. Party weet dat vir die Seun van God ’n volmaakte bruid sonder vlek of rimpel gebore is. Die tempel van God bestaan uit heilige lewende stene wat deur Gods hande aanmekaar gebou is tot ’n volmaakte Heilige Geestelike huis vir die Vader. Party mense roep die onnatuurlike weergawe van die kerk vaarwel inruil vir die geestelike. Nie almal neem hierdie besluit nie maar die wat dit wel doen bevind hulleself op ‘n opwindende reis wat gekenmerk word deur nuwe ervarings met Jesus Christus, die Heilige Gees en met Vader. Mense beleef ‘n nuwe verhouding met Jesus in nuwe dimensies wat hulle nie geweet het bestaan nie.

Die oorskakeling proses is nie vir almal maklik nie. Die vreemde bring altyd nuwe dinge, nuwe idees en nuwe ervarings maar vernuwe ‘n mens se gees en siel dan ook altyd in die proses.

Alle fokus is op Jesus

Die outentieke huiskerk groepeer slegs om die persoon van Jesus. Hulle stel in niks anders belang as net ‘n intieme interaksie en verhouding met Hom en hulle mede gelowiges. Saam word hulle opgebou in hulle geloof as die familie van God met Jesus die Hoof van die gemeente. Saam ervaar hulle die kruis van Jesus in hul lewens en saam trotseer hulle die lewe met sy uitdagings. In die proses leer hulle hoe om van dag tot dag die inwonende Christus kragtig uit te leef. Die kenmerkende verhoudings dimensie van die ware Bybel gefundeerde huiskerk bring krag in hul lewens. Dit bou geestelike fondamente, pilare en brûe wat die gemeente ’n hegte eenheid maak.

Die groepie mense word aan mekaar “gegom” deur die voortdurende persoonlike ontmoetings wat hulle met Jesus ervaar. Dit word die samebindende faktor. Die openbarings van Hom wat hulle in hierdie proses ervaar is die fondament waarop hulle staan en ook waarop die hele gemeente en die huiskerk gemeenskap staan. Hulle word as ‘n geestelike huis solied opgebou in Jesus Christus.

Matt. 16:16-18

En Simon Petrus antwoord sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar My Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus en op hierdie rots sal Ek My gemeente bou en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Jesus Christus staan ook in hulle op om in hulle en deur hulle te leef. Die openbaring van Hom in hulle is die fondament waarop die hele huiskerk gemeenskap gebou word.

Die institusionele kerk sou hier wou sê dat bogenoemde vir hulle ook waar is. Ons deel dieselfde ervarings in Christus ongeag die verskille in ons samekomste en die uitlewing van ons geloof. Dit is dan ook hier waar ek onomwonde en sonder enige twyfel daarvan verskil. Dit is juis die inherente aard en die fokus van die institusionele kerk wat dit onmoontlik maak. Hierdie handleiding het dan ook ten doel om die gevolge van juis hierdie verskille te beklemtoon.

HOOFSTUK 1

HOEKOM IS DIE ERVARING MET JESUS ANDERS IN ‘N HUISKERK?

Om hierdie vraag te beantwoord moet ons eers by die negatiewe begin. Hoekom word Jesus anders ervaar in die institusionele kerk? Wat het die verandering teweeggebring? Wanneer het die verandering ingetree? Wat presies is die verskil tussen die huiskerk se “Jesus” en die institusionele kerk se “Jesus”? Is dit dan nie dieselfde Jesus nie?

Die antwoord is ja, dit is dieselfde Jesus maar daar is ‘n baie groot verskil met betrekking tot die ervarings, interaksie, belewenisse en openbarings van hierdie Jesus. Jy het reg gehoor. Jesus openbaar Homself anders aan sy bruid in die huiskerk as aan sy bruid in die institusionele kerk. Die redes vir hierdie oortuiging word breedvoerig in hierdie boek uiteengesit met die nodige Skrifgedeeltes om dit te staaf.

Veranderinge en organisasie in die institusionele kerk

Eers moet ons gaan kyk wat met die kerk gebeur het nadat Jesus opgevaar het na die hemel. Van sy laaste woorde aan die kerk was volgens Mattheus die volgende:

Matt. 28:19-20

Gaan dan heen, maak dissipels van van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.

Die dissipels was getrou aan hierdie opdrag en het dan vanaf Pinksterdag presies gedoen wat Jesus hulle beveel het. En Hy was met hulle.

Handelinge 2:41-47 gee ons ‘n idee van waarmee die dissipels en die vroeë kerk besig was:

Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring. En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Let op die woorde “en hulle het volhard in die leer van die apostels”. Hulle het nie afgewyk van dit wat Jesus en die apostels hulle geleer het nie. Hulle het daarby niks bygevoeg nie en niks weggeneem nie.

Let op die woorde “in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede” Hulle het ook volhard in die gemeenskap met mekaar en van huis tot huis brood gebreek. Dit spreek van wedersydse interaksie op informele vlak.

Let op die woorde “En almal wat gelowig geword het was bymekaar”. Dit dui weereens op interaksie en ‘n gedeelde gemeenskapslewe. Nie net ‘n Sondagoggend bymekaarkom ervaring nie.

Romeine 16: 3-5

Groet Priscilla en Aquila, my medewerkers in Christus Jesus, wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heideneGroet ook die gemeente by hulle aan huis.

Kolossense 4:15

Groet die broeders in Laodicea en Nimfas en die gemeente wat in sy huis is.

Die Skrif is ook baie duidelik oor waar die gelowiges bymekaargekom het. Aanvanklik het hulle ook in die Joodse sinagoges en die Joodse tempel bymekaargekom in ‘n poging om die Jode te beweeg om die Christelike geloof aan te neem, maar is later deur die Jode, wat die Christelike geloof verwerp het, vervolg en het toe net in huise bymekaargekom. Die belangrikste faktor was egter die feit dat hierdie gemeentes ’n eenvoudige ongekompliseerde gemeenskapslewe met mekaar gedeel het terwyl hulle saam net om Jesus Christus gegroepeer het.

Hierdie Skrifgedeeltes is net om ‘n idee te gee van hoe die Nuwe-Testamentiese kerk daar uitgesien het. En so het die suiwer kerk, wat uit Jesus gebore is as ‘n lewende organisme, wat lewe en asemhaal, gefunksioneer vir ongeveer 300 jaar. Daar het weliswaar ongewenste afwykings reeds in die eerste eeu na Christus begin posvat. Die ongekunstelde verhoudings geloof van die vroeë kerk het egter teen 300 NC plek gemaak vir ’n godsdienstige organisasie.

Faktore wat aanleiding gegee het tot menslike instellings in die kerk

Wat die praktiese komplikasies van bogenoemde stellings was, sal ons ‘n bietjie later bespreek. Ek wil nou eers fokus op die geskiedkundige gebeure en die invloed van omstandighede waaraan die vroeë kerk blootgestel was na Jesus se opstanding en hemelvaart. Wat het met die kerk gebeur en wat het in Judea plaasgevind nadat Jesus en die fundamentele apostels die fondasie van die jong kerk gelê het?

Die kerk is gebore in omstandighede wat glad nie gunstig vir die vroeë Christene was nie. Die Jode het die Christene gehaat en wou hulle uitroei as hulle kon. Daar was dan ook van die begin af vervolgings en Christene is deur die Jode doodgemaak. Soos die kerk gegroei het en groter geword het, het die Christene al meer aandag getrek. Nie net die Jode was bewus van hierdie nuwe “kultus” nie maar ook die res van die bevolking van die Romeinse ryk het stelselmatig kennis geneem van hierdie groepie mense wat by die dag meer en meer geword het.

Judea was in hierdie tyd deel van die groot en magtige Romeinse ryk wat die aanbidding van baie gode toegelaat het en eintlik gepromoveer het. Hoe meer gode hoe beter vir almal. Geen geloof was vervolg of verbied nie. Tydens die kerk se geboorte en die aanvanklike verspreiding van die Christene het die Jode, wat net een God aanbid het, die aandag van die Romeinse imperialistiese heersers getrek. Hulle het geweier om offers aan ander gode te maak en het ook geweier om voor die Romeinse keisers te buig of om hulle te aanbid. Romeinse keisers was nie tevrede hiermee nie en eventueel het hulle die Jode begin vervolg. Dit het ernstige skade aan die verhouding tussen die Jode en die Romeine veroorsaak.

Die Jode was verantwoordelik vir bloedige opstande in 66 NC, 115 NC en 132 NC. Die eerste groot opstand is in die dae van keiser Vespasian in 70 NC deur sy oudste seun, Titus, onder beheer gekry. In die proses is Jerusalem en die tempel van God vernietig en meer as ’n miljoen Jode doodgemaak. Meer as een honderd duisend Jode is gevange geneem en regoor die ryk as slawe verkoop. Hierdie was die begin van die oordeel van God oor Israel omdat hulle sy Seun Jesus verwerp het en doodgemaak het. Dit het presies gebeur soos Jesus dit voorspel het. Die Joodse Christene het natuurlik hierdie oordeel oor Israel vrygespring omdat hulle deur die Heilige Gees op wonderbaarlike wyse uit die betrokke stede en streke verwyder is (Christene het profesieë ontvang en is deur die Heilige Gees gelei om die betrokke areas te verlaat voor die slagting sou plaasvind).

In 115 NC het die Jode weer teen die Romeinse ryk in opstand gekom wat teen 117 NC in bedwang gebring is. Hierdie opstande was vir die Romeine ’n ernstige frustrasie. Keiser Hadrian het Jerusalem ’n paar jaar later, in 130 NC, weereens besoek en met die onderdrukking van hierdie Joodse opstand en ook tydens hierdie besoek nog sout in die Jode se wonde gevryf. In die proses het hy die volgende veranderings aangebring:

Hy het Judea ’n Romeinse provinsie gemaak.

Hy het Jerusalem se naam na “Alia Capitolina” verander.

Hy het die stad aan die god Jupiter toegewy.

Hy het ’n heidense tempel vir Jupiter in die plek van die Joodse tempel gebou.

Hy het die besnyding van Joodse seuntjies heeltemal verbied.

Weereens was die Romeinse ryk en die keiser ’n instrument in God se hand, net soos God die Assiriërs in die Ou Testament gebruik het om die oordeel, wat Jesus oor die Jode uitgespreek het, te voltrek. Dié keer was die doel om die Israeliete nie meer toe te laat om hulle uitgediende geloof te beoefen nie. Jesus het die wet vervul en die geloof uit genade deur die verlossingswerk van Jesus het Judaïsme verewig vervang.

Die verhouding tussen die Jode en die Christene was teen hierdie tyd reeds lankal onherstelbaar. Romeinse onderdrukking het die uitlewing van die Joodse geloof heeltemal vernietig. Die Jood kon nie meer op enige wyse sy Joodse tradisies en godsdienstige rituele beoefen nie. Dit het aanleiding gegee tot die uitbreek van die laaste Joodse opstand in 133 NC. Aanvanklik het die Jode sukses gehad maar mettertyd is hulle in bedwang gebring. Teen 135 NC was die oogmerk van die Romeinse ryk om die Jode nie net in bedwang te bring nie maar om hulle totaal uit te roei. Hulle het op hierdie stadium genoeg probleme van hierdie klein bevolkings groepie verduur. Dit terwyl Judea as ’n Romeinse provinsie nie juis ’n baie goeie aanwins vir die Romeinse ryk was nie. Met die vorige opstand het keiser Hadrian hulle geloof verban, met hierdie laaste slag wou hy nie net hulle geloof totaal vernietig nie maar Jerusalem en die Jode totaal van Joodse bodem afvee. Die Jode moes geen simpatie van die Romeinse ryk verwag nie en hulle het dit ook nie gekry nie. Die slagting wat gevolg het was ’n volslae oorwinning vir die Romeinse ryk en het katastrofiese gevolge vir die Jode gehad:

Meer as ’n halfmiljoen Jode is doodgemaak.

Nie een enkele Jood was toegelaat om in Alia Capitolina (Ou Jerusalem) agter te bly nie.

Vir baie jare was Jode nie eens toegelaat om die stad te besoek nie.

Jode is uit die provinsie uit verban en oor die hele Romeinse ryk verdryf en verstrooi.

Judea se naam is na Palestina verander.

Alia Capitolina is met Greco-Romeine bevolk.

Die Joodse geloof is weereens in totaliteit verban insluitende die besnyding van babas.

Enige Jood wat gevang word enige Joodse godsdienstige rituele beoefen sou onmiddellik doodgemaak word.

Die gebruik van die Tora (Wet van Moses) is verbied en is deur Romeinse soldate op die Tempelberg aan die brand gesteek.

Keiser Hadrian het basies ’n einde gemaak aan die Joodse geloof en aan die Ou-Testamentiese Joodse nasie. Niks daarvan het oorgebly nie. Dit is om hierdie rede dat die Joodse gesegde “May his bones be crushed”, verwysend na keiser Hadrian, ontstaan het. Die Joodse staat en die Joodse nasie sou eers baie jare later, ongeveer 1500 jaar later, weer op die toneel van wêreldgeskiedenis verskyn.

Jy kan jou indink dat die Christene ook nie in hierdie tyd baie gewild was nie. Hulle was as Jode (verwysend na die Joodse geloof) gesien omdat die deursnee Romeinse burger nog nie besef het dat die Jode eintlik twee verskillende gelowe aangehang het nie. Hulle het egter mettertyd die verskille begin raaksien. Hoewel die Christene nie deel was van die ampere uitwissing van die Joodse volk nie, was hulle tog ook eventueel as gevolg van hulle monistiese geloofsoortuigings vervolg.

Die Romeine was baie bygelowig en wou niks doen wat die gode kwaad maak nie. Die algemene gevoel was dat hierdie nuwe sekte of godsdiens, verwysend na die Christene, wat weier om aan die gode te offer almal se dood gaan veroorsaak en baie ellende oor die Romeinse ryk gaan bring as hulle nie tot gehoorsaamheid gedwing word nie. Die gode moet ten minste met eerbied behandel word.

Baie van die keisers het Christene vervolg: Nero, Domitian, Maksimin, Decius, Diocletian, Galerius en nog ander Romeinse keisers en Romeinse burgers het gedeel aan hierdie ongenaakbare wrede praktyk. Veral Nero, Galerius en Diocletian was verantwoordelik vir baie wrede vervolging. Van hierdie keisers het die Christene gehaat met ’n passie en wou hulle uitroei, van hulle wou die Christene net oorreed om die gode te eerbiedig sodat geen oordele die ryk oorval nie. Party keisers was eenvoudig net boos, bloeddorstig en kranksinnig. Wat ook al die rede of motivering; tussen 1 tot 3 miljoen Christene is oor ’n periode van ongeveer 250 jaar wreed vervolg, gemartel, aan die brand gesteek, in die arenas vir wilde diere gegooi, onthoof, aan stukke gekap en opgesny. Dit was waarlik ’n wrede tyd.

Wanneer ons die Nuwe Testament lees, veral die sendbriewe van Paulus en die ander apostels, moet ons nie van hierdie omstandighede waarin die vroeë kerk haar bevind het vergeet nie. In hierdie tyd het die kerk egter vinnig en dinamies gegroei. Die kerk kon nie vernietig of gestuit word nie. Hoe meer vervolging daar was hoe meer het die gelowiges hulle geloof gekoester en geweier om hul God te verloën. Dit was waarlik inspirerend en God het net meer en meer Romeinse burgers, ook vooraanstaande mense, by die kerk geledere toegevoeg.

Die kerk het egter in hierdie donker tye van vervolging ’n wonderwerk nodig gehad. Christene was werklik baie kwesbaar en aan die genade van Romeinse keisers en staatsamptenare oorgelaat. Die Christene was soos skape wat na ’n slagpale gelei word. Die wonderwerk het in 312 NC gekom. Die eerste keiser wat homself bekeer het, Konstantyn, het sy opwagting in wêreldgeskiedenis gemaak. Hy sou die vervolging van die Christene onmiddellik staak nadat hy aan bewind gekom het.

Konstantyn wat homself tot die Christelike geloof bekeer het, ’n gebeurtenis waarvan ons geen besonderhede van het nie, het in 312 NC die keiserlike troon betree. Hy het onmiddellik die Christelike geloof deur wetgewing beskerm. Hy het die Edik van Milaan bekragtig wat basies die Christelike geloof gewettig het. Hy het letterlik so ver gegaan as om die Christelike geloof die amptelike godsdiens van die hele Romeinse ryk te maak. Selfs die besittings van vervolgde Christene moes aan hulle teruggegee word. Konstantyn was op daardie stadium die keiser van die Oostelike deel van die Romeinse ryk terwyl Maksimin die keiser van die Westelike Ryk was. Maksimin was nie ’n Christen nie en was letterlik deur Konstantyn “gedwing” om die Christelike hervormings wat hy in die Oostelike Ryk ingestel het, ook in die Westelike Ryk in te stel. Maksimin het dit noodgedwonge uitgevoer om goeie betrekkinge met Konstantyn te handhaaf. So het Konstantyn dan toe ’n beskermer van die Christelike geloof geword. ’n Paar jaar later het Maksimin hom egter nie meer aan hierdie hervormings gesteur nie en teruggekeer na die ou imperialistiese siening met betrekking tot die Christelike geloof. Konstantyn het noodgedwonge teen hom opgetrek en hom op die slagveld verslaan. Hy het weereens die Edik van Milaan in die Westelike Ryk heringestel en die skade wat Maksimin veroorsaak het weer herstel.

Die Christelike geloof het alle vlakke van die samelewing geïnfiltreer en mense van alle vlakke, sosiale groeperinge en volke het hulle tot die Christelike geloof bekeer. Selfs Romeinse soldate, staatsmanne, politieke leiers en die aristokrasie het hulle tot die Christelike geloof bekeer. Die kerk het letterlik in die Romeinse ryk gefloreer.

Die bekering van Konstantyn en sy opgang tot keiser van die Romeinse ryk was vir die Christendom waarlik ’n keerpunt in die geskiedenis van die kerk. Die een oomblik is Christene bitterlik vervolg en hulle geloof onwettig, die volgende oomblik is die bordjies heeltemal verhang. Die Christelike geloof het nie net die amptelike geloof van die hele Romeinse ryk geword nie, maar alle ander gelowe is onwettig verklaar en verban.

In die loop van die jare was daar verskillende keisers in beheer van die Westelike en die Oostelike gedeeltes van die Romeinse ryk. Die Christen keisers het die Christelike geloof beskerm en die heidense keisers wou dit vernietig. Julian was onder andere ’n keiser wat met ’n groot ywer gepoog het om die werk van Konstantyn in die hele Romeinse ryk ongedaan te maak. As hy nie so gou nadat hy die keiserlike troon bestyg het in ’n veldslag dood is nie, sou dit swaar met die kerk gegaan het.

Hoewel Konstantyn se aandeel in die vestiging van die Christendom in die Romeinse ryk van onskatbare groot waarde vir die kerk was, is daar ook besluite geneem en veranderings in die aard en struktuur van die kerk gemaak wat die liggaam van Christus baie negatief beïnvloed het. Die kerk is nie toegelaat om as ’n lewende organisme voort te bestaan nie. Daar was ongelukkig voor Konstantyn reeds mense in die kerk wat begin het om van die leer van die apostels af te wyk. As die kerk nog onder normale omstandighede in staat was om hierdie vals evangelie en leringe die hoof te bied, was dit nou onmoontlik. Om die kerk te beskerm het Romeinse Keisers ongelukkig hulle gesag misbruik. Die kerk sou nou ’n organisasie word onder menslike beheer en is bestuur volgens wêreld sisteme. Presies dit waarteen Jesus die dissipels gewaarsku het, het nou gebeur.

Die instelling van die Christelike geloof as amptelike godsdiens van die Romeinse ryk en die Romeinse keisers se gesindheid van “beskerming” van die Christelike geloof het die groot faktore geword wat tot die totstandkoming van die institusionele kerk gelei het. Die kerk en die staat het van die begin af nou saamgewerk. Dit was nooit ’n amptelike besluit nie maar gebeure in die kerk en in die staat (regering) het stelselmatig daartoe aanleiding gegee. Die kerk het soos die staat begin opereer en baie staats praktyke en gebruike is oorgeneem.

Partykeer is die keisers deur kerkleiers in hulle onderlinge konfrontasies betrek en ander kere het keisers hul neuse in kerksake ingedruk. Ook die teenoorgestelde het gebeur: Omstandighede het partykeer kerkleiers in staats kwessies ingetrek. Hoe dit ook al sy, baie besluite aangaande kerksake en gebruike was deur die keisers ingestel. Dit was soos staatswette ingestel en niemand kon iets daaraan doen nie. Kerkleiers is deur keisers aangestel en korrupsie het stelselmatig die kerk kragteloos gemaak. Biskoppe en ander kerkleiers het baie keer hulle posisies in die kerk gekoop. Pouse en ander kerkleiers het in die loop van die jare net so korrup soos die keisers en ander staatsamptenare geword. Politieke groeperinge in die kerk het ontstaan en mense in invloedryke posisies is teen mekaar afgespeel. Daar was selfs ook tye toe die staat en die kerk deur die keiser beheer was en ook tye toe die pous die kerk en die staat beheer het.

In die Oostelike Romeinse ryk was die posisie van die keiser onteenseglik en amptelik aanvaar as die hoof van die kerk. Keisers is beskou as instrumente van die Allerhoogste God wat die kerk moes beskerm teen vervolging en wat sekere geloofsoortuigings moes implementeer en beskerm. Die Westelike keisers het dieselfde gesindheid gehad maar dit is baie meer diplomaties uitgevoer as gevolg van teenkanting van die pouse. Hoe dit ook al sy, die keisers het egter hierdie selfaangestelde posisie misbruik en ook vir eie gewin aangewend. Politieke belange en korrupsie het sy tol in die kerk geëis. Die organiese bruid van God is verander in ’n georganiseerde godsdiens, ’n menslike instelling.

Eventueel het daar ’n breuk tussen die Oostelike Ryk en die Westelike Ryk plaasgevind. Parallel daarmee was daar ook die breek tussen die onderskeie kerke. Die Westelike kerk (Katolieke kerk) en die Oostelike kerk (Grieks-Ortodokse kerk) het in die loop van die jare uitmekaargedryf as gevolg van leerstellige verskille en eventueel was die verhouding tussen die twee groepe onherstelbaar. Ernstige leerstellige verskille het beide kerk groepe ook van binne geteister. Besluite is sommer deur keisers afgekondig en geïmplementeer en kerkleiers het hul voorbeelde gevolg.

Dit is dan in hierdie omstandighede wat die aftakeling van die kerk plaasgevind het. Die goeie werk wat Konstantyn begin het, wat werklik ’n Goddelike ingryping was het ’n lelike nadraai gemaak wat baie skade aangerig het. Die ligpuntjie was dat vervolging darem aan ’n einde gekom het.

As ons dit wat ons vandag in die institusionele kerk sien beoordeel, moet ons nooit hierdie geskiedkundige gebeure in die Romeinse ryk vergeet nie. Na aanleiding van hierdie agtergrond dink ek u sal dalk nie verras wees om te hoor dat die meeste van wat ons vandag in ons Christelike gemeenskappe doen geen Skriftuurlike gronde daarvoor het nie. Dit sluit die meeste van die aktiwiteite in kerkdienste in – die erediens, die opleiding en die aanstelling van leiers in die kerk, die geboue wat ons gebruik, die manier hoe fondse ingesamel word, die roetines en programme wat in jeug bediening gebruik word, die manier hoe musiek in dienste aangewend word, die rentmeesterskap van God se geld, die manier hoe evangelisasie uitreikings uitgevoer word, gemeente interaksie buite die erediens, ens.

Vanaf die einde van die tweede eeu het die mens veranderinge oor ‘n lang tydperk ingestel. Dit was hierdie menslike instellings wat die kerk tot in sy wese in ‘n organisasie verander het. Dit het stelselmatig die lewende organisme binne-in die institusie doodgedruk. Die groot menslike “inspuiting” het hoofsaaklik in die dae van Konstantyn en die ontplooiing van die Katolieke kerk begin. Gedurende die Protestante Reformasie is dit verder gevoer en gedurende die dae van die Herlewings predikers is dit nog verder gevoer. Hoewel die laaste twee bewegings ietwat van ‘n restourasie op sekere gebiede gebring het, het hulle ook in die proses van die oorspronklike veranderings nog verder gevoer en selfs nuwe veranderings geïmplementeer.

Daarmee het die kerk nie meer gebly by die leer van Jesus Christus en die apostels nie. Paulus en Petrus het albei voorspel of moet ek eerder sê albei geprofeteer dat die kerk orals ingesypel gaan word deur valse profete wat verleidende geeste en leerstellings van duiwels gaan aanhang en gaan instel. Hulle sal kinders van die Here verbied om te trou en om sekere voedsel te eet. Hulle sal menslike tradisies en heidense gelowe hoër ag as die woord van God. Die kerk sal deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete verlei word en uitgelok word om hierdie valshede aan te hang (1 Tim 4) Ons lees ook daarvan in Kol 2:23

Wat, alhoewel dit ’n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot die versadiging van die vlees.

Ook 2 Petrus 2:1-3

…net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike kettery heimlik sal invoer en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek…

Uit hierdie Skrifgedeeltes kan ons duidelik sien dat die kerk van die begin af deur valse profete en mense met duistere motiewe geteiken is om valshede in te bring. Petrus noem dit “heimlik invoer”. Paulus noem dit “eiesinnige godsdiens”. Hier staan dit wit op swart. Dit was voorspel en dit het gebeur. Binne ’n paar jaar na Paulus en Petrus hierdie woorde geskryf het, het hierdie eiesinnige godsdiens met vuur en vlam sy vernietigingswerk begin uitvoer. Dit wat in Paulus se dae reeds sigbaar was en reeds kop uitgesteek het, het nou met alle mening orals in die kerk posgevat. Toe die Katolieke kerk eers ontplooi is en ’n staatsbeheerde organisasie geword het, kon niks dit meer keer nie. Hulle het mense begin verbied om te trou, hulle het allerhande reëls en regulasies ingevoer, hulle het met verdigte woorde uit hebsug voordeel uit die mense getrek met hulle “koop jou saligheid met geld” leerstellings. Hierdie Katolieke leiers (biskoppe, pouse en ander leiers) het die hiërargiese sisteem van die wêreld in die kerk ingevoer. Dit was wel amptelik ingestel deur Konstantyn maar dit is presies wat hulle wou gehad het. Hulle het selfs hulle posisies met geld gekoop. Hulle was baie keer nie eens geredde kinders van God nie. Hulle het die kerk gevat tot op ’n punt waar dit deur soveel politiek, korrupsie en ongerymdhede deurtrek was dat dit nie van ander instansies of van die staatsregering onderskei kon word nie.

Die kerk was ast’ware deur hierdie mense geskaak en op sleeptou geneem. Hulle het nie meer by die leer van die apostels gehou nie. Hulle het daarvan afgewyk. Die leer van die apostels was amptelik aanvaar as die ware suiwer woord van God. Dit was die fondament waarop die kerk gebou is. Ons lees daarvan in Ef. 2:19-20

So is julle nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en die huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en die profete, terwyl Jesus self die hoeksteen is

Hierdie mense het nie gebly by die leer van die apostels soos die eerste gelowiges nie. Handelinge 2:42 bevestig dit:

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood…

Binne ’n eeu of twee was die ware gemeenskap van die heiliges; ’n diepe verhoudings geloof, vervang met ’n oppervlakkige eiesinnige godsdiens. Gaan lees die geskiedenis van die kerk as jy naakte besonderhede daarvan wil weet. Ek het nou die dag ’n baie interessante potgooi oor die kerkgeskiedenis op “iTunes” raakgeloop: “Lance Ralston se Communio Sanctorum, History of the Christian church”. Dit is ’n kort oorsig van die kerkgeskiedenis en die episodes is maar so 20 min elk wat dit baie maklik maak om te volg. Dit is gratis en die klankgehalte is uitstekend. Luister gerus daarna as jy meer oor die kerkgeskiedenis wil weet.

In die eerste 300 jaar van die kerk se bestaan was die Romeinse ryk deurtrek met heidense godsdiens. Toe die Rooms-Katolieke kerk in die vierde eeu ontplooi is, het dit dan ook baie heidense en Joodse praktyke in die Katolieke kerk opgeneem. Hulle het ‘n stelsel van professionele leierskap ingestel, heilige geboue is in gebruik geneem, die branding van wierook in dienste is ingestel, heilige maagde is in plek gesit, die Here se verbond maal is verander in ‘n misterieuse ritueel, en so meer.

Die volgende gedeelte in die Huiskerk handleiding is ‘n lys van praktyke wat in die loop van die jare in die kerk opgeneem is. Let wel, die meeste van hierdie praktyke is heidense praktyke.

Wie het wat verander?

Ek wil ’n baie goeie boek oor menslike instellings in die Christelike kerk sterk aanbeveel: Pagan Christianity? Exploring the roots of our church practices, Frank Viola and George Barna, http://www.frankviola.net/

In die boek word al die institusionele kerk leerstellings en afwykings in die loop van die jare breedvoerig bespreek. Ek wil self net ’n kort oorsig daarvan weergee:

Die Kerk Gebou

Die eerste kerkgebou is onder Keiser Konstantyn in 327 NC gebou. Die eerste boustyle is ontleen aan die Romeinse basiliek styl wat grotendeels die styl van die Romeinse staatsgeboue was. Dit was weereens ontleen aan die Griekse heiden tempels – Toe Jesus op die toneel verskyn het, het Hy drie elemente van die Joodse geloof beëindig: die tempel, die priester orde en diere offers. Hy het al drie in Homself vervul. Hy is die Tempel van God, Hy is ons Hoëpriester en Hy is die Lam van God wat eenmalig vir ons geoffer is. Die Christelike geloof het daarmee die enigste geloof geword wat nie hierdie drie elemente het nie. Jesus het twee stellings gemaak wat twee uiteenlopende reaksies tot gevolg gehad het: Die Jode het baie kwaad geword toe Hy gesê het dat as die tempel afgebreek word, Hy dit binne drie dae weer sou bou (verwysend na sy liggaam op die kruis). Teenstrydig daarmee het die Samaritaanse vrou dit bloot net aanvaar toe Hy gesê het dat God nie meer in Jerusalem in die tempel of op die berg in Samaria aanbid sou word nie, maar dat hulle die Vader in gees en in waarheid sou aanbid waar hulle ook al bymekaarkom of waar hulle ook al is.

Heilige Geboue

Soos ons kan sien het die institusionele kerk geboue begin gebruik hoewel dit nie so was onder die eerste gelowiges nie. Hulle het in huise bymekaargekom omdat die kerk ’n familie is. Die straat, die sportveld die markplein en die huis is kenmerkend en eie aan die kerk of familie van God. Die Katolieke het selfs sover gegaan om hierdie geboue te heilig. Soos die heidene het hulle van hierdie kerkgeboue op die grafte van Christelike martelare gebou en as gevolg daarvan is hierdie kerkgeboue as heilig beskou en verklaar. Verskillende heidense gelowe se tempels is op heidense godsdienstige leiers se grafte gebou en as gevolg hiervan heilig beskou. Die Katolieke Christene het hierdie gebruik in die 3de en 4de eeu in gebruik begin neem – Die liggaam van Christus is heilig. Daar bestaan nie heilige geboue nie, net heilige mense. Ons is saam met Jesus die tempel van God. Hy die hoof en ons die liggaam.

Die Herders Stoel

Die gebruik van die herder stoel is ontleen aan die biskopstroon. Dit was afkomstig van die regter se stoel in die Romeinse Hof. ‘n Hedendaagse gebruik is om ‘n groter stoel vir die Pastoor beskikbaar te maak, gewoonlik agter die kansel. Dit is in gebruik geneem om die belangrikheid van posisie te beklemtoon. Omdat daar nie voorheen posisies in die kerk was nie, moes praktiese gebruike wat dit beklemtoon ingestel word.

Belasting-kwytskelding vir Kerke en Kerkleiers

Konstantyn het in 313 NC aan kerkleiers belasting-kwytskelding gegee. ‘n Voorreg wat heidense priesters reeds ’n geruime tyd geniet het. Hy het ook dieselfde status aan kerke gegee in 323 NC. Hierdie toegewings was gemaak om die vennootskap tussen kerk en staat te versterk.

Gebrandskilderde kleur glas Vensters

Eerste in gebruik geneem deur Gregory van Tours en vervolmaak deur Suger (1081-1151), kloostervoog van St. Denis.

Gotiese Katedrale

Hierdie spookagtige boukuns volgens die heidense filosofie van Plato is in die 12de eeu in gebruik geneem.

Die Kerktoring

Gewortel in ou Babiloniese en Egiptiese argitektuur en filosofie was die kerktoring ‘n Middel eeuse uitvindsel wat populêr gemaak is en gemoderniseer is deur Sir Christopher Wren in London in 1666. Die toring is ontleen aan heidense gelowe.

Die Kansel

Die kansel is reeds in 250 NC in gebruik geneem. Dit was afkomstig van die Griekse ambo wat ‘n kansel was wat deur die Grieke en die Jode gebruik is vir toesprake. In die Christelike kerk was nie van preekstoele gebruik gemaak nie omdat daar nie tydens die byeenkomste gepreek is nie. Almal het op gelyke vlak saam deelgeneem deur middel van die gawes van die Gees. Daar was wel op straat gepreek maar hierdie prediking was uitsluitlik evangelisties van aard.

Kerkbanke

Het in Engeland in die 13de eeu ontstaan.

Die Sondagoggend Orde van Aanbidding

Die volgorde van aktiwiteite tydens die Sondagoggend diens is in die sestiende eeu ontleen aan St. Gregory se misdiens (altaardiens) en verder is hersiening aan die volgorde gemaak deur Luther, Calvyn, die Puriteine, die Vrye kerk tradisie, die Metodiste, die Herlewings predikers en die Pinkster beweging. In die loop van die jare het nuwe gebruike al meer posgevat en is alles saamgevoeg en het die orde van aanbidding soos ons dit ken, tot stand gekom. Hierdie orde van aanbidding het die vrye funksionering van die hele gemeente deur middel van die gawes van die Gees vervang.

Die Sentralisering van die Kansel in die Aanbiddings orde

Die sentralisering van die kansel in die aanbiddings orde is deur Martin Luther in 1523 ingestel. Daarmee het die preek, gelewer deur ‘n enkele persoon (Pastoor) soos ons dit vandag ken, die mees belangrike liturgiese aktiwiteit in die gemeente samekoms geword. Die preek het stelselmatig prominensie ingeneem namate predikers hierdie kuns vervolmaak het.

Brandende Kerse op die “Verbond Maal Tafel” en die Branding van Wierook

Die nagmaal tafel is deur Ulrich Zwingli in die sestiende eeu in gebruik geneem. Brandende kerse is in die seremoniële hof van die Romeinse keisers in die vierde eeu gebruik. Dit is dan ook oorgebring na die verbond maal tafel.

Die Here se Verbond Maal kwartaalliks geneem

Ingestel deur Ulrich Zwingli in die sestiende eeu. As gevolg van die groot gemeentes kon die Here se liefdesmaal as ’n volledige familie maal nie meer geniet word nie. Dit moes vir praktiese doeleindes nie meer ’n volledige maaltyd wees nie maar net ’n ritueel, en dan moes dit ook nog drasties afgeskaal word.

Die Gemeente wat Staan en Sing wanneer die Leiers inkom

Ontleen aan die seremoniële hof van die Romeinse keisers in die vierde eeu. Dit is ook deur Calvyn in die Protestantse liturgie geïmplementeer. Baie van die Romeinse staats gebruike is in die kerk geïmplementeer omdat hulle so na aan mekaar gefunksioneer het.

Arriveer by die “Kerk” met ‘n Somber/Respekvolle Gesindheid

Gebaseer op die Middel eeuse oogpunt van vroomheid. In Protestantse dienste geïmplementeer deur John Calvyn en Martin Brucer. Die kerk was nie meer ’n vrolike familielewe nie maar het toe reeds ontaard in ’n formele seremoniële godsdiens.

Veroordeling en Skuldgevoel oor die Mis van ‘n Diens

Deur die Nuwe Engelse Puriteine in gebruik geneem in die sewentiende eeu. Hulle het gemeente lede boetes opgelê en selfs gemartel as hulle dienste gemis het.

Die lang Herders gebed wat die preek voorafgaan

Ingestel deur die sewentiende-eeuse Puriteine. Hierdie herders gebed het al meer prominensie ingeneem omdat dit weereens die status van die enkel herder moes beklemtoon. Net die herder van die gemeente het die outoriteit en die status gehad om te bid. Sy gebed is kragtiger as die gewone mens se gebed wat op sy beurt weer die gemeente afhanklik van die herder moes maak. Weereens ’n bose kringloop om die kerkleiers op ’n hoër trappie te plaas en uiteindelik ’n tussenganger tussen God en die gewone mense te maak.

Die Herders Gebed uitgespreek in “Elizabethan English”

Ingestel deur die agtiende-eeuse Metodiste.

Die algemene doelstelling om te preek vir die redding van individuele siele

In gebruik geneem deur agtiende-eeuse Herlewings predikers. Die mens is al meer beïnvloed om sy geloof op ’n individualistiese grondslag te beoefen. Jy ontmoet jou “persoonlike” verlosser. Jy dien jou God op ’n “persoonlike” manier. Jy trotseer die lewe met sy uitdagings individueel. Jy leef jou geloof “persoonlik” uit. Alles het individualisties geword. Die gedeelde gemeenskapslewe van die familie van God het nie meer bestaan nie. (Lees Handelinge 2:42-47)

Die Altaar uitnodiging (Altar Call)

Ingestel deur die sewentiende-eeuse Metodiste en populêr gemaak deur Charles Finney. In die vroeë kerk was daar nie altaar oproepe nie. Wanneer ’n persoon hom bekeer het, wanneer Hy Jesus wou volg, het hy dit gedoen deur gedoop te word. Die doop was die bekerings daad. “Ek volg Jesus deur die water”. Hierdie daad het die “verklaring” gemaak. Jesus het byvoorbeeld vir die ryk jong man gesê: Verkoop jou goed en volg my. Hy het dit ook vir ander gesê. Voor die sewentiende eeu was daar nie altaar oproepe nie.

Die Kerk Bulletin (geskrewe liturgie)

Dit vind sy oorsprong in 1884 nadat Albert Blake Dick sy dupliseer masjien uitgevind het. So rigied was die orde van aanbidding dat jy dit vooruit kon tik. Jy kon dit ast’ware in klip graveer.

Die “Solo” Verlossing Lied, Deur-tot-deur Evangelisasie, Evangelistiese Reklame Veldtogte

Ingestel deur D. L. Moody. Hierdie was alles deel van die individualisering van die kerk. Dit was ook menslike metodes om sekere leemtes te vul. Omdat die kerk nie meer gefunksioneer het soos Jesus en die apostels dit ingestel het nie, het sekere dinge agterweë gebly en het sekere dinge prakties onmoontlik geword. Dit moes met alternatiewe metodes vervang word.

Buig die Hoofde met oë toe en die Oplig van ‘n Hand in reaksie op ‘n Verlossings boodskap

Ingestel deur Billy Graham in die twintigste eeu. Weereens alternatiewe metodes wat as gevolg van die groot skares aangepas moes word. Bedienaars in die vroeë kerk sou in hulle tyd net gesê het: “Die wat Jesus wil volg, kom ons gaan doop julle” en begin aanstap het rivier toe.

Die Evangelisasie van die Wêreld in een Generasie Slagspreuk

Deur John Mott in 1888 begin.

Die “Solo” Sang of Speel van ‘n Liedjie terwyl die Kollekte opgeneem word

Ingestel deur die twintigste-eeuse Pinkster beweging.

Die Hedendaagse Preek

Ontleen aan die Griekse drogredenaars en filosowe wie meesters was van die redenaarskuns en welsprekendheid. Dit is in die kerk populêr gemaak deur John Chrysostom en Augustine (Die Greco-Roman sermon). Wanneer die Nuwe Testament van preek praat is dit uitsluitlik vir evangelisasie doeleindes bedoel. Die woord vir “preek” in die Grieks beteken “proklameer” en “verklaar” orals waar julle gaan dat Jesus Christus die Seun van God is. “Proklameer” en “verklaar” dat Hy met sy bloed vir ons betaal het en dat Hy ons Verlosser is. Hoofsaaklik het net evangeliste en apostels gepreek wanneer hulle ’n ongeredde gehoor of persone iewers op straat of elders toegespreek het. Dit het glad nie in die byeenkomste van die gelowiges plaasgevind nie.

Die Een-Uur Preek, Preek “crib” notas, Die Vier-deel Preek Oorsig

Ingestel deur die sewentiende-eeuse Puriteine.

Die Enkel Biskop (Voorloper van die Hedendaagse herder of Pastoor)

Ingestel deur Ignatius van Antiochië in die tweede eeu. Sy een-biskop reël het egter nie bly staan tot in die derde eeu toe dit populêr begin word het. Ouderlinge en die vyfvoudige bediening het wel in die vroeë kerk bestaan en bestaan vandag nog in die huiskerke maar was nooit ’n posisie nie. Dit was net en is steeds net ’n funksie. Ignatius het spesifiek die ouderling funksie tot ’n posisie verhoog.

Die “Covering” Leerstelling

Cyprian van Carthage, ‘n eens heidense redenaar, het hierdie vals leerstelling die eerste keer begin leer. Dit is later herlewe onder Juan Carlos Ortiz van Argentinië en ook deur die “Fort Lauderdale Five” van die Verenigde State van Amerika toe hulle die sogenaamde “Shepherding-Discipleship Movement” in die 1970’s gestig het – Hierdie vals lering, wat natuurlik glad nie Skriftuurlik is nie, is uit vrees gebore. Herders wat vir die een of ander rede gemeentelede verloor het en uit die aard van die saak ook inkomste, het, omdat hulle die ergste vrees, ook vrees by gemeentelede ingeboesem dat hulle onder hulle “covering” uit beweeg en daarmee aan allerhande “ongenoemde dinge” blootgestel is. Daar is geen Skrif om hierdie dwaalleer te regverdig nie. Daar is selfs geen Skrif wat die term “corporate anointing” regverdig nie. Die woord kom nie eens in die Nuwe Testament voor nie. Daar is net een Hoof oor die kerk en sy Naam is Jesus Christus. As kind van God is jy altyd en ten volle veilig in Hom. Hy sal jou nooit begewe of verlaat nie, waar jy ook al is. Die kerk van God is ’n geestelike wese. Dit het geen mure of strukture nie en is ook nie aan denominasies gekoppel nie. Denominasies kom van ons af, nie van God af nie. As jy Jesus Christus het, dan is jy veilig, deel van sy kerk, in die koninkryk van God en onder sy beskerming.

Hiërargiese Leierskap

In die kerk ingebring deur Konstantyn in die vierde eeu. Dit was ontleen aan die staats leierskap sisteme van die Babiloniërs, Perse, Grieke en Romeine. Dit het Ignatius se “enkel herder” leier verder gevoer tot ‘n totale piramiede (bevelsorde sisteem) soos in ‘n groot maatskappy met ‘n hoofkantoor, streke, seksies en afdelings. Die institusionele kerk het meer professioneel geword. Al meer maatreëls wat die institusie moes beheer is al hoe meer ingestel. Jesus was natuurlik nog nooit die Hoof van die institusionele kerk nie. Hy was en is steeds die Hoof van die ware geestelike kerk, ook die ware geestelike kerk binne die institusionele kerk.

Kerkleierskap gegroepeer teenoor Gewone Lidmate (Clergy and Laity)

Die woord “laity” is vir die eerste keer opgemerk in die skrywes van Clement van Rome. “Clergy” is die eerste keer opgemerk in Tertullian. Teen die derde eeu het kerkleiers reeds wêreldwyd as “Clergy” bekend gestaan. Daarmee was die Bybelse en God ingestelde broederskap verhouding van “almal op gelyke vlak” iets van die verlede.

Hedendaagse Ordinasie van Kerkleiers

Dit het sy ontstaan iewers tussen die tweede en vierde eeu. Dit was ontleen aan die Romeinse staats gewoonte om staats amptenare formeel aan te stel in staatsposte. Die idee van ‘n geordende bedienaar as ‘n “heilige man van God” kan nagespeur word na Augustine, Gregory van Nazianzus en Chrysostom – Daar is geen Skriftuurlike regverdiging vir hierdie gebruik nie. Daar is geen teken van sodanige rituele in die Nuwe Testament nie. Handoplegging om die gawes van die Gees aan te wakker of oor te dra (doping in die Heilige Gees) wat wel in die Bybel voorkom, word dikwels met sodanig rituele verwar. Handoplegging het egter niks met posisionele aanstellings te doen nie.

Die Titel “Pastoor”

Katolieke priesters wat Protestantse bedienaars geword het tydens die Martin Luther hervormings, was nie “Pastore” genoem nie tot in die 18de eeu toe hierdie Katolieke titel vervang is met “Pastoor” onder Lutherse vromes.

Christene geklee in hulle “Sondag Beste” vir Kerk

Hierdie praktyk het sy oorsprong in die laat agtiende eeu met die Industriële Rewolusie. Dit het in die negentiende eeu wêreldwyd versprei. Die opkomende middelklas kon ook nou duurder klere bekostig en het gou by hulle welaf aristokratiese medeburgers aangepas. Voor dit was byeenkomste deur Christene bygewoon in normale, gemaklike drag en selfs in werksdrag.

Kerkleiers Kleding

Hierdie praktyk het in 330 NC begin toe Christelike kerkleiers dieselfde kleding as Romeinse staats amptenare begin dra het. Eventueel teen die 12de eeu het hulle hierdie kleding selfs op straat gedra wat hulle duidelik onderskei het van die gewone mense. Kerkleiers was sinoniem met staats amptenare. Hulle het albei ‘n salaris van die staat ontvang en was maar albei in diens van die keiser. Daarom dieselfde kleredrag.

Die Hedendaagse Pastoors pak

Ontleen aan die swart mantel wat deur die Reformasie bedienaars gedra was, het die swart pak klere van die twintigste eeu wêreldwyd die tipiese kleding van die hedendaagse pastoor geword. Natuurlik het die kleding van pastore in sommige Pinkster en Charismatiese bewegings intussen meer informeel geword.

Die Kerkkoor

As gevolg van Konstantyn se begeerte om die professionele musiek wat in Romeinse Imperialistiese seremonies gebruik is na te doen, het die professionele kerkkoor tot stand gekom. Ook in die 4de eeu het Christene die kerkkoor idee ontleen aan kore gebruik in Griekse dramas en Griekse tempels. Hierdie was die begin van sangleiers. In die vroeë kerk was nie van sangleiers gebruik gemaak nie. Daar was ook nie van musiekinstrumente gebruik gemaak nie. Die musiek van die kerk was vir baie jare na Christus acapella sang.

Die Seuns Koor

Is in die 4de eeu ontleen aan die seuns kore deur heidense gelowe gebruik.

Begrafnis Optogte en Begrafnis Preke

Ontleen aan “Greco-Roman” heidense gelowe in die 3de eeu.

Die Aanbiddings Span

Hierdie praktyk is in 1965 in die “Calvary Chapel” in Amerika in gebruik geneem en is gebaseer op die sekulêre ruk-en-rol konserte.

Tiendes en Offer hande

Was nie ‘n wydverspreide Christelike instelling nie tot en met die 8ste eeu. Die 10% belasting op die “verhuring van geboue stelsel” wat gedurende die middel eeue in Europa in gebruik was, is gebruik om kerkleiers se salarisse te betaal en om ander onkoste te befonds. Later, toe die Romeinse staat nie meer salarisse aan kerkleiers wou betaal nie, is dit vervang deur die Ou-Testamentiese “tiende” sisteem te regverdig. Dít was egter die Israelitiese staat se belasting stelsel van die Ou Testament wat natuurlik ‘n God gegewe instelling was. (Onthou God was die leier van die staat Israel en die belasting was bedoel vir weduwees, arm mense, die Leviete asook vir normale staats onkoste). Israel was uniek in die sin dat die Israelitiese geloof, die tempel, priesters en die Levitiese ampte in die tempel ‘n belangrike rol gespeel het in die regering van die land – Hierdie stelsel het egter niks met die kerk te doen nie. Die Christelike geloof het heeltemal ander beginsels oor saai en maai, versorging van hulpbehoewendes, arm mense, goeie rentmeesterskap en so meer wat baie duidelik in die Nuwe Testament uiteengesit word.

2 Kor. 9:6-8

Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief. En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Lukas 6:38

Gee, en aan julle sal gegee word. ’n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

Dit is baie duidelik dat ‘n mens steeds moet gee. Nie ‘n tiende nie maar soos wat jy in jou hart voorneem. Ook nie onder dwang nie. Dit is ’n vrywillige aksie en daar word glad nie fondsinsamelings projekte of aksies van enige aard in huiskerke uitgevoer nie. Finansiële bediening in die kerk vind net soos enige ander bediening plaas; deur die Jesus bediening in ons. Dit word in die hart van Christus in ons geaktiveer en nie deur druk van buite nie. In die huiskerke gee elkeen soos hy hom dit in sy hart voorneem aan die behoeftiges in die gemeente, weduwees en wees, arm mense wat op hul pad kom, evangelisasie uitreikings, kerk planting en aan elkeen soos wat die Gees hulle op die hart lê. Die gee aan armes is nie net ‘n gehoorsaamheid aan God se opdragte nie maar ook ‘n geloofsdaad om aan God te wys dat jy Hom eer en erken as jou voorsiener. Jy gee en vertrou God weer vir jou inkomste.

Omdat daar nie die duur onkostes is vir byvoorbeeld die koop van geboue, instandhouding van geboue en ander bates sowel as salarisse nie, word finansies in die huiskerke vir die regte doel aangewend.

Ek wil net noem dat institusionele kerke geld nodig het om te bestaan en te funksioneer. As jy by ‘n institusionele kerk aanbid, is dit niks minder as reg dat jy jou finansiële verpligtinge daar nakom by die betrokke gemeente waar jy aanbid soos wat van jou verwag word. Jy aanbid daar en jy ontvang jou geestelike voedsel daar. Die wet van saai en maai is steeds geldig waar jy dit ook al doen.

Kerkleiers Salarisse

Hierdie praktyk was deur Konstantyn in die 4de eeu ingestel. Die Kerkleiers is soos staats amptenare behandel en het ook salarisse van die staat ontvang. Later moes die kerk self hulle eie onkoste dra en is die Ou-Testamentiese tiende stelsel “aangepas” en regverdig om onkostes te befonds. – Voor salarisse deur Konstantyn ingestel is, het God se voltydse werkers (Vyfvoudige bediening) Hom vertrou vir voorsiening en ander het deeltydse werk gedoen om hulleself te onderhou. Hulle was nie huurlinge nie maar het God se werk vir die regte redes gedoen. Dit is ook Skriftuurlik dat ‘n voltydse werker nie geld ontvang daar waar hy bedien nie maar eerder finansieel ondersteun word deur gemeentes van ‘n ander streek wat hom gestuur het. Jy kan nie mense bedien of “dien” wat jou betaal nie. Dit hoort nie so nie. Hulle betaal jou salaris en het daarom seggenskap oor jou. Hierdie was werklik ’n beginsel wat Paulus streng in sy lewe toegepas het.

Die Kollektebord

Die offer hande bak het in die 14de eeu op die toneel verskyn en die aangee van die kollekte bord in 1662.

Die Deurwagter/Plekaanwyser (Ushers)

Het met Koningin Elizabeth I (1533-1603) van Engeland begin. ‘n Voorganger van die deurwagter; die kerk portier, het reeds in die 3de eeu sy opwagting gemaak.

Kinderdoop

Gewortel in die bygelowige oortuigings wat in die Greco-Roman kultuur hoogty gevier het is die kinderdoop in die Christelike geloof opgeneem in die laat 2de eeu. In die 5de eeu het dit volwasse doop geheel en al vervang. Eers veel later in die kerkgeskiedenis het volwasse doop weer begin toeneem.

Vervanging van onderdompeling met besprinkeling

Het in die laat Middeleeue in Westerse kerke begin.

Doop verwyderd van bekering

Het in die vroeë 2de eeu sy oorsprong as gevolg van die bygeloof dat die doop die enigste medium was vir die vergewing van sonde. Volgens hierdie wettiese bygeloof kon jy nie weer gered word as jy na jou doop weer gesondig het nie. Baie mense soos byvoorbeeld Konstantyn het die doop uitgestel tot op sy sterfbed om seker te maak hy word gered. Later is grootdoop heeltemal afgestel – In die Nuwe-Testamentiese tyd is die doop juis die “bekerings daad” gewees. Die hedendaagse “altar call” het die doop vervang. Die mense het juis met hierdie geloofstap Jesus aangeneem. Hulle was dus onmiddellik gedoop.

Die Sondaars Gebed

Het sy oorsprong met D. L. Moody maar is in die 1950’s populêr gemaak deur Billy Graham met sy “Peace with God” traktaatjie. Ook Campus Crusade for Christ het dit populêr gemaak met hulle “Four Spiritual Laws” – In die vroeë kerk was daar nie ‘n bekerings gebed nie. Mense het deur die doop Jesus begin volg. Vanselfsprekend het hulle outomaties die Here Jesus as die Seun van God en as hulle Saligmaker bely. Hoe dan anders; hulle volg Hom dan.

Die gebruik van die term “Persoonlike Verlosser”

Dit is die eerste keer deur die Herlewings predikers in die 1800’s gebruik maar is deur Charles Fuller (1887-1968) populêr gemaak – In die vroeë kerk is alles gesamentlik as ‘n gemeente of as die gemeenskap van die heiliges ervaar. Individualisme het glad nie bestaan in die vroeë kerk nie. Jesus is nie my verlosser nie. Hy is ons verlosser.

Die Here se Verbond Maal afgeskaal – Van Volle Liefdes Maal tot Seremoniële ritueel

Die praktyk is in die laat 2de eeu ingestel as ‘n resultaat van heidense seremoniële invloede – Daar was geen seremoniële rituele in die vroeë kerk nie, geen spesiale dae gevier soos Joodse feeste nie , geen Joodse gebruike soos die blaas van sofars en waai van baniere nie. Hierdie goed was of heidense gebruike of skadubeelde in die Ou Testament van dit wat Jesus kom vervul het. In Mark 14:22 het Jesus die verbond maal ingestel as deel van die normale ete. Dit was nie bloot ’n ritueel nie; dit was deel van die familie ete van die familie van God:

En terwyl hulle eet, neem Jesus brood en nadat Hy gedank het…

So bevestig 1 Kor. 11:25 dit ook:

Net so ook die beker ná die ete, met die woorde…

Die Katolieke Kweekskool

As gevolg van die Raad van Trent (1545-1563) is die eerste kweekskool gestig. Die curriculum was gebaseer op die leerstellings van Thomas Aquinas wat ‘n vermenging was van Christelike leerstellings, Aristoteles se filosofie en Neo platoniese filosofie.

Die Protestantse Kweekskool

Het begin in Andover, Massachusetts in 1808. Die curriculum was ook gegrond op Thomas Aquinas se leerstellings.

Die Bybel Kollege

Beïnvloed deur die opwekkingsbeweging van D. L. Moody, was die eerste twee Bybel Kolleges geopen in New York (Missionary Training Institute) in 1882 en in Chicago (Moody Bible Institute) in 1886 – Soos jy hier hier kan sien is amptelike opleiding vir kerkleiers ‘n baie onlangse instelling (minder as 200 jaar gelede)

Die Sondagskool

Robert Raikes van Brittanje het in 1780 ‘n Sondagskool geopen om arm kinders die basiese beginsels van opvoeding te leer. Dit het later aanleiding gegee tot die leer van Christelike of Bybelse beginsels op kinder vlak.

Die Jeug Pastoor

Ontwikkel in die stedelike gebiede van Amerika in die laat 1930’s was dit die resultaat van ‘n soeke na maniere om aan ‘n nuwe sosiale klas genoem “tieners” se behoeftes te voorsien.

Die samevoeging van Paulus se briewe in ‘n kanon en gerangskik volgens neer dalende lengte (Van die langste tot die kortste)

Het in die 2de eeu plaasgevind deur die Rooms-Katolieke kerk. Hierdie rangskikking bemoeilik die lees van die Bybel in ’n mate omdat dit die kontinuïteit van die gebeure deurmekaargooi. Dit sou baie meer sin gemaak het as dit in die volgorde geplaas was soos Paulus dit geskryf het.

Hoofstuk nommers ingevoeg in die Nuwe-Testament

Professor Stephen Langton van die Universiteit van Parys in 1227. Dit is gedoen om gedeeltes in die Bybel makliker te kry as daarna verwys word – Nie ‘n slegte voorstel nie behalwe dat sekere hoofstukke afgesny word van ‘n volgende Skrifgedeelte of ‘n vorige Skrifgedeelte wat die lees van die Bybel ‘n bietjie meer gekompliseerd maak en interpretasie kan beïnvloed.

Vers nommers ingevoeg in die Nuwe Testament

Die drukker Robert Stephanus in 1551. Dit is gedoen om gedeeltes in die Bybel makliker te kry as daarna verwys word – Nie ‘n slegte voorstel nie behalwe dat sekere verse afgesny word van ‘n volgende of ‘n vorige vers of verse wat die lees van die Bybel ‘n bietjie meer gekompliseerd maak en interpretasie kan beïnvloed. Dit dan die rede hoekom Jesus en ander Nuwe-Testamentiese skrywers net gesê het “daar staan geskryf” as hulle die Skrif aangehaal het.

Die Bybel was in die kerkgeskiedenis ook nog weggehou van God se kinders af deur die Katolieke kerk. Ongoddelike kerkleiers het gepoog om dit agter die geslote deure van kloosters eksklusief vir hulle oë alleen te hou. Hulle wou die woord van God weghou van die gewone mense. Hulle was kwansuis nie bevoegd om die woord te verstaan of korrek te interpreteer nie. Dit is dieselfde kerkleiers wat later die Christelike kerk “geskaak” het, beheer daaroor geneem het en duisende Christene tot die dood veroordeel en gemartel het. Sommige van hulle was nie Heilige Gees vervulde gelowige leiers nie; hulle was ongered, korrup, slinks en oneerlik en het verskriklike groot skade in die kerk aangerig. Dit was juis die kerk as instelling wat dit moontlik gemaak het dat sulke leiers beheer van die kerk kon oorneem. Die huiskerk daarenteen is heeltemal immuun teen hierdie tipe aanslae as gevolg van die struktuur daarvan.

Behalwe vir al hierdie instellings en veranderings genoem was daar nog baie klein jakkalsies wat die Hoofskap van Jesus en die leiding van die Heilige Gees nadelig beïnvloed het.

Die veranderinge het ‘n baie groot invloed op die kerk gehad. Die grootste ramp was natuurlik dat die “godsdiens” van die fariseërs en ander Joodse leiers weer terug op sy plek was (Reëls, regulasies, wette, konstitusies – Alles mensgemaakte verordeninge net soos die Jode gedoen het). Paulus het al probleme met Joodse bekeerlinge gehad wat die wettiese leerstellings van Judaïsme na die kerk wou oorbring. Uiteindelik het hierdie negatiewe wending in die kerkgeskiedenis ’n realiteit geword.

Die feite is onomwonde; bogenoemde hét gebeur. Dit is opgeskryf in die geskiedenis boeke van die kerk. Dit kan nie weggeredeneer word nie. Die skade deur die eeue heen is gedoen. Daaraan kan ons niks doen nie maar dit hoef nie so te bly nie. Ons kan kies om dit weer reg te stel.

God het dan ook in die loop van die jare met herstelwerk begin en is steeds besig daarmee.

The Lord has been restoring lost truths to us little by little. He started in Martin Luther’s day by restoring the foundational truth of the new birth, “the just shall live by faith” (Romans 1:17). That truth came as a shock to people back in the 1500s. Religious leaders were enraged by it. Multitudes puzzled over whether or not to believe it. Yet today, the entire evangelical Church takes that revelation for granted. We don’t argue about it anymore. We know we’re saved, not by our own works but by simple faith in Jesus. After that revelation was restored, God began adding others. Through the Pentecostal movement that emerged in the early 1900s, for example, He took us from the new birth and reintroduced the Baptism in the Holy Spirit (Mathew 3:11). Forty years later, during the great healing revival, He restored the revelation of divine healing (1 Peter 2:24). During the charismatic movement in the 1960s, He added revelations about the gifts of the Spirit (1 Corinthians 12:4-10). At the end of that decade, He taught us about the power and integrity of His written WORD and how to operate by faith in that WORD (Hebrews 4:12; Mark 11: 23-24).

– Kenneth Copeland

Vandag is God onder andere besig om die intieme “familie” verhouding van die kerk asook die ongekompliseerde huiskerk belewenis te restoureer.

Die grootste skade het natuurlik gekom met die instelling van die leiers orde van die kerk. Die Pastoor as enkel leier in die gemeente het die fokuspunt geword. Dit het die prominente figuur van die Katolieke en Protestantse geloof en ook ander denominasies geword. Dit is egter verrassend dat daar geen Skriftuurlike gronde in die Bybel voorkom vir hierdie posisie in hierdie opset nie. Trouens, die vyfvoudige bediening in sy geheel was funksioneel van aard en nie posisioneel nie. Die klem het op die funksie geval. Dit wat hulle gedoen het was die kern van hulle bediening.

Daar was geen posisionele aanstellings in die Nuwe Testament nie. Ons het as gevolg van tradisie die idee van die enkel herder en leierskap in die algemeen soos wat ons dit vandag ken, teruggelees in die Bybel in. Ons het nie gaan kyk wat die Bybel oor leierskap sê nie maar dit wat ons ken in die Bybel gaan regverdig. Ander weer het bloot net aanvaar dat dit wat ons gewoond aan is wel Bybels is. Skriftuurlik en in praktyk was herders in die Nuwe-Testamentiese tyd lokale ouderlinge en opsieners van die gemeentes. Hulle funksies het egter totaal verskil van wat ons vandag sien.

Daar was ook geen hiërargiese struktuur (piramiede struktuur) in die vroeë kerk nie. Almal was gelyk Die vyfvoudige bediening en die gemeente lede was almal op dieselfde vlak. Elkeen het maar net sy funksie uitgevoer en die gawes beoefen soos die Heilige Gees dit uitgedeel het. Niemand het outoriteit oor ander gehad nie en niemand het die gemeentes of gemeentelede beheer nie. Die apostels het nuwe gemeentes geplant maar nooit daardie gemeentes beheer of eienaarskap daarvan geneem nie.

Die enigste posisionele leier in die kerk was en is steeds Jesus Christus Homself. Hy is die Hoof van die kerk (deur die Vader aangestel) en die enigste Persoon wat outoriteit oor die kerk, gemeentes en kinders van God het. Net Hy kan instruksies gee en net Hy kan praat van Sý kerk, Sý gemeente of Sý bruid. Die kerk behoort nooit aan ons nie en ons mag nooit oor God se mense regeer soos die wêreld oor mense regeer nie. Dit is God se eiendom en dit is heilige grond.

Ignatius van Antiochië was die eerste persoon wat die betreurenswaardige pad van leierskap volgens die wêreld patroon gestap het. In die middel tweede eeu het hy daarin geslaag om in elke gemeente wat onder sy invloed was een van die ouderlinge te verhef as leier oor die ander ouderlinge. Dit was iets wat Ignatius ‘n geruime tyd gepropageer het. Tydens hierdie periode in die kerkgeskiedenis was verskillende variasies van Gnostisisme besig om die Christelike geloof in te sypel. Ignatius wou die kerk teen hierdie dwaalleringe beskerm deur ‘n “sterk” leier in elke gemeente aan te stel. Hy het gehoop dat hy deur “beheer” dwaalleringe sou kon beveg. Dit het nooit by hom opgekom dat beheer ook dwaalleringe sou kon vestig nie. Inteendeel, hierdie beheer was juis die instrument waarmee die ergste dwaalleringe in die kerkgeskiedenis geskep en gedryf was.

Hierdie aangestelde ouderling het gou bekend gestaan as “biskop” en hy het die funksies van die ander ouderlinge en die gemeente stelselmatig oorgeneem. Ignatius het die biskop se funksie stelselmatig vergroot om meer beheer te kry en die biskop posisie selfs gelyk met Christus gestel. Volgens hom het die biskop al die mag in die gemeente en moét hy absoluut gehoorsaam word. Hy moet vir alle praktiese doeleindes beskou word as die Here Homself.

Almal moet die biskop volg soos wat Jesus die Vader gevolg het. Dit was mettertyd vir die ouderlinge of gewone gemeentelede nie meer “wettig” om iemand te doop of die verbond maal te bedien nie. Wat die biskop ook al goedgekeur het, sal voor God ook welgevallig wees. Dit is goed om God en die biskop te erken. Hy wat die biskop eer, eer ook die Vader. Doen niks sonder die biskop nie. Beskou die biskop as ‘n “tipe” van die Vader.

Teen die derde eeu was dié praktyk reeds algemeen en in die vierde eeu het Konstantyn dit reg deur die bank amptelik ingestel. Alle gemeente aktiwiteite het om die biskop gedraai. Alles het deur hom gewerk. Hy het al die gemeenskaplike dienswerk van die gemeente oorgeneem en man alleen begin uitvoer. Hy was die verantwoordelike persoon. Almal het aan hom verantwoording gedoen. Hy het die gesag gedra. Die arme man is oorlaai met verantwoordelikhede wat nooit so bedoel was nie. Die negatiewe gevolge daarvan is deur die eeue duidelik sigbaar as ons kyk na die wrakke van “stukkende” herders en kerkleiers wat langs die pad gesneuwel het. Die gelowiges het passief geword en op die kerkbanke begin sit om deur hierdie leiers “bedien” te word. En natuurlik, daarmee is Jesus se instruksies oor leierskap in die kerk totaal geïgnoreer.

Too much organization has, like a straightjacket, often choked the organism for fear that something might go wrong. Fear is the opposite of faith, and not exactly a Christian virtue. Fear wants to control, faith can trust. Control, therefore, may be good, but trust is better. The Body of Christ is entrusted by God into the hands of steward-minded people with a supernatural charismatic gift to believe God that He is still in control, even if they are not.

– Wolfgang Simson

Matt. 20:25-28

Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.

Let op die volgende woorde:

“heers” “gesag uitoefen” “só moet dit onder julle nie wees nie” “dienaar wees” “dienskneg wees” “dien”

Lukas 22:25-26

En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem. Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie ’n leier is, soos een wat dien.

Jesus veroordeel hier baie duidelik die wêreld se leierskap sisteem.

Mettertyd is al hoe meer wêreldse metodes en strukture in die kerk ingestel. Maak nie saak hoe jy na die volgende woorde kyk nie, dit kan nooit of behoort nooit in een sin met die kerk genoem te word nie: Beplanning, strategie, outokratiese bestuurstyl, demokratiese bestuurstyl, delegasie, bosberaad, steekproewe, statistiek, reklame, reklame veldtogte, fondsinsamelings projekte, evaluasie, sekuriteit, dissiplinêre aksie soos die wêreld dit doen kompleet met industriële dissiplinêre kode, afdanking, arbeid unies, hofgedinge oor aanstellings en afdankings, vergaderings volgens wêreldse patrone, universiteit opleiding, posisionele aanstellings, onderhoude, rade en assosiasies, hoofkantore, streek kantore, konstitusies, sosiale strukture, werk beskrywings, werk prosedures, ens. Hierdie terme is alles beheer maatreëls. Dit is metodes. Dit is voorskrifte. Dit hoort in ’n besigheid en nie in die liggaam van Christus nie.

Hier volg ‘n tipiese jaar beplanning van ‘n herder in die institusionele kerk:

Revalueer die gemeente se visie en missie.

Stel die gemeente se reputasie in die lokale gemeenskap vas.

Meet die demografiese en geestelike behoefte van die gemeenskap.

Fokus op die veiligheid van die vaste bates.

Knap die gemeente se begroting en uitgawe proses op.

Opgradeer die fasiliteite en toerusting vir die kinder bediening, jeug bediening, tegnologie en media.

Begroot vir konsultante vir fondsinsamelings en reklame veldtogte.

Hierdie is alles besigheids beginsels om die institusie te beskerm en in stand te hou. Dit hoort nie in die liggaam van Christus nie.

Die groot rede waarom herders die gemeente soos ‘n tipiese kleinhandel saak móét bestuur, is die volgende:

Herders sukkel met missie en visie probleme omdat hulle nie duidelike direksie en doelstellings het nie (Dit gebeur wanneer ‘n “organisme” met duidelike Skriftuurlike direksie vervang word met ‘n “organisasie”, want nou het daardie Skriftuurlike aanwysings en rigtingaanwysers irrelevant geword).

Kerkleiers besef dat die mees effektiewe institusionele kerke dié kerke is wat bewus is van die behoeftes van die gemeenskap en baie aktief in die gemeenskap is. Soos ‘n goeie kleinhandel besigheid moet die gemeente soos ‘n geoliede masjien funksioneer om sukses te behaal. Dié herders wat hulle gemeentes goed bestuur is dan ook baie suksesvol en dié wat dit nie doen nie sukkel om kop bo water te hou.

In die proses is die gedeelde gemeenskapslewe van die “liggaam van Christus” stelselmatig doodgedruk. Die organisasie “bestaan” anders as wat die organisme “lewe”. Die een bestaan, die ander een lewe. Watter een kry prioriteit? Daar is ander oogmerke, doelstellings, visies, missies, en metodes aan die werk vir die instansie as vir die organisme. Uit die aard van die saak gaan dié aktiwiteite wat die instelling bevorder voorkeur geniet. Die instansie se voortbestaan hang daarvan af.

Die resultaat van hierdie klemverskuiwing was die agteruitgang van die “organisme”. Dit was onoorkombaar. Dit wat die lewende organisme moes voed en ontwikkel is vanselfsprekend verontagsaam of geïgnoreer omdat dit nie die institusie bevoordeel nie. In hierdie opset is net een opsie moontlik. Dit is óf die een óf die ander. Die meeste van die tyd moes die lewende organisme, die ware kerk binne die institusionele kerk, die onderspit delf. Sy het begin honger ly en is eventueel erg ondervoed. Gemeentelede het baie gou passief geword want die struktuur het deelnemende interaksie nie toegelaat nie. Die almal funksionerende en almal deelnemende leefwyse van die kinders van God in die gemeente het verdwyn. Die familielewe het plek gemaak vir ’n georganiseerde leefwyse. Die mense moes nou beheer word. Daar moes rigting aangegee word. Die pas moet aangegee word. Hoekom het die institusie die gedeelde gemeenskapslewe van die familie van God doodgedruk? Dit was ’n natuurlike gevolg; die nuwe struktuur kon die ou leefwyse nie akkommodeer nie as gevolg van die aard van die struktuur. Dit wou dit ook nie akkommodeer nie om sodoende beheer oor gemeente aktiwiteite te verseker. Meer beheer beteken beter kontrole. Beter kontrole beteken minder afwyking. Vir bestaansreg moes die nuwe struktuur die gewone mense van hom afhanklik maak. Die struktuur móét regeer en hy is genadeloos. Sy lewe hang daarvan af.

Stelselmatig is Jesus Christus se posisie as Hoof van die kerk negatief beïnvloed. Die Heilige Gees gawes het opgehou funksioneer of in ‘n beperkte mate gefunksioneer: Gemeentelede kon eenvoudig nie meer normaal funksioneer in die nuwe struktuur nie as gevolg van die aard van die struktuur (te veel mense). Gemeentelede het ook al meer onvrymoedig geword om die gawes te beoefen. Die gawes van die Gees is met menslike liturgiese aktiwiteite soos afkondigings, “enkel leier” sang leiding, pastoors gebed, preek en persoonlike bedieningstyd vervang – Die gawes van die Gees is bedoel vir klein gemeentes wat wissel van 6 tot ongeveer 30 gemeentelede. Gemeentes wat groter as dit geword het, het gewoonlik verdeel en in twee huise bymekaar gekom. Dit was belangrik dat die vertrek wat gebruik is al die mense gemaklik kon bevat en hulle moes in ‘n sirkel sit sodat almal gemaklik mekaar kon sien en met mekaar kon kommunikeer. Dit was ook belangrik dat hulle min genoeg bly vir die gawes om effektief te funksioneer. Te veel mense sou noodwendig beteken dat sommige gemeentelede passief begin word.

Die institusionele kerk het God geleide interaksie erg aan bande gelê. Die Here werk in die dienste en byeenkomste net soos Hy toegelaat word om te werk. Dit is harde woorde om te hoor maar dit is waar. Daarom het God ‘n besoeker geword. Daar waar Hy baie toegelaat word daar besoek Hy baie en daar waar Hy min toegelaat word daar besoek Hy min. Ironies is byvoorbeeld die bekende gebed wat ‘n mens so baie hoor: “Here, baie dankie dat U ons vanoggend kom besoek het” min wetende dat dit presies is wat gebeur. Jesus besoek net daar. Hy is nie áltyd daar as posisionele leier van die gemeente nie! Daar is denominasies waar Hy niks toegelaat word nie en daar het Hy Homself geheel en al onttrek. Mense in so ‘n denominasie is besig met ‘n dooie godsdiens. Daar is wel gemeentes waar Hy toegelaat word om baie te doen. Mense in sulke gemeentes geniet dit daar. God is daar en hulle verheerlik Hom in hulle midde. Vir hulle is daar geen probleem in die institusionele kerk nie. Alles is honky dory. Vir sulke mense is daar ’n uitnemender weg waarvan hulle nie weet nie: “As jy dit geniet en jy lewe jou geloof uit na jou verwagting dan is dit goed” en ek bedoel dit. Die huiskerk sal nie vir jou werk nie. Daar is egter soveel meer waarvan jy nie weet nie. Jy mis dit nie omdat jy nie daarvan weet nie. Neem tóg kennis dat daar ’n nog uitnemender weg is.

HOOFSTUK 2

DIE GEESTELIKE KONINKRYK VAN GOD

Die Koning van die hemelse koninkryk konsidereer nie aardse konings of aardse koninkryke nie

Toe die lang verwagte Messias uiteindelik sy opwagting gemaak het in die geskiedenis van Israel het Hy verrassend anders opgetree as wat verwag is. Die Jode het ’n militaristiese leier verwag wat die juk van Romeinse oorheersing sou kom afgooi. Hy sou hulle kom verlos het van hierdie irritasie en verleentheid. Hy sou weer die heidense volke om hulle in bedwang gebring het.

Hy sou finansiële voorspoed en vrede gebring het. Hy sou beheer oor Judea kom neem het en op die troon van Dawid kom regeer het. Dit sou ’n wonderlike tyd vir die Jode gewees het. Die Messias sou weer aansien en prestige vir die Joodse volk gebring het en sy posisie as die volk van God kom herstel het.

Die Jode was egter diep teleurgesteld toe dit nie gebeur het nie. Teen die verwagting in het Jesus die Romeinse oorheersing totaal geïgnoreer. Hy het die lokale Romeinse regering en die Joodse verteenwoordigers in hierdie lokale regering geïgnoreer. Die Joodse verteenwoordigers in die lokale regering was godsdienstige leiers. Hy het hierdie leiers en die godsdienstige oortuigings van hierdie leiers nie net geïgnoreer nie maar ook verwerp. Inteendeel, sy leefwyse en sy leringe was radikaal en teenstrydig met die norm en algemene aanvaarde oortuigings van die hele Joodse bevolking.

Die Jode het mettertyd agtergekom dat Jesus Christus op ’n ander missie was. Hulle het sy optrede begin bevraagteken. Hulle het sy motiewe bevraagteken. Hulle het Hom bevraagteken. Selfs Johannes die doper het van sy dissipels na Hom gestuur om bevestiging van Hom af te kry dat Hy wel die Een is wat sou kom. Is Hy werklik die Messias? was die vraag wat gevra is. Die Joodse leiers het meer en meer vyandiggesind teenoor Hom geword. Al het Hy goedgedoen, al het Hy mense genees en verlos van die bose, het hulle geen simpatie met Hom en dit wat Hy gedoen het gehad nie.

Jesus was egter hier om die wil van sy Vader te doen. Hy was beslis nie hier om ’n aardse koninkryk vir die Joodse nasie te kom vestig nie. Hy was besig om ’n hemelse koninkryk te vestig.

Mattheus 4:17

Van toe af het Jesus begin om te preek en sê: Bekeer julle want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Jesus en die apostels het op verskeie kere verwys na die koninkryk van die hemele. Hulle verwys verskeie keer na die koninkryk van God. Hierdie koninkryk is ’n geestelike koninkryk. Dit behoort aan God. Die koninkryk van God is deur Hom gevestig. Hy het dit tot stand gebring. Hy het die wette, bepalings en geestelike beginsels in plek gesit wat hierdie koninkryk beheer. Ons noem dit soms “koninkryk beginsels”. Ons is goed vertroud met Isaac Newton se swaartekrag wet. Hierdie wet is altyd van krag. Dit werk op enige plek en dit werk altyd. Ons is ook vertroud met ons landswette. Dit is wette wat die funksionering van die regering en die staat beheer. Dit werk ook altyd vir al die burgers van die land tot dit amptelik gewysig of afgeskaf word. So ook die geestelike beginsels wat die koninkryk van God beheer. Hierdie beginsels was reeds vasgestel nog voor Jesus sy opwagting in die geskiedenis van die mensdom gemaak het. God het alles reeds bepaal voor Hy sy Seun gestuur het om die mensdom te red en in sy koninkryk op te neem. Die mens was glad nie betrokke by die vasstelling van die koninkryk beginsels van God nie.

Die mens is gees en het as geestelike wese deel van hierdie geestelike koninkryk van God geword. Almal in die koninkryk van God is gees. God is Gees en Hy is die Hoof van hierdie koninkryk. Die hemelse wesens en die aardse wesens wat almal in hierdie koninkryk opgeneem is, is almal gees. Hoekom? Want God is Gees en sy koninkryk ’n geestelike koninkryk. Dit kan nie met die fisiese of natuurlike oog waargeneem word nie behalwe net vir die mense. Ja, net die kinders van God se fisiese liggame kan met ons natuurlike oë waargeneem word. Hulle is eintlik die geestelike tempel van God. Hulle is die geestelike liggaam van Christus. Hulle is die geestelike bruid van Christus. Behalwe vir die mense kan niks in hierdie koninkryk gesien word nie. As ons met ons geestelike oë kon sien sou ons die werklike koninkryk van God in al sy glorie en heerlikheid kon aanskou. Dit is meer werklik as hierdie natuurlike wêreld waarin ons lewe. Dit is egter nie van hierdie wêreld nie; dit is ’n Goddelike koninkryk en dit word deur Jesus Christus beheer.

Johannes 18:36-37

Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as My koninkryk van hierdie wêreld was, sou My dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is My koninkryk nie van hier nie. Pilatus sê toe vir Hom: Is u dan tog ’n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ’n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom

Die kerk van God is deel van die koninkryk van God. Die kerk is ’n geestelike wese in die geestelike koninkryk van God. Die kerk behoort aan Jesus Christus soos wat die koninkryk van God aan Jesus behoort. Daar is eintlik geen ander koninkryk as net die koninkryk van God nie. Aardse koninkryke is net tydelike koninkryke en altyd onderworpe aan die koninkryk van God. Die beeld van Nebukadnésar is deur die klip wat uit die hemel uit losgeraak het fyn gestamp en die wind het die stof weggewaai. Dit impliseer dat Jesus geen ander koning en geen ander koninkryk konsidereer nie. Selfs toe Herodes Hom wou doodmaak het Hy hom bloot geïgnoreer.

Luk. 13:31-32

En op dieselfde dag het sommige van die fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring. En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre en op die derde dag is Ek klaar.

Jesus het nooit op enige stadium van Herodes af gevlug nie. Hy het Hom nie aan Herodes gesteur nie. Hy het nie met Hom samesprekings gehou of met hom ’n ooreenkoms gemaak nie. Jesus was en is steeds absoluut in beheer van sy geestelike kerk. Hy beheer egter nie die institusie nie. Mense beheer dit want dit behoort aan die mense. Dit is ’n aardse koninkryk. Die Hoof van die koninkryk van God konsidereer geen mens, koning, regering of aardse koninkryk nie. Hy regeer sy koninkryk volgens geestelike beginsels wat deur God self vasgestel is en alle ander koninkryke is aan Hom onderworpe.

Baie kinders van die Here is onder die indruk dat amptelike konstitusies en die amptelike organisering van kerk strukture, kerk beleid en selfs leierskap in kerke die instelling “wettig” maak. ’n Kerk wat aan al hierdie vereistes voldoen is “wettig” en het daarom bestaansreg. Vir mense is so ’n kerk “veilig” en hulle is onder die indruk dat dit die kerk daarom ook God se goedkeuring wegdra. In werklikheid voldoen die kerk maar net aan die “besigheid beginsels” of die “belasting wette” wat deur die staat vereis word. God se kerk is in werklikheid ’n geestelike wese wat niks met wette en die staat te doen het nie. Ja, dit word van kinders van God verwag om die landswette te gehoorsaam maar dit is net hier waar dit stop. Omdat die kerk as ‘n “instelling” soos ‘n besigheid funksioneer, is dit dan ook ‘n wettige vereiste dat denominasies as ‘n “non profit company” moet registreer. Daar moet ook aan ander besigheid vereistes voldoen word, spesifiek met betrekking tot belasting. Al hierdie vereistes gee dan ook aan die denominasie bestaansreg. Mense beskou hierdie wettige bestaansreg as ‘n wettige fondasie en wettige outoriteit om die woord van God te verkondig en as ‘n gemeente te funksioneer. Vir God beteken hierdie “aards goedgekeurde” bestaansreg van die kerk egter absoluut niks nie. Die kerk van God is ‘n geestelike koninkryk wat absoluut niks met die staat en besigheid regulasies te doen het nie. Kinders van God is soos enige ander landsburger verantwoordelik vir persoonlike belasting en is ook as individue onderworpe aan die wette van ons land. Die geestelike kerk van God is egter glad nie verantwoordelik aan of onderworpe aan enige outoriteit behalwe God nie.

Mense beskou kinders van die Here wat op informele vlak bymekaarkom as “onwettig” terwyl die teenoorgestelde in werklikheid waar is. Die kerk behoort aan God en daarom is Hy die enigste Persoon wat wettigheid daaraan gee. ‘n Registrasie sertifikaat, kerk konstitusies, missie verklarings en dergelike beleidsdokumente gee nie bestaansreg aan die kerk nie. Mens ingestelde denominasies is eintlik deel van wêreldse sisteme.

Die beeld volgens Daniël 2:34-35 het die koninkryke van die aarde voor die koms van Jesus Christus verteenwoordig. Die bene van yster met die voete van klei gemeng met yster was die Romeinse ryk. Die Romeinse ryk het alle volke wat teen hom opgestaan het oorwin en alle koninkryke verslaan. Dit het die hele wêreld van die Bybel met ’n yster hand regeer. Rome het voor die koms van Christus reeds stelselmatig opgestaan as ’n wêreld moondheid. Die Romeinse ryk het groter en sterker geword. Hierdie magtige ryk het die hele wêreld op alle gebiede van die samelewing beïnvloed. Hierdie invloed is tot vandag toe steeds met ons. Die Romeinse ryk het eventueel amper 1500 jaar oud geword. Geen ander koninkryk sal dit sommer kan nadoen nie. As ons dit met die VSA vergelyk is dit net so goed ons vergelyk ’n reus met ’n muggie. Die VSA is nog nie eens 250 jaar oud nie en dit het nie die globale impak en invloed in die wêreld soos wat die Romeinse ryk gehad het nie. Dit was waarlik ’n magtige ryk.

Jesus Christus het selfs hierdie magtige aardse koninkryk geïgnoreer. Toe die Romeinse keisers en staatsamptenare egter die kinders van God wreed begin vervolg het, het die Koning van konings dit nie net aanvaar of net sommer verdra nie. Hy het op ’n dag ook vir Paulus gevra: “Hoekom vervolg jy My?” want wanneer die kerk van God vervolg word dan word Jesus vervolg want die kerk is sy liggaam. Wat toe gebeur het wil ek in ’n paar sinnetjies weergee: Jesus Christus het hierdie magtige koninkryk se ondergang vinnig bewerkstellig. Hy het die keisers en mense wat verantwoordelik was vir hierdie vervolging nie ongestraf gelaat nie. Behalwe allerhande ellende wat oor hulle gekom het, het Hy elkeen tot ’n val gebring. Hy het ook die mense van hierdie ryk van binne af stelselmatig in sy koninkryk opgeneem. Miljoene Romeinse burgers het hulle tot die Christelike geloof bekeer. Selfs keisers en mense van alle vlakke van die samelewing. Uiteindelik het Hy die hele ryk tot ’n val gebring. Hy het egter op geen stadium met hierdie magtige moondheid kompromieë aangegaan nie. Die Rots van God het hierdie koninkryk fyn gestamp.

Niks en niemand kan teen die koninkryk van God standhou nie. Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk. Niks en niemand kan teen die Seun van God opstaan nie. Hy regeer sy koninkryk volgens die raadsplanne van God en volgens die geestelike beginsels wat God vasgestel het. Hy is altyd in beheer.

Efesiërs 1:22-23 (ABA vertaling)

God het Christus laat wen teen al sy vyande. Hy het vir Christus die Hoof gemaak van alles. God het dit gedoen sodat dit goed sal gaan met die kerk. Die kerk is die liggaam van Christus. Hý alleen laat die kerk waarlik lewe, Hy laat alles lewe.

Die koninkryk van God word deur geestelike beginsels beheer

Jesus Christus beheer sy geestelike koninkryk deur Gees werking. Voor Hy opgevaar het na die Hemel het Hy belowe dat die Heilige Gees sou kom om ons te kom help. Hy is ons Trooster en ons Helper. Hy sal ons aan alles herinner wat Jesus ons geleer het en vir ons kom sê het. Hy sal by ons staan en Hy sal ons lei. Die geestelike kerk van God onderwerp haar nie aan mense nie. Sy kyk op na haar Bruidegom. Hy is die Hoof van die kerk. Sy onderwerp haar aan God. Sy word deur die Heilige Gees gelei. Dit sluit almal in. Van die vyfvoudige bedienaars tot al die lede van die lokale gemeente. Daar is geen verskil in hulle leefwyses as Gees vervulde kinders van God nie. Daar is geen verskil in hulle belewenis van hul hemelse Bruidegom nie. Hulle almal leef deur die inwonende Christus. Hulle almal leef deur die inwonende Gees van God. Hulle almal word deur die Heilige Gees gelei. Daar hoef nooit enige tussenganger tussen God en sy kinders te staan nie. Dit maak ons kinders van God.

Romeine 8:14

Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

God het in die Ou Testament gewys dat Hy baie duidelike instruksies het met betrekking tot die leefwyse van die Joodse volk. Hulle was uitverkies om die ander volke te wys dat daar ’n God in Israel was. Hulle kon nie lewe soos hulle wou nie. God het wette en reëls vir hulle neergelê. Gaan lees maar die eerste vyf boeke van die Bybel. Daar sal jy sien dat dit vir Hom baie belangrik was hoe die volk Israel gelewe het. Hy het ons ook nie in die duister gelaat met betrekking tot die koninkryk beginsels vir sy kerk nie. Lees die vier evangelies en die sendbriewe van die apostels. God wil hê dat ons reg moet leef. Hy wil hê dat ons gehoorsaam moet wees en Hy wil hê dat ons volgens sy woord moet leef. Hy het duidelike riglyne vir ons neergelê en Hy wil bemoeienis met ons maak. Ons weet presies wat sy wil is met betrekking tot ons verhouding met Hom, ons verhouding met ander Christene en ons verhouding met ons vyande.

Hy lei ons deur sy woord. Hy lei ons deur sy Gees. Hy praat met ons deur sy Gees. Hy deel met ons deur sy Gees. Hy maak bemoeienis met ons deur sy Gees. Ons het ’n lewende liefdesverhouding met die lewende God. Inteendeel, elke geestelike wese in hierdie koninkryk is in ’n persoonlike verhouding met die hemelse Bruidegom. Daar is geen verwydering van enige aard nie. Almal aanbid Hom. Almal bid tot Hom. Almal dien Hom. In sy koninkryk is daar nie ’n substandaard geestelike wese nie. Almal is gelyk. Almal is vervul met die Gees van God en almal het die Goddelike natuur deelagtig geword. Die institusionele kerk het ’n groep mense geskep wat deur die leiers van die kerk as substandaard beskou word. Ek glo nie dit was opsetlik so beplan nie maar dit is ongelukkig een van die gevolge van die georganiseerde kerk. Hierdie siening het die gewone mens prakties substandaard gemaak. Dit was onoorkombaar.

Dit is nie hoe God sy geestelike kerk sien nie. Hy sien almal op gelyke vlak as volwaardige priesters en konings in sy geestelike koninkryk. In die geestelike kerk van God is daar ’n liefdesverhouding en onderlinge interaksie op gelyke vlak. Ons is almal broeders. Die amptelike kommunikasie middel of taal van hierdie geestelike wesens is Gees taal. Hoekom? Want die kerk van God is gees. Almal is uit God gebore. Almal is uit die Gees van God gebore. Jesus het ook op ’n plek gesê dat die woorde wat Hy spreek gees en lewe is. In die vroeë kerk het God self sy kerk beheer. Hy het sy koninkryk self regeer.

Die kerk het kompromieë aangegaan

Ongelukkig het daar in die geskiedenis van die kerk ’n dag aangebreek waar daar met aardse koninkryke beraadslaag is. Ooreenkomste is bereik en kompromieë is aangegaan. Dit het in ’n tyd gebeur toe daar ’n tydperk van vrede vir die kerk aangebreek het. Die wrede vervolging van Christene deur die Romeinse keisers en staatsamptenare is deur Konstantyn onwettig verklaar. Die Christelike geloof is nie net wettig verklaar nie maar het ook die amptelike godsdiens van die hele Romeinse ryk geword. Christene het begin om vooraanstaande posisies in die samelewing te beklee. Die kerk het nou met die regering van die Romeinse ryk begin saamwerk. Stelselmatig is al meer kompromieë aangegaan en het die Christelike kerk van God al meer toegelaat dat ’n aardse koning wat heers oor ’n aardse koninkryk beheer van die geestelike koninkryk van God oorneem. Die kompromieë is op baie belangrike areas aangegaan; beheer, leierskap en invloed. Dit het noodwendig beteken dat die Heilige Gees leiding ernstig in gevaar gestel is. Die Engelsman sê dat “The leading of the Holy Spirit was seriously compromised”. Dit het ook beteken dat die leefwyse van die kinders van God deur die inwonende Jesus ernstig in gevaar gestel is. Hoe laat jy Jesus Christus toe om in jou en deur jou te leef as die reëls en regulasies van die instansie ander aktiwiteite vereis?

Die kerk het die staat en vooraanstaande leiers in die staat toegelaat om hulle geloof te verander deur dit in ’n amptelike instelling te verander. Die geestelike het ’n natuurlike identiteit aangeneem. Dit het die geestelike beginsels wat dit beheer het vervang met menslike of natuurlike reëls en regulasies. Die kerk het ’n godsdienstige orde, net soos baie ander godsdienstige ordes, binne die samelewing geword wat deur die reëls van die samelewing beheer word. Wanneer dit toegelaat word dan breek die natuurlike die geestelike af. Dit verwring en verdraai die geestelike. Die institusionele kerk dra vandag nog steeds die las van hierdie betreurenswaardige gebeurtenis. Die gevolge daarvan is duidelik in die geskiedenis van elke denominasie wat daaruit voortgekom het ingegraveer.

Church as an institution of society is, regrettably, built on the same governing building blocks of the world it wants to reach. The same rivalry that is out there, and the same yardstick for success and relevance, now applies to the running of churches. Little wonder denominations spend millions trying to outwit their rivals and if need be they will eliminate them – literally and figuratively. It was the same when the institutionalized Roman Church murdered fellow Christians called Reformers. The latter also became a ‘church’ and massacred fellow believers called the Anna-Baptists. And so today this still goes on. Every time a movement of obedient people becomes a religious institution, it happens – albeit today in a more disguised and sophisticated way. This cannot but happen, because the spirit of the world we need to reach, is now ruling in and through the Church.

– Johan Carstens

Waar Jesus Christus eers in beheer van die kerk was het mense nou hierdie rol oorgeneem. Iemand anders was nou in beheer van kerksake. Die rol van die vyfvoudige bediening en die ouderlinge is drasties verander. Hulle is deur ’n leier van ’n aardse koninkryk, die keiser van die Romeinse ryk (Konstantyn), in posisionele leierskap posisies aangestel. Hulle is selfs staat salarisse betaal vir hierdie diens wat hulle gelewer het. Hierdie “diens” is nie net aan die kerk gelewer nie maar in ’n mate ook aan die keiser. Selfs die funksies van die vyfvoudige bediening is drasties verander. Die funksies van die kinders van God is uit hulle hande geneem en in die hande van hierdie posisionele leiers gesit. Hierdie funksies wat eers ’n leefwyse was; die almal deelnemende en almal funksionerende leefwyse van die kinders van God deur die inwonende Christus, is verander in ’n professionele beroep. Invloedryke mense het nou begin om die Godgegewe geestelike beginsels wat die koninkryk van God beheer te vervang met menslike reëls en wette. Die organisasie het die werk van die Heilige Gees begin oorneem. Vergadering is gehou, besluite is geneem, leerstellings en dogmas is bepaal en vasgestel en in die “koninkryk” van God geïmplementeer.

Hierdie stellings klink erg maar dit is presies wat gebeur het. Die blote bestaan van die institusionele kerk bewys dit. Ek wil graag ’n paar feite rondom die geskiedenis van die institusionele kerk uitlig:

Vir net oor die 300 jaar was die kerk ’n geestelike koninkryk soos Jesus dit op die aarde kom vestig het. Daar was net een kerk en net een liggaam van Christus. Almal het in eenheid op gelyke vlak die Here Jesus Christus in gees en in waarheid gedien as die Hoof van die kerk.

In 313 NC het Konstantyn die kerk wettiglik met die “Edict of Milan” as die amptelike godsdiens van die Romeinse ryk verklaar. Dit was nou ’n staatsgodsdiens wat as die Rooms-Katolieke kerk bekend geword het. Allerhande veranderings is ingestel en aangebring op alle gebiede van kerk lewe.

In 431 NC met die “Council of Ephesus” het ’n klein groepie mense van die Katolieke kerk afgesplinter en die Assiriese kerk gestig.

In 451 NC met die “Council of Chalcedon” het nog ’n klein groepie mense van die Katolieke kerk afgesplinter en die Oosterse-Ortodokse kerk gestig.

In die 11de eeu het ’n groot kerkskeuring plaasgevind toe die Katolieke kerk (Westelike kerk) en die Griekse Ortodokse kerk (Oostelike kerk) van mekaar afgesplinter het. Daar was nou twee hoofstrome in die institusionele kerk.

In die 16de eeu het vier verskillende denominasies van die Katolieke kerk afgesplinter: Die Protestante, die Anabaptiste, die Anglikane en die Restoureerders.

Hierdie proses het homself voortdurend deur die geskiedenis van die institusionele kerk herhaal. Teen die 1900’s was daar reeds net onder die 2000 denominasies in die institusionele kerk.

Vanaf die jaar 1900 het hierdie syfer drasties gegroei. Tydens ’n opname in 2001 het die “World Christian Encyclopedia” reeds 33,830 Christelike denominasies getel. Tans is daar meer as 43,000 Christelike denominasies in die wêreld volgens die “Center for the study of Global Christianity”.

Die Christelike geloof kan geskiedkundig in die volgende takke verdeel word: Restoureerders, Anabaptiste, Protestante, Anglikane, Rooms Katolieke, Grieks-Ortodokse, Oostelike en Oosterse Ortodokse, Assiriese, Pinkster, Charismaties en Neo Charismaties.

Hierdie vertakkings word verder verdeel in ongeveer 40 sub vertakkings.

Uit hierdie sub vertakkings kom die ongeveer 43,000 denominasies wat ook almal verdere sub vertakkings is.

Uit die aard van die saak is daar ’n magdom verskillende sienings omtrent elke onderwerp van Christenskap in hierdie denominasies, verskillende leerstellings omtrent verskillende Bybelse onderwerpe is legio, daar is vyandskap tussen die verskillende denominasies, agterdog teenoor mekaar seëvier konstant, party denominasies sien neer op ander, daar is onverdraagsaamheid teenoor mekaar, daar was en is steeds vervolging en so gaan die lys aan.

Hierdie feite rondom die institusionele kerk bring baie vrae:

Watter denominasie uit die 43,000 is reg?

Watter van die 43,000 is deur God ingestel?

Watter leiers is deur God aangestel?

Wie van hulle is die amptelike spreekbuise van God?

Wie van hulle tree op en funksioneer in die wil van God?

Watter denominasies het werklik bestaansreg?

Watter denominasies funksioneer in die outoriteit van God?

Aan wie van hulle moet jy as kind van God jou onderwerp?

Kan jy glo wat hierdie leiers vir jou sê?

Hoe weet jy watter een ken werklik die woord van God en die wil van God aangesien daar so baie variëteite in sienings en geloofsoortuigings is?

As almal dan kleim dat hulle deur die Gees van God gelei word, hoekom lei Hy hulle dan in 43,000 verskillende rigtings?

Is die denominasie waar jy aanbid reg?

Wat maak jou denominasie anders as ander denominasies?

Hoe neem leiers van denominasies besluite?

Hoekom is daar so baie variëteite met die neem van besluite aangaande dieselfde kwessies?

Die pad na restourasie

Ek is oortuig daarvan dat volkome restourasie nie in die institusionele kerk lê nie. Daar is nie ’n manier hoe hierdie mengelmoes van chaos binne die institusionele kerk weer herstel kan word nie. Dit was ’n menslike uitvindsel. Dit was deur die mens aanmekaargesit met “materiaal” van hierdie wêreld. Dit is ’n aardse koninkryk. Dit is gebou met hooi, stoppels en hout. Dit is nie die geestelike kerk van God nie.

God bring stelselmatig restourasie in die geestelike kerk wat binne die institusionele kerk vasgevang is. Eventueel sal die institusie uitmekaargehaal moet word. Uiteindelik sal die menslike struktuur plek moet maak vir die oorspronklike geestelike kerkstruktuur wat Christus kom vestig het. Dit is net ’n kwessie van tyd. God gebruik steeds die institusionele kerk. Hy het nie sy rug op die institusie gedraai nie. Tot die geestelike kerk weer volgens die geestelike beginsels funksioneer wat God vasgestel het sal Hy die institusionele kerk in standhou. Wanneer dit gebeur het glo ek sal Hy sy geestelike bruid uit die institusionele kerk bevry.

Die pad van restourasie is ’n pad na ware ongekompliseerde geestelike aanbidding. Dit is ’n pad na ’n liefdesverhouding met ons hemelse Bruidegom. Dit is ’n pad na ’n familie liefdesverhouding met ons geestelike boeties en sussies. Dit is ’n pad na die ware familie leefwyse van die familie van God. Dit is God se wil met betrekking tot ons leefwyse en met betrekking tot ware aanbidding. Met ware geestelike aanbidding bedoel ons ’n geestelike leefwyse en nie die beoefening van ’n godsdiens nie. Dit is ’n pad na die “Jesus lewe” soos Hy dit kom demonstreer het toe Hy die aarde bewandel het.

Die vroeë kerk was waarlik deur die Heilige Gees gelei. Jesus Christus het waarlik as Hoof van die kerk deur middel van die “Jesus Lewe” in elke kind van God die kerk van binne af beheer. Daar was nie die reëls en regulasies wat die kerk van buiteaf beheer het nie soos ons vandag sien nie. As ons die vraag sou vra: Is daar dan enige Heilige Gees leiding in die institusionele kerk? Dan sou die antwoord wees: Ja maar daar is vreeslik baie beperkings in hierdie opsig. As ons die mensgemaakte struktuur, die leierskap sisteem, die besluitneming proses, kerk konstitusies en die algemene aktiwiteite van die institusionele kerk vergelyk met die vroeë kerk dan dink ek ons is redelik akkuraat as ons die volgende stelling maak: Persentasie gewys wissel die Heilige Gees leiding in die institusionele kerk vanaf 0% (in sommige denominasies) tot ongeveer 20% (in die mees gehoorsame denominasies). Dit is net ’n skatting maar ek sal nie verbaas wees as die syfer te hooggeskat is nie. Kerk aktiwiteite in die institusionele kerk is hoofsaaklik die uitlewing van die betrokke denominasie se reëls, gebruike, rituele en konstitusie. Om hierdie rede is kerk aktiwiteite in die institusionele kerk hoofsaaklik ’n siel produk of ’n vlees produk.

Die mensgemaakte struktuur in die institusionele kerk is ’n struktuur wat beheer. Die Nuwe-Testamentiese kerk was deur die inwonende Christus ín die kerk beheer. Daarom was dit ’n leefwyse. Die Jesus lewe. Die hiërargiese leierskap struktuur van die institusionele kerk het Gees leiding vervang. Dit het Heilige Gees geïnspireerde besluitneming oorgeneem. Dit het sover gegaan deur selfs hierdie besluite nie net in die kerk in te stel nie maar dit rigied te verewig deur dit te konstitueer. Hierdie stappe het Gees geleide interaksie tussen die kinders van God maar ook tussen hulle en God erg aan bande gelê.

Ons as die kerk van God moet nie aan die spreekwoordelike “denial” sindroom ly met betrekking tot hierdie gebeure in die geskiedenis van die kerk nie. Ons moet ook nie die gevolge van hierdie gebeure probeer weg wens of ontken nie. Ons moet maar die feite onder die oë sien. Met die regte gesindheid het ons reeds die eerste veldslag gewen. Dit gaan ons niks baat deur die waarheid te ignoreer of te ontken nie. God is nou besig om sy kerk te herstel. Ek wil graag deel wees daarvan en het reeds kant gekies vir ’n dinamiese liefdesverhouding met God. Wanneer ons in ’n intieme liefdesverhouding met ons Hemelse Bruidegom wil lewe, dan moet ons ons rûe op die godsdiens draai. Ons kan nie al twee omhels nie. Ek het die saak reeds uitgemaak in my persoonlike lewe. Ek en my huis wil niks meer met godsdiens te doen hê nie. Ons wil deel wees van die geestelike kerk van God.

Ek weet die inhoud van hierdie hoofstuk was nie maklik om te verorber vir baie mense nie. Dit was harde woorde vir baie. Ek verkies egter om die waarheid te hoor sodat ek goed ingelig kan wees. Ek was nog nooit bang vir die waarheid nie. Die waarheid mag dalk seermaak maar die waarheid bring altyd bevryding. Ons moet nooit wegskram daarvan nie.

Tog is daar ‘n skrale kans vir die institusionele kerk om by die wil van God aan te pas as hulle regtig gewillig is om dit te doen: Lees daarvan hier.

HOOFSTUK 3

LEIERSKAP VOLGENS DIE NUWE-TESTAMENTIESE VOORSKRIFTE

Jesus word ervaar soos wat Hy Homself openbaar. Hy openbaar Homself deur middel van die gawes van die Gees. Hy openbaar Homself deur middel van die almal deelnemende en almal funksionerende bediening van die heiliges. Daar waar Hy die Hoof is en in beheer is, daar is die openbaring van Homself verhewe, onbeperk en tot eer en verheerliking van sy Heilige Naam. Daar waar Hy nie in beheer is nie, daar is die openbaring van Homself gedeeltelik, beperk en klein.

Om dit beter te verstaan moet ons kyk na Jesus se lewe en ervarings toe Hy die aarde bewandel het:

Jesus was nie ‘n welkome besoeker toe hy op 30 jarige ouderdom die godsdiens van die Jode deurmekaar kom krap het nie. Hy het die wettiese, dooie godsdiens en geloof van die Joodse leiers onverskrokke aan die kaak kom stel. Hy het nie doekies omgedraai nie. Dit wat Hy op aarde kom vind het was nie wat God ingestel het nie. Dit was ‘n dooie godsdiens wat die Joodse leiers van die Ou Testament vir hulleself ingestel het net soos wat die institusionele kerk vir hulleself ingestel het. So het hulle ook in die loop van die jare stelselmatig veranderings ingestel en die “verhoudings geloof” van Abraham, Isak, Jakob, Dawid en Samuel verander in ‘n wettiese godsdiens. Dit was ook maar ‘n “organisasie geloof”. Net soos wat die institusionele kerk van vandag ook gekonfronteer word met die werklikheid van ’n verhoudings geloof, net so het Jesus ook die fariseërs en ander Joodse leiers gekonfronteer.

Dit is egter hier waar die ooreenkoms tussen Joodse leiers en die institusionele kerk ophou. Die Joodse leiers was bose leiers en hulle het vir Jesus Christus totaal verwerp, wat nie die geval is met die institusionele kerk nie. Die institusionele kerk is gevul met pragtige, Gees vervulde leiers en kinders van God wat Hom in gees en in waarheid aanbid met die mooiste motiewe, ywer en gesindheid. Hulle het God lief en wil Hom behaag. Dit is ook dan hoekom God hulle seën en met hulle saamwerk. Dit is per slot van rekening nie hulle skuld dat die kerk die roete geloop het wat dit geloop het nie. Hulle het ook maar geërf wat lank gelede en oor jare plaasgevind het. Ek wil ook net in hierdie verband noem dat ek nou (2012) reeds tien jaar gelede die institusionele kerk verlaat het om behulpsaam te wees met die vestiging van die huiskerk gemeenskap van Suid-Afrika in ons land. Ek is deur God vanuit die institusionele kerk gestuur om dit te doen. Ek is nie uit die institusionele kerk geroep of geneem nie. Ek is met ander woorde ‘n afgevaardigde van die ware kerk binne die institusionele kerk. Dit beteken ek is nog steeds deel van die mense van die institusionele kerk en nog steeds baie lief vir hulle. Ek oordeel geeneen van hulle nie en ek vat nog steeds hande met hulle.

Die Nuwe-Testamentiese Joodse leiers het egter ongelukkig voortgegaan waar hulle Ou-Testamentiese kolegas opgehou het. Vir elke leier en elke kind van God kom daar egter ook ‘n dag waarop hulle sal moet besluit of hulle voortgaan waarmee hulle besig is en of hulle gaan aanbeweeg. Die wolkkolom het reeds begin beweeg. Dit het tyd geword dat die kerk kamp afslaan en saam met die wolkkolom begin beweeg. Daar is praktiese metodes hoe gevestigde institusionele gemeentes die oorgang na huiskerk gemeentes kan maak sonder te veel ongerief. Dit gebeur reeds in baie lande.

Om terug te keer na die konfrontasie wat plaasgevind het tussen Jesus en die Joodse leiers, kyk wat sê Mattheus hieroor:

Matt. 15:1-3

Toe kom daar skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem na Jesus en sê: Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die ou mense? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering? Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe. Maar julle sê: Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is ’n offergawe — dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie. So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

Matt. 23:1-39

Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie. En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.

En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges
en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi! Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders. En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is. Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus. Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word. Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ’n swaarder oordeel ontvang. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as julle self. Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: 
Elkeen wat sweer by die tempel — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig? En: Elkeen wat sweer by die altaar — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig? Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is; en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon; en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie. Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het. Maak die maat van julle vaders dan vol! Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gesel en van die een stad na die ander vervolg, sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaria, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar. Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom. Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

‘n Plek waar Jesus tuis kon wees

Uit bogenoemde Skrifgedeelte is dit baie duidelik dat Jesus nie tevrede was met wat Hy gevind het in terme van die Jode se geloof nie. Hy was nie tuis in hierdie mens ingestelde godsdienstige opset nie. Hy het Hom dan ook duidelik uitgespreek daarteen. Uit die bogenoemde Skrifgedeelte is dit nie moeilik om te verstaan dat Jesus ‘n gehate persoon vir die Jode was nie en dat hulle Hom verag het nie. Hy is uitgekryt vir ‘n vraat en ‘n wynsuiper en selfs dat Hy ‘n werktuig in die Satan se hande was. Daar was mettertyd ‘n openlike vyandigheid teenoor Hom gewees en die Jode was daarop uit om Hom aan die kaak te stel met allerhande strikvrae en om Hom uiteindelik te vermoor.

Hierdie wêreld was beslis nie ‘n vriendelike wêreld vir Jesus nie. Dit moes vir Jesus baie moeilik gewees het. Hy moes soos die indringer tussen hulle gevoel het.

Jesus was deur “Jerusalem” verwerp en daarom het Hy nooit in Jerusalem vernag nie. Hy het die stad nie baie besoek nie maar die paar keer wat Hy daar was, het Hy voor dit aand geword het uitgewyk na Betanië na die huis van Martha, Maria en Lasarus waar Hy vrede kon hê. Jesus was baie geliefd in daardie huis. Hoekom was Hy so geliefd in daardie huis? Omdat hulle Jesus aanvaar het as die Seun van God. Hulle het Hom erken as dit wat Hy gesê het Hy is. Hulle het ook ‘n verhouding met Hom gehad. Hulle het ‘n openbaring van Hom as die Seun van God gehad, nie as mens nie.

En Hy was baie lief vir hulle. Dit is in skrille kontras met sy verhouding met die kerkleiers van sy tyd. Hy was nie welkom in Jerusalem of in die huise van die fariseërs nie maar daar was ’n plek waar Hy baie welkom was.

Johannes 11:5

En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad.

Johannes 11:34-36

en gesê: Waar het julle hom neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk. Jesus het geween. Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom gehad het!

Onthou Hy het nie sy eie huis gehad nie. Hy het in ’n stadium vir iemand gesê: “Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie”

Jesus wou somtyds ‘n bietjie uit die vyandige wêreld van die Fariseërs ontsnap en wou natuurlik ook ‘n bietjie wegbreek van die uitputtende bediening waarmee Hy besig was. Die werk van sy Vader was nie maklik nie, want Hy moes baie keer tot laat saans nog siekes genees en die mense van die Koninkryk van God leer. Die skare het Hom altyd opgespoor en dan moes Hy bedien. Hy het hulle nooit weggewys nie. Dit was dan vir Jesus baie aangenaam om na ‘n plek te ontsnap waar Hy geliefd en absoluut welkom is om ‘n bietjie te rus. Hy was altyd ‘n hoogs geërde en geliefde eregas in Martha, Maria en Lasarus se huis. Hier was Hy meer as welkom.

Wat is ‘n huis of ‘n tuiste presies in die ware sin van die woord?

Dit is ‘n plek waar jy ‘n bietjie kan rus na ‘n lang dag se werk. Jy kan jou skoene ‘n bietjie uitskop en gemaklik verkeer.

Dit is ‘n plek waar jy kan ontspan, gemaklik wees en jouself kan wees.

Dit is ‘n plek waar jy vryheid kan geniet en doen wat jy wil sonder om allerhande komplikasies te konsidereer.

Dit is ‘n plek waar jy uiting aan jou persoonlikheid kan gee.

Dit is ‘n plek waar jy vrylik kan kommunikeer.

Dit is ‘n plek van veiligheid en sekuriteit.

Dit is ‘n plek waar jy vriendelik en met blydskap ontvang word, aanvaar word en welkom is.

Dit is ‘n plek waar jou geheime, passie en begeertes veilig aan jou familie toevertrou kan word.

Dit is die plek waar jý heer en koning is.

Gemeente ervaring is “tuiste ervaring”

Dink jy ook ‘n mens is anders in jou huis waar jy met jou familie “fellowship”? Tree jy anders op teenoor hulle as teenoor ander? Hierdie gesindheid en voorreg is presies wat ook ons in die gemeente byeenkomste moet ervaar. Hierdie punte hier bo genoem is presies wat Jesus in Betanië by hierdie drie geliefdes van Hom ervaar het. As Jesus nog aangekom het, het Maria en Martha al uitgehardloop na Hom toe. Hulle kon nie wag om Hom te sien nie. Jesus het baie geërd en geliefd gevoel om so deur hierdie geliefdes van Hom “aangehang” te word. Maria kon nooit wag dat Hy kom nie, want sy het aan sy lippe gehang as Hy by hulle aan huis was.

Lukas 10:38-42

En op hulle reis het Hy in ’n sekere dorp gekom, en ’n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang. En sy het ’n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister. Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help. Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

Wanneer Jesus en van sy dissipels by Maria-hulle was het sy gewoonlik saam met sy dissipels rondom Jesus vergader. In hierdie intieme bymekaarkoms het hulle baie intieme goed gesien en gehoor. Dinge wat nie buite aan die menigte gedeel is nie. Dit was net bedoel vir dié wat baie na aan Jesus was. Dié wat Hom baie lief gehad het, die wat saam so intiem om Hom vergader het, was bewus van ‘n Jesus wat nie teruggehou het nie. Hier het Hy met vertroue die verborgenhede van God, sy geheime, begeertes, passie en sy hart voor hulle, sy geliefde familie, uitgestort. Hier was geen sprake van vyandigheid, vooroordeel, ongeloof, rituele, reëls, regulasies, godsdiens, bybedoelings, minderwaardigheid, arrogansie, beterweterigheid en verskuilde agendas nie. Behalwe vir Judas natuurlik wat hoogs ontstoke was toe Maria die fles duur parfuum oor Jesus uitgegooi het. Hy het die beursie gedra en het van die geld gesteel. Hy sou baie graag die duur parfuum wou verkoop vir eie gewin.

Almal in die vertrek het aan Jesus se lippe gehang en ingedrink wat Hy te sê gehad. Hulle was oorspoel met sy liefde. Hulle het openbarings van Hom gehad wat die menigte daar buite nie van geweet het nie. Dít is die kern van die huiskerk gemeente; hierdie intieme groepering om Jesus. Die godsdienstige leiers van sy tyd was salig onbewus van hierdie openbarings van Jesus. Hierdie intieme vriende van Jesus het egter ‘n “ander” Jesus geken wat nie in ‘n waas van godsdiens toegewikkel was nie.

Daar is ‘n onbeskryflike, asemrowende, wonderlike, majestueuse Jesus wat jou sal laat snak na jou asem, wat nie in die institusionele kerk so geken word nie.

Hy is ‘n onverklaarbare wese met ‘n onbeskryflike skoonheid van kleure, aroma, lig, liefde, krag en ‘n teenwoordigheid waarin jy nie sal kan regop staan as Hy in sy volle glorie aan jou verskyn nie.

Kom ons kyk ‘n bietjie wie Jesus is:

He is the King of all kings, He is the King of righteousness, He is the King of the ages, He is the King of heaven, He is the King of glory, He is the Lord of lords, He is a sovereign King, no means of measure can define His limitless love, He’s enduringly strong, entirely sincere, eternally steadfast, He’s immortally graceful, imperially powerful, impartially merciful, He’s the greatest phenomenon that has ever crossed the horizon of this world, He’s God’s Son, He’s the sinners Savior, He’s the centerpiece of civilization, He’s unparalleled, He’s unprecedented, He’s the loftiest idea in literature, He’s the highest personality in philosophy, He’s the fundamental doctrine of true theology, He’s the only one qualified to be an all sufficient Savior, He supplies strength to the weak, He’s available for the tempted and the tried, He sympathizes and He saves, He strengthens and He sustains, He guards and He guides, He heals the sick, He cleanses the lepers, He forgives sinners, He discharges debtors, He delivers the captives, He defends the feeble, He blesses the young, He serves the unfortunate, He regards the aged, He rewards the diligent, He beautifies the meek, He’s the key of knowledge, He’s the wellspring of wisdom, He’s the doorway of deliverance, He’s the pathway of peace, He’s the roadway of righteousness, He’s the highway of holiness, He’s the gateway of glory, His life is matchless, His goodness is limitless, His mercy is everlasting, His love never changes, His word is enough, His grace is sufficient, His reign is righteousness, His yoke is easy, His burden is light, He’s indescribable, He’s incomprehensible, He’s invincible, He’s irresistible, You can’t get Him out of your mind, you can’t get Him off your hand, you can’t outlive Him and you can’t live without Him, the Pharisees couldn’t stand Him, but they found out they couldn’t stop Him, Pilate couldn’t find any fault in Him, Herod couldn’t kill Him, death couldn’t handle Him and the grave couldn’t hold Him.

– SM Lockridge

Jesus is die sigbare beeld van die onsigbare God, die een waarin al die volheid van die Godheid woon, die lewende Tempel van die Drie-enige God, die Een waarin die ewigheid lewe, asemhaal en bestaan, Petrus en Johannes het dit nie besef nie maar toe hulle aan Jesus geraak het, het hulle aan die ewigheid geraak, Hy was voor tyd, die A tot Z van alles, die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, die Eersgeborene van die geskape heelal, wie opgestaan het uit die dode om nooit weer te sterf nie, die oorwinnaar van die sonde, dood en die graf, die Een wat die hele skepping in Homself bymekaarhou, in Hom is alle krag, mag en majesteit, die Hoof outoriteit en bron van alles wat leef, die Een deur wie, vir wie en tot wie alles geskape is, die Een in wie alle dinge doel en betekenis vind, die Een wat alle dinge in die Hemel en die aarde met God versoen het, die Een wat elke wet, reël en regulasie wat die kinders van God veroordeel aan die bloedige kruis vasgenael het, die Een wat elke vloek gebreek en aan die kruis vasgenael het, die een wat die Opperwese is in elke koninkryk of gebied en die eerste plek in alle dinge beklee, die Een wie se sinrykheid en betekenis geen gelyke ken in die geskiedenis van die mensdom nie, die Een wat die titelakte hou van die heelal, hierdie heerlike, wonderlike, onbeperkte, onvergelykbare, majestueuse, magtige, triomfantlike, uitstaande, kosbare, oorwinnende, verbasende, verbluffende, verstommende, omvattende, buitengewone, ongelooflike, oneindige, ontsaglike, besondere, manjifieke, roemryke, pragtige, wonderbaarlike, weergalose, ongeëwenaarde, bedwelmende, skrikbarende, skitterende, geweldige, onmeetlike, glansryke, stralende, skouspelagtige, asemrowende, heerlike Wese is die mees glorieryke fenomenale Wese wat ooit bestaan het en ooit sal bestaan.

As jy in jou gemeente nie ervarings met Jesus beleef, en lewensveranderende openbarings direk van Hom ervaar, wat jou laat snak na jou asem nie, of wat jou nie in jou wese skud nie, dan besef jy vandag watse vernietigende gevolge die godsdiens en menslike verordeninge in die kerk gehad het. As jy tevrede is met dit wat jy in jou gemeente ervaar, daar is nog meer. Jesus kan net in Sy volle grootheid deur Homself geopenbaar word waar Hy sonder enige beperkings as die werklike Hoof van die gemeente vrye teëls het om te doen soos Hy wil en deur Sy Gees onbeperk sy gang in ons lewens kan hê. Slegs dan sal Hy jou laat snak na jou asem. Soos wat Hy in Maria, Martha en Lasarus se huis gedoen het. In Martha en Maria se huis het Hy self met hulle gemeenskap gehad. Hy het nie deur een persoon met hulle gedeel nie. Waar Hy in praktyk werklik die hoof is, openbaar Hy Homself deur elkeen teenwoordig deur middel van die gawes van die Gees. Hy “praat” nie deur een mens nie. Dit sou werklik ‘n “supermens” moes wees, God Homself, om die waarheid te sê. Geen mens kan die dinamiek van 1 Kor. 14:26 verstaan nie, wat nog van die openbaring van Jesus Christus deur homself kanaliseer. Die kern van die dinamiek rondom hierdie versie is elkeen se persoonlike en praktiese ervarings deur die week wat uiteindelik deur die Heilige Gees, wanneer hulle bymekaarkom, gebruik word om Jesus te openbaar aan elkeen deur elkeen wat teenwoordig is”. Jesus praat mét elkeen déúr elkeen!

1 Kor. 14:26

Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging —laat alles tot stigting geskied.

Let op die woord “elkeen” wat aandui dat almal aktief betrokke is. Die Heilige Gees was in beheer en het elkeen gebruik om Jesus aan die ander te openbaar op Sy unieke manier. Hier kan ons reeds sien dat Jesus deur middel van die Heilige Gees in beheer van die samekoms is. Geen mens staan is sy pad nie. Almal wag met afwagting af om te sien en te ervaar wat Hy volgende gaan doen.

So if the hand doesn’t function in the gathering, Christ will not be manifested in fullness. Likewise, if the eyes fail to function, the Lord will be limited in His self-revelation. On the other hand, when every member of a local assembly functions in the meeting, Christ is seen. He is made visible. And why? Because He is assembled in our midst. Consider the analogy of a puzzle. When each puzzle piece is properly positioned in relation to the other pieces, the puzzle is assembled. The net effect? We see the entire picture. It’s the same way with Christ and His church.

– Frank Viola

Wat presies moet gebeur wanneer ons saamkom? Wat is die bruid se Godgegewe taak? Soos Jesus in Maria-hulle se huis self aan die woord was en aan hulle die diepste geheimenisse van die koninkryk van God openbaar het, so begeer Hy steeds vandag om deur die werking van die Heilige Gees Homself aan ons te openbaar. Hy wil persoonlik met ons gemeenskap hê, ‘n diepe verhoudingslewe gebou op informele, suiwer liefde. Die bruid moet dus ontvanklik wees vir Heilige Gees leiding in ons samekomste.

Ek het dit elders in die boek ook genoem maar ek wil dit hier beklemtoon: Die weeklikse Sondag byeenkomste behoort aan Jesus Christus en die Heilige Gees. Tydens hierdie byeenkomste word Christus bedien deur Gees werking. Niks word georganiseer nie en geen besluite word geneem ten opsigte van die byeenkomste nie.

Die byeenkomste word nie gebruik om in almal se behoeftes te voorsien nie. Dit is nie gebed sessies nie. Dit is ook nie “bedien mekaar” sessies nie. Wanneer ons dit doen verloor ons heeltemal die fokus. Dit word dan selfgesentreerd en die Christus openbaring is dan nie meer ons fokus nie. Christus kan dan nie meer manifesteer tydens ons byeenkomste nie, want ons fokus is onsself. Die ou “sorg groepe” van so ’n paar jaar gelede is ’n goeie voorbeeld hiervan. Wanneer so iets eers begin is dit moeilik om dit weer te stop. Daar is plek vir hierdie tipe bediening maar dit hoort nie tydens die weeklikse byeenkoms nie. Huiskerk gemeentelede besoek mekaar gedurende die week om mekaar te bedien en om in mekaar se behoeftes te voorsien. Wanneer iemand werklik dringende gebed nodig het, kan dit na die byeenkoms gedoen word. Volgens Jak. 5:14-15 sien ons ook dat siekes die ouderlinge inroep wanneer gebed nodig is:

Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

Ons kom nie bymekaar om bedien te word nie. Ons kom bymekaar om te dien.

Die ware kerk se Godgegewe taak is dus niks anders as die volgende:

Om Jesus Christus aan mekaar en die wêreld uit te beeld en voor te stel soos hulle Hom nog nooit geken het nie as funksionerende priesters in sy lewende huis as deelnemende lede van sy liggaam.

Om die lewe en koninkryk van God tot in sy uiterste graad ten toon te stel.

Om Christus, haar Bruidegom, in haar te laat lewe. Sy staan op die aarde as lewende bewys van die Bruidegom se liefde, provisie, beskerming en rykdom. Deur haar is Sý skoonheid, passie, en aantreklikheid sigbaar in die wêreld. Die Jesus in haar word deur die wêreld gesien en erken.

Om uiteindelik die heelal te vul met die heerlikheid van Christus. Jesus vul die aarde met sy heerlikheid in sy kerk.

Om ‘n diepe liefdesverhouding met Christus te hê, Hom passievol lief te hê, en te kom by Ef. 3:19 deur die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat sy vervul kan word tot al die volheid van God.

Om die Goddelike openbaring van Jesus in gehoorsaamheid uit te bou deur die Geestelike gawes totdat sy mense sprakeloos en aangenaam oorweldig staan in die teenwoordigheid van sy glorie en heerlikheid.

Deur ‘n gedeelde gemeenskapslewe as familie van God saam te leef.

Om saam te leer om deur die inwonende Jesus Christus te lewe.

Om God se outoriteit hier op aarde uit te oefen.

1 Kor. 12:28

En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

Let op die woord “sommige” wat in die gemeente gestel is. Dit is weereens nie net een persoon nie. Al die gawes van die Gees kan tog nie net deur een persoon werk nie. Die Skrif is duidelik oor “elkeen”.

Ef. 4:13-16

Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Let op die woorde “goed saamgevoeg en saamverbind” en ook “ondersteuning wat elke lid gee”. Hier sien ons weereens dat elkeen betrokke is om die hele liggaam op te bou en te ondersteun. Elke lid in die gemeente het sy funksie, sy werk en sy deel om die gemeente te ondersteun. As dit nie gebeur nie sal die liggaam nie kan staan nie maar inmekaar sak. Die senings en die spiere hou die skelet regop. ‘n Lewende organisme het elke lid nodig om gesond te funksioneer anders gaan hy dood of is hy ‘n invalide.

Wat hou die institusionele kerk regop? Dit staan wel maar net omdat dit nie ‘n organisme is nie maar ‘n instelling. Soos ‘n besigheid bly die institusionele kerk staan deur middel van goeie besigheids beginsels. ’n Organisasie het ’n goeie bestuurder nodig. ’n Organisasie word deur enkeles in standgehou. Dit het nie die almal deelnemende leefwyse en almal funksionerende aspek van Christenskap nodig nie. Inteendeel, die institusionele kerk vertrou nie die almal deelnemende en almal funksionerende aspek van Christenskap nie.

Then there is also the fear of losing control. When we start to live and work as the early Ekklesia did, meeting in homes and at work, we fear that others may develop differently from our perception of being Christ’s followers. We fear allowing others to express their opinions and will. Possibly at the heart of this fear is the lack of trust in the Holy Spirit to deal individually with people. There is also the fear that an Ekklesia meeting as families and friends will not be able to handle the theological challenges of the day. Jesus did, however, promise us that His Spirit would direct us as needed. What He wants is for His people to be humble, teachable and accountable.

– Johan Carstens

U kan sien dat daar geen sprake van individualisme in die ware kerk is nie. God werk altyd met die korporatiewe. Hy werk met sy kerk in sy geheel. Hy werk met sy gemeente in die geheel. Hy werk met en deur elke lid. Hy werk nie deur een persoon met sy bruid of sy gemeente nie.

Gemeenskap in die Godheid

Selfs die Godheid is in gemeenskap met mekaar. God verwag nie van ons om iets te doen of iets te wees wat nie uit Hom gebore is nie. 1 Korintiërs 13 spreek eintlik van ‘n liefdesverhouding wat uitvloei uit die verhouding tussen die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Al drie is gelyk aan mekaar. Die een doen niks waarvan die ander nie weet nie. Daar is ‘n absolute staat van wedersydse harmonie, liefde, respek en gedeelde gemeenskapslewe binne die Goddelike Drie-eenheid. God se passie en missie is om daardie selfde wedersydse harmonie, liefde, respek en gedeelde gemeenskapslewe uit te brei na sy kerk. Dit wat in die Godheid is moet ook in ons wees wanneer ons bymekaarkom. Almal op gelyke voet in ‘n liefdes verhouding. Dit is die kern van ‘n outentieke Skrif gefundeerde Christelike gemeente van God.

Note that the only way that Christ can be properly expressed is if every member of a church freely supplies that aspect of the Lord that he or she has received. Make no mistake about it: The Lord Jesus cannot be fully disclosed through one member. He is far too rich for that.

– Frank Viola

As jy ‘n bietjie met jou geestesoog kyk sal jy vier persone op die “hoogste” punt van die heelal se horison sien staan. In die asemrowendste, majestueuse heerlikheid en volheid staan hulle daar in ‘n gemeenskaplike band en eenheid van ewige lig, harmonie en liefde. God die Vader, God die Seun, God die Heilige Gees en die bruid van Christus. Sy is die mooiste bruid wat jy nog ooit gesien het. Daar bestáán nie ‘n mooier bruid as sy nie. Haar skoonheid kom van die lig en die heerlikheid wat uit Jesus uitstraal en op haar skyn. Maar dan merk jy dat die lig nie net op haar skyn nie maar ook uit haar uitstraal. Dieselfde lig. Dan weet jy; Hý leef ook in haar. Hulle is één Gees.

Jy sien die liefde in Jesus se oë as Hy na haar kyk. Jy sien dat Hy nie sy oë van haar kan afhou nie. Hy moet dit van haar wegskeer elke keer as sy aandag iewers anders nodig is. En jy besef dat Hy absoluut verlief op haar is en jy sien dieselfde by haar (Sien Hooglied van Salomo).

Maar dan merk jy ‘n ander belangrike ding op. Die God deur wie en tot wie en vir wie alle dinge gemaak is, deel met sy bruid in haar geheel. Jy sien sy is ‘n korporatiewe wese. Haar liggaam bestaan uit baie lede. Sy is baie maar tog is sy een, ‘n unieke wese. Die enigste lewende organisme in die heelal wat so uniek saamgestel is. Al die lede; al die lewende, Gees vervulde, asemhalende “eenhede” of “selle” (ek en jy en al die ander kinders van God) is uniek in liefde saamgebind en ondersteun mekaar op ‘n unieke wyse om hier lewensgroot voor haar Bruidegom te staan.

En by Hom merk jy dat, hoewel sy liefde vir elke individuele lid duidelik sigbaar is, sy hele wese op haar as geheel, die enkele, korporatiewe persoon gefokus is. God is nie ‘n mens nie. Dit is heel gepas en niks minder as reg dat niks minder as Sy bruid in haar totaliteit waardig is om voor Hom te staan nie. Geen individu kan in haar plek voor Hom gaan staan nie.

Kyk en sien hoe “dans” hulle die dans van die lewe. Sy linkerarm om haar middel en haar hand in sy regterhand. Haar linkerarm om sy nek. Kyk hoe grasieus dans hulle terwyl hulle in mekaar se oë kyk. Hulle liefde vir mekaar ‘n ewige vuur wat in hul oë vir mekaar brand. Vlae van liefde, respek en bewondering beweeg van die een na die ander. Daar is ‘n Goddelike “meedeling” van sy diepste “God wees” wat op ‘n Goddelike wyse in haar gedeponeer word. Van Gees na gees. Hy druk haar styf teen Hom vas en jy besef sy is vir Hom gebore. Die eerste Adam is uit stof geskep. Uit hom is sy Eva ook uit stof geskep. Maar dit is nie wat jy hier voor jou sien nie. Die laaste Adam en sy bruid is albei uit Gees gebore.

Joh. 3:3-8

Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ’n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

‘n Nuwe spesie. Ons is nie van hierdie wêreld nie. Hierdie Skrifgedeelte sê dat die wêreld weet nie van waar ons is nie en waarheen ons gaan nie; want ons is uit Gees gebore.

2 Kor. 5:17

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Kyk mooi. Ons is ‘n nuwe spesie. Jesus is die eersteling van daardie nuwe spesie. Sy interaksie met ons word nie deur ‘n persoon gekanaliseer nie. Hierdie “Gees God” kommunikeer met sy “gees bruid” in die Gees. Inteendeel, die uitdrukking van Homself aan haar is nie ‘n orale boodskap of orale kommunikasie nie want dit vind nie in die siel dimensie van verstandelike kennis plaas nie. Dit is ‘n openbaring in die Gees op gees vlak. Mense bedien die letter, en hulle bedien kennis, wat niks anders is as ‘n dooie godsdiens nie. Waar mense vergader, sonder die Heilige Gees, in ‘n poging om God te bereik, hou hulle hulleself besig met ‘n dooie godsdiens. Waar Gees vervulde kinders van God vergader maar verkies om uit die vlees te bedien, bedien hulle die letter. Waar mense om Jesus Christus vergader en Hom toelaat om in en deur hulle te lewe, daar word ware aanbidding geleef. Daar word uit die Gees gelewe. Net die Gees kan gees en lewe bedien. Net die Gees kan Jesus openbaar. Daarom is dit net Gees werking wat Hom kan openbaar. Geen intellektuele preek deur die beste spreker ooit kan Gees werking vervang nie, want dit bedien kennis en nie lewe nie. Die Gees bedien gees, waarheid en lewe. Die vlees bedien die dood.

Is hierdie Skrifgedeelte in die Bybel?

Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, laat die voorsang leier die gemeente in lofprysing en aanbidding lei, laat die herder afkondigings maak, laat die herder bid, laat die herder preek, laat die herder die mense deur gebed bedien, laat die gemeente al hulle aandag op die herder rig, laat die gemeente stil wees — laat alles tot stigting geskied.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat by God die woord “individualisme” ten opsigte van sy kerk en sy bruid nie bestaan nie; want hierdie versie is nie in die Bybel nie. Die versie wat in hierdie verband in die Bybel staan is ‘n Heilige Gees gawe bediening waar almal aan deelneem. “Wanneer julle bymekaarkom dan het elkeen….”

God het die gemeenskap wat in die Godheid bestaan uitgebrei na sy kerk. Daarom is die volgende terme uit God gebore: Gemeenskap, familie, gesin, ondersteuning, saamwees, help mekaar, interaksie, ens.

No expression of a New Testament church is ever led by just one professional “holy man” doing the business of communicating with God and then feeding some relatively passive religious consumers Moses-style. Christianity has adopted this method from pagan religions, or at best from the Old Testament. The heavy professionalization of the church since Constantine has now been a pervasive influence long enough, dividing the people of God artificially into laity and clergy. According to the New Testament (1 Tim 2:5), “there is one God, and one mediator also between God and men, the man Christ Jesus.

– Wolfgang Simson

HOOFSTUK 4

DIE TWEE PILARE WAAROP DIE KERK STAAN

Twee belangrike fasette van Christenskap in die huiskerk

Die huiskerk gemeente is eintlik ’n huiskerk gemeenskap. Hulle is nie net op Sondag “kerk” nie. Hulle is die hele week kerk.

Daarom staan die gemeente aktiwiteite of belewenis op twee pilare:

Die gawes van die Gees tydens byeenkomste (Die almal deelnemende en funksionerende faset van Christenskap van die kinders van God as priesters en konings in sy koninkryk).

Die gedeelde gemeenskapslewe buite die byeenkomste.

Bloot ‘n saamwees een of twee keer ‘n week wanneer ons bymekaarkom is nie genoeg nie. In die huiskerke kom ons gewoonlik net een keer ‘n week op ‘n Sondag bymekaar maar dan deel ons ook nog deur die week ons lewens met mekaar in ons daaglikse handel en wandel.

Kyk ‘n bietjie na die volgende Skrifgedeeltes en vergelyk dit met wat jy in jou gemeente ervaar:

Rom 12:10 – wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning (Wees hartlik teenoor mekaar)

Rom 12:10 – wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning (Eer mekaar)

Rom 12:16 – wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie (Wees nederig teenoor mekaar en wees eensgesind)

Rom 13:8 – Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ’n ander liefhet, het die wet vervul (Wees lief vir mekaar)

Rom 14:19 – Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien (Hê vrede met mekaar)

Rom 14:19 – Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien (Stig mekaar)

Rom 15:7 – Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God (Aanvaar mekaar)

Rom 15:14 – Maar ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan (Vermaan mekaar)

Rom 16:16 – Groet mekaar met ’n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle (Wees vriendelik en gasvry met en teenoor mekaar)

1 Pet. 1:22 – As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ’n rein hart (Wees lief vir mekaar)

1 Pet. 3:8 – En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik (Wees eensgesind met mekaar) (Hê medelye met mekaar) (Ontferm julle oor mekaar) (As die een lid huil, huil saam met hom; as een lid bly is, wees saam met hom bly)

1 Pet. 4:9 – Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer (Wees gasvry teenoor mekaar)

1 Pet. 5: 5 – Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade (Wees nederig teenoor mekaar) (Wees onderdanig teenoor mekaar)

1 Thes. 4:9 – Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê (Wees lief vir mekaar)

1 Thes. 5:11 – Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen (Bemoedig mekaar)

1 Thes. 5:11 – Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen (Bou mekaar op)

1 Thes. 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Vermaan mekaar om die regte ding te doen)

1 Thes. 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Bemoedig mekaar om sterk te staan)

1 Thes. 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Ondersteun mekaar sodat julle staande kan bly)

1 Thes. 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Wees geduldig met mekaar)

1 Joh. 1:7 – Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde (Kuier by mekaar en maak bemoeienis met mekaar)

1 Joh. 3:11 – Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê (Wees lief vir mekaar in woord en in daad)

1 Kor. 1:10 – Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening (Wees eensgesind met mekaar)

1 Kor. 5:3-5 – Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het, in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus — om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus (Dissiplineer mekaar)

1 Kor. 6:1-6 – Durf iemand van julle wat ’n saak teen ’n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie? Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge? As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word. Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie? Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges? (Dissiplineer mekaar) (Los probleme self in die gemeente met mekaar op)

1 Kor. 11:33-34 – Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ’n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom (Wag vir mekaar en konsidereer mekaar)

1 Kor. 12:25 – sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra (Sorg vir mekaar)

1 Kor. 14:31 – Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word (Leer mekaar) (Bemoedig mekaar)

1 Kor. 14:39-40 – Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie. Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan (Wees ywerig om mekaar te bedien)

1 Kor. 15:58 – Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie (Motiveer mekaar om die werk van die Here getrou te doen)

1 Kor. 16:2-3 – Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie. En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring (Sorg vir mekaar)

Gal 5:13 – Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. (Dien mekaar)

Gal 6:2 – Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus (Dra mekaar se laste)

Ef. 4:2 – met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra (Verdra mekaar)

Ef. 4:32 – Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het (Wees vriendelik met mekaar) (Ontferm julle oor mekaar) (Vergewe mekaar)

Ef. 5:19 – Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here (Praat met mekaar tot eer van die Here)

Ef. 5:20-21 – terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God (Wees tevrede met wat julle het in mekaar) (Wees onderdanig aan mekaar)

Kol 3:13 – Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen (Verdra mekaar) (vergewe mekaar)

Kol 3:16 – Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here (Leer mekaar) (Vermaan mekaar)

Kol 3:16 – Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here (Sing vir mekaar)

Heb. 3:13 – Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie (Vermaan mekaar om nie afvallig in sonde te word nie)

Heb. 10:24 – en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor (Gee ag op mekaar en motiveer mekaar tot liefde en goeie werke)

Heb. 10:25 – en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom (Motiveer mekaar om aktief te wees en die samekomste nie te verontagsaam nie)

Jak 5:16 – Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag (Bely julle sondes aan mekaar)

Jak 5:16 – Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag (Bid vir mekaar)

Ek hoop jy het elke Skrifgedeelte gelees anders sal jy die omvang daarvan nie besef nie.

Kyk wat sê Handelinge 2:42, 44 en 46

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.

En almal wat gelowig geword het, was bymekaar en het alles gemeenskaplik besit.

En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet.

Die “gemeenskap” wat ons in vers 42 sien is gemeenskap met mekaar. Kinders van God maak bemoeienis met mekaar deur die week. Hulle “fellowship”, hulle deel mekaar se laste, hulle vier saam fees, hulle lag saam en hulle huil saam.

As jy bogenoemde Skrifgedeeltes deeglik en nadenkend deur gelees het, dan weet jy dat hierdie aktiwiteite nie Sondae in die byeenkomste plaasvind nie. Dit gebeur buite die byeenkomste! God is ‘n familie God. Selfs in die Drie-enige Godheid bestaan die gesin of die familie. Vader, Seun en dan tipies van die eienskappe van die moeder (die gawes van die Gees, die vrug van die Gees, die sagmoedigheid van ‘n liefdevolle moeder), is die Heilige Gees. Selfs in drome en gesigte word die Heilige Gees ook gepersonifieer met die persoon wat droom se moeder. Daar moet interaksie op alle vlakke tussen die familielede wees net soos wat dit in die Godheid bestaan.

Daarom kan die familie van God nie die tipe lewenstyl handhaaf wat so maklik in die institusionele kerk gevolg word nie. Daar is nie juis sprake van ’n familielewe tussen kinders van God soos in die natuurlike familie nie. Christene sien net of hoor net so terloops van probleme en ellende in ander se lewens. Hulle lewe verwyderd van hulle geestelike familie en hulle probleme. Daar is ’n roekelose onsimpatieke gesindheid tussen Christene. Elkeen lewe maar sy eie lewe in isolasie. Selfs wanneer hulle van mekaar se ellende hoor raak dit hulle nie só persoonlik nie.

Weereens is dit die struktuur van die institusionele kerk wat die gemeentelede se interaksie met mekaar so negatief beïnvloed. Die gedeelde gemeenskapslewe word nie soseer bevorder nie en is nie ‘n prioriteit vir of op die agenda van die institusionele kerk nie. Gemeentelede wat nie aangespoor word of gewys word hoe om die gedeelde gemeenskapslewe te leef nie sal dit nie maklik doen nie. Hulle word ook nooit geleer wat die waarde daarvan is nie. Gemeentelede is tevrede met een of twee samekomste per week waar bitter min interaksie plaasvind. Almal se agterkoppe is na jou gekeer en almal se aandag is gefokus op een persoon en dan is dit nog een rigting kommunikasie ook. Dit is natuurlik vir baie mense baie gemaklik en hulle is tevrede met hierdie stand van sake. Om passief te wees en geen verantwoordelikhede te hê nie werk vir baie mense. Hulle besef egter nie wat hulle mis nie en is salig onbewus van die feit dat geestelike groei sy fondasie direk in die gedeelde gemeenskapslewe het.

Om geestelik geïsoleerd te leef is nie hoe God ons gemaak het nie. Dit is nie volgens ons DNA nie. Ons het die DNA van God in ons. Ons is inherent soos Hy. Die vlees is heel tevrede met die stand van sake maar nie ons gees nie. Die gees weet dat ons nie op standaard lewe nie en daar is ’n gemis in ons lewens. Ons besef dit nie maar dit is daar. Diep binne ons weet ons iets is nie reg nie. Die vreugde van waarlik Goddelike familielewe ontbreek.

Wat is die naakte waarheid met betrekking tot hierdie pilare of fondamente in die institusionele kerk? Die institusionele kerk het albei pilare van gemeente ervaring verwerp: Eerstens die gawes van die Gees en tweedens die gedeelde gemeenskapslewe van die gemeente. Die een promoveer die almal deelnemende en almal funksionerende leefwyse van die familie van God. Die ander promoveer die intieme liefdesverhouding van die broeders in die familie van God.

Hulle sal dit natuurlik heftig ontken en argumente hê om die teendeel te regverdig. Die werklikheid is dat dit wat ons in die institusionele kerk sien met betrekking tot die gawes van die Gees én die gemeenskapslewe van die familie van God nie dit is wat God in sy kerk kom vestig het nie. Geen wonder daar vind so min geestelike groei in die institusionele kerk plaas nie. Die gemeentelede het geen verantwoordelikheid nie en het heeltemal passief geword. Hoofsaaklik al wat werklik ernstig van hulle verwag word is om die institusie te befonds of take uit te voer wat die institusie bevorder. Dit is presies dit wat die institusie nodig het om te bestaan of suksesvol te wees. Die gevolg is dat in die institusionele kerk hoofsaaklik in die behoeftes van die institusie voorsien word en nie in die behoeftes van die lewende organisme binne die institusie nie.

As gevolg hiervan lei die gemeente baie skade want die ondersteuning wat elke lid moet gee ter stigting en opbouing van die liggaam bestaan nie werklik in die institusionele kerk nie. Daar is nie diepte en substansie in verhoudings nie en daarom kan hulle verhouding met God ook nie volmaak ontwikkel soos Hy dit wil hê nie. Die ware kerk van God, die organisme, ín die institusionele kerk is dus ‘n invalide. Sy is stukkend, onopgevoed, swak, onder ontwikkeld en in ‘n betreurenswaardige toestand. Sy is glad nie die mooi en volwasse bruid van Christus nie.

Die familie vir institusionele kerkgangers is maar die biologiese gesin en bloed familie en nie die ware familie van God nie. Baie min mense besef dat die familie van God eintlik werklik familie is en dat die ongeredde bloedfamilie eintlik nie meer familie is nie. Hoekom nie? Want julle is twee verskillende spesies. Die familie van God is uit Gees gebore; ’n nuwe spesie, en die ongeredde mens is uit stof gebore. Die een is die afstammelinge van die eerste Adam die ander die afstammelinge van die laaste Adam.

1 Kor. 15:44-50

n Natuurlike liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ’n natuurlike liggaam, en daar is ’n geestelike liggaam. So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword; die laaste Adam ’n lewendmakende Gees. Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Ja, ons is nie van hierdie wêreld nie; ons is gestuurdes of ambassadeurs van die hemel. Die ongeredde mense is van hierdie wêreld. Hulle is uit vlees (aards) gebore. Daarom kan ons nie met hulle gemeenskap hê nie en daarom moet ons met ons Christelike broers en susters gemeenskap hê. Hierdie gemeenskap, soos duidelik al die Skrifgedeeltes bevestig, is nie opsioneel nie. Dit is ‘n opdrag van God. Ek sê hiermee glad nie dat jy jouself van jou vleeslike familie moet vervreem nie. God se opdrag is egter dat ons gemeenskap met ons geestelike familie moet hê en mekaar aanvaar soos ons is.

1 Kor. 12:12-27

Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie. Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk; en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid, terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee, sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.

Uit bogenoemde is dit baie duidelik dat ons ‘n groot verantwoordelikheid teenoor ons geestelike broers en susters het. Hierdie hele Skrifgedeelte basuin die noodsaaklikheid van die funksie van elke lid uit. Dit is juis hierdie funksies wat die hele liggaam ondersteun en opbou. Ons kan nie net ons eie geïsoleerde lewe lei en dink dit sal goed gaan met ons en ons gemeente nie. Bogenoemde Skrif sê duidelik dat ons gelyke sorg vir mekaar moet dra.

‘n Wonderlike uitvloeisel van hierdie verantwoordelikheid is die onskatbare groot voordeel wat elkeen van ons in die proses ontvang: Ons stig, bemoedig en bou mekaar op maar in die proses word onsself gestig, bemoedig en opgebou. Die beeld en openbaring van Jesus word net groter in ons lewens en ons word net meer en meer vervuld. Hierdie is presies die teenoorgestelde van die passiwiteit van die gemeentelede in die institusionele kerk. Dit is juis daardie passiwiteit wat die Christus openbaring aan bande lê en geestelike groei erg belemmer.

Die gemeente is ook die liggaam van Christus

Ons het reeds 1 Kor. 12 gelees. Die kerk is die liggaam van Christus en dit is baie duidelik dat elkeen van ons ’n gelyke funksie in daardie liggaam het. Ons het mekaar almal nodig. Die fokus vir almal is om normaal te funksioneer deur presies daardie aktiwiteite uit te voer wat eie aan die lid is. Ons moet baie duidelik verstaan dat die liggaam net een Hoof het en dat daardie funksie net deur die waardige Hoof van die kerk uitgevoer kan word. Jesus is die Hoof van die liggaam en al die heiliges die liggaam. Die Hoof beheer die liggaam. In die natuurlike liggaam is die brein in die hoof geleë. Jou brein doen ’n groot werk; dit beheer elke liewe beweginkie en die werking van jou liggaam. Die hoof is die “beheersentrum” van die liggaam. Van jou brein af loop “boodskap drade” wat senuwees genoem word na elke deel van jou liggaam. Langs hierdie drade stuur jou brein opdragte uit en ontvang inligting. Net so kommunikeer Jesus direk met sy liggaam (die kerk) en ons met Hom. Ons kan sê dat die “geestelike boodskap drade” eintlik die werking van die Heilige Gees is.

Leierskap in die institusionele kerk het hulle min of meer 1700 jaar gelede tussen die Hoof en die liggaam geposisioneer. Die Hoof moet nou, soos dit in Moses se dae was, deur enkele persone met sy liggaam kommunikeer. Dit klink absurd maar dit is presies hoe dit is. Die liggaam van Christus het eintlik ‘n defek, iets soos ‘n onnatuurlike uitgroeisel om die nek, wat nie werklik deel van die liggaam is nie. Dit is tussen die Hoof en die liggaam geposisioneer. Dié uitgroeisel is die hiërargiese, posisionele leierskap sisteem van die institusionele kerk. Dit hoort nie daar nie en is nie werklik deel van die liggaam nie.

Leierskap in die Nuwe Testament is net ‘n funksie. Hulle het nie by die nek rond tussen die Hoof en die liggaam saamgegroepeer nie. Hulle is orals in die liggaam te vinde. Hulle is vyfvoudige bedienaars maar jy vind hulle meesal by die voete rond.

Die vyfvoudige bedienaars was of voltyds of deeltyds besig met die werk van God soos die Heilige Gees hulle toebedeel het. Hulle het orals op straat, op markpleine en waar hulle kon die woord van God verkondig en die mense aangaande die “weg” geleer. In die proses het die apostels gemeentes gestig en van tyd tot tyd weer besoek. Buite die gemeente was hy besig met sy funksie en wanneer hy ‘n gemeente besoek het, was hy maar net een van hulle op gelyke voet met al die ander lede van die gemeente.

Ook die ouderlinge het soos enige ander gemeentelid gefunksioneer. Almal op gelyke voet. Niemand is offisieel aangestel of georden nie. Almal sien maar net die verskillende gawes en bedieninge in mekaar funksioneer sonder dat enigiemand amptelik aangestel is. Jou funksie in die liggaam van Christus is eintlik ‘n saak tussen jou en die Hoof. Ander mense sien maar net wat jou funksie is en hulle dank God daarvoor omdat dit die liggaam saamvoeg, saambind en ondersteun.

Christene in die Nuwe Testament het wel na persone verwys as ‘n apostel of ‘n evangelis maar dit was bloot net ‘n erkenning van die funksie wat hulle in die persoon raaksien. As ‘n persoon soos Paulus na homself verwys as ‘n apostel was dit bloot ‘n verwysing na sy funksie. Hy kon net sowel na homself as ‘n “Christelike veldwerker” verwys het. Dit sou egter ‘n bietjie verwarrend gewees het omdat daar nog evangeliste, profete en leraars was wat almal ook “Christelike veldwerkers” was. Vra maar ‘n persoon wat al jare lank evangelisties bedien maar tog geen posisie by enige kerk beklee nie. As jy hom vra wat hy is dan antwoord hy: “Ek is ‘n evangelis” verwysend na sy funksie in die liggaam van Christus.

Die groot negatiewe komplikasie van posisionele leierskap in die kerk is natuurlik die term “beheer”. Een persoon “beheer” ander persone. In die kerk van God kan egter net een persoon met so iets toevertrou word naamlik Jesus Christus, die Hoof van die kerk. Hy beheer die kerk deur die Heilige Gees en ja, Hy beheer die kerk net soos wat Hy toegelaat word. Hy is nie ‘n outokraat of ‘n tiran nie. Hy is ‘n God van liefde en Hy akkommodeer elke gemeente na gelang van die “vryheid” wat hy in daardie spesifieke gemeente toegelaat word. Ook huiskerk gemeentes word onder hierdie selfde kam geskeer.

Jesus is soos die afrigter van ’n rugby span. Hy leer elkeen in die span om hulle eie rol of funksie suksesvol uit te voer of te vervul. Wanneer Hy hulle op die veld stuur dan weet elkeen wat om te doen en hoe om dit te doen. Hulle het nie ’n leier op die veld nodig nie. Hulle kan sonder ’n kaptein funksioneer. Alle strategieë is reeds deur die afrigter Jesus breedvoerig in hul binneste geplant. God wil glad nie hê dat ons funksies ons op ‘n platform plaas nie. Hy sê dat dit nie so onder ons moet wees nie. Die een moenie hoër as die ander een geag word nie. Ag jou buurman met net soveel respek as die evangelis om die hoek.

Matt. 23:8

Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.

Let op die woorde “en julle is almal broeders” Hier is Jesus baie duidelik oor titels en Hy sê onomwonde dat almal gelyk is (broeders). Daar is net een leermeester; Jesus self. Moenie jou funksie ‘n posisie maak nie. Wees nederig.

HOOFSTUK 5

HUISKERK BYEENKOMSTE: PRAKTIES

Om hierdie onderwerp van die handleiding korrek af te skop, voor ons by die praktiese sy daarvan kom, moet ek drie fundamentele konsepte verduidelik:

Hoekom huiskerke?

Jesus het die gedaante van ‘n dienskneg aangeneem. Hy was nog altyd eenvoudig. Eers het Hy besluit om mens te word, homself met vlees beklee en ‘n skrynwerker se seun geword. Hy het die “dienskneg” gesindheid kom demonstreer. Hy was in ‘n stal gebore. Hy het nog altyd gewys dat Hy ‘n plesier daaruit put deur groot oorwinnings en deurbrake te maak deur die klein, die min, die swakke, die onbekende en die betekenislose.

Hy het ‘n ambagsman geword en vir sy familie, na Josef se dood, gesorg soos enige ander broodwinner vir sy familie moes sorg. Hy het die familielewe ervaar en Hy was bereid om hard te werk vir hulle. In die huiskerke is hierdie familie gesindheid van onskatbare belang en van onskatbare waarde.

Hy gebruik altyd die kleintjies en die swakkes tot Sy eer en verheerliking. Hulle is sy familie. Wie kan ooit die verhaal van Dawid en Goliat vergeet? So is daar ook in die huiskerke Dawids en hulle moet ook hulle Goliatte die hoof bied.

Die huiskerke spreek van bediening. Dit is sinoniem met dien. Ons dien mekaar net soos Jesus ons kom wys het hoe om ander te dien. Ons ag almal mekaar hoër as onsself. Ons dra almal voorskote, handdoeke en skottels. Ons is soos Jesus.

Hierdie Jesus, ‘n man van geen reputasie was die verlosser van die mensdom, die Koning van konings en die Seun van God. Tog was Hy ’n kneg. Die Joodse leiers wou ten alle koste ontken dat hierdie nederige mens enige posisie gehad het. “Hy is niemand”. “Hy is niks”. Hulle wou Hom verwerp want Hy was ‘n gevaar vir hulle godsdiens, hulle posisies en hulle inkomste. Om met Hom te identifiseer sou hul posisies gekos het. Hulle sou aansien verloor het. Hulle sou inkomste verloor het. Dit was net nie ’n goeie besigheids besluit om Hom te erken en te aanvaar as ’n “gestuurde” van God die Vader nie.

Die Joodse leiers was ook bang vir sy dissipels. Waarom? Hulle was tog net ongeskoolde vissermanne. Hoekom wou hulle die dissipels tot die dood veroordeel en uit die wegruim soos wat hulle met Jesus gedoen het? Die mees aanvaarbare rede was weereens omdat hulle ‘n bedreiging vir die Joodse leiers geword het. Hulle “boodskap” en hulle “evangelie” het nie gepas by die Joodse godsdiens en strukture nie. Hierdie mense het God naby die mense gebring. Die gewone mens het nou toegang tot God begin kry. Die Joodse leiers, as tussengangers, was nie meer nodig nie. Dit was vir die Joodse leiers ‘n bedreiging wat finansiële en ander komplikasies ingehou het. Hulle kon nie kompeteer met die pure onvoorwaardelike liefde en die vryheid van die evangelie van Jesus en wat daarmee gepaard gegaan het nie. Hulle moes alles in die stryd werp om God weg van die mense af te hou. Hulle as geëerde leiers was mos die gesante van God. Hulle is “aangestel” om God by die mens te verteenwoordig maar ‘n vreeslike ding het gebeur; Jesus Christus en sy dissipels het hulle bestaan en die belangrike rol wat hulle in die samelewing beklee oorbodig gemaak! Die huiskerk doen dit ook; dit haal die tussenganger uit en bevorder ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus die verlosser van die kerk Homself. Institusionele leiers mag dalk vir jou sê dat hulle nie tussengangers tussen God en die gemeente is nie, maar prakties is dit die werklikheid.

In die generasies wat gevolg het, het hierdie idee, hierdie “God is met ons” evangelie, hierdie vlammetjie van lig versprei en die hele Europa dinamies verlig tot vandag toe. Dit was ‘n kragtige boodskap ook bekend as die Evangelie van die Koninkryk.

Before they were called Christians, followers of Christ have been called “The Way”. One of the reasons was that they have literally found “the way to live”. The nature of Church is not reflected in a constant series of religious meetings lead by professional clergy in holy rooms specially reserved to experience Jesus, but in the prophetic way followers of Christ live their everyday life in spiritually extended families as a vivid answer to the questions society faces, at the place where it counts the most: in their homes.

– Wolfgang Simson

Waar kom huiskerke vandaan?

Jesus het nie om dowe neute net sommer ’n intieme verhouding met ’n paar uitgesoekte mense begin nie. Daar was ’n doel daaragter. Hy kon ’n netjiese gebou in die middel van Jerusalem gehuur het en daar dienste begin hou het as Hy wou. Daar kon Hy begin preek het en mense van God en van die koninkryk van God begin leer het. Mense kon sy dienste gereeld bygewoon het en van Hom geleer het. Tog is dit nie wat Hy gedoen het nie. Hy het ’n familie bymekaargemaak. Manne en vroue wat saam met Hom die gedeelde gemeenskapslewe kon leef as sy broers en sy susters. Mense wat sy lewe met al sy aspekte met Hom kon deel. Dit is waar die huiskerk begin het; in die strate, onder bome en in huise. Hier het hulle prakties sý leefwyse geleer. Hulle het die “Jesus lewe” geleer. Hulle het Hom prakties in aksie gesien. Hulle het gesien hoe Hy optree in allerhande omstandighede wat op sy pad en ook op hulle pad gekom het. Hulle het Hom nie agter ’n preekstoel gesien of ervaar nie. Hulle het die Jesus leefwyse prakties beleef.

Die dissipels het bloot net voortgegaan op hierdie metode en dit nooit verander nie. Dit is hoe huiskerke ontstaan het en dit is steeds hoe ware Bybel gefundeerde huiskerke vandag nog funksioneer.

Die huiskerk het eerstens ‘n baie belangrike rol in die uitbreiding van die koninkryk van God gespeel. Paulus het met groot ywer die koninkryk van Jesus verkondig en ’n paar van hierdie huiskerk gemeentes geplant. Hy het eintlik huiskerk “gemeenskappe” geplant. So ook het die ander apostels gedoen. Ons kan die betekenis en sinrykheid wat huiskerke teweeggebring het baie goed verstaan. Dit het mense wat op daardie stadium geen sosiale voorregte geniet het nie opgelig tot die status wat elke mens verdien. Hulle was kosbare kinders van God in ’n baie vyandige wêreld. Hulle het soos klein buiteposte in die koninkryk van God geword in ‘n wêreld wat baie vyandig gesind teenoor die waarheid was. As die “sout” en die “lig” het hulle die samelewing verlig op die “weg van die ewige lewe”. Die huiskerk verlig die pad waar die institusionele kerk dit nie kon verlig nie omdat beide die pilare van die kerk deur die institusionele kerk verwerp is. Die institusionele kerk staan op pilare van besigheidsbeginsels en nie op geestelike beginsels nie. Daarom word Jesus anders ervaar en daarom skyn sy lig anders. Die huiskerk skyn ’n helder lig wat na Jesus wys. Beter gestel: Jesus Christus in die huiskerk is die lig wat in hierdie donker wêreld helder skyn.

Die dissipels se eerstehandse kennis van Jesus, sy lewe, sy leringe, sy stellings, sy kruisiging, sy opstanding uit die dode en die doping in die Heilige Gees het gelei tot die verligting van die Messiaanse gemeenskap wat ons die kerk noem.

Vandag nog steeds bou Jesus Sy kerk en vestig Hy nog steeds Sy ewige koninkryk van vrede en geregtigheid in ons en deur ons. En hierdie kerk, die huiskerk, het God weer naby die mense gebring. God is weer toeganklik vir elkeen wat Hom in gees en waarheid wil aanbid. Die “Moses” spreekbuis word weereens uit die weggeruim en die familie van God funksioneer weereens as ‘n familie en nie as ‘n instansie nie.

Wees dan geduldig en dapper. Moenie die dag van klein begin verag nie. In Christus kan ons klein poginkies om Hom te verheerlik ‘n ewige betekenis en sinrykheid tot gevolg hê.

Jesus is building His church, and establishing His righteous, peaceful and joyful Kingdom in us and through us! Therefore we must be both patient and encouraged, despising not the day of small things! In Christ our feeble efforts to glorify Him can have eternal significance! May we continue and persevere in our labors unto Him in prayerful dedication, and bold determination to live under His reign!

– Dan Beaty

Die liggaam van Christus, ‘n normale funksionerende wese

Dit is oor die algemeen verborge maar dié vinnig groeiende verskynsel is besig om ons wêreld te verander. Hierdie verskynsel affekteer hoe mense hul geloof prakties uitlewe. Mense verlaat die institusionele kerk jaarliks by die miljoene regoor die wêreld om deel hiervan te word. In baie Oosterse nasies het Christelike huiskerke lank reeds die meeste lidmate. In Amerika het Christelike huiskerke reeds die tweede meeste lidmate in die land. Globaal is die huiskerk beweging die grootste Christelike groep in die wêreld.

Jesus het reeds vir die vrou by die put gesê dat die tyd gekom het dat God nie meer op ‘n spesifieke plek aanbid sou word nie. God wil in gees en in waarheid aanbid word orals waar ons gaan. Ons hele lewe is ‘n handeling van aanbidding. Ons noem dit die “aanbiddings lewe”. Dit beteken eintlik dat die “diens” nooit verby is nie. Ons is die kerk! Nie ‘n gebou nie. Die gelowiges is die kerk van God. Die bymekaarkomplek is van mindere belang. Die bymekaarkom is bloot ’n uitvloeisel van die aanbiddings lewe.

Die gelowiges in die Nuwe Testament het nie kerk toe gegaan nie. Hulle was die kerk! Hulle was God se gebou. Die tempel van God. In die Nuwe Testament was daar geen heilige plekke nie. God beskou mense as Sy woonplek. Hulle is heilige mense.

On the day of Pentecost the Holy Spirit made His home in the bodies of the disciples. They individually became church, the new temples of God. It was now the place, home and shrine within which the Holy Spirit resided. And so are we when we hand over our lives to God and He becomes resident in our bodies. The worship of God is now, as the apostle John said, in His Spirit, and also in His Spirit that now resides in you. If you are a child of God, you thus cannot go to church – you are church.

– Johan Carstens

Sy kerk is ‘n groep gelowiges waar elke lid bydrae tot die geheel. Elke spesiale gawe, talent, kontribusie en deelname van elke persoon is ’n uitvloeisel van Jesus in hulle. Hierdie mense leef die inwonende Jesus lewe, ook as hulle bymekaarkom op ’n Sondag. Die Jesus lewe in hulle is bedienings lewe. Ware bediening is altyd Jesus in ons. Ware bediening is die uitvloei van Jesus vanuit ons.

Wat ons moet sien as ons bymekaar kom is die “bedieninge van die mense en nie van leiers nie,” deur hulle sien ons die “uitdrukking gee van Jesus”. Meganiese geestelike leiers is informasie bedienaars. Hulle bedien die letter. Hulle bedien nie gees nie. Hoe suiwer hulle motiewe ook al. Hulle konfronteer die siel. Hulle bring verstand kennis. Maak nie ’n fout nie, hulle doen dit baie goed en God gebruik dit tog. Maar dit is nie die volmaakte nie. Daar is ’n beter weg, ’n uitnemender weg, die weg van die Gees. Ons noem dit Gees bediening of Jesus bediening. Die struktuur, geestelike beginsels en meganismes wat huiskerke beheer promoveer Gees bediening of Jesus bediening in ons. Dit bevorder die almal deelnemende en almal funksionerende dimensie van Christenskap in die gemeente en in die kerk van God.

Romeine 12: 4-8

Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar en ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: is dit profesie, na die maat van geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer in die lering; of wie vermaan in die vermaning; of wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

1 Korintiërs 14:26

Hoe staan die saak dan broeders? Wanneer julle saamkom dan het elkeen van julle ‘n psalm, of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging – laat alles tot stigting geskied.

1 Petrus 2: 5, 9

En laat julle ook soos lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom om te verkondig die deugde van Hom, wat julle uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig.

Gekoppel aan bogenoemde Skrifgedeeltes lees ons elke keer die volgende woorde: “soos die Gees dit wil”, “maar dit is dieselfde Gees”, “maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil”

Being a congregation describes the function of what we do. It has no reference to who, what or where we are. It is not the place we go to or the franchise we belong to. It is rather what we are in Jesus. This is the reason we gather and this defines us as an Ekklesia. It is while we assemble that we minister to one another through the different gifts the Holy Spirit has imparted amongst us. In this way we encourage and are encouraged by learning from the different experiences to which God is exposing us, and the road we are traveling on. We share wisdom, prophecy, healing and intercessory prayer. We bear witness to what we have seen and experienced; a witness of our lifestyle and work ethic, our challenges and our victories. So when the Ekklesia congregates, each participant has something to contribute to build up His body. We give and we receive and in the process we all become more complete. The gathering is always small enough to give all an opportunity to give and receive, but always big enough to make a difference. It is for this reason that Paul urges us not to neglect our coming together. When we meet we discover amongst ourselves more of what and who God is, and His dream for our lives.

– Johan Carstens

Die grootste rede hoekom gelowiges die huiskerk beweging instroom is die volgende:

Hulle wil die Nuwe Testament realiteite wat hulle in die Bybel van lees persoonlik belewe.

Hulle wil ‘n dieper dimensie van aanbiddings lewe ervaar.

Hulle soek na iets meer in hul wandel met God en met hul medemens.

Hulle wil meer verbind wees aan Bybelse waarhede as om lojaal te wees teenoor tradisies.

Paulus se sendbriewe aan die Nuwe-Testamentiese gemeentes was alles gerig aan huiskerke. Dit is hoe en waar gelowiges saamgekom het:

Romeine 16: 3-5

Groet Priscilla en Aquila, my medewerkers in Christus Jesus, wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene. Groet ook die gemeente by hulle aan huis.

Kolossense 4:15

Groet die broeders in Laodicea en Nimfas en die gemeente wat in sy huis is.

Huiskerke en die ontwikkeling van dissipels

Dissipels moet gekweek, versorg en opgevoed word. Geestelike groei moet plaasvind. Die Goddelike karakter van Jesus Christus moet in Sy dissipels gestalte kry.

Volgens Efesiërs 4:13 moet ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus.

Ons kry bogenoemde net tydens “fellowship” met mekaar, op ‘n daaglikse basis, terwyl ons rondom Jesus vergader. Om Hom in Sy volle gestalte in ons te ervaar is daar ‘n baie belangrike vereiste: intieme interaksie met Hom en met jou mede gelowiges in die Here. Dit is ‘n driehoek verhouding wat nie uitmekaar getrek of van mekaar geskei kan word nie. Ware Goddelike gemeenskap is die unieke interaksie wat net in hierdie verhoudings raamwerk moontlik is en verskaf die elemente en die boustene wat geestelike groei verseker.

Die institusionele kerk het twee baie belangrike elemente van interaksie tussen God en mens van die tafel afgevee: Die gawes van die Gees in onbeperkte onbeheerde vorm (daarom kon dit nooit ontwikkel tot die dimensies en Goddelike hoogtes wat God beplan het nie) en die gedeelde gemeenskapslewe van die heiliges (daarom kon die interaksie tussen die heiliges nie as boustene gebruik word om geestelike groei te bevorder nie). Die institusionele kerk het nie die nodige openbaring van hierdie twee belangrike “elemente” nie. Die gawes van die Gees en die gedeelde gemeenskapslewe is albei van onskatbare waarde in die kerk. Dit is dié twee pilare waarop kerk belewenis staan. Dit verseker die almal deelnemende en almal funksionerende leefwyse van die kind van God op alle vlakke van gemeente interaksie. In die samekomste en in die dag tot dag interaksie van die gemeentelede. Om albei te vervang met menslike liturgie, programme en metodes was ’n baie groot fout. Dit het gemeente lewe verander in ’n teoretiese godsdiens wat prakties nie effektief uitgeleef kan word nie. Dit het gemeentelede passief gemaak.

Die unieke natuur van die huiskerk maak juis dit in sy natuurlikste vorm moontlik. Dit is ook dan waarom die huiskerk die “Groot kommissie” van Jesus Christus “natuurlik” tot uitvoering bring.

Matt 28: 19

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

In die huiskerk opset is al die elemente van God gedrewe evangelisasie ‘n natuurlike en ‘n spontane proses. Die nuwe bekeerling word onmiddellik ‘n dissipel, hy word onmiddellik ’n volwaardige lid van die gemeente en word onmiddellik deel van die groei en ontwikkelingsproses.

Die gawes van die Gees is die instrument in God se hand waarmee Hy Sy dissipels toerus vir hulle dienswerk en hulle geestelik opbou tot volwassenes in Christus. Die huiskerk skep van nature die geestelike atmosfeer om die gawes van die Gees te ontwikkel en te gebruik. Die gemeentes is klein, almal kan deelneem en die gawes van die Gees geniet die prioriteit wat dit behoort te hê.

Our home church meetings are proving to be very fertile ground for the planting of the Lord. By His Word and Spirit we are beginning to function in the spiritual gifts that build up the Body, for both nurturing new-born children and the reproductive process. Individual and corporate spiritual growth is Kingdom growth.

– Dan Beaty

God gebruik ook die vyfvoudige bediening van herder, leraar, apostel, profeet en evangelis regoor die huiskerk netwerk om groter effektiwiteit te weeg te bring. Dit word op ’n dinamiese wyse aangewend om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk. Hierdie bedienings is egter funksies en nie posisies nie. Die praktiese toepassing van die funksies van al vyf hierdie bedienings verskil ook wesentlik van dit wat ons vandag in die institusionele kerk sien.

Daar is natuurlik faktore in die huiskerk, onder andere die vleeslike of die menslike natuur, wat interaksie tussen broeders en susters somtyds ’n uitdaging maak en wat natuurlik nie altyd lekker is nie. Mense bly maar net mense. Ons is almal onder “konstruksie” en niemand is volmaak nie. Die goeie nuus is dat hierdie onvolmaaktheid juis nodig is om geestelike groei te bevorder! Ons moet getoets word. Yster slyp yster! Uit ‘n Goddelike oogpunt is dit nie iets wat ons moet vermy nie maar is dit juis nodig om liefde, lydsaamheid en vertroue te kweek. Die vraag is altyd: “Is jy bereid om jouself bloot te stel aan die genade van jou mede broers en susters wat net soos jy nog nie volmaak op hulle geestelike pad van heiligmaking en geestelike groei is nie”? Is die antwoord ja dan kwalifiseer jy om deur die Heilige Gees geskaaf, mooigemaak en gepoleer te word tot jy skitter in die volle gestalte van Jesus Christus. Is die antwoord nee dan gaan jy nooit ’n volwasse kind van God word nie. Dit is jou keuse. Daar is nie ’n ander manier nie. Dit is hierdie interaksie wat ons geloof toets. Ons hoef nie bang daarvoor te wees of terug te deins daarvoor nie. Net soos beproewinge louter en suiwer hierdie negatiewe interaksie ook ons geloof.

Dit is juis die afwesigheid van hierdie elemente wat geestelike groei in die institusionele kerk aan bande lê.

Some benefits of house churches

Reaching missed segments of society

Discipleship/godly character development

Loving accountability

Close fellowship

Conducive to more rapid and consistent spiritual growth

Encourage us in our roles in the Great Commission

Free up finances for the Great Commission

Training and multiplication of servant leadership

Help prevent burnout of leaders

Built in form of protection against persecution

Multiplication of churches

Provide sense of family/belonging

Conducive to reaching unsaved people

Ideal model to ‘disciple the nations’

Biblical Christianity lived out in daily life

Others can ‘know us by our love’

Model is by nature reproducing

House churches are much more able to hold/disciple the coming harvest

Multiplication of churches leading to people movements

Able to contain and disciple the growing harvest

Spiritual gifts and five-fold ministry are developed/exercised

Five fold ministries equips next generations of leaders

Every member of the family important

Every member of the house church involved in ministry

House churches are poised to be flexible with what God is doing

House churches are poised to respond to needs

Natural as “Houses of Prayer”

Natural sender of missionaries

Natural ‘missionary care/support’ function

Low administrative needs

Low costs to function

Conducive to God lead Worship

Conducive to evangelism/discipleship

Conducive to reaching the poor

Conducive to ministering to the hurting

HOOFSTUK 6

PRAKTIESE OPLEIDING IN DIE HUISKERK

As die beginsels wat ons reeds bespreek het vir jou vreemd is, moenie moedverlore wees daaroor nie. Ons almal moes daardie paadjie loop en vandag kyk ons met ‘n dankbare en ‘n opgewonde gemoed terug daarna. Dankbaar want ons weet van waar ons gekom het. Opgewonde want ons weet waar ons nou is en waarheen ons op pad is. Daar wag nog baie vreemde dinge vir jou wanneer ons die huiskerk in praktyk behandel maar dit is alles die moeite werd.

Die huiskerk ervaring is so vol betekenis en sinrykheid en wanneer jy deel word daarvan ervaar jy ‘n doelgerigte vervuldheid in jou lewe. Die vreemde word uiteindelik die bekende.

Soos ‘n Gideon, ‘n Dawid en ‘n Petrus moet ons somtyds uitstap in die geloof. Ons sal nie sink nie. God stap elke tree saam met ons. Hy soek altyd ‘n man of ‘n vrou om saam met Hom geskiedenis te maak. “Moenie vrees nie dapper held want Ek is met jou en Ek sal jou kragtig ondersteun” is die woorde wat Hy vir elkeen van ons sê.

Ek begin die praktiese gedeelte van die handleiding deur na ‘n paar baie bekende huiskerk gesegdes te verwys:

The church is never a place, but always a people; never a fold but always a flock; never a sacred building but always a believing assembly.

The church is you who pray, not where you pray.

The body of Jesus Christ is a community that expresses God’s nature.

Christianity has no holy places, only holy people.

We gather together so that the Lord Jesus Christ can manifest Himself in our presence in His fullness.

The church is the earthly image of God.

The church is a community in which all are gifted and all have ministry.

Die kanse is baie goed dat die praktiese komplikasies van bogenoemde aanhalings nie regtig vir ons ten volle sin maak nie. Juis omdat ons nog nooit blootgestel was aan ander maniere van funksionering nie. So baie feite wat reeds in hierdie handleiding gemaak is klink vir ons vreemd op die oor en ons kan nie dink dat dit Skriftuurlik is nie.

In so many ways, religious tradition has shaped our minds. It’s captured our hearts. It’s framed our vocabulary. So much so that whenever we open our Bibles, we automatically read our current church practices back into the text. Whenever we see the word pastor in the Bible, we typically think of a man who preaches sermons on Sunday mornings. Whenever we see the word church, we typically think of a building or a Sunday-morning service. Whenever we see the word elder, we typically think of someone on a church board or committee.

– Frank Viola

Tradisies kan ons baie deurmekaarmaak. In ‘n groot mate sodanig dat ons partykeer nie weet wat is Skriftuurlik en wat is menslike verordeninge nie.

Opleiding in die huiskerk is prakties

Baie mense sien nie kans om ‘n huiskerk te begin nie. Hulle voel dat hulle nie opgelei is om dit te doen nie. Dit is ‘n nuwe konsep vir ons almal en as jy nie in ‘n huiskerk was waar jy vir ‘n jaar of twee praktiese opleiding ontvang het nie, dan is hierdie handleiding vir jou. Huiskerk “opleiding” vind altyd prakties plaas en die ideaal is dat elke kerk planter vir ‘n onbepaalde tyd in ‘n huiskerk moet wees waar hy of sy praktiese ondervinding opdoen. Dit is egter nie altyd moontlik nie en daarom rig God oral mense op wat bereid is om ‘n pionier op hierdie gebied te wees. ’n Pionier is iemand wat begeesterd en vreesloos die onbekende aandurf en ’n pad oopkap waar daar nog nie ’n pad is nie. Hulle is spesiale mense wat God nou roep om sy wil te doen. Hierdie mense is die Paulusse en die Martin Lutherse van vandag maar hierdie mense is ook die alledaagse mense soos ek en jy.

Die alternatief is dan om met die hulp van die “huiskerk handleiding” en ook ander hulp soos hieronder uiteengesit, die pad oop te breek vir ander om te volg. Uiteindelik sal toekomstige huiskerk planters praktiese opleiding in die huiskerke ontvang soos dit behoort te wees. ‘n Paar ouens pak die bul by die horings en hulle kry die werk gedoen. Hulle stoei ‘n bietjie, hulle maak ‘n foutjie hier en daar, hulle probeer weer en in die proses doen hulle baanbrekerswerk. Die pad is oopgebreek. Nou kan die ander volg en die koninkryk van God word gebou en uitgebrei. Die ware “Ekklesia” waarvan almal deelnemende en funksionerende bedienaars van God is is gebore!

Dit is presies wat Paulus en die ander apostels in die Nuwe Testament gedoen het. Eers die pioniers wat die weg aangewys het en toe het die ander gevolg.

Daar was geen amptelike opleiding in die vroeë kerk nie en daar behoort ook nie te wees nie. Dit is nooit deur God ingestel nie. Amptelike opleiding op Universiteite en Kolleges en Kweekskole is maar baie onlangs eers ingestel. Die Protestantse kweekskool is in 1808 en die eerste Bybel Kolleges is in 1882 in gebruik geneem. Dit is minder as 200 jaar gelede. Teenstrydig hiermee het Jesus vir drie jaar elke dag met die twaalf dissipels gewandel en in daardie drie jaar het Hy hulle alles geleer wat hulle nodig gehad het. Opleiding is nie teoretiese skoling nie. Opleiding is praktiese ondervinding uitgeleef in die dag tot dag interaksie van die familie van God. Dit was die volwaardige leerskool van God en dit word vandag nog so in huiskerke gevolg.

We need to examine our vocabulary carefully. It is not enough to speak where the Bible speaks but we must also speak as the Bible speaks. When we do we will come to realize that ministry is not something done to the church, but that which is done by the church – the whole church! Every Christian is a minister. One enters the ministry by coming into Christ. That which makes one a child of God makes him a minister of God. We do not go away to study to become ministers…..You can no more make a man a minister of God by handing him a diploma than you can make him a priest of God by giving him a certificate. Men can make clergymen, and if they are made men will have to do it, but only God can make us ministers of God, and He makes all of us His ministers because He is no respecter of persons.

– Karl Ketcherside

Hoekom is praktiese opleiding die ideale metode van opleiding? In die huiskerk leer almal hoe om die gedeelde gemeenskapslewe as die familie van God te leef. Hierdie lewe word daagliks prakties uitgeleef. Ons leer hoe om te leef. Teoretiese informasie is van geen nut nie. Sondae kom hulle iewers in ‘n huis bymekaar waar hulle die Here se verbond maal saam nuttig en saam om die Here Jesus vergader. Hierdie is alles persoonlike interaksie, praktiese ervaring en ‘n “kom ek wys jou hoe doen ons dit” leefwyse. Die woord van God speel ‘n belangrike rol en die uitvoering van daardie woord rus die dissipel prakties toe om dieselfde te doen. Presies soos Jesus sy dissipels geleer het. Die woord moet wel geleer word maar moet in konteks gebring word deur die praktiese uitvoering daarvan in die milieu wat God daarvoor geskep het: die gedeelde gemeenskapslewe.

In werklikheid verskil dit geensins van wat die dissipels ervaar het toe Jesus die “Jesus lewe” vir hulle gewys het nie. Vandag wys die Jesus in ons steeds vir die wêreld die “Jesus lewe”.

Vanselfsprekend is die woord van God baie belangrik. Leringe en praktiese opleiding, nie net vir alle kinders van God nie maar ook vir alle dissipels en die vyfvoudige bedienaars in die huiskerk vind ook so plaas. Die Bybel is baie duidelik oor die feit dat dit die Heilige Gees is wat ons alles leer en dat die woord van God (die Bybel) as studie materiaal genoeg is. Jesus het nie allerhande boeke geleer nie. Hy het die woord van God geleer.

1 Joh. 2:27

En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.

1 Joh. 2:20

En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.

Joh. 6:63

Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Matt 23:8-12

Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders. En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is. Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus. Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.

2 Tim 2:15

Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

2 Tim 3:14-17

Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Uit bogenoemde Skrifte is dit baie duidelik wat God se instruksies is met betrekking tot die skoling en ontwikkeling van voltydse of deeltydse werkers in sy kerk. Dit sê baie duidelik dat ons twee belangrike “elemente” nodig het: Die Heilige Gees en die Bybel. Niks anders nie! Onderrig in die geestelike kerk van God is altyd net in Jesus Christus en sy woord. Die institusionele kerk onderrig hulle lidmate in baie dinge en daarom is onderrig in die institusionele kerk baie gekompliseerd.

Die Skrif is genoeg om elke mens volkome toe te rus vir elke goeie werk. Ons moet dus die Skrif ken. Ons leer die Skrif ken deur dit te lees en te leer. Ons vra die Heilige Gees om die woord vir ons oop te maak en die waarheid aan ons te openbaar. Die Heilige Gees leer ons en ons het nie nodig dat enigiemand ons leer nie. Dit was al die jare genoeg. Moenie dat tradisies en vrees jou anders leer nie. God is getrou en Hy doen wat Hy beloof het. Die Heilige Gees sal jou nie verkeerd leer nie. Jy is in staat om deur die genade van God die waarheid te leer, die waarheid te ken en die woord reg te sny.

Hoekom die kerkleiers 200 jaar gelede begin het met opleiding sentrums waar verstand kennis teoreties geleer word sal net hulle kan antwoord. Die Bybel was vir hulle nie meer genoeg nie. Allerhande menslike geskrewe boeke en menslike leerstellings wat die “institusie” bevorder en die “instelling” beskerm en beheer word nou geleer.

Ek veronderstel dat dit vir die institusionele kerk nodig was om hierdie stap te neem. Die Skrif is geskryf aan ‘n lewende organisme, die kerk, die liggaam van Christus, of die bruid van Christus. Dit is ‘n asemhalende lewende organisme en die Heilige Gees woon in hierdie lewende organisme. Die Skriftuurlike leiding en voorskrifte is absoluut relevant en van pas vir die ware kerk.

Daarenteen is die institusionele kerk ‘n menslike instelling of menslike organisasie. Die Skrif het basies irrelevant vir die institusionele kerk geword. Let wel: Nie vir die ware kerk binne die institusionele kerk nie, maar ongelukkig ly die ware kerk binne die institusionele kerk daaronder. Die ware kerk binne die institusionele kerk is basies ondergeskik aan die institusie. Die institusie kom eerste want die institusie moet aan die gang gehou word. As die organisasie in duie stort, stort alles in duie. Om alles in plek te hou moes baie duidelike riglyne deur die leiers van die institusie in plek gekry word. Dit is waar kweekskole en Bybel kolleges vandaan kom. Dit is ook die rede hoekom ander boeke ingebring is. Daar moes literatuur in plek gekry word wat die institusie beheer en beskerm. Dit is ook hoekom kerk konstitusies ontstaan het. Daar moet reëls en regulasies wees anders hang alles aan ’n vakuum: “Ons moet ons tradisies en kerk aktiwiteite aan iets vasmaak anders is ons nie geanker nie”.

Elke denominasie moes sy belange beskerm en reëls en regulasies eie aan die denominasie is in plek gesit. Hierdie konstitusies, reëls en regulasies moes van geslag tot geslag oorgedra word om die voortbestaan van die denominasie te verseker en dit is presies hier waar opleidings kolleges 200 jaar gelede begin is.

God se metode van skoling en toerusting is praktiese blootstelling aan die gemeenskapslewe van die heiliges, (die familie van God) en die leer van die Woord van God. Niks minder nie en niks meer nie. Die Bybel is absoluut relevant in alle tye en in alle omstandighede. Wanneer die Woord van God deur die Heilige Gees oopgebreek word en die (Rhema) openbarings woord van God in die gees van die mens gedeponeer word, dan kan die lewende organisme, die kerk, net volkome wees in haar ontwikkeling en geestelike groeiproses. Sy kan geen skade ly deur nie formele onderrig te ontvang soos wat van professionele wêreldse beroepe vereis word nie. Die kerk is nie ’n professionele institusie nie. Dit is ’n lewende organisme. Sy groei op as ‘n jong beeldskone bruid in gees en in waarheid en alles omtrent haar is mooi en volkome. Sy kom niks kort nie en sy is absoluut gesond. Daar is geen defek by haar nie. Inteendeel, die leerskool wat Jesus aan ons kom demonstreer het is die volmaakte wil van God vir sy kerk.

Ons gaan nou die praktiese deel van huiskerk behandel. Die hoe, maar waar dit nodig is ook die hoekom.

HOOFSTUK 7

PRAKTIESE AANBEVELINGS VIR BYEENKOMSTE

Heel eerste moet mense bymekaargekry word. Hetsy deur die belangstelling van mense op te wek deur middel van die bewusmaking van die huiskerk beginsels of deur middel van evangelisasie van nuwe bekeerlinge

Praktiese voorbereidingswerk:

Bid vir wysheid en bid vir mense. Hierdie eerste stap is ’n baie belangrike geestelike aksie. Die huiskerk word gebore en nie net sommer begin nie. Voor die geboorte is iemand eers “swanger”. Saam met God word jy eers “swanger” in gebed en afwagting. Daar sal ’n tyd verloop maar op ’n dag sal die geboorte plaasvind.

Soek ongeredde mense en lei hulle na Jesus.

Gee kopieë van die “Huiskerk Handleiding” en die “Organic Church Booklet” van Milt Rodriquez uit aan mense.

Maak mense bewus van die hulp wat beskikbaar is op die webwerf vir die huiskerk gemeenskap van Suid-Afrika: www.huiskerk.co.za

Begin ‘n boek groep en lees gedeeltes van die “huiskerk handleiding” en die “organic church booklet” saam met mense om die fundamentele waarhede te leer en te begryp.

Bestel die huiskerk opleidings handleiding in oudio formaat (CD reeks) en luister daarna in groepe.

Ontmoet met mense en bespreek die moontlikheid van die vestiging van ‘n huiskerk met hulle.

Epos jou voorneme en vordering na die volgende epos adres vir hulp en ondersteuning: huiskerk@mweb.co.za

Registreer julle gemeente op die huiskerk webwerf. Ek ontvang gereeld eposse van mense wat wil weet of daar ’n huiskerk gemeente in hulle omgewings is. Deur middel van ’n databasis van bestaande huiskerke tot ons beskikking kan ons mense na gemeentes in hulle omgewings verwys waar hulle kan inskakel.

Ingeligte mense ’n noodsaaklikheid

Die bymekaarmaak van mense om ‘n huiskerk te vestig kan deur enige persoon gedoen word. Die belangrikste “gesindheid” in hierdie verband is om die verstand uit die pad te kry. Moenie oor enige praktiese komplikasies top nie en moenie te veel vooruitsigte beredeneer nie. Al die vrae maak ‘n mens bang en laat ‘n mens twyfel. Doen net wat menslik gedoen kan word en laat die res aan God oor.

As die fundamentele beginsels in hierdie handleiding gevolg word, is die res van die reis baie makliker. Almal in die groep en natuurlik nuwe besoekers wat inskakel moet op datum gebring word met die Bybelse waarhede en beginsels omtrent die daaglikse Christelike gemeenskapslewe en die Christelike byeenkomste. Dit is ‘n uitdaging omdat alles nuut is vir almal maar die resultate is fenomenaal. Daarom moet die huiskerk handleiding elke week behandel word tot alles vir almal duidelik en welbekend aan almal is. Aanvanklik is alles nuut maar later maak alles sin en uiteindelik val die legkaart mooi inmekaar soos duidelik in God se woord uiteengesit is. Dit is gewoonlik vir mense ‘n groot en wonderlike openbaring as alles so mooi deur die woord van God bevestig word. Jy sal nooit weer anders oortuig word as jy eers deel daarvan is nie.

Dit vat gewoonlik so ses maande om die regte grondslag te lê. Behalwe die voorlesing uit die “Huiskerk Handleiding” wanneer julle bymekaarkom behoort almal dit ook by die huis verder te bestudeer. Daar is ook baie ander huiskerk bronne op die webwerf beskikbaar. Besoek die genoemde webwerwe waar jy nog ander skakels na ander webwerwe sal vind vir verdere studie.

Daar moet ‘n konkrete aksieplan wees om die beginsels van die handleiding prakties te implementeer.

Dit help natuurlik baie as almal kennis neem van die volgende:

Word soos kinders oor die nuwe en vreemde beginsels waarmee julle nie vertroud is nie. Almal moet besluit om met ‘n oop gemoed deel te neem en ast’ware ‘n nuwe blaadjie om te slaan. So ‘n gesindheid maak dit makliker om die veranderings te aanvaar. Natuurlik sal nuwe bekeerlinge geen probleem daarmee hê nie. Ons ouer mense wat uit die institusionele kerk kom het dit maar moeiliker maar met die genade van God is alles moontlik.

Wees geduldig met die groep se vordering. Dit vat redelik lank om alles mooi op dreef te kry. Moenie oorhaastig wees nie. Die Heilige Gees is in beheer en Hy het sy eie tyd. Lewe in ‘n oorgawe met betrekking tot die huiskerk vordering. Alles is in sy hande en daarom is alles onder beheer.

Weet dat jou gevoelens tog maar iewers in die proses gaan seerkry want dit is eerstens onvermydelik en tweedens ook nodig. Dit is juis dan wanneer vordering en groei plaasvind (Wanneer die eie ek gekruisig word om God se wil te bevorder).

Mense sal weggaan. Dit is onvermydelik. Nie almal aanvaar die nuwe of die vreemde so maklik nie, veral as daar ‘n bietjie vrees vir die onbekende is.

Weet dat ‘n opwindende tyd van geestelike groei en ontwikkeling vir dié wag wat die hele pad stap. Dit is ook onvermydelik en glo my, dit is absoluut die moeite werd!

Baie belangrik is om die volgende terme van die begin af reg te kry:

“Ons het ‘n byeenkoms vandag”

“Ons kom vandag bymekaar” of “Ons het vandag ‘n samekoms” (1 Kor. 14:26).

“Ons fellowship vandag”

“Ons het ‘n gemeentevergadering”

Let op dat die volgende terme glad nie korrek is nie en nie gebruik moet word nie:

“Ons is op pad kerk toe”

“Ons het ‘n kerkdiens vanoggend”

Hierdie stellings is glad nie so onskuldig as wat dit klink nie. Dit is nie korrek nie, dit is nie Skriftuurlik nie en dit bevorder die menslike instellings van die institusionele kerk. Ons is die kerk. Die gebou waarheen ons op pad is om bymekaar te kom is nie die kerk nie, hetsy dit ‘n huis, ‘n kerkgebou of ‘n katedraal is. ‘n “Diens” is ‘n institusionele instelling en het die gawes van die Gees vervang. Ons hou nie dienste nie en die Heilige Gees lewer nie ‘n “diens” nie. Dienste het glad nie die impak op mense wat ‘n mens sou wou hê nie. Ons het gewoond geword daaraan en dit is vir ons genoeg, min wetend dat ons ervaring van God in die erediens ver te kort skiet.

Since this regular performance-orientated enterprise called “worship service” requires a lot of organizational talent and administrative bureaucracy to keep going, formalized and institutionalized patterns developed quickly into rigid traditions. Statistically, a traditional 1-2 hour “worship service” is very resource-hungry but actually produced very little fruit in terms of discipling people, that is, in changed lives.

– Wolfgang Simson

Die bymekaarkomplek

Soek ‘n huis met ‘n groot genoeg sitkamer of ander vertrek waar julle bymekaar kan kom op ‘n weeklikse basis. Dit hoef nie noodwendig elke keer by dieselfde huis te wees nie. ‘n Goeie reël is om kloksgewys te roteer van huis tot huis. So weet almal waar die volgende week bymekaargekom word. Die huise waar byeengekom word moet vir almal sentraal geleë wees. Iemand wat ver bly moet maar altyd inry.

Dit moet egter baie duidelik vir almal wees dat die persoon waar die gemeente bymekaarkom nie in beheer van die byeenkoms is nie. Dit is nie onderhandelbaar nie. As dit toegelaat word, is die huiskerk gemeente onmiddellik op pad om maar weer ‘n institusionele kerk te word. Selfs die “kleinste” motivering vir die “geringste” beheer deur een persoon is taboe. Neem egter kennis van so ‘n persoon of persone ten opsigte van parkering, waar en in watter vertrek die gemeentelede moet sit en watter badkamers gebruik moet word. Dit is tog hulle huis.

Besluit wanneer die gemeentelede bymekaar gaan kom. Eenmaal per week op ‘n Sondag is gewoonlik ‘n goeie tyd. Gewoonlik vir ongeveer twee tot vier ure. Almal moet egter geken word in hierdie saak en daar moet konsensus bereik word. Dit moenie op mekaar afgedwing word nie en as die groep groter word moet weer daaroor besluit word en moet daar weer konsensus bereik word.

Baie sorg met betrekking tot temperatuur moet geneem word. Mense moenie sit en koud kry of warm kry nie. Gebruik lugversorgers, waaiers en verwarmers ten alle tye indien nodig. Die vertrek kan baie vinnig opwarm as mense sing en as die vertrek bedompig word moet iemand dadelik ekstra vensters oopmaak vir ventilasie. Hou lugversorgers, waaiers en verwarmers in ‘n goeie werkende toestand omdat die groep se oorlewing hiervan afhang.

Stiptheid is baie belangrik en geen slapheid in hierdie verband moet toegelaat word nie. Baie groepe het al as gevolg hiervan in die slag gebly. Institusionele kerke kan daarmee wegkom maar nie huiskerke waar almal aktiewe, deelnemende lede van die gemeente is nie. Maak ‘n reël dat almal 15 minute voor die tyd daar moet wees en as die amptelike tyd aangebreek het moet die mense wat reeds daar is met die byeenkoms begin. Om vir laatkommers te wag wek die indruk dat dit reg is om laat te kom en uiteindelik sal die byeenkoms al later begin tot dit uiteindelik doodloop. Wees baie streng in hierdie verband en spreek dit dadelik aan as dit begin kop uitsteek (Met ‘n mooi gesindheid natuurlik).

Aan die einde van elke byeenkoms moet iemand almal herinner aan die plek van samekoms vir die volgende week se byeenkoms. Ons het gevind dat as dit nie gedoen word nie sommige mense geneig is om die volgende byeenkoms te mis.

Sorg dat die badkamer in ‘n goeie toestand is voor die mense arriveer: a) Genoeg toiletpapier b) Handdoek, seep en ‘n toiletborsel (plunger) c) Sorg dat die badkamer skoon is d) Sorg dat dit van binne af kan sluit. Daar is mense wat nie weer sal kom as die badkamers nie in standgehou word soos genoem nie.

Die stoele moet of in al groter wordende sirkels of in al groter wordende vierkante uitgesit word. Sodoende sien almal mekaar van aangesig tot aangesig. Dit is belangrik vir gemaklike interaksie en kommunikasie.

Die pad na die voordeur en die pad na die badkamers moet egter gemaklik en sonder moeite gebruik kan word sonder om by mense of meubels verby te skuur of oor mense te trap.

Aan die einde van elke byeenkoms moet die hele groep, mans ingesluit, almal help om die vertrekke wat gebruik was vinnig skoon te maak. Dit sluit vee, stofsuig, opwas en skoonmaak van die kombuis (as julle saam maaltyd gehad het) asook die bêre van die stoele in. Skoonmaak moenie aan die huismense alleen oorgelaat word nie. Hierdie takies bou goeie verhoudings en is deel van die groeiproses. As almal saamwerk vat dit nie langer as 15 minute nie.

Besoekers moet baie spesiaal behandel word. Wanneer hulle die eerste keer besoek moet hulle baie vriendelik gegroet word, welkom geheet word en aan almal voorgestel word. Dit is ook ‘n baie goeie gewoonte om almal ‘n kans te gee om hulleself aan besoekers voor te stel met ‘n ietsie oor hulleself (naam, waar hy woon en werk, ens.) en so ook die besoeker. Daar is ‘n verskil tussen “welkom geheet te word” en “welkom te voel”. Besoekers moet voel dat die groep hulle baie graag daar wil hê. Daar moenie die minste twyfel daaroor wees nie.

Kry hulle kontak besonderhede, skakel hulle gedurende die week en hoor hoe gaan dit met hulle, vra hulle of hulle die byeenkoms geniet het en nooi hulle weer. Dit maak die verskil tussen “’n besoeker te wees” al word jy ‘n gereelde besoeker en “julle is deel van ons” en “ons wil nie hê julle moet net besoekers wees nie” maar “skakel by ons in”. Hierdie boodskap moet duidelik oorgedra word deur almal want dit is die gesindheid van liefde en aanvaarding. Dit is die familie of broeder gesindheid van Jesus in aksie ongeag wie of wat daardie besoeker en haar of sy familie is.

Hierdie is ook dan die teenvoeter vir ‘n probleem wat kan opduik in huiskerke naamlik eksklusiwiteit of anders gestel: “Net ons vier en niemand meer nie”. Ons ken mekaar so goed en ons het iets baie spesiaals hier tussen ons. As iemand bykom kan dit dalk die harmonie kom steur en verloor ons dalk die mooi ding wat ons hier beet het. Hierdie gesindheid is gewoonlik die begin van die einde vir ‘n paar redes: Daar moet nuwe mense bykom om weer ‘n nuwe dimensie in die groep te weeg te bring. Eksklusiwiteit veroorsaak kortsigtigheid, byeenkomste raak stereotiep en eksklusiwiteit maak opgeblase. ‘n Groep wat op hierdie manier funksioneer sal nie vir altyd voortbestaan nie. Een of ander tyd sal hierdie verkeerde gesindheid hulle inhaal en sal die groep waarskynlik nie oorleef nie. Die vorming van ‘n “kliek” in huiskerke moet onder geen omstandighede toegelaat word nie.

Kleredrag moet altyd wanneer julle bymekaarkom informeel wees. Vir mans en kinders is ‘n netjiese kortbroek, kortmou hemp en sandale of tekkies in warm areas heeltemal voldoende. Dames kan ook netjies maar tog heel informeel geklee wees. Die doel is om gemaklik geklee te wees en nie om vreeslik mooi geklee te wees nie. In die winter kan selfs sweetpakke aangetrek word. Dit is nie wat ons aantrek nie maar die gesindheid van ons harte wat van belang is.

Selfone moet natuurlik afgeskakel wees uit respek vir God wanneer julle saamkom. Dit is Sý tyd en hierdie bietjie ongerief sal ons nie skade aandoen nie. ‘n Selfoon wat skielik begin lui op ‘n verkeerde tyd steur mense en kan selfs die Heilige Gees bedroef. Dit moenie eens op “stil” gestel wees nie. Dit is net goeie maniere en regtig nie aanvaarbaar vir iemand om ‘n selfoon te gebruik terwyl ons met God “fellowship” nie. Hy verdien regtig die hoogste respek van almal. Niks gaan gebeur as jy vir ‘n uur of twee heeltemal kontak met die wêreld verloor nie. Inteendeel, dit sal jou net goed doen. Ek weet van mense wat hulle selfone by die huis los as hulle na ‘n byeenkoms gaan. Dit verdien ‘n handeklap of hoe sê ek? Iemand wat bystand doen vir sy werk moet natuurlik sy selfoon op “stil” stel maar moet regtig groot sorg neem om die vertrek te verlaat en eers te antwoord of praat as hy buite hoorafstand van die vergadering is. Ek weet dit klink dalk eng maar dit is regtig nodig om nie doekies om te draai in hierdie verband nie. Mense het om een of ander rede ’n “traak-my-nie” houding wanneer dit by selfoon maniere kom. Wêreldse selfoon maniere is nou al so aanvaarbaar vir die meeste mense in die Christelike kerk dat hulle nie eens meer fout sien daarmee nie.

Wat doen ons om die ys te breek?

My voorstel is om aanvanklik die “huiskerk handleiding” deur te werk. Hou twee byeenkomste per week indien moontlik totdat almal vertroud is met die huiskerk beginsels. Die hele handleiding moet deeglik deurgewerk word voordat die huiskerk offisieel begin. Dit is baie belangrik dat die groep reg afskop en dit kan net gedoen word as almal weet hoe en waarom. As ‘n mens begin sonder hierdie voorneme verstaan mense nie altyd hoekom dinge anders gedoen word nie. Dit lei tot frustrasie en uiteindelik onderonsies en ongewenste voorvalle wat voorkom kon gewees het. Daar is ’n oudio CD/MP3 reeks beskikbaar wat vir hierdie doel gebruik kan word. Sodra die handleiding afgehandel is of sodra die hele oudio reeks deur geluister is kan met die werklike huiskerk begin word.

Begin altyd met sing tensy die Heilige Gees anders lei. Dit skep gewoonlik ‘n Heilige Gees gevulde “atmosfeer” en maak die deur oop vir Gees geleide interaksie met God en met mekaar.

HOOFSTUK 8

MUSIEK IN DIE HUISKERK

Sang leiding

Die belangrikste uitdaging is om as die liggaam van Christus te leer sing sonder ‘n sangleier. Dit is nie onderhandelbaar nie. Om dit te leer moet daar vir die eerste jaar van geen musiekinstrumente gebruik gemaak word nie. Almal in die groep moet Goddelike prys en aanbidding soos God dit aanvanklik beplan het leer en ervaar. Dit was nooit bedoel dat een persoon ‘n groep mense in aanbidding in lei nie. ‘n Persoon wat ‘n instrument bespeel sal sonder uitsondering begin om die leiding te neem en die groep sal ware aanbidding nooit smaak nie. Dit is hoe dit is. Dit is waarom vir ‘n jaar lank “acapella” gesing moet word. Na ‘n jaar sal almal weet wat Heilige Gees geleide aanbidding is en sal hulle sulke heerlike tye met God beleef het dat hulle nooit weer ‘n sangleier naby hulle sal toelaat nie. Inteendeel die woord sangleier sal vir hulle ‘n vloekwoord wees. Geen mens kan die Heilige Gees leiding vervang nie.

Wanneer almal voel dat hulle al die tradisies van musiek en aanbidding begrawe het, kan hulle musiekinstrumente begin gebruik. Dit is egter van kardinale belang dat die instrumente nie mag lei nie maar dat die Heilige Gees steeds moet lei. Dit beteken dat die Heilige Gees ‘n liedjie op iemand se hart sal lê en so ‘n persoon sal die liedjie begin sing waarop die musiek instrument inval. Dit plaas ‘n bietjie meer druk op die musikante want alles werk nou andersom. Die musikante en die instrumente volg en lei nie soos in die verlede nie. Baie groepe gebruik nooit weer instrumente nie en bly by “acapella” sing wat heel in orde is. Dit bly die beste metode van aanbidding en is die Bybel gefundeerde metode.

Om vir ‘n jaar lank “acapella” te sing gee ook die musikante in die groep ‘n jaar tyd om al die liedjies wat die groep leer en sing op gehoor te speel. Vanselfsprekend moet op gehoor gespeel kan word anders sal die musikante nie kan volg nie.

Sang en musiek is absoluut deel van die Heilige Gees gawes soos die Bybel duidelik weerspieël:

1 Kor. 14:26

Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging —laat alles tot stigting geskied.

Let op die woord “elkeen” wat aandui dat almal aktief betrokke is. Die Heilige Gees was in beheer en het elkeen gelei, selfs deur sang en musiek en in aanbidding.

Kol 3:16:

Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

Let op die woorde “ryklik in julle woon” “Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere” Hier is geen sprake van ‘n voorsang leier of voorsangers nie. Die Heilige Gees lei elkeen soos Hy wil.

Deur terug te keer na die Nuwe-Testamentiese metode van aanbidding kom die musiek en sang weer terug in die hande van die gemeente. Dit maak die pad weer oop vir Gees bediening. Daarmee sê ek nie dat daar nie in die institusionele kerk gesalfde musiek is nie; ek sê net dat daar soveel meer is maar omdat ons nie daarvan weet nie het ons tevrede geword met wat ons ken. Ek self is ‘n musikant en ‘n voormalige sangleier. Ek weet watse opoffering dit was om my talent neer te lê terwille van Heilige Gees geleide sang. Glo my, dit was die moeite werd!

Natuurlik sal daar altyd musikante wees wat nie bereid sal wees om hierdie opoffering te maak deur hulle musiek talente onselfsugtig neer te lê nie. In die huiskerk word dit egter van hulle verwag. Dit was nooit bedoel om die spesiale “bediening” te wees wat die institusionele kerk dit gemaak het nie; sang en musiek in die gemeente opset was bedoel om ‘n gesalfde Gees gawe te wees tot verheerliking van God en tot stigting van die gemeente.

Dit bly ‘n baie belangrike geestelike medium en ons sien dit tweeledig funksioneer in die gemeente:

Eerstens met aanbidding soos reeds verduidelik.

Tweedens as ‘n spesiale musikale gawe waar een of meer gemeente lede met ‘n spesifieke liedjie, met begeleiding, vir die ander sing. Hier kry musikante darem ‘n kans om hul instrumente te bespeel en hulle talent te gebruik. Selfs individuele sang sonder begeleiding werk ook omdat die Heilige Gees die persoon salf om die liedjie sonder begeleiding te sing. Ek is self baie lief vir instrumentale begeleiding wanneer ek sing en kan my broeders en susters hiermee bedien.

Ek moet erken dat dit in die begin effens vreemd is om acapella te sing maar later raak dit al makliker.

Hier is ‘n paar idees om dit makliker te maak:

Sing maklike liedjies. Los die moeiliker liedjies vir veel later. Die ouer koortjies werk baie goed. Daar is baie van dié liedjies wat baie mooi is en ‘n salwing op dit het.

Bly weg van die ou trane trekkers en onskriftuurlike liedjies wat nie in ons verligte eeu van Godsopenbaring geskryf is nie. Party liedjies se woorde en selfs van die melodieë pas regtig nie by ons as oorwinnende konings en priesters nie. Ons is triomfantlike, bloed gewaste kinders van God. Ons moet triomfantlike oorwinnings liedjies en liefdes liedjies vir ons God en Bruidegom sing. Ons is oorwinnaars en nie bedelaars nie. Ons het oorwin en leef in oorwinning. Ons streef ook nie na dinge wat ons reeds het nie.

Maak julle eie liedjie bundel (A4 of A5 grote) en bind dit sommer self met “bind skroefies”. Dit werk die goedkoopste uit.

Memoriseer die liedjies want dit maak die Heilige Gees leiding al hoe makliker en Goddeliker namate die bundel nie meer nodig is nie.

Wees sensitief vir die Heilige Gees leiding. Sing en doen net wat Hy ons lei om te sing en te doen. Ou tradisies moet regtig afgesterf word. As voormalige sangleier was ek byvoorbeeld geleer dat daar eers “prys” liedjies gesing moet word en dan moet daar oorgeskakel word na “aanbiddings” liedjies. Ek het dit absoluut geglo en dit het dan ook “in praktyk” wonderlik so gewerk. Waarskynlik omdat voorsang ‘n meganiese metode van stimulering is. Ek het egter intussen geleer dat dit nie werklik so is nie. Die Heilige Gees doen soos Hy wil. Daar is ook nie die “druk” wat sangleiers al baie aan blootgestel was nie. As die aanbidding nie “gesalf” is nie ervaar die sangleier of aanbiddings span teleurstelling in hulle eie vermoë. In die huiskerke is daar ‘n rustige atmosfeer van oorgawe en niks word meganies in ‘n rigting in gedruk nie. Die Heilige Gees “vloei” net vrylik en rustig en lei die kinders van God van heerlikheid tot heerlikheid. Onthou Hy is in beheer en dit kan nie anders as om ‘n heerlike Goddelike ervaring te wees nie.

Nuwe-Testamentiese kerkmusiek

Baie mense sal nogal verras wees as hulle weet hoe musiek in die Nuwe-Testamentiese kerk en vir baie jare daarna aangewend is. Hier volg ‘n paar feite daaromtrent:

Die Heilige Gees het die kinders van God in hulle daaglikse lewenswandel en ook tydens gemeente byeenkomste gelei om mekaar te bedien. Die fokus was dat ons as broers en susters in die familie van God mekaar stig, bemoedig, oplig, verhef en aanspoor. Ons moet mekaar nader aan mekaar en ook nader aan God trek. Ons moet een word in Hom en ook een word in gees. Hoofstukke 11-14 van 1 Korintiërs is al vier hoofstukke wat ons leer hoe ons mekaar moet dien, bemoedig en stig in liefde, in waarheid en in wysheid.

Sang en musiek maak ‘n baie belangrike en groot deel hiervan uit. Die Heilige Gees werk gesalfde musiek deur die kinders van God tot stigting van die gemeente. Wie het al die salwing op musiek ervaar? Dit is hemels en ons kan dit nie ontken dat gesalfde musiek dinge kan bemeester in mense se lewens wat geen preek, woorde of enigander handeling kan nie. Daar is iets in musiek, ‘n oorgawe of ‘n spesiale salwing wat praat met die hart van die mens, jou gees. Iets waaroor ek geen twyfel het nie is dat God diep in mense se harte delf, deel en werk deur middel van musiek. Die beste natuurlik deur Godgegewe musiek gekanaliseer deur ál sy kinders en nie net deur ‘n enkele persoon of groepie mense nie. Die familie van God moet funksioneer en nie net sekere uitgesoekte mense nie.

Daar is twee soorte musiek; musiek deur sang (acapella) en musiek deur instrumente. Dit is albei deur God ingestel volgens 2 Kronieke 29:25-30. Wanneer ons praat van die musiek van die kerk is daar wel plek vir instrumente maar wanneer God in die gemeente aanbid was, en die heiliges mekaar in die Gees met musiek bedien het, was dit in die Nuwe Testament altyd acapella gedoen omdat dit die deelnemende aspek van bediening bevoordeel het. Die Heilige Gees kan baie maklik deur iemand Gees gesalfde musiek in die gemeente laat manifesteer.

The word “acapella” is an Italian word that means “according to (the style of the) chapel,” or “in the church style.” The word originally referred to the sacred choral music that was sung in the assembly of the church or in the chapel. In other words, when reference to music in the assembly of the church was made years ago, it was vocal singing. This was the music of the church. Only in modern times have churches adopted both vocal and instrumental music in the assemblies of the church. But this was not the case from the first century until about four hundred years ago in the religious world outside the Roman Catholic Church. All music of the churches was vocal, or acapella, and thus, “the music of the church” was singing without instruments.

– Dr. Roger E. Dickson

In die Ou Testament was dit ‘n heel ander storie. Die Heilige Gees, wat toe as die Gees van God bekend gestaan het, was nie “in” of “op” elke mens nie. Die Israeliete was knegte van die Here (nie kinders nie) en die volk van die Here (nie kerk nie). Die Heilige Gees was in niemand nie. Hy was net op die profete en die priesters en sommige konings.

Daarom moes die mense en sommige konings die profete of priesters raadpleeg om uit te vind wat God se wil in spesifieke situasies was. Die Heilige Gees was glad nie op gewone mense nie. Die Heilige Gees was ook in niemand nie, want die Ou-Testamentiese mens was nie weergebore nie. Die gewone mens kon nie deur die Gees van God gelei word soos ons vandag nie. Daarom het God dit soms toegelaat dat gewone mense “vliese” uitsit soos Gideon. Hy kon nie deur die sagte inwonende stem van die Heilige Gees gelei word soos ons vandag nie. Net so kan ons nie vandag deur “vliese” gelei word soos Gideon nie, want ons het die Heilige Gees. Hierdie is ‘n belangrike sleutel met betrekking tot Goddelike leiding. Ons kan vandag nie meer deur “vliese” gelei word nie. Daarom staan daar nie in Romeine 8:14 die volgende woorde nie: Want almal wat deur vliese gelei word, die is kinders van God. Dit is eers in die Nuwe Testament in die kerk van God waar Gees vervulde kinders van God Hom in gees en in waarheid kon aanbid en deur die Gees van God gelei kon word tydens aanbidding.

Gees geleide aanbidding was eers in die Nuwe Testament moontlik, daarom kan ons nie die gebruik van musiekinstrumente met die Ou Testament vergelyk nie. In die Ou Testament was dit juis nodig vir voorsangers en musikante. Die musiek bediening was dan ook deur die Leviete uitgevoer tydens die samekomste van die volk Israel.

Kerk geskiedskrywers wat in die tyd van die vroeë kerk gelewe het, het in hul geskrifte bevestig dat die gebruik van instrumente nie ‘n rol in die vroeë kerk gespeel het nie. In 139 NC het Justin Martyr die volgende geskryf:

The use of singing with instrumental music was not received in the Christian churches, as it was among the Jews in their infant state, but only the use of plain song.

– Justin Martyr

McClintock en Strong het die volgende verklaring gedoen ten opsigte van die ontwikkeling en gebruik van instrumentale musiek in die Christendom:

The Greek word “psallo” is applied among the Greeks of modern times exclusively to sacred music, which in the Eastern Church has never been any other than vocal, instrumental music being unknown in that church, as was in the primitive church.

– McClintock and Strong

Sir John Hawkins, in sy werk oor die Geskiedenis van Musiek, maak Pous Vitalian in 660 NC die eerste persoon wat orrels in Katolieke kerkdienste begin gebruik het. Baie kerklike argeoloë het egter van hom verskil. Hulle was oortuig daarvan dat instrumentale musiek eers baie later in kerke gebruik is. Thomas Aquinas het byvoorbeeld in 1250 NC die volgende stellings gemaak:

Our church does not use musical instruments, as harps and psalteries, to praise God withal, that she may not seem to Judaize.

– Thomas Aquinas

Die persoon, buite die Katolieke kerk, wat heel waarskynlik begin het met instrumentale musiek in die kerk was Marinus Sanutus in 1290 NC. Dit was die tradisionele wind orrel wat later baie gewild in kerke geword het.

Die vroeë kerk het hulle egter daarvan weerhou. Dit was in kontras met heidense gebruike in heidense tempels waar instrumentale musiek gebruik was in aanbidding. Hulle was deeglik bewus daarvan dat die apostels en gemeentes van die vroeë kerk vokale aanbidding toegepas het tydens hulle samekomste. Hulle het verkies om te hou by die leer van die apostels. Selfs die kerk Re-formeerders van die sestiende en sewentiende eeu het gepoog om die vokale musiek in die gemeentes van die gereformeerde kerke te herstel.

Most churches of the Christendom today use instrumental music in their assemblies. Though most have little knowledge of the historical controversy that has surrounded this subject, they have often been unaware of the benefits of acapella music and why the great leaders of the Reformation Movement stood against the introduction of instrumental music into the assemblies of the Reformation churches. Instrumental music has become so common in the assemblies of churches today that adherents to these churches often do not realize the marvelous bonding effect that acapella music has in bringing the hearts of the people together in an assembly context.

– Dr. Roger E. Dickson

Wat is dit wat acapella musiek of aanbidding so doeltreffend maak? Dit begin by die definisie van ware aanbidding. Ware aanbidding kom uit die hart uit. Dit kom uit die gees van die mens. Dit ontstaan nie as gevolg van eksterne faktore of stimulasie nie. Dit het nie ‘n gunstige omgewing met gunstige omstandighede of mooi klanke nodig nie. Inteendeel hierdie eksterne faktore het geen substansie wat ware aanbidding kan stimuleer of skep nie.

Ware aanbidding het geen hulp nodig nie. Inteendeel, as die individu eksterne invloede nodig het om voor God te buig in aanbidding dan is hierdie invloede kunsmatig en seremonieel. Daarmee sê ek nie dat dit onmoontlik is om met begeleide musiek te aanbid nie. Dit is beslis moontlik maar weereens het ons daardie kniehalter effek van die menslike instelling wat die werking van die Heilige Gees vervang of bemoeilik.

Acapella musiek of vokale aanbidding deur middel van Gees werking bind kinders van God in eenheid saam in hulle uitdrukking van hulle liefde en lofprysinge wat uit hulle harte kom. Dit vloei uit van binne af omdat dit uit die Gees in die gees van die mens kom. Strome van lewende water vloei uit ons binneste. Acapella aanbidding promoveer eenheid deur deelnemende sang. Elkeen het die geleentheid om uitdrukking te gee aan dit wat uit hom opborrel in aanbidding. In die huiskerke kom hierdie uitdrukking gee aan ware aanbidding deur middel van acapella musiek nie net in die samekoms tot sy reg nie maar ook in die gedeelde gemeenskap lewe. Paulus maak die volgende stellings daaroor in Efesiërs 5:18-21:

Maar moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.

Kol 3:16

Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

Met beide hierdie versies sien ons die volgende woorde: Spreek met mekaar met psalms, lofsange en geestelike liedere. Leer en vermaan mekaar met psalms, lofsange en geestelike liedere. Wie moet dit doen? Almal, mekaar. Definitief nie die pastoor of die sangleier nie. Duidelik in bogenoemde Skrifgedeeltes is dit baie duidelik dat dit eintlik die woorde van die liedjie is wat van belang is en nie die musieknote nie (Spreek, leer en vermaan het te doen met woorde en niks met instrumentale musiek nie).

Sang is ‘n natuurlike uitvloeisel van lofprysing en aanbidding vanuit die vreugdevolle hart. Dit kom van binne af. Instrumentale musiek kom van buite af. Daar is ‘n verskil tussen mooi musiek wat jou van buite af emosioneel beïnvloed of stimuleer om God te aanbid, en ware gees gebore lofprysing wat uit jou binneste kom. Onthou, instrumentale musiek kom net uit die persoon wat die instrument bespeel. Vir alle toehoorders is dit ‘n stimulant van buite af. Dit kan nie met die geestelike wat van binne af kom kompeteer nie. Die Heilige Gees is instrumentaal in die gemeente om juis hierdie Gees gebore aanbidding uit almal teenwoordig te laat vloei. Nie net uit die voorsanger se binneste nie, en nie deur middel van geoefende koortjies nie.

Die kind van God moet homself oorgee in aanbidding aan die ewige God deur die melodie in sy hart. God is die skepper van alle musiek, vokaal en meganies. Hy het egter geweet dat die vokale musiek uit die hart kom en die meganiese musiek van buite af kom. Albei is mooi en goed maar albei het sy plek.

Vocal music would thus accomplish the purpose for which He commanded it among the saints. This helps us understand why God instructed vocal music among Christians. They must focus on their hearts, not their abilities, lest they become so enthralled with their abilities to play an instrument that they forget the One they are to worship.

– Dr. Roger E. Dickson

Die musiek van die kerk behoort aan die kerk. God het dit nooit bedoel dat ‘n paar mense dit skaak en in die proses die res van die gemeente toeskouers maak nie. Voorsang, instrumentale musiek, orkeste en musikale optredes van musikante binne die gemeente opset het ‘n dominante plek ingeneem. Nie net prominent nie. Of ons dit nou wil hoor of nie; baie van hierdie musikante maak eintlik van die geleentheid gebruik om voor groot gehore op te tree en is eintlik besig met ‘n “performance” al weet hulle dit nie eens self nie. “Performance”, “meganiese stimulasie” en “musikale professionalisme” domineer aanbidding in die meeste institusionele gemeentes. Dit is nie hoe dit in die vroeë kerk was nie.

Die meganiese, kragtige musiek van vandag (klank stelsels, luidsprekers, elektriese kitare, ens.) het nie ‘n kalmerende en “sagte” invloed op die mens se gemoed en gees nie. Dit blus alle ander geluide, die woorde van die lied en selfs Gees werking uit as gevolg van die meganiese klank wat hard en aanhoudend voortduur. In baie gemeentes is dit letterlik ‘n lawaai. Dit is reeds bewys dat klank die mens emosioneel en fisies uitput. Dit is onvermydelik. Dit is presies wat in sekere gemeentes gebeur wat op hierdie manier aanbid. Die verskil kan duidelik gevoel word as ‘n gemeente deur middel van acapella musiek aanbid. Die mense is gestig, geestelik en fisies opgelig en verkwik.

In die institusionele kerk het dit nou al ‘n instelling geword om die jeug te akkommodeer tydens gemeente byeenkomste wanneer dit by musiek kom, veral die tiener. Hoekom kry die jeug voorkeur. Want hulle is die kerkganger van die toekoms. Kyk goed na hulle en jy belê in die toekoms van ons land. Dit is een oorweging. Dit is egter nie ’n Gees gebore oorweging nie. Daar behoort nie voorkeur gegee te word aan een groep mense nie. Dit is nie die gesindheid wat die ware kerk behoort te openbaar nie. Ouer mense moet baie keer iewers anders ’n heenkome vind of andersom.

Dan is daar steeds die vraag: Is hierdie lawaaierige jongmens musiek werklik die regte musiek vir die kerk? Gaan vra maar vir die jong man wat so pas die liefde van sy lewe ontmoet het. Sy normale “luister” musiek mag dalk wild, vinnig en vol ritme wees, maar hou hom dop as hy sy kitaar vat en onder haar kamervenster gaan staan. Dan pluk hy elke snaar met ‘n intense liefdevolle passie terwyl die snare van sy hart daarmee saam resoneer. Elke noot en elke stembuiging werk alles saam om hierdie groot liefde wat hy vir haar het aan haar oor te dra. Sy hart is totaal blootgestel vir haar oë alleen. Die sagte kitaar klanke word harmonies een met sy stem wat emosievol en liefderik na haar opstyg. Haar oë vonkel van opgewondenheid. Sy hoor die verrukking in sy stem as hy na haar kyk. Hulle oë wyk nie van mekaar terwyl sy stem die laaste noot saggies laat wegsterf nie.

Hy kon natuurlik sy klank stel en sy elektriese kitaar saamgebring het en die liedjie op ‘n “blue suède shoes beat” gesing het as hy wou. Daarmee sê ek glad nie dat ons liedjies in die kerk stadige oumens liedjies moet wees nie. Ek bring maar net ‘n punt oor.

Voordele van Gees geleide acapella musiek

Daar heers ‘n atmosfeer van eenheid en liefde in die samekoms wanneer God die Heilige Gees en die gemeentelede God in gees en waarheid aanbid. Die eenheid is gewortel in die gelykheid van deelname en oorgawe. Elkeen het die voorreg om die Heilige Gees leiding te gehoorsaam en in geloof voort te gaan in aanbidding. Wanneer die melodie van lof of vreugde in jou binneste gebore word, het jy die outoriteit, voorreg en die geleentheid om dit aan jou God te offer. Die ander sal volg omdat dit vanuit die gees opborrel. So ook wanneer die lofprysing en aanbidding van ‘n ander broer of suster tot uiting kom deur die Gees van God, want daardie aanbidding is Gees gesalf. Acapella sang is dus die uitstorting van die vreugde, dankbaarheid en die aanbidding van die hart.

Omdat die huiskerk gemeentes klein en baie informeel is, het almal gewoonlik die vrymoedigheid om God so in gees en in waarheid te aanbid. Daar is nie die styfheid of formele atmosfeer van die institusionele kerk nie. Almal ken mekaar goed en is op hulle gemak wanneer hulle God aanbid. Gees geleide aanbidding ontwikkel natuurlik namate die gemeente die liedjies memoriseer. Hoe meer liedjies en koortjies gememoriseer is hoe beter. Die gemeente moet ’n punt daarvan maak om daarna te streef.

So bou die Gees gevulde atmosfeer op totdat God in heerlikheid te midde van almal gekroon word in Sy Majesteit en glorie, elke keer wanneer ons bymekaarkom. Hy sit op sy troon daar voor almal in majesteit en glorie want Hy is deur elkeen se deelname sigbaar gemaak. Ek sê “elke keer” omdat hierdie aanbidding altyd uit die Gees gebore is en geen meganiese of menslike stimulering betrokke is nie. Almal neem deel daaraan soos die Heilige Gees dit lei. Dit kan nie anders as om elke keer ‘n gesalfde en Goddelike geleentheid te wees nie.

Die musiek van die kerk is weer terug by die mense, die kinders van God! By almal, want niemand word uitgesluit nie. Dit is almal se voorreg en almal kan daardeur geleer, vermaan, bemoedig en gestig word en almal kan deur musiek vermaan, bemoedig en stig. Dit is die liggaam van Christus in aksie! Ons as mense moet altyd vertroud neem dat God se weë en God se metodes altyd die beste is.

Daar is niks fout daarmee om musiek CD’s te maak en orkeste vir ‘n musiek bediening te stig nie (As dit deur die Heilige Gees geïnisieer is natuurlik). Daar is plek daarvoor in die kerk van God maar dit is nie bedoel vir die samekoms van die gemeente nie. Hierdie is die plek vir Gees geleide vokale musiek of miskien ‘n rustige instrument soos ‘n harp of kitaar wat nie lei nie maar volg.

Met sang kommunikeer ons die geestelike met mekaar en dit is woorde, die woord van God. Met sang leer ons mekaar en dit is woorde. Met sang stimuleer ons die organiese gemeenskap lewe van die liggaam van Christus, ons dien mekaar daarmee, met woorde van musiek stig ons mekaar. Dit is ‘n bediening wat vanuit die hart na buite uitgevoer word na ‘n ander hart. Dit het ten doel die stigting en bemoediging van jou mede christen in sy geloof soos Kol 3:16 en Ef. 5:18-21 duidelik beskryf. Almal moet betrokke wees daarmee, nie net tydens die samekomste nie maar daagliks in die gemeente se handel en wandel. Dit is ‘n opdrag van God.

HOOFSTUK 9

DIE HEILIGE GEES GAWES

‘n Pilaar in die geestelike gebou van God

Die gawes van die Gees is baie belangrik in die kerk van God. God het dit ingestel sodat Hy sy kinders en ook die gemeente daardeur kan versterk, stig, bemoedig en toerus. Kinders van God is baie onkundig oor die gawes van die Gees en daarom is dit noodsaaklik om ‘n hele hoofstuk aan hierdie onderwerp te wy. Die gawes van die Gees is ook van kardinale belang in die huiskerk gemeente.

Ons het reeds gesê dat die twee pilare waarop die huiskerk belewenis staan is eerstens die Heilige Gees gawes wanneer ons bymekaarkom en in ons daaglikse handel en wandel. Dit is die fisiese realisering van die almal deelnemende en funksionerende konings en priesters van God. Die tweede pilaar is die gedeelde gemeenskapslewe van die gemeente. Dit is absoluut die komplete kern van huiskerk gemeentelewe soos God dit ingestel het. Hy het dit nie anders bedoel nie en daar is ‘n magdom Skriftuurlike bewyse daarvoor. Dit is nie net nóg ‘n metode nie; Dit is dié metode. 1 Kor. 14:26 – Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle… So dikwels as julle bymekaarkom, dan het elkeen van julle… Hierdie Skrifgedeelte behandel die liturgie vir die gemeente byeenkomste en gemeente interaksie. Dit maak nie saak waar ons byeenkom nie. Dit maak nie saak wanneer ons bymekaarkom nie. Dit maak nie saak of ons net drie of ses of dertig is nie. Hierdie Skrifgedeelte bly die liturgie van kerk byeenkomste vir die gemeente van God.

Met die eerste geestelike pilaar, wanneer ons bymekaarkom (die werking van die Gees gawes), is God persoonlik in beheer en aktief aan die werk. Met groot eerbied wil ek dit graag op hierdie manier uitdruk: Hy sit in die middel van die vertrek en almal vergader om Hom. Hy is die sentrale punt van belangstelling. Geen oog is op ‘n mens gerig nie. Daar is geen program of menslike volgorde van aktiwiteite nie. Dit is net ’n groepering om Jesus en deur die werking van die Heilige Gees deel Hy met ons. Ons sien Hom nie maar ons ervaar Hom. Daar is ‘n gewyde atmosfeer van eerbied, liefde, bewondering, oorgawe en aanbidding. Dit het begin met sang en aanbidding en het oorgeloop in die manifestering van die Heilige Gees gawes:

Wanneer julle saamkom dan het elkeen van julle ‘n psalm, of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging – laat alles tot stigting geskied. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ’n woord van wysheid gegee, en aan die ander ’n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ’n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ’n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ’n ander werkinge van kragte, aan ’n ander profesie, aan ’n ander onderskeiding van die geeste, aan ’n ander allerhande tale, aan ’n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. (Eie woorde volgens 1 Kor. 14:26, 1 Kor. 12:4-11)

Selfs lering werk so. Die Heilige Gees werk deur wie Hy wil om byvoorbeeld ‘n lering woord te bring, of ‘n woord van bemoediging. Kort en kragtig maar in die Gees.

Paulus sê selfs op ‘n keer dat die profete een vir een kan profeteer. Almal kan ‘n kans kry:

1 Kor. 14:29-32

Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel. Maar as daar iets geopenbaar is aan ’n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word. En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe.

Paulus vra hier net vir ‘n bietjie orde; almal hoef nie gelyk te profeteer nie en almal kan ‘n kans kry. Van die tale behoort ook eers uitgelê te word voor daar ‘n volgende profesie is. Ek noem dit hier spesifiek om te beklemtoon dat die byeenkomste Gees vervulde geleenthede was wat gekenmerk was deur baie Gees “werking” in die Nuwe-Testamentiese tyd. Die Skrif is duidelik oor die feit dat elkeen aktief betrokke sou wees deur die werking van die Heilige Gees. Die huis gemeentes was baie klein juis vir hierdie doel. Elkeen móés betrokke wees. Dit was nooit God se doel of plan dat party mense passief moes wees nie. Almal moes ‘n kans kry om deel te neem. Dit was ope byeenkomste waar almal gawes en talente gehad het om mekaar mee te dien. Wanneer julle bymekaarkom, laat die voorsangers julle lei in aanbidding, laat die pastoor bid, laat die pastoor preek, laat die pastoor bedien, laat die pastoor afkondigings maak en laat die pastoor afsluit met gebed? Nee, hierdie gedeelte staan nie in die Bybel nie. Dit is nie Skriftuurlik nie. Dit is menslike instellings en oorlewerings.

God was in beheer maar die gemeente het steeds die verantwoordelikheid gehad om ordelik te wees wanneer hulle bymekaargekom het. God is ‘n God van orde en Hy is ‘n ware Heer (Gentleman). Hy neem nie besit van mense soos die duiwel dit doen nie. Hulle is by hulle volle positiewe en hul gees is steeds aan hulle onderworpe. God vra ons om iets te sê of te doen en ons doen dit wanneer die geleentheid aangebreek het. Hoe vra Hy dit? Deur die inwonende Jesus in jou. Hy vra dat jy sal toelaat dat Jesus in jou kan lewe deur Sý aksies in en deur jou. Jy laat Hom in werklikheid toe om op te tree in jou. Party van die bediening is vooraf (in die week) uit die Gees gebore en kom in die byeenkoms tot uiting. Ander bediening word net daar en dan tydens die byeenkoms gebore en tot uiting gebring. Soos ‘n goed geoefende en afgerigte simfonieorkes speel ons almal dan “in tyd” die musiek van die “openbaring van Jesus Christus” en Hy is die dirigent. Wat in werklikheid gebeur wanneer ons saamkom is die uitleef van die inwonende Jesus in ons. Ons laat Hom toe om daar in die byeenkoms in ons en deur ons te leef. Hy bedien die gemeente in ons en deur ons. Hy is in beheer. Hy vloei uit ons en in die proses word Hy in die gemeente verheerlik.

Hy draai ast’ware in die rondte en Hy maak bemoeienis met almal deur almal. Hierdie is openbarings handelings van Jesus deur Jesus. Hy is die Bruidegom en Hy is aktief besig om Homself aan elke gemeentelid op ‘n unieke manier te openbaar. Dit is ‘n Hý praat, Hý openbaar, Hý vertel, Hý kommunikeer, Hý maak bekend, Hý deel, Hý bemoedig, Hý leer, Hý open sý harts deure, Hý openbaar sý geheimenisse, sý begeertes, sý wese en sý ervaring. Hý is absoluut in beheer en Hy doen dit deur die Heilige Gees. Die mens is nie in beheer nie en die mens is nie vleeslik of intellektueel “aktief” of “betrokke” nie. Elkeen is geestelik “aktief” deur ‘n instrument in die hande van die Gees van God te wees. Jesus Christus wat in ons en deur ons praat en doen, ís in werklikheid die gawes van die Gees wat Hy deur die Heilige Gees doen. Dit is Gees bediening.

Vir ons wat daar teenwoordig is klink dit alles soos die mooiste simfonie. Dit is oor die hele spektrum van ”Gees klank” en “Gees kleur” asemrowend mooi. Die intellek is nie betrokke nie. Dit is ‘n ván Gees ná gees ervaring. En belangrikste van alles, almal is betrokke want dit is hoe God werk. Hy werk deur almal. Daar is geen spesiale mens in die vergadering nie, net ‘n spesiale God wat al die mense teenwoordig spesiaal maak. Hy is alles in almal. Hy is nie ‘n aannemer van die persoon nie. Ons is almal presies dieselfde in sy oë en Hy het ons almal ewe lief.

Die Heilige Gees doen hier waarvoor Hy gestuur is; Hy verheerlik die Seun. Net soos Jesus dit in Maria, Martha en Lasarus se huis gedoen het toe Hy die aarde bewandel het. In die gemeente doen Hy dit vandag deur die Heilige Gees en dit is hoekom die Heilige Gees so prominent in ons byeenkomste behoort te wees. Met prominent bedoel ek daar moet ‘n eerbiedige sensiwiteit en oorgawe vir Hom en vir sy leiding wees. En daarmee bedoel ek nie dat ons “op eiers hoef te loop nie”. Ek bedoel ook nie dat ons op die persoon van die Heilige Gees gefokus moet wees nie. Ons fokus is altyd in alle omstandighede net Jesus Christus alleen.

Selfs as die Heilige Gees deur iemand ‘n lering of ‘n woord bring is dit ‘n Gees openbaring. Ek het al ure na preke geluister en was goed geskool in intellektuele kennis van Jesus maar ek het ook al na ‘n 5 minute Gees geleide lering geluister. Ek verruil dit nie vir die mooiste preek deur die begaafste prediker in die wêreld nie. Daardie 5 minute lering was gestempel met die amptelike “stempel van waarmerking” van die Heilige Gees: Die salwing van die Heilige Gees. Daardie gesalfde, 5 minute boodskap is reguit hart toe (Van Gees tot gees) en in die kinders van God se harte ingebrand deur die Gees. Die intellek het hier glad nie ‘n rol gespeel nie. Inteendeel die intellek moet maar net in lyn kom met die waarheid in die menslike gees wat daar geplant is toe die woorde gespreek is. Dit werk nie andersom nie. Intellektuele waarhede doen niks vir die gees nie; want God spreek met die mens in sy gees. As enigiemand anders praat, spreek hy met die mens deur sy fisiese sintuie, in sy verstand en in sy siel. Enige handeling uit onsself is siel bediening en beteken niks.

En so groei die gemeente van heerlikheid tot heerlikheid tot eer van God. Elkeen word opgebou in hul geloof en geestelike wandel en elkeen groei geestelik fenomenaal vinnig. Vinnig omdat hulle Gees vervulde ontmoetings met Jesus het. Daar is die persoonlike konfrontasie met Jesus of die persoonlike bevrugting met die Jesus saad wat plaasvind en wat fenomenale gevolge het. Daar is hier nie sprake van die beperkte “kniehalter” belewenis van die institusionele kerk nie.

Die Gees gawes word in die huiskerk beoefen en in die proses ontwikkel die Gees gawes tot heerliker dimensies en nuwe Goddelike hoogtes. Dit bring ‘n ander dimensie van Gees gawes in die gemeente wat ons nie aan gewoond is nie, want dit is onbeperk. Niks verhoed dit nie, niemand beheer dit nie, niemand staan dit tee nie. Jesus deur die Heilige Gees het vrye teëls. Kan jy al insien hoekom die Jesus van die huiskerk en die Jesus van die institusionele kerk daar anders uitsien? Dit is dieselfde Jesus maar sy openbaring verskil as gevolg van die gunstige omstandighede in die huiskerk. Ja, Jesus laat Hom deur die mens beperk. Hy laat dit toe want Hy is ’n “gentleman”. Dit is ‘n geestelike beginsel wat altyd sal bestaan en altyd sal vasstaan.

Die institusionele kerk het nie die vaagste idee van wat Gees gawes werklik is nie en hoe dit veronderstel is om te funksioneer nie. Dit is nooit in die geskiedenis van die institusionele kerk die kans gegun om werklik te ontwikkel nie omdat die struktuur dit nie toelaat nie. Hoekom kan die institusionele kerkstruktuur dit nie toelaat nie? Die institusionele kerkstruktuur laat nie die funksionering van Gees gawes toe nie as gevolg van die grootte van die gemeentes. Die institusionele herders aktiwiteite het die gawes van die Gees vervang. Daar is nie plek vir Gees gawes waar herders aktiwiteite uitgeoefen word nie. Die kerk soos ek en jy haar ken het nooit die aanwakkering en ontwikkeling van die Gees gawes werklik belangrik geag nie. Die klem val op die Herders “woord” wat ‘n intellektuele gebaseerde aktiwiteit is. Die Gees gawes was nooit ‘n prioriteit nie omdat die gawes van die Gees met ‘n menslike “diens” vervang is – die diens wat die herder van die gemeente aan die gemeente lewer. Vir hierdie redes weet ons vandag nie werklik wat ware ontwikkelde Gees gawes is nie. Ons is heeltemal onkundig daaroor.

Dit terwyl Paulus in 2 Tim 1:6-7 die volgende sê:

Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande. Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Wat Timotheus se genadegawe ook al was, Paulus het hom die hande opgelê en hy sê dit weer in sy brief aan hom om dit weer aan te wakker en te gebruik sodat hy ‘n instrument in God se hande kan wees. Net so moet ek en jy dit ook doen. En net soos Timotheus hoef ek en jy nie te vrees vir die genade gawes nie. Ja, dit is ‘n bietjie uitdagend om uit te beweeg in gehoorsaamheid veral met die genadegawe van genesing byvoorbeeld, maar Paulus se woorde staan vas: God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie maar van krag en liefde en selfbeheersing. Ons kan in gehoorsaamheid God se wil doen. As ons die geloofstap uitvoer sal Hy daar wees om dit tot uitvoer te bring. Niks kan die genade gawes keer nie. Dit is God se geskenk aan ons en Hy gee dit aan ons sonder enige verwyt en sonder verdienste. Hy gee dit ook aan elkeen sonder uitsondering. Daarom is 1 Kor. 14:26 so pertinent dat elkeen van julle ‘n gawe het om die ander mee te dien wanneer julle bymekaarkom. God is nie ‘n aannemer van die persoon nie.

Paulus sê ook in 1 Kor. 14:1 die volgende:

beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.

Hy sê ook in vers 12 die volgende:

So moet julle ook, terwyl julle streef na die geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.

Hy sê ook in vers 39 die volgende:

Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

Hy sê ook in Rom 15:2 die volgende:

Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.

Die Skrif is baie duidelik oor die doel, die waarde en die erns van die geestelike gawes. Dit kan ook nie anders nie. Dit is een van die twee pilare waarop gemeente lewe staan.

Baie belangrik: Wat Paulus eintlik vir ons sê in 1 Kor. 12:1-11 is die volgende: En wat die geestelike gawes betref moet julle nie onkundig wees nie, wees gerus daaroor want in die byeenkomste, deur middel van die gawes, praat God met julle. Moenie vrees nie, want dit is nie feilbare mense wat met julle deel as julle bymekaarkom nie. Dis is God self deur die Heilige Gees. Julle is in veilige hande. Julle hoef nie op mense staat te maak in hierdie verband nie. Dit is nie maar net ‘n klomp mense wat bymekaarkom en probeer om mekaar te leer en te bemoedig nie. Die lewende God is self daar in julle midde (Daar waar Ala, Mohammed en Boeddha se volgelinge bymekaarkom is dit net mense wat bymekaarkom want hulle gode lê iewers in ‘n graf; hulle is dood. Hierdie mense leer deur die intellek want daar is geen gees van hulle gode teenwoordig nie. Ons dien egter ‘n lewende God wat met ons bemoeienis maak en met ons praat).

Paulus gaan hier ook verder met die volgende woorde: Ek maak dit bekend aan julle dat niemand wat deur die Gees van God spreek Jesus ‘n vervloeking noem nie. Wees gerus. Iemand wat deur die Gees van God spreek is nie vyand nie. God gee julle selfs die gawe van onderskeiding van die geeste as ‘n veiligheidsnet. Dan gaan hy verder deur vir hulle te sê dat dit eintlik die Heilige Gees is wat alles in almal werk al is daar ‘n verskeidenheid van genadegawes, bedieninge en werkinge. Paulus sê eintlik vir die Nuwe-Testamentiese kerk dat mense nie in die Naam van Jesus kan wandel, lewe en spreek en Hom dan sal vloek of ‘n vervloeking noem nie. Wees gerus, God is in beheer.

God sê eintlik vir ons in sy woord hier om nie ‘n gees van vreesagtigheid te hê aangaande die gawes van die Gees nie. Hy is in beheer. Niemand sal enige skade aanrig nie. God beskerm ons teen vals leringe en vals profete. Ons hoef regtig nie so kleingelowig te wees nie. Die Skrifgedeelte met betrekking tot “om nie ’n gees van vreesagtigheid te hê nie” kan in alle situasies toegepas word maar dit is eintlik in die Skrif in die konteks van die gawes van die Gees gebruik. Dit is ’n direkte verwysing na die Gees gawes.

God is ‘n “komplekse” wese en Hy het ál hierdie gawes, bedieninge en werkinge nodig om die dieptes en veelvuldige dimensies binne die Godheid asook al die dimensies aangaande sy koninkryk en al die dimensies aangaande ons komplekse menswees aan ons te openbaar. Ons praat nog nie eens van sy verlossingswerk deur middel van die gawes van die Gees nie. As ons nie die genadegawe van genesing gehad het nie sou niemand van ‘n siekte genees kon word nie. Hy doen dit dan ook deur almal; Hy doen dit nie deur een mens nie.

En die institusionele kerk het die geestelike gawes van God verwerp inruil vir die woorde, aksies en insae van mense. Laat die Pastoor eerder praat en preek en vir ons bid. Is dit nie presies wat die Israelitiese volk by die berg Sinai gedoen het nie? (Laat Moses eerder met ons praat).

Ek wil ’n baie belangrike stelling maak aangaande die Gees gawes: Die Gees gawes is gelyk aan ‘n Lewende God wat praat en doen.

Hoekom bestaan die Heilige Gees gawes vandag nog?

Jy het seker ook al die leuens oor die geestelike gawes gehoor: “Die Heilige Gees gawes is nie meer vir vandag nie. Dit was net vir die Apostels en vir die Nuwe-Testamentiese kerk. God het die Bybel klaar geskryf en Hy praat nie verder met ons nie behalwe deur sy woord. Wat Hy vir ons wou sê het Hy klaar in sy woord gesê. Daarom is daar nie meer tale, uitleg van tale of profesie nie. Net sekere gawes het oorgebly; die meeste bestaan nie meer nie. God maak ook nie meer gesond nie. Dit was net deur Jesus en die apostels in die Nuwe Testament gedoen om die evangelie te vestig. Daarna was genesing nie meer nodig nie (mense kan maar siek bly?!). Dit was net ‘n teken van God om te bevestig dat Jesus en die apostels deur Hom gestuur was. Die Bybel is geskryf en die mense het geglo; daarom is die dae van wonderwerke verby. Die doping in die Gees is ook verby, dit was net vir Jesus en die apostels omdat dit nodig was vir die Gees gawes. Omdat daar nie meer Gees gawes is nie, is die doping in die Heilige Gees nie meer nodig nie.”

Ons het almal al een of ander tyd tenminste van hierdie leuens gehoor indien nie almal nie. Waar kom dit vandaan en hoekom glo die kinders van die Here hierdie leuens?

Dit is in die hel gebore en die doel daarmee was nog altyd om die outentisiteit van Jesus Christus te bevraagteken en ook om die lewende God van die Christendom “stil” te maak. As Hy nie kan “praat” en “doen” nie dan is Hy net soos ander dooie gode. As Hy nie kan praat en doen nie dan bly net die geskrewe woord oor; en die geskrewe woord kan baie maklik verdraai word want die mense, insluitende Christene, ken nie die woord nie; hulle glo baie maklik wat aan hulle vertel word. Die duiwel het met hierdie leuens daarin geslaag om die Gees gawes in baie kinders van die Here se lewens toe te wikkel in ‘n “waas” van wantroue en agterdog. Dit is verstommend hoeveel kinders van God skepties is oor die Gees gawes en hoeveel van hulle bang is daarvoor.

God het geweet dat daar ‘n baie groot aanslag op die outentisiteit van die Gees gawes sou wees. Daarom het Hy Paulus gelei om ‘n paar hoofstukke daaroor te skryf om die vrae daaromtrent te beantwoord, duidelikheid daaroor te gee en aan sy kinders te bevestig dat die Gees gawes eerstens van Hom af kom, tweedens hoekom Hy dit geskenk het en derdens hoekom dit nie sal ophou totdat Hy weer kom nie. Die Skrif bevestig hierdie stellings duidelik en sonder twyfel. Die rede dan hoekom die kinders van die Here die leuens glo is omdat hulle nie die Skrif ken nie en ook nie die krag van God ken nie.

Matt 22:29

Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

Daar was reeds in die Nuwe-Testamentiese kerk probleme met mense wat nie die gawes van die Gees wou aanvaar nie. Inteendeel, Jesus Christus Homself het probleme met mense met betrekking tot die gawes van die Gees gehad.

Ek wil juis dít bespreek maar wil net ’n bietjie agtergrond deel met betrekking tot Jesus se bediening deur middel van die Gees gawes. Ons weet dat Hy sy Goddelike kwaliteite en eienskappe in die Hemel agtergelaat het toe Hy as mens gebore is.

Fil. 2:6-7

Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk te word.

Hier sien ons baie duidelik dat Hy dit wat van Hom God maak agtergelaat het (Homself ontledig) en gelyk aan ‘n mens geword het. Hoe het Jesus gelyk aan ’n mens geword? Hy het sy Goddelike eienskappe in die hemel agtergelaat. Hy het dit neergelê. Dit staaf die stelling dat Jesus net ‘n mens was toe Hy die aarde bewandel het (Die Woord het vlees geword – 100% mens).

Jesus het uit liefde vir ons dit nie roof geag om sy Goddelikheid terwille van ons prys te gee nie. Hy het nie naarstigtelik aan sy Godheid vasgeklou nie. Nee, Hy het dit terwille van ons uit vrye wil neergelê in gehoorsaamheid aan God die Vader. Hy het Homself ontledig. Daardie eienskappe wat Hom God maak, dié het Hy daar in die Hemel agter gelos en is as ’n gewone mens sonder enige Goddelike kwaliteite gebore.

Ons lees dan ook in die Skrif dat Jesus geen wonderwerke in sy lewe op aarde gedoen het tot nadat Hy deur Johannes in die Jordaanrivier gedoop is nie. Ook nie tot Hy deur God die Vader in die Gees gedoop is nie. Hy moes hierdie twee dope deelagtig geword het voordat Hy wonderwerke kon doen. Die doping in die Heilige Gees is die toebedeling van die krag van God (krag uit die hoogte) wat nodig is om vir Hom te getuig en die Gees gawes te laat manifesteer. Omdat Jesus net ‘n mens was terwyl Hy die aarde bewandel het, was daar nie ‘n manier dat Hy wonderwerke sou kon doen nie al wou Hy.

Jesus het na sy doping vir 40 dae in die woestyn gaan vas. Toe Hy uiteindelik terugkeer was die verandering van water in wyn die eerste wonderwerk wat Hy ooit gedoen het. Interessant hier is dat water verwys na die water doop en die wyn na die Heilige Gees doop. Wyn is ook ‘n tipe van die Heilige Gees in die sin dat om dronk te word van wyn teenoor die vervulling van die Heilige Gees staan. Jesus het iets baie belangrik kom vestig: Die wedergeboorte van ‘n nuwe spesie uit water en uit Gees.

Ons het dieselfde doop as wat Jesus gehad het absoluut nodig voor ons in dieselfde salwing van Jesus kan funksioneer. Ons kan niks doen sonder die Heilige Gees nie en daarom word dit die gawes van die Gees genoem. Want dit is Hy wat die werk doen en dit is ’n geskenk van God.

Matt. 3:16-17

En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.

Hier sien ons dat Jesus beide dope op een dag deelagtig geword het. Eers die doping in water en net daarna die doping in die Heilige Gees. Dit gebeur ook vandag nog met baie mense. Ek weet byvoorbeeld van mense wat dit gelyk deelagtig geword het. Hulle het soos hulle uit die water opkom onmiddellik in tale gepraat. Dit gebeur egter baie dat mense die Heilige Gees doping eers later deelagtig word.

Dit is as gevolg van hierdie doping in die Heilige Gees dat Jesus wonderwerke kon doen.

Lees Lukas 4:18-19 waar Jesus dit bevestig:

Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenis vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

God kan nie iemand stuur om hierdie dinge te doen as Hy hom nie eers gesalf het en met krag uit die hoogte toebedeel het nie.

Jesus was 100% mens en daar was net een manier hoe Hy in staat was om hierdie wonderwerke te doen: Deur die gawes van die Gees. Onthou Hy het al sy Goddelike karaktereienskappe en Goddelike vermoë in die hemel agter gelos en vlees geword. Hy het gelyk aan die mens geword. In hom was niks wat tot wonderwerke in staat was nie, en in elke mens wat ooit hierdie aarde bewandel het, of gaan bewandel, is niks wat tot wonderwerke in staat is nie. Sonder die Gees van God kan ons niks doen nie. Jesus het dan ook self erken dat Hy die wonderwerke deur die Gees van God gedoen het.

Kom ons kyk hoe het Jesus gereageer toe Hy oor die gawes van die Gees aangevat is:

Lukas 11:15, 17, 18, 20

Maar sommige van hulle sê: Deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit. Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ‘n huis wat teen homself is, val. En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf. Maar as ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.

In dieselfde voorval in Matt 12:28 sê Jesus:

Maar as ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

Hier sien ons dat Jesus nie in sy eie krag die duiwels uitgedryf het nie maar deur die Gees van God. En hier sien ons ook hoekom daar vandag so ‘n hewige aanval op alle kinders van God is wat kragtig in die Gees opereer. Dit het al met Jesus gebeur! En ons sien ook vandag dat sulke manifestasies aan demoniese aktiwiteite gekoppel word net soos die fariseërs dit ook gedoen het. Hoekom? Want hulle kon nie die werklikheid ontken nie. Daar voor hulle oë kon almal sien hoe siekes genees word en hoe duiwels uitgedryf word. Hulle kon dit nie ontken nie. Die aangewese alternatief is om daardie aksies en manifestasies aan duiwels toe te skryf. Hoe kan jy anders die argument wen? As jy erken dat dit deur die Gees van God is dan moet jy ook erken dat Jesus die Seun van God is. En dit is presies wat die fariseërs nie wou doen nie. Hulle wóú Jesus verwerp omdat Hy hulle posisies en geloof ongedaan kom maak het maar ook omdat Hy nie ‘n fisiese koninkryk op aarde kom vestig het nie. Hulle wou die juk van Romeinse oorheersing afwerp maar Jesus was nie te vinde daarvoor nie. Hy het die werke van sy Vader kom doen. Hy het nie in mense se persoonlike aspirasies en persoonlike behoeftes kom voldoen nie.

Jesus sê ook met betrekking tot die Heilige Gees gawes twee baie belangrike dinge: Hy sê in (vers 30) van dieselfde Skrif die volgende: Hy wat nie met my is nie is teen my; en hy wat nie saam met my versamel nie, verstrooi. Almal wat dus teen die Heilige Gees gawes is, is teen Jesus en hy verstrooi. Die aanval op die Heilige Gees gawes (vers 31) word as sonde teen die Gees van God beskou. Hoe dan anders want so ‘n mens noem die Gees van God “Satan” en “duiwel” en sy werkinge “demonies” en ek dink dit is hoekom dit so ‘n mens nie vergewe word nie. Dit is ’n verskriklike belediging!

Jesus sê egter dat omdat Hy dit deur die Gees van God doen, het die koninkryk van God by julle gekom. As ons dan bymekaarkom en elkeen word deur die Gees van God gelei in die Heilige Gees gawes, dan is dit die openbaring en realisering van God se koninkryk daar in ons midde! Sy koninkryk word op aarde gevestig deur sy Gees! Die koninkryk van God het by julle gekom. Die woorde “koninkryk van God” en “die gawes van die Gees” kan nooit geskei word nie, want die koninkryk van God word deur die Gees gevestig.

Dit is waarvoor Jesus gekom het, om die koninkryk van God te vestig. En dit is presies dit waarmee Hy Hom heeldag besig gehou het toe Hy die aarde bewandel het. Dit is nog steeds dit waarmee Hy Homself besig hou in en deur sy volgelinge. Elke geredde mens is nóg ‘n bousteen in die koninkryk van God. Elke mens wat genees word en verlos word van die vloek van die sondeval is nóg ‘n koning en priester in die koninkryk van God wat verlossing smaak. Elke mens wat in die geloof opgroei tot die volle gestalte van Christus Jesus, is nog ‘n oorwinnende koning en priester in die koninkryk van God.

2 Tim. 4:18

En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

Hierdie is Jesus se volgelinge wat die wêreld oorwin het, deur die verlossingsdaad van Christus, soos duidelik in 1 Petrus 2:9 uiteengesit word:

Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.

Lukas 7:20-23

En toe die manne by Hom kom, sê hulle: Johannes die doper het ons na U gestuur en gesê: Is U die een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag? En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel vir Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig. En salig is elkeen wat aan my nie aanstoot neem nie.

Jesus het presies hiervoor gekom. Sy verklaring aan die mens is die volgende:

“Ek doen wonderwerke deur die Gees van God. Sonder sy Gees kan Ek niks doen nie. Dit is die Gees van God wat My in staat gestel het om, as 100% mens, die wonderwerke uit te voer waarvoor die Vader My gestuur het. Dit is hoekom ek gekom het. Dit is steeds wat Ek in jou en deur jou doen. Daarom kan jy mens, ook die wonderwerke wat Ek uitgevoer het, uitvoer. Inteendeel, soos die Vader My gestuur het stuur Ek jou ook. Ek is die doper in die Gees en Ek sal jou toerus om dit uit te voer waarvoor Ek jou uitstuur. Ek stuur jou uit om My koninkryk te bou”.

Dit is juis die feit dat Jesus as 100% mens, deur die krag van die Heilige Gees, die wonderwerke kon doen wat ons as mense die vrymoedigheid en die geloof gee om dieselfde te doen:

Joh. 14:12-13

Voorwaar, voorwaar ek sê vir julle, wie in my glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

“Ja, maar na watse werke verwys Jesus nou eintlik hier” vra sommige mense? Is dit nie maar net die verkondiging van die evangelie nie. Die redding van ‘n siel is tog die grootste wonderwerk wat daar is.

Ja, dit ook, maar lees wat sê Jesus in Markus 16:17-18

En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Jesus sê ook Matt. 10:7-8 die volgende:

En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Jesus het ‘n baie belangrike ding vir die dissipels gesê voor hulle moes uitgaan om die evangelie te verkondig. Hy het gesê wag eers in Jerusalem totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

Lukas 24:46-49

En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van My Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

Dit is die doping in die Heilige Gees wat ons op dieselfde bediening vlak as Jesus sit. Ons is nie Jesus nie maar ons is soos Hy, ons funksioneer soos Hy en ons voltooi wat Hy begin het. In werklikheid laat ons Hóm toe om in ons en deur ons te funksioneer. In Handelinge 1:8 lees ons ook dat Jesus vir hulle die volgende gesê het:

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.

Jesus het geweet dat hulle as mense nie die “groot kommissie” sou kon uitvoer sonder die krag van die Gees van God nie. Die “groot kommissie” beteken eintlik “die verkondiging van die evangelie in woord en in krag”. Die evangelie beteken: Jesus het jou skuld betaal, Hy het die sonde van die wêreld weggeneem, Hy het die prys betaal, Hy bring vir jou verlossing en Hy red jou siel, Hy bring ook vir jou genesing, Hy het ook jou verlos van die gevolge van sonde naamlik siekte, die vloek van die sonde, die hel, armoede, ens. Met ander woorde: Hy het die volle prys betaal om jou die volle verlossing te skenk.

Die evangelie kan dus nie verkondig word sonder die Heilige Gees doping nie, want dit vat krag om daardie verlossingswerk tot uitvoering te bring. Maak ‘n bietjie iemand gesond sonder die Gees van God. Dryf bietjie ‘n duiwel uit sonder die Gees van God. Nie eens Jesus kon dit doen sonder die Gees van God nie. Daar is nie ‘n manier hoe enigiemand hier verby kan kom nie. Maak nie saak hoe jy glo of wat jy glo nie. Die doping in die Gees van God is absoluut noodsaaklik. Almal wat glo en almal wat wil móét dit deelagtig word voordat hulle effektiewe instrumente in God se hand kan word:

Handelinge 2:1-4

En toe die dag van die Pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die Hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Hierdie was die heel eerste volwaardige, amptelike kerk byeenkoms in die Bybel. Let op dat dit in ‘n huis was en let op dat dit gekenmerk was deur Heilige Gees werking. Hierdie was Jesus se belofte van krag om Goddelike wonderwerke en Gees gawes manifestasies moontlik te maak. Dit was nie bloot net ‘n ontvang van die Heilige Gees nie. Inteendeel, die dissipels het toe alreeds met ‘n ander geleentheid die Heilige Gees ontvang (‘n hele paar weke voor hierdie Pinksterdag uitstorting, toe Jesus net na sy opstanding, die eerste keer aan sy dissipels verskyn het).

Kom ons kyk ‘n bietjie daarna in Joh. 20:19-22

En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle. En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien. Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het stuur Ek julle ook. En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.

Toe Jesus hier vir hulle sê “ontvang die Heilige Gees” en op hulle blaas het hulle die Heilige Gees deelagtig geword. Hoekom moes hulle dan weer die Heilige Gees deelagtig word op Pinksterdag? As iemand Jesus aanneem en wedergebore word ontvang hy die Heilige Gees. Hoekom moet hy dan weer die Vader vra vir die Heilige Gees? Die antwoord op albei vrae is om krag te ontvang om die evangelie te verkondig. Die een maak jou kind van God die ander een gee jou krag om die evangelie te verkondig. Die een verseël jou kindskap, die ander maak dit moontlik vir Jesus om in jou en deur jou te bedien.

Baie duidelik sien ons hier dat daar in ‘n kind van die Here se lewe twee Heilige Gees “ontvang” geleenthede is: Die eerste keer wanneer hy hom bekeer en die tweede keer wanneer hy in die Heilige Gees gedoop word. Die eerste keer is dit die seël van sy redding of wedergeboorte. Die Vader en die Seun kom woon dan in hom en die Gees in hom getuig dat hy ‘n kind van God is. Jesus antwoord vir Nikodémus in Joh. 3:5 as volg:

Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

Bogenoemde stelling (twee Heilige Gees ervarings) is waar vir alle mense. Dit het met Jesus begin, die eerste broeder van baie broeders, dit het met die 12 dissipels gebeur, dit het met ander minder bekende apostels gebeur en uiteindelik het dit met vreemdelinge en totaal onbekendes gebeur. Dit is so deur die profeet Joël geprofeteer in die Ou Testament.

Joël 2:28-29

En daarna sal Ek My Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongmense gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae My Gees uitgiet.

Die Skrif maak dit hier baie duidelik dat daar geen onderskeid meer sal wees soos in die Ou Testament nie. Sy Gees sal op alle vlees uitgestort word. Die gawes van die Gees sal deur almal funksioneer. Nie meer net op die priesters en profete nie maar alle mense (diensknegte). Nie meer net mans nie maar ook die vroulike geslag (diensmaagde).

Ons sien dit dan ook in die lewens van alle Nuwe-Testamentiese bekeerlinge; vanaf Jesus, sy dissipels en al sy volgelinge van die Nuwe-Testamentiese periode tot vandag toe.

Hand 19:1-6

En terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Efese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie. En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Let op die volgende: Hierdie dissipels was dissipels van Johannes. Hulle het Jesus aangeneem en outomaties die Heilige Gees deelagtig geword. Paulus vra hulle of hulle die Heilige Gees ontvang het toe hulle gelowig geword het. Daarom weet ons dat hulle gelowiges was. Maar hulle het nie geweet dat daar ‘n Heilige Gees doop is nie. Hulle was nog baie onkundig met betrekking tot die Heilige Gees gawe. Hulle was nie saam met die dissipels van Jesus in Jerusalem op Pinksterdag nie en het ook nog nie gehoor van wat daar gebeur het nie (verwysend na die uitstorting van die Heilige Gees). Paulus het hulle gedoop in water en toe die hande opgelê sodat hulle die doping in die Heilige Gees ook kon ontvang. Hulle het onmiddellik in tale begin praat en het geprofeteer. Jy kan nie in tale praat of profeteer as jy nie in die Heilige Gees gedoop is nie, ondanks die feit dat jy die Heilige Gees deelagtig geword het toe jy gered is. Die doping in die Heilige Gees kom gewoonlik met handoplegging. Dit is iets wat jy moet begeer en waarvoor jy moet vra. Jy vra nie vir die Gees van God met bekering nie. Almal ontvang die Heilige Gees outomaties met bekering. Die doping in die Heilige Gees moet jy vir God vra om vir jou te gee. Hoekom? Hy gee die doping in die Heilige Gees nie sommer net outomaties nie. Dit is vir almal wat dit begeer. Die Heilige Gees doping is dus vir almal beskikbaar maar nie almal vra daarvoor nie. Vir baie mense is dit nie belangrik nie. As jy dit dus nie begeer nie het jy die doping in die Gees nie nodig nie en sal jy dit ook nie ontvang nie. Jy is steeds ‘n kind van God al is jy nie in die Gees gedoop nie. Het jy ’n begeerte na die doping in die Gees sal jy dit ontvang as jy daarvoor vra. Almal kwalifiseer daarvoor. Jy moet net ’n kind van God wees en jy moet daarvoor vra. Jy kan dit nie verdien nie. Jy hoef ook nie heiliger te word om dit te verdien nie. Almal kwalifiseer outomaties daarvoor deur die wonderwerkende verlossingskrag en genade van Christus en dit is ’n onverdiende geskenk net soos wat ons verlossing ’n onverdiende geskenk is.

Lukas 11:10-13

Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom inplaas van ‘n vis ‘n slang gee; As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die Hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Hier sien ons eerstens dat die Heilige Gees ‘n gawe is, ‘n goeie gawe, tweedens dat die Vader die Heilige Gees gawe gee aan elkeen wat daarvoor bid en daarvoor vra, derdens dat ons nie hoef te vrees wanneer ons vir die Heilige Gees gawe bid nie. Ons sal presies dit kry waarvoor ons vra (nie ‘n klip of ‘n slang nie maar brood of vis – nie ‘n bose gees nie maar die goeie Gees van God).

Die doping in die Gees kan op gebed plaasvind maar ons sien in die Bybel dat die ouderlinge of die vyfvoudige bedienaars mense die hande opgelê het daarvoor.

1 Tim. 4:14

Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.

Hand. 8:17-18

Hulle het hul toe die hande opgelê en hulle het die Heilige Gees ontvang. En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word

Die Gees bedienaar se leefstyl

1 Kor. 13:1-13 is die “liefde” hoofstuk van die Bybel. Dit skryf vir ons baie duidelik voor dat alles wat ons doen in liefde gedoen moet word. Sonder liefde is alles nutteloos al doen ons goed en al doen ons die regte ding. Iemand wat liefdeloos of roekeloos handel se werke of die gawes van die Gees wat deur hom manifesteer beteken niks. Al doen hy goed word sy motief altyd bevraagteken want ons ken sy gesindheid en sy vleeslike geaardheid. Selfs as die gawes van die Gees deur hom manifesteer beoordeel ons dit met agterdog. Hy doen wel goed en die gawes manifesteer wel deur hom maar ons vertrou dit nie; want ons ken die vrugte wat hy dra.

Dit word van ons as kinders van God as sy ambassadeurs verwag om die vrug van die Gees ten alle tye te openbaar sodat ook die gawes van die Gees as die outentieke handeling van God erken kan word. Wat is die gawes? Dit is Jesus in ons wat in hierdie vleeslike wêreld in ons en deur ons manifesteer. Wat ’n voorreg en wat ’n genade boodskap. Immanuël, God met ons of nog beter; God in ons.

Ef. 5:9

Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

Gal 5:22

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing (Resultaat van die Heilige Gees se inwonende teenwoordigheid wat elke mens deelagtig word as hy Jesus aanneem as sy verlosser – nie resultaat van die doping in die Gees nie).

Sonder hierdie vrugte van die Gees sal die gawes van die Gees doelloos wees want so ‘n mens word soos ‘n klinkende metaal en ‘n luidende simbaal. Jesus leef in ons maar as gevolg van vlees werking doen ons afbreuk aan sy teenwoordigheid in ons.

Dit is baie interessant dat daar ook nege gawes van die Gees is (1 Kor. 12:8-11): Woord van wysheid, woord van kennis, geloof, genadegawes van gesondmaking, werkinge van kragte, profesie, onderskeiding van die geeste, allerhande tale, uitleg van tale (Resultaat van die doping in die Heilige Gees wat die mens deelagtig word as Jesus hom in die Heilige Gees doop – nie resultaat van die ontvang van die Gees tydens wedergeboorte nie. Die doping in die Heilige Gees is die deur na die gawes van God. Gereelde tale spraak is die deur na die ander gawes van die Gees. Hoe meer ‘n mens in tale praat hoe meer ander gawes funksioneer deur hom).

Nege vrugte van die Gees + Nege gawes van die Gees = 18 Gees werkinge of Jesus manifestasies

Dit is definitief nie net toevallig dat daar ’n Gees gawe vir elke Gees vrug is nie. God wil vir ons hier baie duidelik wys dat daar ‘n balans moet wees wanneer dit by Gees werking kom in ons lewens en in die gemeente. Die een werk deur die ander. Die gawes funksioneer in liefde. God sit ast’ware die bak van geestelike werkinge in ons midde neer en sê vir ons “geniet dit”. Dit is My geskenk aan julle. Niks in ons lewens kan ons ooit soveel vreugde in ons lewens verskaf as juis hierdie liefdes skottel of liefdes bak van Gees werkinge nie.

Hoor wat sê God vir ons in sy woord oor hierdie 18 items in hierdie bak van Gees werking:

Liefde – Ek omring jou met liefde. Ek beskerm jou teen hulle wat jou haat. Jy sal liefde ervaar. Jy sal liefhê en geliefd wees. Jesus Christus in jou is liefde. Wanneer Hy toegelaat word om deur jou lief te hê dan het liefde volmaak geword in jou.

Blydskap – Ek sal jou bederf met baie seëninge en beloftes en hulle is almal ja en amen in Jesus. Niemand kan dit van jou af wegvat nie. Vra van My sodat jou blydskap volkome kan wees. Wanneer Christus in jou lewe dan spring blydskap en vreugde in jou op. Wanneer jy jou in Hom verlustig dan spring blydskap in jou op.

Vrede – Ek sal jou guns gee in die oë van mense en jy sal vrede hê met almal rondom jou. Die mense sal jou ‘n kind van God noem. Christus in jou is die vrede wat alle vertand te bowe gaan.

Lankmoedigheid – Ek skenk aan jou lankmoedigheid sodat jy sonder frustrasie kan lewe en ander mense met genade kan behandel en ook genade kan ontvang. Christus in jou manifesteer lankmoedigheid as jy Hom toelaat.

Vriendelikheid – Ek skenk aan jou vriendelikheid sodat jy ander mense vriendelik kan behandel en dieselfde behandel word. Christus in jou word herken wanneer Hy in jou manifesteer as die Goddelike vrug van vriendelikheid.

Goedheid – My goedheid skenk Ek jou want dit is ‘n saad wat die hemel van seëninge vir jou oopmaak. Jy sal barmhartigheid bewys word omdat jý barmhartigheid bewys. Wanneer Christus in jou toegelaat word om barmhartigheid aan mense te bewys dan manifesteer sy goedheid in jou.

Getrouheid – Ek maak jou getrou sodat jy My getrouheid aan jou ook aan ander kan demonstreer. Christus is getrouheid in jou.

Sagmoedigheid – Omdat jy sagmoedig is sal jy die aarde beërwe. Ander sal jou dalk probeer oorheers of oordonder maar ek sal jou teen sulke mense beskerm en jou ryklik beloon. Christus is sagmoedigheid in jou.

Selfbeheersing – Omdat jy selfbeheersd is sal jy nooit beskaamd staan of in die moeilikheid kom nie. Deur My genade, krag en Gees, sal jy altyd in beheer wees in enige situasie van beproewing of versoeking. Christus in jou beleef elke situasie saam met jou en Hy is altyd in beheer van alle omstandighede in jou lewe. Wees gerus, moenie vrees nie.

Woord van wysheid – Jy sal weet wat om in allerhande moeilike situasies te doen want Ek sal jou lei. Ek sal jou die pad van die lewe bekend maak. Jy sal My wysheid aan ander bekend maak. Jy besit die sin van Christus omdat Hy sy planne in jou en deur jou uitleef.

Woord van kennis – Jy sal weet wat die werklike waarheid is in elke situasie want Ek sal dit aan jou bekend maak. Jy sal nie in die donker gehou word nie. Jy sal baie mense op hoogte bring met kennis wat Ek deur jou aan hulle gee. Christus gee kennis aan almal wat dit nodig het deur jou.

Geloof – Wanneer daar “geloof in aksie” nodig is in jou lewe, sal Ek dit vir jou gee. Dit kom deur My woord maar Ek gee dit ook as ‘n gawe om jou kragtig te ondersteun. Jy sal ander met daardie selfde geloof gawe dien en wonderwerke in hul lewens doen. Christus Jesus in jou ís geloof. Geloof spring in jou op wanneer jy Jesus Christus toelaat om in jou in geloof op te staan.

Genadegawes van gesondmaking – As jy siek is, sal Ek jou genees. Jy sal uitgaan en ellendiges genees en verlos van die bande wat die vyand hulle opgelê het. Christus in jou is genesing wat deur jou manifesteer.

Werkinge van kragte – Wanneer groot wonderwerke in jou lewe nodig is hoef jy nie te vrees nie. Ek sal daar wees om dit tot uitvoer te bring. Ek sal jou ook gebruik om kragtige dade in mense se lewens en situasies te bewerkstellig. Christus in jou is alles wat nodig is om enige situasie in enige mens se lewe te verander.

Profesie – Ek sal met jou praat en die woorde in jou bevestig wat Ek met jou gespreek het. As jy nie vertroud is met My wil nie sal Ek met jou praat om jou te leer en te lei. Ek sal jou ook gebruik om ander mense profeties te bedien. Wanneer Christus in ons spreek dan hoor mense profetiese woorde.

Onderskeiding van die geeste – Ek sal jou waarsku teen vals mense en geeste en jy sal weet met wie en wat jy te doen het. Christus Jesus in jou waarsku jou teen gevaarlike mense en bose geeste.

Allerhande tale – My tale gee ek jou om met jou te spreek en my wil en kennis aan jou bekend te maak. Ek sal jou ook gebruik om in ander mense se lewens in te spreek. Christus in jou spreek deur die Gees met jou en ander mense.

Uitleg van tale – Ek sal My Gees taal aan jou uitlê sodat jy dit aan ander kan bekend maak. Christus in jou gee die ware betekenis van Gods tale.

Jesus Christus in jou is die bron van alle Gees werkinge

Hierdie 18 Gees werkinge in ons lewens is ons “sosiale” toerusting. Dit is ons Goddelike “kommunikasie” hulpmiddels. Daarmee kan ons liefdevol en vriendelik met ander mense kommunikeer en terselfdertyd ‘n hulp en ‘n seën vir hulle wees. Dit is alles in een bak en kan nie geskei word nie. Vir elke vrug is daar ‘n gawe. Maar ons moet onthou dat almal in die gemeente mekaar moet dien met hierdie gawes van die Gees soos God dit wil. Hy is in beheer. Ons moet ons egter daarvoor beywer tot stigting van die gemeente om sodoende deur die ondersteuning van elke lid die groei van die hele liggaam te bevorder vir sy opbouing in liefde. Kyk weereens wat sê Paulus aangaande die geestelike gawes: “streef na die geestelike gawes” “probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente” “beywer julle om te profeteer” “moenie verhinder dat daar in tale gepraat word nie” “behaag jou naaste met die oog op wat goed is tot stigting” Wat beteken dit eintlik? Laat Christus Jesus toe om jou te gebruik om sy wil in jou te werk tot verheerliking van God deur in jou die God lewe te leef. Sy inwonende lewe word bediening. Hy is die gawes van die Gees wat in jou en deur jou manifesteer. Dit is nie jy wat bedien nie. Die gawes van die Gees werk nie deur jou nie. Jy word net ’n voertuig of ’n instrument vir die God lewe in jou.

Met die gawes van die Gees het ons ons broeders en susters in die gemeente nodig. Ons is van hulle afhanklik en hulle van ons (Hulle seën my met die gawes van God en ek seën hulle). Ons moet mekaar daarmee dien. Ons moet mekaar daarmee opbou. Deur die vrugte van die Gees en die gawes van die Gees openbaar die Here Jesus Christus Homself aan die mensdom. Dit sê in werklikheid: Hierdie liefdevolle, vriendelike, self beheerde, sagmoedige, goeie, lankmoedige, vrede volle, getroue, vreugdevolle God red jou, maak jou gesond, praat met jou, leer jou, lei jou en help jou, want Hy het jou baie lief en wil graag met jou bemoeienis maak. Hy verlang ‘n verhouding van wedersydse liefde en respek met jou omdat Hy wil hê dat dit goed met jou moet gaan (Die vrugte van die Gees en die gawes van die Gees sê wie God is en dit bevestig dat Hy ’n lewende God is – Hy praat en Hy doen).

As jy Jesus gesien het dan het jy die Vader gesien. Die Vader en die Seun sal in jou kom woon en met jou gemeenskap hê. Wat beteken die woord gemeenskap hê? Dit beteken God verlang ‘n interaktiewe verhouding met jou. Dit beteken wedersydse kommunikasie en bemoeienis. Dit beteken jy praat en Hy luister en Hy praat en jy luister. Sodoende leer julle mekaar beter ken. So bedien ons mekaar met die gawes van die Gees om Jesus aan mekaar te openbaar en beter te leer ken.

2 Petrus 1:3-9 bevestig inderdaad wat gebeur met dié kinders van die Here wat die gawes van die Gees en die vrugte van die Gees deel van hulleself maak. Vers 9 wys ook baie duidelik wat gebeur met dié kinders van die Here wat die gawes en die vrugte van die Gees nie hulle deel maak nie:

IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien. Deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug. Waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.

Dit is dus baie nadelig vir ‘n mens om nie die vrugte en gawes van die Gees in sy lewe te hê nie. Dit is juis hierdie twee kosbare elemente uit die karakter en die natuur van God wat Hy nie net aan ons skenk om te geniet nie maar wat Hy ook gebruik om Homself aan ons te openbaar. Ons kan Christus Jesus nie waarlik leer ken sonder die gawes van die Gees nie. Woordkennis en preek kennis leer ons net van Hom. Die vrugte en die gawes van die Gees ís Christus self in aksie en in Persoon.

Die Gees van God plaas altyd die aandag op Jesus. Die Gees van God verheerlik altyd die Seun. Hy verhoog die Seun. Hy neem alle aandag van Homself af en Hy skyn sy Goddelike lig van verheerliking op die Seun. Daarom is die Gees gawes altyd ‘n verheerliking en ‘n openbaarmaking van Jesus Christus.

Die gawes en die vrugte kom uit een bak. Dit is dieselfde Gees wat dit alles in ons werk. Hy werk liefde in ons en Hy werk geloof in ons, Hy werk lankmoedigheid in ons en Hy werk profesie in ons. Dit is die kosbare karaktertrekke van God wat Hy aan sy kinders geskenk het. Dit is die lewende God wat “praat en doen” geskenk aan sy volgelinge. Hy gee weereens hier iets van Homself. Hy skenk Homself net soos ‘n goeie aardse vader homself aan sy kinders skenk deur tyd saam met hulle te spandeer. Hy is elke keer daar in ons midde wanneer ons bymekaarkom om bemoeienis met ons te maak, met ons te praat en ons te ondersteun en te help. Ons dien ‘n lewende God en hierdie “bak met 9 vrugte en 9 drankies van Goddelike Gees werking” is die verskil tussen Hom en dooie afgode. Ons dien ’n lewende God.

Wanneer God op die gewone alledaagse manier met ons praat en met ons deel op allerhande maniere (Sag in ons gees met ons praat, ‘n mooi SMS deur iemand aan ons stuur, ‘n woord wat Hy in die Skrif vir ons lewend maak, ‘n telefoonoproep van bemoediging of bevestiging van ‘n vriendin, goeie raad deur ‘n familielid, ‘n skielike innerlike gerusstelling en versekering oor iets wat ons pla, ‘n stukkie uit ‘n boek, die interaksie wat ons met Hom ervaar tydens ons stiltetyd, ens.) is daar geen druk op ons met betrekking tot die vrug van die Gees wat ons in ons lewens openbaar nie. Dit moet egter altyd in ons wees en dit moet altyd ons passie en ywer wees om God toe te laat om in ons en deur ons te lewe. Dit is wanneer Hy in ons lewe dat die vrugte van die Gees die mooiste, rypste en aantreklikste is. Natuurlik moet ons ook hier wanneer ons met mense deel dit in die grootste liefde, respek en gesindheid doen.

Wanneer God egter deur die gawes met ons deel, is dit ‘n hoër dimensie as die gewone. Dit is heeltemal op ‘n ander vlak. Daar is nou ‘n universele besef dat God nou sélf in ons midde is en persoonlik aan die woord is of persoonlik in aksie is deur sy instrumente, die mense deur wie Hy werk. Die lewende God is nou aktief besig met ons. Hy is hier in ons midde. Ons hoor Hom en ons sien Hom. Wanneer die gemeente saamkom sien ons Jesus. Wanneer ek na my geestelike broer kyk sien ek Jesus. Hoekom? Want Jesus leef in hom en deur hom. Wanneer hy na my kyk sien hy Jesus. Hoekom? Want Jesus leef in my en deur my. Dit is hoekom die Bybel gefundeerde liturgie van ‘n Christelike byeenkoms so Goddelik is. Die Skriftuurlike liturgie beteken die lewende God manifesteer in en deur sy volgelinge wanneer hulle bymekaarkom.

1 Kor. 14:26 gee vir ons die Bybel gefundeerde liturgie vir die byeenkomste van die kerk in een enkele versie. Vers 27-40 brei ‘n bietjie uit oor die manier hoe die byeenkoms moet geskied (ordelik en volgens die leiding van die Gees). Daar hoef nie eens ‘n studie vak oor kerk liturgie te wees nie. Die vak bestaan dan vir alle praktiese doeleindes uit één versie. Die mens onderwerp homself eerbiedig met liefde, respek en in opregtheid aan die lewende God en hy laat toe dat die lewende God deur hom werk deur in hom en deur hom te manifesteer. Ons sien die resultaat daarvan voor ons oë gebeur of ons ervaar die salwing van die Gees in ons gees en ons weet “instinktief” dat dit waarlik Hy is wat gepraat het of Hy wat in aksie was. Die “stempel van outentisiteit” word deur die Heilige Gees in almal teenwoordig se harte afgedruk. Dit staan buite alle twyfel dat die openbaring van God af kom en almal word gestig. Hoe kon die kerk ooit toegelaat het dat ‘n menslike program gedrewe “erediens” die handelinge van die lewende God in die gemeente vervang?

Vanselfsprekend is dit ‘n groot eer en ‘n groot voorreg om so deur God gebruik te word. Ek wil ook sê dat dit vir ons ook vanselfsprekend behoort te wees dat ons ten alle tye opreg en liefdevol moet optree wanneer ons so deur God gebruik word. Ons is ambassadeurs van God in ‘n ander “land” en ons moet onberispelik wees in ons handel en wandel teenoor die familie van God én vreemde mense én ongeredde mense tot eer van sy Heilige Naam.

Ek noem weer dat 1 Kor. 13 die “liefde” hoofstuk van die Bybel is direk met betrekking tot die Heilige Gees gawes in die gemeente en in die kerk. Die liefde is van toepassing op alle aspekte van ons lewens maar hierdie hoofstuk in die Bybel is primêr geskryf met betrekking tot die gawes van die Gees. Dit sê dat die Heilige Gees gawes niks beteken sonder die liefde nie volgens 1 Kor. 13:1-2

Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

1 Kor. 13:13 noem dan ook 3 baie belangrike elemente in die gemeente en ook in elke individu se lewe:

En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Ons lewe nou met hoop in ons harte dat God ons uit alle beproewinge sal verlos en dat God al sy beloftes aan ons getrou sal hou. Ons lewe ook met geloof in ons harte dat God bestaan. Dat Hy ons wat Hom soek beloon. Dat Hy getrou is en die vermoë het om dit te doen wat Hy beloof het. Dit is baie belangrike elemente in ons Christen wandel maar nog groter as dit is die liefde. Ons moet nog meer as dit ons beywer om God en ons naaste lief te hê. Anders het die gawes leeg geword. Dit is dan net leë woorde sonder enige betekenis.

Dan, baie belangrik, sê vers 8-9 die volgende:

Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë – hulle sal tot niet gaan; of tale – hulle sal ophou; of kennis – dit sal tot niet gaan. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is tot niet gaan.

Dit is dus eventueel net die liefde wat gaan oorbly. Dit is dus ’n uitgemaakte saak dat die gawes van die Gees definitief gaan ophou. Hier sien ons egter dan ook baie duidelik wanneer die gawes van die Gees gaan ophou: Wanneer die volmaakte gekom het. (Kennis sal ophou maar nou het ons nog kennis nodig. Profesieë sal ophou maar nou het ons nog profesieë nodig, tale sal ophou, maar nou het ons nog tale nodig – want die volmaakte het nog nie gekom nie). Lees bogenoemde versie weer (1 Kor. 13:8-9).

Wanneer die volmaakte gekom het (wanneer Jesus weer kom aan die einde van tyd), dan sal die onvolmaakte ophou. Hoekom sal dit dan ophou? 1 Kor. 13:12 het die antwoord:

Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

Die profesie is die spieël waardeur ons in ‘n raaisel inkyk. Kennis is die spieël waardeur ons in die raaisel inkyk. Tale, wysheid, hoop, geloof is alles spieëls waardeur ons in ‘n raaisel inkyk. ‘n Woord van kennis of ‘n woord van wysheid is net ten dele; dit is nie die volmaakte nie, daarom is dit die spieël waardeur ons in ‘n raaisel inkyk. Maar dit alles sal ophou, behalwe die liefde, wanneer die volmaakte gekom het. Wanneer ons alles weet dan sal die gawes ophou. Johannes het ‘n openbaring gehad oor hierdie “oomblik” in die toekoms wat my baie opgewonde maak (1 Joh. 3:2):

Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is

Op daardie dag sal ons Hom sien soos Hy werklik is én ons gaan aan Hom gelyk wees (Die eerste van baie broeders). Op daardie dag sien ons van aangesig tot aangesig. Dan weet ons alles en het ons geen profesieë, tale, woord van kennis en woord van wysheid meer nodig nie. Dan gaan ons ook geen genesing of wonderwerke en kragte meer nodig hê nie, want daar sal geen siektes meer wees nie. Daar sal geen ongewenste toestande en situasies meer wees nie. Prys die Here! Wat ons wel baie intens sal ervaar daardie dag as ons Hom in al sy glorie en heerlikheid aanskou, is ‘n vurige liefde wat ons harte soos nooit tevore aan die brand gaan steek. Daar sal nog baie ander emosies wees en die res van die vrugte van die Gees sal nie ontbreek nie maar ons sal die meeste bewus wees van hierdie vurige liefde wat Hy vir ons het en ons vir Hom het! Ja, die gawes van die Gees sal dan ophou want dit was God se metode om sy verlossingswerk prakties tot uitvoer te bring. Op daardie dag sal geen verlossingswerk meer nodig wees nie.

Maar die vrug van die Gees is inherent wie God is. Dit sal nooit ophou nie. Ek dink dat al die ander vrugte van die Gees in elk geval in die liefde tot volmaaktheid sal kom. Dit is waarom die Skrif sê dat net die liefde sal oorbly, al is dit net ‘n vergelyking tussen liefde, geloof en hoop. Ek glo die ander vrugte van die Gees word deur die liefde opgeneem.

Het die gawes van die Gees opgehou? Nee, want die volmaakte het nog nie gekom nie. Wat is die volmaakte? Allesomvattende volmaakte wysheid en kennis en volmaakte toestande (geen siekte pyn of ellende nie). Dit staan buite alle twyfel dat die gawes nog nie opgehou het nie, want die volmaakte het nog nie gekom nie.

Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë – hulle sal tot niet gaan; of tale – hulle sal ophou; of kennis – dit sal tot niet gaan. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is tot niet gaan.

Die vier tale van die Gees

Ek het gehoor dat tale net vir vreemdelinge is wat nog nooit die evangelie gehoor het nie. Ek het ook gehoor dat tale nie vir die byeenkomste is nie maar vir die binnekamer. Ek verstaan dit nie heeltemal nie. Wat is die waarheid aangaande tale”?

Daar is hoofsaaklik 4 verskillende Gees tale wat verskillende funksies het en vir verskillende geleenthede bedoel is:

Die eerste taal funksioneer hoofsaaklik tydens evangelisasie uitreikings waar die stam of volk waar die uitreiking gehou word se taal onbekend aan die evangeliste is.

Die Heilige Gees kan in so ‘n geval die evangelis in dié vreemde taal laat praat (‘n Taal heeltemal onbekend aan hom en dit is absoluut ‘n Gees werking – ‘n wonderwerk. Dit is egter nie onbekend aan die toehoorders nie, want dit is hulle moedertaal).

Hand. 2:7-8

En hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?

Hier sien ons dat hierdie taal ‘n bekende mense taal is en dat daar geen uitleg nodig is nie. Dit is net nie bekend aan die persoon wat dit praat nie. Die doel met hierdie taal is om die evangelie aan mense te verkondig deur die taal probleem te oorbrug maar ook om te bevestig dat die evangelie van God af kom en dat Hy lewe. Hierdie taal kan op enige plek manifesteer waar ongeredde mense teenwoordig is.

Die tweede Heilige Gees taal is die kragtige Goddelike boodskap wat God tot mense spreek deur iemand.

Dit funksioneer hoofsaaklik tydens die samekomste en is bedoel tot stigting van die gemeente of tot stigting van ’n spesifieke persoon. Hierdie taal word gevolg met ‘n uitleg deur ‘n ander persoon omdat niemand dit verstaan nie. As niemand die uitleg gee nie dan moet die persoon deur wie dit gemanifesteer het net daar bid vir die uitleg sodat hy dan self die uitleg kan gee. Hierdie is iets wat God aan spesifieke mense of ‘n spesifieke persoon bekend wil maak. Dit kan enigiets wees; ‘n openbaring, lering, vermaning, bemoediging, roeping, bevestiging, ens. Dit kan aan ‘n spesifieke persoon ‘n bevestiging wees van wat hy reeds by God op ‘n ander manier gehoor het maar dit kan ook iets wees wat nuut is vir hom of vir die gemeente. Dit is nie waar dat profesieë altyd ’n bevestiging is van iets wat jy reeds weet nie.

1 Kor. 14:27:

En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat dit uitlê.

1 Kor. 14:13:

Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

Die gemeentes in Korinte het nie ordelik gebly met betrekking tot veral die tale gawes nie. Van hulle het sommer gelyk in tale gepraat. Van hulle het hierdie taal vir die gemeente gebring maar daar is nie gewag vir die uitleg daarvan nie. Dit het veroorsaak dat Goddelike woord so verlore gaan. Party het sommer die individuele gebedstaal daar in die gemeente gebid wat natuurlik geen doel dien daar nie omdat dit privaat vir die binnekamer bedoel is. Paulus moes hulle tot orde roep en van daar het ons 1 Kor. 12, 13 en 14 gekry. Paulus noem dit egter baie duidelik in 1 Kor. 14:39 dat tale spraak nie verhinder moet word nie. Dit is baie belangrik:

Daarom broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

Die derde taal wat ek wil noem is die Heilige Gees aanbiddingstaal.

Dit funksioneer in die gemeente wanneer hulle God deur musiek of sang aanbid maar dit kan ook funksioneer as jy God op jou eie deur sang en musiek aanbid. Dit is die hoogste vorm van Goddelike aanbidding en moet nooit verhinder word nie. Ons lees daarvan in 1 Kor. 14:15:

Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.

Paulus sê eintlik hier dat hy nie net in tale sal bid nie maar dat hy ook in tale sal sing. Hierdie manier van aanbidding is ‘n Gees aanbidding wat baie hoër as gewone aanbidding is omdat dit ‘n Gees gawe is. Gees gawes is altyd hoër as die gewone menslike eweknie van die aksie wat uitgevoer word. Omdat gees “psalmsing” deel uitmaak van ons hemelse gebedstaal, het ons willekeurige beheer daaroor. Ons kan in tale bid wanneer ons wil en daarom kan ons ook in tale sing wanneer ons wil. Dit is nie die geval met al die ander gawes van die Gees nie, selfs nie die ander twee tale gawes nie. Ons het geen beheer daaroor behalwe om beskikbaar te wees vir die Heilige Gees wanneer Hy deur ons wil werk.

Die vierde Heilige Gees gawe taal is die kind van God se gebedstaal.

Hierdie taal is onbekend aan almal en daar is ook geen uitleg nie. Niemand behalwe God verstaan hierdie taal nie. Ook nie bose geeste of die duiwel verstaan dit nie.

1 Kor. 14:2

Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

Net God verstaan hierdie taal want dit is ‘n gebed aan Hom gerig. Daarom is daar geen uitleg nie. Dit is vir geen ander ore bedoel nie. Hierdie taal is bedoel vir die betrokke mens se eie stigting en hernude vervulling van die Heilige Gees en hoort meer by die individu in sy binnekamer of wanneer hy alleen is. Dit kan tog in die gemeente gebruik word maar saggies in privaatheid. Dit is nie bedoel tot stigting van die gemeente nie.

Dit is egter ‘n kragtige Goddelike gebed en van onskatbare groot waarde vir die individu se persoonlike Christen lewe. Dit is ‘n aanvulling vir die doping in die Heilige Gees en gee die individu krag uit die hoogte. Hoe meer jy in tale bid hoe meer krag en stigting is daar vir jou. Die Christendom het nog nie behoorlik die openbaring ontvang van die onskatbare waarde wat hierdie gebedstaal in ons lewens het nie, anders sou die kinders van God baie meer in tale gepraat het. Hoor wat sê Paulus in 1 Kor. 14:18:

Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal.

Tale spraak is vir Paulus so belangrik dat hy God spesiaal daarvoor dank. Daarmee sê Paulus vir die kerk om nie hulle hemelse gebedstaal te verwaarloos nie. Dit beklemtoon die belangrikheid daarvan. Gereelde tale spraak is ook die deur na die ander gawes van die Gees. Hoe meer jy in tale bid hoe meer word jy gestig en voorberei vir die ander gawes van die Gees in jou lewe. Dit is ‘n kragtige gebed omdat hierdie gebede altyd in die volmaakte wil van God is en altyd in volmaakte geloof gebid word.

Ek kan die gebruik van hierdie taal nie genoeg beklemtoon nie. Deur baie in tale te bid gebeur daar baie dinge in die gees wêreld: Jy bid die korrekte wil van God, jy bid in volmaakte geloof, jy bid presies dit wat nou in jou persoonlike lewe nodig is, jy stig jouself, jy maak die deur oop vir die ander gawes om ook deur jou te werk, jy dank God goed omdat dit dankgebede uit jou gees is, jy word meer Gods bewus en minder wêreld bewus, daar vind innerlike genesing plaas, jy ontvang Goddelike openbarings in jou gees terwyl jy in tale bid, jy maak geestelike deurbrake in jou gees, siel en liggaam en nog meer.

Hierdie taal is ook dan die aanvanklike teken dat ‘n persoon in die Heilige Gees gedoop is. Hoekom is die gebedstaal die teken dat iemand in die Gees gedoop is? Hoekom is die ander gawes nie ook ‘n teken daarvan nie? Hoekom is die vrugte van die Gees nie ook ‘n teken daarvan nie? Antwoord: (1) Die vrugte van die Gees is bloot ‘n teken dat jy ‘n kind van God is en dat jy die Heilige Gees deelagtig geword het toe jy jou bekeer het. (2) Al is die ander gawes ook ‘n teken dat iemand in die Heilige Gees gedoop is, word dit nie as die “aanvanklike” teken van die Heilige Gees doping beskou nie omdat dit nie in almal se lewens opereer nie (Maak almal siekes gesond? Profeteer almal? Praat almal in tale? (verwysend na die ander twee tale), het almal ‘n woord van kennis? (3) Die gebedstaal opereer in alle kinders van die Here se lewens. Elke keer wanneer die apostels hande op mense gelê het om die doping van die Heilige Gees te ontvang, het hulle in tale gepraat. Op Pinksterdag was waarskynlik nie net die gebedstaal gespreek nie maar ook die tale van ander volke omdat dit ‘n spesiale geleentheid was. Dit was die beloofde uitstorting van die Heilige Gees vir die eerste maal soos geprofeteer deur die profeet Joël.

Tale spraak (Hemelse gebedstaal) is egter die aanvanklike teken daarvan omdat dit die enigste gawe is wat altyd deur almal funksioneer wanneer die persoon ook al wil. Almal móét in sy privaatheid sy hemelse gebedstaal gebruik omdat dit hom stig en versterk. Daarsonder gaan hy moeilik standvastig in sy geloof wandel wees. Dit is ‘n geskenk van God en behoort aan almal en werk altyd in ‘n mens wanneer hy dit ook al wil gebruik. Tale spraak is uit die Gees omdat God Gees is. Ons is ook gees en God praat met ons in ons gees taal. Wanneer ons in ‘n taal praat spreek ons dit wat God die Heilige Gees in ons gees met ons spreek of bid. Die ander Gees gawes manifesteer nie na willekeur deur ons nie. Ons het nie beheer daaroor nie. God werk dit deur alle mense maar wanneer Hy wil soos Hy wil. Die vrugte van die Gees is nie ‘n bewys van die doping in die Heilige Gees nie maar wel ‘n bewys daarvan dat die persoon gered is. Ons sal geken word aan die vrugte wat ons dra. ’n Goeie boom dra goeie vrugte (gered). ’n Slegte boom dra slegte vrugte (ongered).

Bestaan die kragtige gawes van die Gees nog?

Is wonderwerke en kragtige dade nog steeds vir vandag?

Jesaja 53 is die bekendste Skrifgedeelte wat die verlossingsdaad van Jesus breedvoerig beskryf. Dit noem al die fasette van ons verlossing. Hy het ons krankhede op Hom geneem, ons smarte het Hy gedra, terwille van ons oortredinge is Hy deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel, die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom, Hy het ons skuld gedra, Hy het ons sondes gedra.

Die sleutelwoord in hierdie Skrifgedeelte is die woordjie “ons”. “Hy het ons sondes gedra en ons siekte het Hy op Hom geneem”. Wie is die ons? Dit is alle mense wat ooit gebore is, reeds oorlede is of nou lewe en wat nog gebore gaan word in enige land, nasie of taal regoor die wêreld vanaf Adam en Eva tot die laaste kind in die geskiedenis van die mensdom gebore gaan word. Nie ’n enkele mens is uitgesluit nie. Die belofte is vir almal en die belofte is dieselfde vir almal. Daar is geen onderskeid tussen enige nasie, taal of geslag nie. Jesus se verlossingswerk is deur die bank dieselfde vir almal en deur die bank het dit dieselfde beloftes en dieselfde gevolge vir almal. Jood of Griek, vryman of slaaf, oud of jonk, mooi of lelik, man of vrou. Daar is nie ’n enkele element, kenmerk of kwaliteit wat enige mens, volk, of persoon van hierdie verlossingswerk uitsluit nie. God is nie ’n aannemer van die persoon nie en vir Hom is alle mense op dieselfde vlak. Niemand verdien sy genade nie. Niemand kwalifiseer vir iets spesiaals en anders nie. God het die speelveld van die lewe absoluut gelykgemaak vir alle mense.

Die mooiste en duidelikste Skrifgedeelte in die Bybel wat sonder twyfel bevestig dat Jesus gekom het om ons siektes te genees vind ons in Matt 8:14-17

En toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy sy skoonmoeder siek lê aan die koors. En Hy het haar hand aangeraak en die koors het haar verlaat, en sy het opgestaan en hulle bedien. En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van die duiwels besete was; en Hy het die geeste met ‘n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak, sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet (Jesaja 53) toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siekte gedra.

Die Skrifgedeeltes verwys onder andere na die genesing van Petrus se skoonmoeder en ál die mense wat Jesus gesond gemaak het. Let op dat Hy almal gesond gemaak het sonder enige uitsondering. Dit bevestig dat die hele verlossingswerk van Jesus alles insluit vir almal.

Hierdie beloftes en verlossingswerk van Jesus is ook deur die bank dieselfde vir alle mense tot op die laaste dag van die wêreld se bestaan soos ons dit nou ken. Daardie laaste persoon wat gebore gaan word op die laaste dag as Jesus kom, sal presies dieselfde beloftes tot sy beskikking hê as ek en jy en Paulus en Dawid. Daar is inderdaad geen verskil hoegenaamd nie.

Daarom moes Jesus, wat teruggaan na die Vader, die gawes van die Gees en die doping in die Gees aan sy volgelinge skenk sodat hulle sy verlossingswerk kan voltooi (Matt 10:8 – Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang (gawes is ‘n geskenk) verniet moet julle dit gee).

Psalm 103:3 sê reeds in die Ou Testament al die volgende:

Wat al jou ongeregtighede vergewe, wat al jou krankhede genees.

Hier sê Dawid onomwonde dat God ál ons ongeregtighede vergewe en ál ons krankhede genees. Daar bestaan absoluut geen twyfel oor God se wil oor sondes en siektes nie. Sonde en siekte kan nie geskei word nie. Dit is twee “elemente” in een houer. Dit is juis die rede waarom Jesus baie keer gesê het: “Gaan heen en sondig nie meer nie” direk nadat Hy iemand genees het. Dit ondersteun die Skrifgedeeltes in die Nuwe Testament wat op verskeie plekke sê dat Jesus almal genees het wat siek was of duiwels besete was. Sonde veroorsaak siekte. Volkome verlossing van sonde sluit ook die genesing van siektes in. Ons word verlos van die oorsaak en die gevolg.

1 Petrus 2:24 sê dieselfde ding:

wat self ons sonde in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Jesus moes dit wat ons gehad het voor die sondeval weer herstel. Dit het Hy op die kruis vir ons gedoen. Deuteronomium 28 is baie duidelik oor al die ellendes, siektes, pes, armoede en vervloeking wat gekom het oor die mens as gevolg van die sondeval. Die gevolge van sonde was vernietigend. As gevolg daarvan het dit baie sleg met die mens gegaan. Hy was verlore, verlaat, in ‘n uiters betreurenswaardige posisie, geen hoop, geen uitkoms, geen vooruitsig van vrede of verlossing, die hel as voorland, dood, siekte en ellende en die ewige straf die enigste gevolg en enigste vooruitsigte wat die mens in die gesig gestaar het en wat hy deeglik verdien het. Sonde het net al meer geword en die mens het net dieper in ellende verval. Hy kon hoegenaamd niks doen om sy omstandighede te verander nie. Die mens was absoluut vervloek.

Ons het reeds in Jesaja 53 gesien wat Jesus op die kruis vir ons gedra het. Daar is egter nog Skrif wat verduidelik wat hierdie verlossings werk van Jesus alles behels het.

Galasiërs 3:13-14

Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word – want daar is geskrywe: vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang – sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus.

Daarom is daar dan geen vloek meer vir die Jode wat in Christus Jesus is nie. Hy het die vloek op die kruis vir hulle gedra. Vir ons heidense nasie wat nooit onder die wet of vloek was nie, het net die seën van Abraham na ons toe oorgekom. Die vloek was nooit op ons nie! Die “vloeke” leerstelling van sommige leraars in die institusionele kerk dra dus geen water nie. Jesus het alles wat negatief, afbrekend en vernietigend is alles op Hom geneem. Hy het al die vloeke van die wet in totaliteit op Hom geneem. Selfs al was daar ‘n vloek op die heiden nasies ook as gevolg van die universele Gods bewussyn, die ingeboude menslike gewete en die erkenning van reg, verkeerd en van die oordeel, het Jesus dit ook aan die kruis vasgespyker. Daar is geen vloek vir alle mense meer nie. Jesus het dit uit die weggeruim.

God het reeds in Jesaja voorspel dat wanneer die kerk gebore word deur sy Seun, Jesus Christus, nie eens die ongeredde mens vervloek sal wees nie. Dit is die genade tydperk of die genade era vir die wêreld omdat dit dié periode in die geskiedenis van die mens is waartydens hy Jesus Christus as sy verlosser kan aanneem en daarmee die gevolge van sonde vryspring. God die Vader het dus alle mense met Homself versoen deur Jesus Christus in hulle plek te straf. Daarom is daar geen straf meer nie. Jesus Christus het die straf vir alle mense gedra.

Joh. 1:29

Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom en sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Wanneer word die mense wat Jesus nie aangeneem het nie dan gestraf? Aan die einde van hulle lewe. Hulle (onregverdiges) sal nie voor die tyd gestraf word nie. Hulle sal normaalweg ‘n goeie lewe lei tot sy dood wanneer die vloek, wanneer sy genade tyd uitgeloop het, skielik oor hom sal kom en God hom oordeel. Ons sien dit in Jesaja 65:20

Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.

(As jy die hele Jesaja 65 lees sal jy sien dat hierdie gedeelte ‘n voorspelling is van die koms en die koninkryk van die Messias).

In hierdie tydperk, sal die regverdige en die onregverdige albei honderd jaar oud word ongeag hulle stand in God. Die onregverdige sal egter ná die genade tyd skielik getref word deur die vloek omdat hy Jesus verwerp het en sodoende die vloek oor homself gebring het. God straf nie die wêreld nie omdat Jesus met sy bloed vir ons almal versoening met Vader gebring het. Hy het vir Jesus in ons plek gestraf. Sy versoenings daad was vir die hele wêreld, regverdiges en onregverdiges. Die straf begin met die dood van die onregverdige want dan het hy die genadegawe van Jesus finaal verwerp. Nou is daar vir hom geen genade meer nie omdat hy Jesus nie meer kan aanneem nie. Daarom sien ons hoe onregverdige mense baie keer gesond en ryk oud word.

Dit is die gevolge van Jesus se versoenings daad wat die vloek weggeneem het. Selfs in die Ou Testament was die vloek van die wet net op die Jode van toepassing en ook net op dié Jode wat God gehaat het. Om sy groot haat vir sonde te beklemtoon het God in Exodus 20:5 duidelik beklemtoon dat Hy ‘n jaloerse God is wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat Hom HAAT. Die Jode wat Hom lief gehad het, het inteendeel net seëninge deelagtig geword (net soos die kerk vandag) soos vers 6 duidelik sê: “en Ek bewys barmhartigheid aan duisende (geslagte) van die wat my lief het en my gebooie onderhou

Hierdie was nog voor die genade tydperk van die kerk! Hoe kan kinders van God (regverdiges) nog onder “geslag vloeke” onderworpe wees as nie eers die regverdige Jode, wat net “diensknegte” was, nie eens daaraan onderworpe was nie?

God het boonop selfs al in die Ou Testament die Exodus 20:5 uitspraak oor aanspreeklikheid vir die onregverdige verander. Van toe af sou selfs die mens wat God haat net vir sy eie sondes gestraf word. Nie vir die sondes van sy voorouers of voorgeslagte nie. Uit sy groot genade het God hierdie wet tydens die ballingskap van Israel verander. Lees die hele Esegiël 18:1-32 (Ek wil egter graag net vers 20 kwoteer: “Die siel wat sondig, die moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.

Maak ‘n punt daarvan om die hele hoofstuk te lees want dit sal die hele “vloeke” leer en “generasie vloeke” leer vir altyd die doodskoot toedien. Daar bestaan nie so-iets nie.

Die mens kan egter met sy eie tong negatiewe goed oor homself uitspreek en sodoende negatiewe goed beleef presies soos hy oor homself uitgespreek het: Spreuke 18:21

Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik sal die vrug daarvan eet.

Iemand anders kan nie dood of lewe oor jou bring nie. Nie eens jou eie voorgeslagte nie! Solank jy nie met hulle (jou voorgeslagte) saamstem oor familie goed nie, want dan spreek jy dood oor jouself met jou eie tong. ‘n Mens spreek altyd uit wat jy glo. Dit het niks met vloeke of voorgeslagte te doen nie. Dit het alles met geloof te doen. As jy ‘n leuen glo sal die leuen vir jou waar word. Met jou eie tong bring jy óf dood óf lewe oor jouself omdat jy uitspreek wat jy glo.

Familie vloeke, al bestaan dit nie, as jy daaraan glo, sal oor jou kom omdat jy ’n leuen glo en die leuen oor jouself uitspreek. Dit is soos profesieë wat oor mense uitgespreek word. Ek weet van ‘n man wat ‘n profesie ontvang het oor sy lewe maar nie die kondisies daarvan uitgevoer het nie. Hy het selfs later in die profesie begin twyfel en die profesie het nooit waar geword nie. Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n ware profesie wat nooit waar geword het nie. Net so weet ek van ‘n ander persoon wat ‘n valse profesie ontvang het, dit geglo het, en dit het ook so gebeur soos wat die valse profeet dit geprofeteer het. Dit was later as vals bevestig maar dit het nogtans waar geword omdat die betrokke persoon dit geglo en so oor homself uitgespreek het.

Glo maar die woord dat net die seëninge van Abraham na die heidene oorgeloop het en dat niemand kan vervloek wat God geseën het nie. Dit is nie net die waarheid nie maar dit sal ook so wees omdat jy dit glo.

Jesus het dus die volle vloek van die wet vir die onregverdige Jode gedra en Hy het ook die seën van Abraham vir ons (die heidene), moontlik gemaak.

Jesus sê ook dat Hy arm geword het sodat ons ryk kan wees in 2 Kor. 8:9

Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.

Wie kan my sê wat was die enigste ding waarin Jesus te kort geskiet het? Wat was daar waaraan Hy arm was? Was Hy geestelik arm? Het Hy te kort geskiet aan een of ander geestelike kwaliteit of seëninge? Nee, Jesus was volmaak in alles. Die enigste ding waarin Hy nie volmaak in was nie, inteendeel, die enigste ding waarin Hy arm was, was juis materiële voorspoed. Jesus was arm! Hy het niks besit nie. Hy sê self in Lukas 9:58:

…Die jakkalse het gate en die voëls van die Hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.

Jesus moes arm word sodat ek en jy ryk kan wees. Net soos sonde en siekte moes armoede ook op Hom gesit word. Armoede is deel van die vloek. Gaan lees dit maar in die Ou Testament. Ek glo dat Jesus baie in die opelug onder bome geslaap het. Kyk weer na 2 Kor. 8:9 – “ter wille van julle arm geword het sodat julle deur sy armoede ryk kan word” Hy moes hierdie vloek van die wet ook op Hom dra sodat ons ryk kan wees. Dit is waar die bekende liedjie se woorde so ‘n groot waarheid is: “Let the poor say I am rich”.

Iemand het eenkeer gesê dat die verlossingswerk van Jesus Christus kan allesomvattend in een sinnetjie gesê word: “Hy het die totale vloek van sonde op Hom gedra” en daarmee die seëninge van Abraham wat materiële rykdom insluit, vir ons moontlik gemaak. Inteendeel, die seëninge van Abraham was materieel van aard. Die materiële sy van ons seëninge het deur die Abraham belofte gekom. Geestelike seëninge het deur Jesus gekom. Dit is die geestelike sy van ons seëninge.

Kom ons maak ‘n lysie van wat die Bybel sê Jesus vir ons gedra het en ons van verlos het:

Sonde

Oortredinge

Ongeregtighede

Straf (Dood, Hel)

Krankhede

Smarte

Siekte

Wonde

Pes

Armoede

Vloeke (Onregverdige Jode)

Die vloek van die wet kan basies in drie hoof groepe gegroepeer word en dit deel met die volkome mens (Gees, siel en liggaam):

Geestelike dood (Gees van die mens – Die mens se gees word weergebore)

Siekte (Liggaam van die mens – Die mens se liggaam word genees)

Armoede (Siel van die mens – Die mens wat finansiële voorspoed geniet is bly en vol vreugde en daarom gaan dit goed met sy siel)

Daarom is die seëninge van Abraham wat Jesus vir ons moontlik gemaak het die volgende:

Geestelike lewe en geestelike seëninge omdat ons met God versoen is en Hy ons gees lewend gemaak het.

Fisiese genesing

Materiële/Finansiële seëninge

Hierdie verlossings werk van Jesus is absoluut ’n geskenk. Ons kan dit nie verdien nie en ons kan dit op geen ander manier ontvang nie. Ons pogings is van geen waarde nie omdat ons nie tot enige goed in staat is nie. Net Hy het gekwalifiseer om die prys te betaal en die seëls van die boek van die lewe te breek en dit oop te maak. Hy het die volle prys betaal en Hy skenk daardie verlossing aan almal wat glo. God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het om die prys vir ons te betaal. God is ‘n God van kompassie en daarom is ons ook verlos van die gevolge van die sonde. Hy het ons nie net van die sonde verlos nie maar ook van die gevolge van sonde. Sy verlossingsdaad was volkome.

Deur al die eeue heen, tót Jesus weer kom, is sy verlossingswerk presies dit waarmee Hy steeds besig is. Hy red mense elke dag. Hy genees mense elke dag. Hy voorsien vir mense elke dag. Hy doen wonders in mense se lewens elke dag. Dit is waarvoor Hy aan die kruis betaal het. Om hierdie rede sal die Gees gawes nooit ophou nie tot Christus Jesus weer kom. Dit is juis om hierdie rede dat Jesus die “groot kommissie” opdrag gegee het: Gaan heen, verkondig die evangelie aan alle mense, leer hulle van my, maak hulle gesond en dryf die duiwels uit, wek die dooies op, julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. Jesus sê hier in sy eie woorde dat Hy vir alles betaal het om ’n volkome verlossing te weeg te bring: Gee vir hulle die evangelie tot redding, leer hulle van My, maak hulle gesond, dryf duiwels uit hulle uit, wek dooies op, julle moet dit verniet doen. Dit is ’n geskenk. Niemand verdien dit nie. Daarom is dit vir almal.

Om dit te doen móés Hy die Gees van God vir ons gee en daarom word ons gedoop in die Heilige Gees. Hy móés ons ook die gawes van die Gees gee want sonder die gawes óf sonder die Heilige Gees kan ons nie hierdie instruksie van Hom uitvoer nie. Daarom het Hy ook gesê soos die Vader My gestuur het stuur Ek julle. Julle moet voortgaan waar Ek opgehou het. Julle moenie iets anders doen nie. Ek het die volmaakte werk gedoen en julle gewys hoe. Doen net wat Ek julle geleer het om te doen. Hy het onomwonde gesê dat die werke wat Hy doen, sal ons ook doen en groter werke as dit. In werklikheid is dit steeds Jesus wat in ons en deur ons lewe wat die werk doen.

Ons is dus die instrumente waardeur Hy sy volkome verlossingswerk doen. Hy het nog nooit opgehou om juis dit te doen waarvoor Hy gekom het nie. Hy doen dit egter deur ons. Ons is sy instrumente. Ons bring die woord na ‘n ongeredde. Hy hoor die woord, hy glo, en hy word gered. Die eerste deel van die verlossingswerk van Jesus is afgehandel. Nou deel ons met die persoon oor die verlossingswerk van genesing, hy hoor die woord, hy glo, ons spreek genesing oor sy liggaam, hy word gesond. Ons leer Hom die woord en beloftes van God, hy glo dit en al die seëninge en al die beloftes van God word sy deel. Die verlossingswerk van Jesus in sy totaliteit funksioneer op hierdie manier. In werklikheid kan ons ast’ware dieselfde wat Jesus oor Homself in Lukas 4:18-19 gesê, ook van onsself sê:

Die Gees van die Here is op my, omdat Hy my gesalf het om (in die Naam van Jesus), die evangelie aan die armes te bring. Hy het my gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenis vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

Dit is die gawes van die Gees en ons doen dit deur die Heilige Gees net soos wat Jesus dit gedoen het. Hy is die seun van God. Ons is die seuns van God.

As ons sê dat die Heilige Gees gawes nie meer vir vandag is nie dan vat ons weg van die verlossingswerk wat Jesus gedoen. Ons kan nie iets van die woord van God wegvat nie. Dit bly die waarheid maak nie saak hoe ons glo of voel nie. Ons kan netsowel sê dat Jesus nie meer sonde vergewe nie. Dit was net vir die Nuwe-Testamentiese mense bedoel. Nie vir ons nie. Dit sou egter ’n leuen wees net soos wat dit ’n leuen is om te sê dat Jesus nie meer genees nie. Die woord van God sal vasstaan tot in ewigheid. Ons kan dit nie verander of ongedaan maak nie. Die gawes van die Gees kan nie ophou nie omdat dit God se instrument is om die volkome verlossingswerk van Jesus tot uitvoering te bring in elke mens se lewe.

HOOFSTUK 10

INLEIDING TOT BYBEL GEFUNDEERDE LEIERSKAP

Om die interaksie tussen verskillende funksies en bedieninge in die huiskerk gemeente duidelik te ontleed en te beskryf, gaan ek eerstens net ‘n inleiding van Bybel gefundeerde leierskap en dan weer Bybel gefundeerde besluitneming in die huiskerk behandel. Daarna kan ek leierskap in die kerk baie meer doeltreffend en breedvoerig behandel.

Hoe word leierskap prakties uitgeleef in huiskerke?

Die woord leier of leiers kom net vyf keer voor in die Nuwe Testament:

Matt 15:14

Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal al twee in die sloot val.

Matt 23:16

Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel – dit is niks nie…

Matt 23:24

Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!

Lukas 22:25-26

En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem. Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie ‘n leier is soos een wat dien.

Hierdie verwysing na ’n leier in Lukas 22 is die enigste verwysing na leiers in die kerk. Dit sê egter dat ’n leier moet dien. Hy moenie optree soos leiers in die wêreld nie.

Hand 1:16

Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het.

Die vyfde verwysing met betrekking tot Judas (Hand 1:16) is ‘n negatiewe verwysing maar tog nie relevant in hierdie verband nie. Hy was maar net die soldate se “leier” met die bedoeling om Jesus te verraai. Die eerste vier verwysings is alles die woorde van Jesus. Hy het dit elke keer in ‘n negatiewe konteks gerig aan die leiers van die Joodse godsdiens, die skrifgeleerdes en die fariseërs. Daar was nooit ‘n positiewe verwysing na “leiers” nie. Dit was gerig aan mense wat deur Jesus veroordeel is (Lees Matt 23). Hy het hulle aan die kaak kom stel. Hulle was die verdedigers van ‘n geloof wat God nie ingestel het nie. Hulle was ook, as leiers van hierdie geloof, nie deur God aangestel nie. Fariseërs en Sadduseërs was nie God ingestelde posisies nie. Hierdie posisies was instellings van die Joodse volk. Dit is hoekom Hy so kras met hulle was. Sy oordeel teenoor hulle was fel en sonder enige genade. Hy het hulle val profeties en persoonlik aan hulle bekendgemaak het. Jesus het in vers 35 van Matt 23 die bloed vanaf die regverdige Abel tot die bloed van die profeet Sagaria teen hulle gehou en in vers 38 voorspel dat hulle huis vir hulle woes gelaat sou word, wat dan ook in 70 NC so gebeur het:

The Sadducees: During the time of Christ and the New Testament era, the Sadducees were aristocrats. They tended to be wealthy and held powerful positions, including that of chief priests and high priest, and they held the majority of the 70 seats of the ruling council called the Sanhedrin. They worked hard to keep the peace by agreeing with the decisions of Rome (Israel at this time was under Roman control), and they seemed to be more concerned with politics than religion. Because they were accommodating to Rome and were the wealthy upper class, they did not relate well to the common man, nor did the common man hold them in high opinion. The common man related better to those who belonged to the party of the Pharisees. Though the Sadducees held the majority of seats in the Sanhedrin, history indicates that much of the time they had to go along with the ideas of the Pharisaic minority, because the Pharisees were popular with the masses.

Religiously, the Sadducees were more conservative in one main area of doctrine. The Pharisees gave oral tradition equal authority to the written Word of God, while the Sadducees considered only the written Word to be from God. The Sadducees preserved the authority of the written Word of God, especially the books of Moses (Genesis through Deuteronomy). While they could be commended for this, they definitely were not perfect in their doctrinal views. The following is a brief list of beliefs they held that contradict Scripture:

1. They were extremely self-sufficient to the point of denying God’s involvement in everyday life.

2. They denied any resurrection of the dead.

3. They denied any afterlife, holding that the soul perished at death, and therefore denying any penalty or reward after the earthly life.

4. They denied the existence of a spiritual world, i.e., angels and demons.

Because the Sadducees were more concerned with politics than religion, they were unconcerned with Jesus until they became afraid He might bring unwanted Roman attention. It was at this point that the Sadducees and Pharisees united and conspired to put Christ to death.

The Sadducees ceased to exist in A.D. 70. Since this party existed because of their political and priestly ties, when Rome destroyed Jerusalem and the temple in A.D. 70, the Sadducees were also destroyed.

The Pharisees: In contrast to the Sadducees, the Pharisees were mostly middle-class businessmen, and therefore were in contact with the common man. The Pharisees were held in much higher esteem by the common man than the Sadducees. Though they were a minority in the Sanhedrin and held a minority number of positions as priests, they seemed to control the decision making of the Sanhedrin far more than the Sadducees did, again because they had the support of the people.

Religiously, they accepted the written Word as inspired by God. At the time of Christ’s earthly ministry, this would have been what is now our Old Testament. But they also gave equal authority to oral tradition and attempted to defend this position by saying it went all the way back to Moses. Evolving over the centuries, these traditions added to God’s Word, which is forbidden (Deuteronomy 4:2), and the Pharisees sought to strictly obey these traditions along with the Old Testament. The Gospels abound with examples of the Pharisees treating these traditions as equal to God’s Word (Matthew 9:1415:1-923:5;23:1623Mark 7:1-23Luke 11:42). However, they did remain true to God’s Word in reference to certain other important doctrines. In contrast to the Sadducees, they believed the following:

1. They believed that God controlled all things, yet decisions made by individuals also contributed to the course of a person’s life.

2. They believed in the resurrection of the dead.

3. They believed in an afterlife, with appropriate reward and punishment on an individual basis.

4. They believed in the existence of angels and demons.

Though the Pharisees were rivals of the Sadducees, they managed to set aside their differences on one occasion—the trial of Christ. It was at this point that the Sadducees and Pharisees united to put Christ to death.

While the Sadducees ceased to exist after the destruction of Jerusalem, the Pharisees, who were more concerned with religion than politics, continued to exist. In fact, the Pharisees were against the rebellion that brought on Jerusalem’s destruction in A.D. 70, and they were the first to make peace with the Romans afterward. The Pharisees were also responsible for the compilation of the Mishnah, an important document with reference to the continuation of Judaism beyond the destruction of the temple.

Both the Pharisees and the Sadducees earned numerous rebukes from Jesus. Perhaps the best lesson we can learn from the Pharisees and Sadducees is to not be like them. Unlike the Sadducees, we are to believe everything the Bible says, including the miraculous and the afterlife. Unlike the Pharisees, we are not to treat traditions as having equal authority as Scripture, and we are not to allow our relationship with God to be reduced to a legalistic list of rules and rituals.

– http://www.gotquestions.org/Sadducees-Pharisees.html

In 132 NC het die Romeine Jerusalem finaal vernietig en alle Jode uit die Bybel stad verjaag. Nie ’n enkele Jood is toegelaat om in die stad agter te bly of dit te besoek nie. Die Romeine het die stad later weer herbou en dit met Romeinse burgers bevolk. Die naam is verander na “Aelia Capitolina” soos wat dit vir honderde jare bekend was. Dit was later weer vernoem maar het uiteindelik eers honderde jare later weer as Jerusalem bekend gestaan.

Ons kan sien uit die Skrifgedeeltes en die gebeure daarna, soos Jesus voorspel het, dat Jesus die wêreld se leierskap sisteem veroordeel. Veral in die kerk. Dit is nie in lyn met wat God vir die wêreld of vir sy kerk wil hê nie. Ons weet almal van die ongeregtighede en ongerymdhede wat hierdie sisteem verteenwoordig. Die geskiedenis van die Katolieke kerk is die bewys daarvan.

Daar was geen verskil tussen die metode van heerskappy van die Romeinse ryk en die van die kerk nie. Inteendeel, daar was periodes waar die Romeinse keisers prakties die hoof van die staat en die kerk was en weer periodes waar die biskoppe van sekere stede en streke en ook die Pous prakties die kerk en die staat beheer het. So vermeng was die staat en die kerk en hulle leiers, dat mense na albei opgesien het vir leiding, en ons praat nie net van geestelike leiding nie. Politieke motivering, politieke misbruik en politieke korrupsie was net so aan die orde van die dag in die kerk as in die staat.

Om leierskap volgens wêreld sisteme beter te verstaan moet ons weet waar dit vandaan kom. Wie het dit ingestel? Hoekom is dit ingestel? Om dit te doen, moet ons teruggaan tot in die boek van Genesis. Kom ons kyk ‘n bietjie wie was die eerste leier in die geskiedenis van die mensdom. Dit is dan ook waar leierskap vandaan kom. Ons lees daarvan in Gen 10:8-10

Kus was ook die vader van Nimrod. Hý het begin om ‘n geweldenaar op aarde te wees. Hy was ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die Here. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die Here. En die begin van sy ryk was Babel, en Ereg, en Akkad en Kalne in die land Sínear.

Nimrod, Noag se kleinkind, was volgens oorlewering die eerste koning in die geskiedenis van die mens. Die gedeelte in Genesis bevestig dit. Hierdie gedeelte in Genesis is die eerste verwysing na ‘n mens wat heers oor ‘n ryk. Voor hom het die mense (Vanaf Adam tot Nimrod – vir ongeveer 1800 jaar) sonder leierskap en konings gelewe. Hy was ‘n magtige man en hy het sy ryk later nog verder uitgebou as dit wat ons van gelees het. Nimrod was ‘n geweldenaar en ‘n heiden. Volgens oorlewering het hy ‘n wroeging oor die water vloed gehad in die dae van sy oupa en wou hy homself teen God wreek. Dit was juis hy wat die bou van die toring van Babel gemotiveer en beplan het.

Sy naam beteken “ons sal rebelleer” en dit wil ook lyk dat dit presies is wat hy gedoen het. As gevolg van sy invloed het die nasies teen God gerebelleer. Hulle het hulle koning gedien en het magtige nasies geword. Hulle was toe steeds een volk met een taal. Hulle het waarskynlik later meer as een koning gehad. Hierdie konings was volgens oorlewering soos gode behandel. Van hulle is as twee-derdes god en een-derde mens beskou.

Uiteindelik het dié heiden nasies besluit om saam te kom en op een plek te bly. Hulle het besluit om ‘n groot stad te bou met ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik. Die fondasies van die toring was ook so gebou dat geen vloedwater by die mure kon inkom nie presies soos Nimrod dit beplan het. Dit is hier waar God ingegryp het. Die mens het leiers gekies om hulle te lei soos gode, daarom die verheffing tot aanbiddings status. Hulle het met die bou van die stad en die toring van Babel in werklikheid saamgestaan teen die Allerhoogste. Hulle het allerhande planne teen Hom gesmee en ons lees daarvan in Gen 11:5-9

Toe daal die Here neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het. En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie. So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou. Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi.

Voor Nimrod was daar net een persoon wat homself aangestel het as ‘n leier. Dit was die duiwel toe hy homself, in sy hoogmoed, verhoog het om gelyk aan God te probeer wees. Ons lees daarvan in Jesaja 14:13-14

En jý het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

Uit bogenoemde gedeelte kan ons sien dat leierskap van die mens kom, nie van God nie, maar ons kan ook sien wie dit georkestreer het. Die duiwel het korrupte leiers nodig om sy koninkryk vir hom te bestuur. Hierdie tipe leierskap was dan die begin van die wêreld sisteem wat Jesus van gepraat het. Die duiwel plaas en gebruik invloedryke mense, wat natuurlik verblind is, in posisies in sy koninkryk om sy wil te doen.

Daarenteen het God, deur Jesus, ‘n koninkryk hier op aarde kom vestig met net een leier, Jesus self. Hy gaan egter verder en plaas daardie koninkryk in die hande van gewone mense, gevul met die Heilige Gees, om sy wil uit te voer hier op aarde. Hy delegeer sy mag en outoriteit aan hulle.

Ook in Israel, voor die instelling van die monargie, was God die enigste ware of posisionele leier. Israel wou egter soos die ander heidense volke wat om hulle gewoon het, ook ‘n koning hê. God het dit teen sy sin toegelaat want hy het geweet wat die gevolge daarvan sou wees. Maar Hy sou die versoek van die volk egter ook tot verheerliking van sy Naam gebruik, met die oog op Jesus wat die Koning van die koninkryk van God sou word.

Sien 1 Samuel 8:6-22

Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons ’n koning om ons te rig, en Samuel het tot die Here gebid. Toe sê die Here vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie. Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het — so doen hulle ook met jou. Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer. Samuel het toe al die woorde van die Here oorgebring aan die volk wat ’n koning van hom gevra het. En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop; en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak. Ook julle dogters sal hy neem as salf mengsters en as kooksters en baksters. En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee. En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee. En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik. Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees. En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die Here sal julle in dié dag nie verhoor nie. Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ’n koning oor ons wees, dat ons ook kan wees soos al die nasies – dat ons koning ons kan rig en voor ons uitrek en ons oorloë voer. En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van die Here uitgespreek. En toe sê die Here vir Samuel: Luister na hulle en stel ’n koning oor hulle aan…

Hier sien ons baie duidelik dat as God nie meer die leier is nie maar die mense koning die leier is, sal dit nie meer so goed gaan met die volk nie. Tot op daardie stadium was God die leier en het Hy funksionele leiers (rigters, priesters en profete) gebruik om sy wil en sy woord aan die volk oor te dra. Dit is wat die verskil tussen rigters en konings was. Rigters was net rigting aanduiders. Hulle was net mondstukke om die wil van God en die woord van God aan die volk oor te dra. Hulle het nie die land regeer nie. Hulle het nie dieselfde regte as ‘n koning gehad nie. Hulle het net bepaalde funksies in bepaalde tye uitgevoer en was net instrumente in God se hand. Hulle rol en funksie het definitief totaal van die konings van volke rondom Israel verskil. Dit is vir hierdie rede dat die Israelitiese volk aangedring het om ook ’n koning te hê soos die volke om hulle.

Die koning was ‘n posisionele leier wat besluite geneem het en wat aktief gesag oor die volk uitgeoefen het. Sy woord was wet en sy bevele moes uitgevoer het. Reg of verkeerd. Die volk het geen seggenskap gehad nie maar besluite is deur die koning geneem en op die volk afgeforseer. Daarteenoor was die priesters, profete en die rigters net mondstukke waardeur God self die volk regeer het. Hulle kon nie gesag uitoefen oor die volk nie en kon deur die volk geïgnoreer word as hulle wou. Hulle het nie die besluite geneem en dit ook nie op die volk afgeforseer nie. God het die besluite geneem. Hy was die Koning van Israel tot op hierdie dag, die dag toe die volk ‘n mense koning wou hê.

Van die Konings wat oor Israel geheers het was goeie konings soos Dawid, Salomo, Asa, Josafat en Josia. Ander was slegte konings soos Jerobeam, Rehabeam, Agab en Abia. Die volk het met tye swaar gebuk gegaan onder hierdie konings. Van hierdie konings was die boosheid van self wat presies gedoen het waarteen God gewaarsku het en nog erger. Dit is egter wat die volk wou gehad het en hulle moes maar die wrange vrugte daarvan pluk.

Leierskap volgens die wêreld se sisteme is altyd menslike instellings en kom nie van God af nie. Hy aanvaar dit egter altyd omdat hy die mens in beheer van die aarde en die wêreld gemaak het. Hy het sy mag op aarde aan die kerk gedelegeer:

Ef. 1:20-24

wat Hy (Vader) gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Hier sien ons dat die Vader alles aan Jesus onderwerp het. Sy heerskappy is oor alles en almal. Tog het Hy sy heerskappy oor die aarde aan sy kerk gedelegeer. Ons het die reg en die outoriteit om op aarde te heers. Ons is konings en priesters van God hier op aarde (Wat ons op die aarde bind sal in die hemel gebonde wees en ontbind sal ontbonde wees). Dit is waar die titel “konings” vandaan kom. Ons is aangestel om nou op aarde te heers as konings en priesters van God.

Selfs die leierskap struktuur volgens wêreld sisteme wat deur die Katolieke kerk in die kerk van God ingestel is, het Hy aanvaar net soos wat Hy dit aanvaar het toe die Israelitiese volk ‘n koning wou gehad het. Dit het net soveel rampe en ellende in die kerk veroorsaak en die kerk pluk al jare lank die wrange vrugte daarvan. Dit is nie wat Jesus ingestel het nie, dit is wat die kerk ingestel het en God het dit so aanvaar. Inteendeel, God aanvaar alles wat die mens instel, goed of sleg, mooi of lelik. “Wat julle op die aarde bind sal in die hemel gebonde wees. Wat julle op die aarde ontbind sal in die hemel ontbonde wees”. Dit is die wet van delegasie.

Die wet van delegasie plaas die verantwoordelikheid eintlik op ons. “The ball is in our court”. As iets verkeerd loop moet óns die blaam daarvoor dra. Ons kan God nie beskuldig vir alles wat verkeerd loop nie. Alle negatiewe dinge in die kerk moet voor ons deur gelê word. Jesus het die volle prys betaal en die mens volkome verlos. Alles wat jy van God verlang of wat jy nodig het, het Jesus 2000 jaar gelede reeds vir jou gedoen. Hy kan niks meer vir jou doen nie, want Hy het reeds alles gedoen.

Sy kant is skoon. Dit is elke mens se werk om Jesus so gou as moontlik aan te neem as sy verlosser, sy woord te leer, sy koninkryk beginsels te leer, en gehoorsaam alles te doen wat Hy van ons verlang. Dit is ons werk. As ons dit nie doen nie gaan ons spykers optel. Ons gaan beroof word, ons gaan aan siektes doodgaan. Negatiewe dinge gaan met ons gebeur.

God staan en toekyk en Hy is daar in ons midde om ons kragtig te ondersteun terwyl al hierdie negatiewe goed met ons gebeur. Ons vra hoekom laat Hy dit toe? Waar was Hy toe dit gebeur het? Nee, ons vra die verkeerde vrae want dit wat gebeur het moes jy as mens voorkom het deur sy koninkryk beginsels in jou lewe toe te pas, volgens sy woord. Hy kan vir jou niks meer doen as wat Hy reeds gedoen het nie. Hy het alles gedoen. Al sy seëninge, beskerming, voorsiening, genesing en verlossing is alles joune. Dit is tot jou beskikking elke dag van jou lewe. Sy beloftes is ja en amen tot verheerliking van sy Naam in ons. Jy het oorwinning in elke area van jou lewe tot in ewigheid. Daar is geen “maars” nie. Ons moet net in geloof in sy voorsiening in “plug” dan vloei dit deur na ons toe.

As ons dit egter nie toepas in ons lewens nie, vir watter rede ook al, dan laat Hy al hierdie dinge toe want Hy kan nie anders nie. Hy het die heerskappy aan ons teruggegee toe Hy die duiwel oorwin het. Sy outoriteit is aan ons gedelegeer. Om dit te illustreer wil ek u van ‘n voorval in Kenneth Hagin sr. se lewe vertel:

Onse Here Jesus het ‘n paar keer aan hom verskyn toe hy nog geleef het. Jesus het eenkeer aan hom verskyn in die kombuis van een van sy kollegas. Hulle was besig om te bid om die kombuistafel toe hy skielik bewus geword het van ‘n wolk van heerlikheid wat hom omsluit het. Alle ander goed om hom het vervaag en hy kon die mense om hom nie meer sien of hoor nie.

Hy was net bewus van Jesus wat voor hom gestaan het. Jesus het hom begin leer hoe demoniese aktiwiteite werk en hoe ons as kinders van God oorwinning en outoriteit oor hulle moet neem. Kenneth het begin notas neem van Jesus se lering. Toe het daar ‘n snaakse ding gebeur. ‘n Demoon wat soos ‘n bobbejaan lyk het skielik tussen hom en Jesus inbeweeg. Hy het na Kenneth gekyk en aanhoudend die woorde “Ya-ke-te-yak” gesê. Intussen het daar ook ‘n donker wolk om hulle (Kenneth en die demoon) begin vorm en hy kon Jesus later nie meer sien nie. Hy kon wel nog vir Jesus hoor praat maar kon nie uitmaak wat Hy sê terwyl die demoon aangehou het om “Ya-ke-te-yak” te sê nie. Kenneth het ongeduldig begin word en gewonder hoekom Jesus niks daaraan doen nie. “Kan Hy nie sien wat gebeur nie?” het hy gedink. Deurentyd het hy net die onverstaanbare gedreun van Jesus se stem in die agtergrond gehoor. Kenneth kon dit nie meer vat nie en hy het ongeduldig vir die demoon, in die naam van Jesus, beveel om op te hou.

“In Jesus’ Name, stop that!” het hy geuiter. Die demoon het onmiddellik teen die grond geval en verskrik gelê en bewe. Die donker wolk was weg en hy kon Jesus weer voor hom sien staan en hoor wat Hy sê. Kenneth sê Jesus se volgende woorde was vir hom ‘n baie groot openbaring en ek moet erken, vir my ook: “Jy weet natuurlik dat as jy hom nie gestop het nie, Ek niks daaraan kon doen nie”.

Jesus het voortgegaan en vir Kenneth die mag van delegasie verduidelik. Dit kom daarop neer dat Jesus die aarde onder die mens se heerskappy geplaas het. Hy het sý mag en outoriteit aan ons (die kerk en sy kinders) gedelegeer en ons is in beheer. Wat ons op aarde bind, sal in die hemel gebonde wees. Wat ons op aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Dit is hoe dit is. Dit beteken nie Jesus het nie krag op aarde nie. Nee, dit beteken God kan net optree volgens die outoriteit wat ons toepas in ons lewens en op aarde. God het ons teruggegee wat Adam verloor het. En dit is hoe Jesus “toegelaat” het dat die kerk ‘n instelling geword het. Hy kon dit nie keer nie. Dit was nie sy wil nie maar dit is wat die kerk jare terug besluit het om te doen.

Hy is egter nie van plan om dit so te los nie. Hy bly die enigste ware posisionele leier van die kerk en deur sy kerk sal Hy ook die volmaakte struktuur in sy kerk vestig soos wat Hy dit aanvanklik bestem het en ingestel het. Hy sal weer mense kry wat sy wil in sy kerk sal doen (die regte dinge bind en die regte dinge ontbind – Hy kan dit nie sonder ons doen nie).

Die monargie van die Israelitiese staat bestaan nie meer vandag nie. Die enigste ware koningskap is die koningskap van Jesus Christus en die enigste ware koninkryk is die koninkryk van God. Die enigste ware posisionele leier of Hoof van die kerk wat deur God aangestel is, is Jesus Christus, die Seun van God.

Wat Jesus in die kerk gegee het was funksionele leiers. Hulle was nie in posisies aangestel nie en het geen seggenskap oor gemeentelede of ander kinders van God gehad nie. Hulle kon niks op die gemeente afdwing nie en het bloot net hulle funksies in die liggaam van Christus uitgevoer, hetsy in die samekoms of in die daaglikse interaksie met mekaar.

In die Nuwe Testament was ‘n gemeente die lede van die huiskerk gemeenskap van die betrokke dorp. Dit sluit al die huiskerke in en dit sluit al hulle interaksie met mekaar in. So was daar dan byvoorbeeld die gemeente van “Korinte”. Hoewel hulle uit ‘n hele klomp klein huis gemeentes bestaan het, was na hulle almal spesifiek na die naam van die dorp as gemeentes verwys. Die grootste gedeelte van hul interaksie het natuurlik buite die samekomste plaasgevind.

Paulus praat van die vyfvoudige bediening in Ef. 4:11, 12

En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus.

Jesus het hierdie mense gegee vir die kerk. Hulle is nooit deur enige persoon in die Nuwe Testament aangestel nie. Daar was geen seremoniële ordinasie van kerkleiers nie. Daar was geen kerkleier aangestel in ‘n posisie (office) nie. Jesus het bloot die vyfvoudige bediening gegee om ‘n funksie in die kerk uit te voer. Hierdie funksie was om die liggaam van Christus op te bou en die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk. In die Nuwe-Testamentiese kerk, in die gemeentes, het die heiliges (die mense) die werk gedoen. Nie die pastore en die dominees nie. Ons noem dit die dienswerk van die heiliges. Hulle was nie passiewe lidmate van ‘n gemeente wat Sondae die kerkbanke warm gesit het nie. Hulle wás die kerk en het van Maandag tot Sondag hulle dienswerk in die gemeente (gemeenskap) van die liggaam van Christus uitgevoer.

Soos ek reeds vroeër verduidelik het staan die Nuwe-Testamentiese kerk op twee bene: Byeenkomste (gawes van die Gees) en gedeelde gemeenskapslewe (interaksie buite die samekomste).

Die vyfvoudige bediening se taak is om die gemeente lede toe te rus om hierdie twee fasette doeltreffend uit te voer. Hulle het tussen die huis gemeentes beweeg en hulle geleer en gewys hoe om dit uit te voer. Hulle het nie die gemeentes toegerus deur leiding te neem nie. Hulle het die gemeentes toegerus deur hulle te wys wat hulle moet doen en hoe hulle dit moet doen. Die fokus was dus op die werk of die funksie wat uitgevoer moet word en nie die posisie nie.

Daar word dus ’n hoë premie geplaas op die geestelike volwassenheid van die gemeente lede, unieke talente en gawes van die lede en die onselfsugtige diens wat elkeen bereid is om aan die ander te lewer.

Die vyfvoudige bediening was in die Nuwe-Testamentiese kerk nooit deel van die gemeentes nie maar besoekende “opleiers” of “fasiliteerders”. Om dít te ontleed sodat U dit beter kan verstaan wil ek dit ietwat tegnies aan U oordra:

Die vyfvoudige bedieninge in die liggaam van Christus

Die vyfvoudige bediening funksioneer in die liggaam van Christus. Hulle is gewoonlik nie deel van die gemeentes waar hulle besoek nie. Hulle staan hoofsaaklik buite die gemeente maar vervul die grootse gedeelte van hul bediening binne die gemeente. Die geestelike gawes manifesteer oor die algemeen met ‘n groter salwing in hul lewens as in die geval van die gemeentelede. Daar is ook verskillende vlakke van salwing in hul lewens teenwoordig.

Die vyfvoudige bediening besoek gemeentes om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk en hierdie besoeke fokus nie net op die “byeenkomste” nie maar ook op die “gedeelde gemeenskapslewe” van die gemeentes. In die byeenkomste opset kyk hulle wat aangaan en hoe word die byeenkomste gehou. As daar handelinge en aktiwiteite uitgevoer word wat nie kenmerkend van die aard en struktuur van die huiskerk is nie word dit aangespreek. Hulle gee nie instruksies nie maar plaas die hele gemeente se aandag op wat gedoen moet word en hoe dit gedoen moet word. As hulle afwykings identifiseer dra hulle dit aan die gemeente oor. Die gemeente moet self besluit hoe hulle die afwykings gaan regstel. Dit word oor die algemeen deur middel van konsensus gedoen.

In die daaglikse gedeelde gemeenskapslewe van die gemeente kyk hulle na die manier wat die gemeentelede lewe. Is daar interaksie met mekaar? Dien hulle mekaar? Maak hulle bemoeienis met mekaar? Leer hulle mekaar? Vermaan hulle mekaar? Die vyfvoudige bedienaar wys die gemeente prakties hoe hierdie goed alles gedoen moet word. Dit is ’n “on-the-job training” metode wat gevolg word.

Die vyfvoudige bedienaars is dus “streek bedienaars”. Hulle beweeg van plek tot plek.

Die apostel

Die woord apostel beteken “gestuurde”. Hy is die afgevaardigde mondstuk van die Here. Hy is getuur om ’n werk vir die Here te doen. Hy is ook ’n gestuurde vanaf die gemeente waar hy toegerus en ontwikkel is. Hulle stuur hom om die werk waarvoor God hom geroep het te gaan uitvoer. Hulle stuur hom omdat hy deur God gestuur is. Sy taak is om ’n gemeente of ’n gemeenskap van heiliges te gaan plant waar God dit geplant wil hê.

Dit is belangrik om te weet dat ware Bybel gefundeerde apostels nie funksioneer soos die apostels wat ons vandag in die institusionele kerk sien nie. Die apostel plant nie institusionele kerke of denominasies nie. Apostels plant lewende organiese gemeentes of gemeenskappe wat Jesus as die hoeksteen en fondasie van hulle geloof omhels. Hulle onderwerp hulle aan Hom as die Hoof van hulle gemeente. Sy geskenk aan die gemeente is die gemeenskap van die liggaam van Christus. Hy leer hulle hoe om ’n gemeenskaplike liefdes verhouding met Jesus te leef en hoe om Hom te aanbid deur ’n toegewyde aanbiddings lewe. Hy leer hulle hoe om daagliks met Jesus en met mekaar te “fellowship”. Hy leer hulle hoe om te sing, hoe om bymekaar te kom en hoe om die gedeelde gemeenskapslewe as ’n permanente leefwyse te omhels. Hy leer hulle hoe om deur die inwonende Jesus te leef. Die fokus is om elke gemeenskap te leer hoe om die lewende Jesus Christus toe te laat om in hulle en deur hulle te leef.

Die apostel funksioneer in al vyf die bedieninge. Hy gaan uit en plant nuwe gemeentes. In die samekomste en ook in die daaglikse interaksie met mekaar funksioneer nie net die vyfvoudige bediening deur hom nie maar ook die gawes van die Gees. Hy leer die basiese beginsels van die koninkryk van God aan die gemeentelede. Hy begin by die onvervalste melk van die woord van God en gaan daarna oor na die vaste spys van die woord van God. Hierdie woord is egter nie in die vorm van preke op Sondae nie. Dit vind buite die byeenkomste plaas soos in spesiale lering sessies en ook een-op-een kommunikasie. Hy maak seker dat die fondament van die woord van God reg gelê word in die gemeente.

Ek wil net noem dat daar hoofsaaklik vier soorte apostels in die kerk is:

Die Apostel Jesus, Heb. 3:1 – Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus – Jesus, is dus die werklike en die eerste vlak Apostel van die kerk. Die fundamentele hoeksteen van die fondasie van die kerk. Hy het nie net die eerste “gemeente” (12 dissipels met nog ‘n paar ander mans en vrouens) geplant nie maar die kerk op aarde kom plant! Die kerk is ‘n lewende organisme en moet “geplant” word soos ‘n lewende plant. Hy het lewe gegee aan die kerk. Die kerk is uit Hom gebore soos Eva uit Adam uit.

Apostels van die Lam, Op 21:14 – En die muur van die stad het 12 fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam – Jesus se 12 dissipels was die tweede vlak apostels. Die Bybel noem hulle die apostels van die Lam. Hulle was deur Jesus persoonlik geroep en hulle was ooggetuies van Jesus se bediening op aarde en ook van sy kruisiging en opstanding. Dit was ‘n vereiste en daarom kon Paulus nie vir Judas vervang het nie. Paulus was nie ‘n ooggetuie van Jesus se bediening op aarde, kruisiging en opstanding nie. Inteendeel, niemand kan ooit deel van hierdie vlak apostels word as gevolg van die genoemde vereiste nie.

Sien Hand 1:20- 22

Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat ‘n ander een sy opsienersamp (Judas) neem. Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in- en uitgegaan het, van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is – van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding). Uiteindelik is Matthias in Judas se plek gekies omdat hy ‘n ooggetuie van alles was. Die apostels het nie ‘n fout gemaak nie. Matthias was verordineer om die 12de apostel te wees. Die twaalf apostel van die Lam was soos Jesus fundamentele apostels wat saam met Hom die fondasie kom lê het van die kerk. Daarom is hul name op die 12 fondamente van die stad van God geskryf.

Ander Fundamentele apostels, Rom 1:1 – Paulus, ‘n dienskneg van Jesus Christus, ‘n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God – Dit is dan ‘n derde vlak apostels wat óók fundamentele apostels was. Hulle was onder andere Paulus, wat ook die apostel van die heidene genoem is, en Jakobus, die broer van die Here, en nog ander soos Markus en Lukas. Hulle het saam met die 12 apostels van die Lam nog fundamentele apostoliese werk in die kerk gedoen.

Hulle word gekenmerk deur die fundamentele beginsels wat hulle in die kerk geïmplementeer het asook die Nuwe-Testamentiese boeke wat hulle geskryf het. Hierdie boeke is grondliggende geskrifte of fundamentele geskrifte wat ‘n fondasie vir die jong kerk moes neerlê. Soos met die eerste vlak en die tweede vlak apostels kan niemand vandag deel van hierdie vlak apostels word nie. Die fundamentele beginsels, leerstellings en waarhede is aan die res van die kerk geleer. Dit moes ook vir alle eeue beskikbaar gemaak word deur die skryf van die sendbriewe. Daarmee is dit vir ons almal moontlik gemaak om die woord van God te kan lees en te kan hoor. Spesifiek die woord van God met betrekking tot gemeente lewe en die leefwyse van die “Ekklesia”, die familie van God. Dit het nie net daar by die apostels gebly nie maar is oorgedra na al die geslagte wat sou kom. Daar is dus nie vandag meer fundamentele apostels nodig in die kerk nie, want hierdie fondasie is klaar gelê.

Nie-fundamentele apostels, 1 Kor. 4:4-9, 2 Kor. 8:23, Fil. 2:25 – Apostels in die Nuwe Testament wat nie fundamentele apostels was nie maar gefunksioneer het volgens die fondasie wat die fundamentele apostels neergelê het, is die vierde vlak apostels. Apollos, Titus, Épafras, Timotheus, Silas en Barnabas en nog ander Nuwe-Testamentiese apostels was deel van hierdie groep. Waarskynlik ook Gajus, Aristárchus, Secúndus, Tíchikus, Trófimus en Sópater omdat Paulus hulle in Éfese toegerus het vir die apostoliese bediening. Ons hedendaagse apostels val ook onder hierdie vlak apostels. Hulle gaan lê die fondasie op plekke waar die woord van God nog nie gehoor is nie volgens die fondasie wat Jesus en die fundamentele apostels gelê het. Hulle ken die woord, hulle ken die fondasie en hulle lê die grondslag van die evangelie volgens daardie fondasie waar hulle ook al uitreik, bedien of gemeentes plant. Hulle het nie nuwe beginsels of nuwe leringe of fondasies nie.

Dit is die enigste verskil tussen ‘n hedendaagse apostel en ‘n fundamentele apostel. Hulle bedienings funksie en bedienings kenmerke is andersins presies dieselfde. Toe Paulus klaar die openbarings van Jesus ontvang het en die woord van Jesus, nie net in die kerk geïmplementeer het nie maar ook op Skrif verewig het, was sy funksie as ‘n geroepe fundamentele apostel afgehandel. Hy het daarna, soos ook al die ander fundamentele apostels, vir alle praktiese doeleindes verder soos ‘n hedendaagse apostel gefunksioneer.

Hedendaagse apostels hou en volhard by die leer van die eerste apostels volgens Hand 2:42

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.

Hedendaagse apostels plant huiskerk gemeentes en gemeenskappe en hy lê daardie selfde fondasie sodat die gemeente van God kan bly staan as die leraars en die profete en ander vyfvoudige bedienaars daarop kom bou. Hulle bou dan ook goed en reg as die fondasie reg gelê is. Apostels se werk word getoets. As dit hooi en stoppels was dan gaan dit nie bly staan as die beproewinge, vervolgings en krisisse kom nie. Die gemeente gaan nie bly staan nie en daarom gaan dit die kwaliteit van sy werk openbaar.

Hy leer hulle om in die Heilige Gees gedoop te word en hy leer hulle om in die gawes te funksioneer. Hy wys hulle hoe om alle probleme en krisisse die hoof te bied en hoe om gemeente aktiwiteite uit te voer. Die gemeentes en gemeentelede word geleer om mekaar te dien en die inwonende Jesus lewe te leef. Hy leer hulle hoe om oor gemeente sake te besluit en hoe om dissipline in die gemeente en in die gemeenskap te handhaaf. Hierdie besluitnemings metode of proses word “konsensus” genoem en is die Bybel gefundeerde metode van besluitneming. Dit is presies hoe Paulus ook die eerste gemeentes geleer het om besluite te neem. (Meer hieroor later)

Die apostel berei die gemeente voor vir sy vertrek tydens die laaste paar weke. Soos wat die Heilige Gees lei verlaat hy die gemeente ná die betrokke opleiding afgehandel is of die toerusting periode voltooi is. Die gemeente word net so gelaat sonder enige leier en hulle moet voortgaan om dit wat hulle geleer is uit te voer. Die apostel maak dan geen kontak met die gemeente nie en meng glad nie in met die aktiwiteite in die gemeente nie. Hy besoek die gemeente glad nie en laat net die Heilige Gees toe om die gemeente verder te ontwikkel. Baie belangrik: Hy stel geen mens aan om by hom oor te vat nie.

Tydens die planting en ontwikkelings periode het die apostel as lid van die gemeente die reg om saam met hulle besluite te neem aangaande kerksake en aktiwiteite. Na sy vertrek het hy egter geen besluitneming regte meer nie. As hy weer die gemeente besoek word hy soos enige ander besoekende bedienaar behandel. Die gemeente wat hy geplant het behoort nie aan hom nie en hy het geen seggenskap of eienaarskap daaroor nie. Net so ook enige ander besoekende bedienaar.

‘n Goeie apostel wat die regte fondasie gelê het en wat nie sy “funksie” ‘n “posisie” gemaak het nie, sal nou met ‘n geruste hart weet dat hulle vas sal staan in die geloof tydens sy afwesigheid. Hy het hulle nie afhanklik van hom gemaak nie maar van die begin af geleer om op hulle eie voete te staan. Hulle bly altyd in sy gebede terwyl hy elders ‘n nuwe gemeente plant en dieselfde proses weer herhaal.

Mettertyd, soos wat die Heilige Gees lei, sal hy ‘n leraar of ‘n profeet of ‘n herder daarheen stuur om die gemeente vir ‘n kort tydjie verder toe te rus en te bemoedig. Veral as die gemeente krisisse beleef. Die gemeente het hierdie insette van die vyfvoudige bediening nodig. Nog later, na ‘n hele paar maande of selfs jare, sal hy self vir ‘n kort tydjie besoek aflê om hulle verder toe te rus en te sien hoe dit gaan. Intussen sal die gemeente self besoekende lede van die vyfvoudige bediening vir kort periodes by hulle ontvang om die gemeente verder toe te rus. Vir alle praktiese doeleindes funksioneer so ‘n gemeente op hierdie manier vir altyd. Daar word nooit ‘n leier aangestel om die gemeente te lei nie. Selfs nie die ouderlinge wat mettertyd outomaties in die gemeente ontwikkel, neem ooit leierskap in die gemeente oor nie.

Die profeet

Die profeet besoek huiskerke orals waar die Heilige Gees hom lei. Hy bedien individue in die gemeentes maar ook die gemeente as groep profeties. Hy bedien die woord van God en spreek die woord van die Here. Hierdie woord is egter nie in die vorm van preke op Sondae nie. Dit vind buite die byeenkomste plaas soos in spesiale sessies en ook deur een-op-een kommunikasie en bediening. Die gemeente word profeties ontwikkel en hy bemoedig en versterk die gemeente in die geloof en in hulle wandel met God. Die profeet, soos die ander vyfvoudige bedienaars, word deel van die gemeente se gedeelde gemeenskapslewe vir die tydperk wat hy hulle besoek. Hierdie besoek wissel van ’n tydperk van ’n paar weke tot ’n paar maande.

As die profeet deur ’n apostel na die gemeentes van ’n spesifieke dorp gestuur word of wanneer hy die gemeentes vra of hy hulle kan besoek dan gebeur die volgende en beteken dit die volgende:

Die profeet woon die verskillende gemeente byeenkomste by. Hy funksioneer soos ’n gewone lidmaat deur die gawes van die Gees.

Hy woon die ander gemeente aktiwiteite by soos ’n gewone lid van die gemeente. Hy word deel van die alledaagse dag tot dag gedeelde gemeenskapslewe van die gemeente. Hy val basies in met wat hulle doen of waarmee hulle besig is.

Hy bedien die gemeentelede soos die Heilige Gees lei op ’n een-op-een basis.

Hy reël ’n spesiale sessie met een of meer huis gemeentes om ’n spesifieke woord of boodskap van God, vir die dorp of vir ’n spesifieke gemeente, met hulle te deel.

Hy tree die hele tyd vir die gemeentes en vir spesifieke persone in die gemeentes in by God.

Hy identifiseer probleme in die lewens van mense en in die gemeentes en bring dit onder hulle aandag.

Hy gee raad en advies oor gemeente sake en ander knelpunte. Hierdie knelpunte sal uiteraard meestal ’n profetiese grondslag hê omdat dit na aan die profeet se hart lê. Hy sal graag wil toesien dat die gemeentes en lidmate die regte visie vir die kerk nastreef.

Hy verlaat die dorp om gemeentes in ’n ander dorp te besoek en te bedien sodra die Heilige Gees dit op sy hart lê.

Die Leraar

Die leraar besoek huiskerke orals waar die Heilige Gees hom lei. Hy bedien die gemeentes vanuit ‘n lering perspektief. Hy bedien die woord van God en spreek die woord van die Here. Hierdie woord is egter nie in die vorm van preke op Sondae nie. Dit vind buite die byeenkomste plaas soos in spesiale lering sessies en ook een-op-een kommunikasie. Die primêre doel van die leraar is die lering van die volkome verlossingswerk van God (Verlossing van sonde, siekte en armoede).

Die leraar is meer ingestel om die woord van God, dit wat in die Bybel staan, met ander woorde die Bybel versies of Skrifgedeeltes, aan die gemeentes te leer. Hy leer vir die gemeente wat dit beteken en watse geestelike impak die Skrif (Woord van God) op hulle lewens het. Hy leer hulle om hierdie woord te mediteer en te leer. Hy wys hulle hoe om die woord soos bakstene in hul harte in te bou sodat dit deel van hulle hele wese word. Hierdie tipe lering is ’n beklemtoning van die woord van God en anders as die algemene simboliek georiënteerde lering waaraan ons gewoond is. Hy wat die woord van God dag en nag oordink en daarop mediteer, hy word deur daardie woord verander en hy word in sy geloof versterk.

Die “geloof beweging” wat so ’n paar jaar gelede deur Kenneth Hagin begin is was al baie keer in die loop van die jare gespot en gekritiseer oor hulle Skrifgedeeltes in die Bybel soos “papegaaie” leer. Hierdie praktyk is egter presies wat die Bybel sê ons moet doen. Daar is ’n hele klompie Skrifgedeeltes wat ons aanspoor om die woord van God dag en nag te oordink, te mediteer, op ons deurposte neer te skryf en op ons voorhoofde vas te maak en wie weet watse metodes daar nog is om die woord van God in ons harte “vas gebou” te kry.

Baie mense dink dat dit genoeg is om van Skrifgedeeltes te weet of kennis daarvan te neem. Dit is egter baie ver van die waarheid af. Jesus het gesê dat die woorde wat Hy spreek gees en lewe is. Hebreërs sê ook dat geloof deur die gehoor en die gehoor deur die woord van God kom. Hoe meer ’n mens die woord van God mediteer en leer hoe vaster word dit in jou hart “vasgemessel”. Daar gebeur iets in jou gees want hoe meer jy dit leer en mediteer hoe meer word daardie spesifieke woord deel van jou. Dit bou geloof in jou op totdat dit jou vrymaak. Die oomblik dat dit deel van jou word, word dit wonderwerkende skeppingskrag in jou gees en in jou mond en verander dit jou lewe en jou omstandighede. Dit beweeg die kind van God vanaf ’n “weet maar nie doen” gesindheid tot ’n “uitstap in die geloof” gesindheid. Daar is ’n groot verskil tussen gewone woorde soos stories en gedigte wanneer ons dit met die woord van God vergelyk. Die eerste is dooie woorde met geen inherente lewe nie. Die tweede is gees en is lewe.

Die Herder

Die herder besoek huiskerke orals waar die Heilige Gees hom lei. Hy bedien die gemeentes vanuit ‘n herders perspektief. Hy bedien die woord van God en spreek die woord van die Here. Hierdie woord is egter nie in die vorm van preke op Sondae nie. Dit vind buite die byeenkomste plaas soos in spesiale sessies en ook een-op-een kommunikasie. Die ouderlinge in die gemeente word ontwikkel en hy bemoedig en versterk die gemeente in die geloof en in hulle wandel met God. Hy stap dus ’n baie spesiale pad met die ouderlinge van die gemeentes in die spesifieke dorp.

Die volgende bedieningspunte is belangrik:

Vir die hele tydperk van sy besoek, soos die ouderlinge, hou hy toesig oor die gemeentes maar met dieselfde gesindheid as die ouderlinge. Onthou die ouderlinge is gewone lidmate van die gemeente en het nie spesiale voorregte nie.

Hy woon die ander gemeente aktiwiteite by soos ’n gewone lid van die gemeente. Hy word deel van die alledaagse dag tot dag gedeelde gemeenskapslewe van die gemeente. Hy val basies in met wat hulle doen of waarmee hulle besig is.

Hy bedien die gemeentelede soos die Heilige Gees lei op ’n een-op-een basis.

Hy reël ’n spesiale sessie met een of meer huis gemeentes om ’n spesifieke woord of boodskap van God, vir die dorp of vir ’n spesifieke gemeente, met hulle te deel.

Hy tree die hele tyd vir die gemeentes en vir spesifieke persone in die gemeentes in by God.

Hy identifiseer probleme in die lewens van mense en in die gemeentes en bring dit onder hulle aandag.

Hy gee raad en advies oor gemeente sake en ander knelpunte. Hierdie knelpunte sal uiteraard meestal sosiaal en maatskaplik van aard wees omdat die herder die fisiese welstand van gemeentelede en gemeentes op sy hart sal dra.

Hy verlaat die dorp om gemeentes in ’n ander dorp te besoek en te bedien sodra die Heilige Gees dit op sy hart lê.

Die Leraar/Herder

Daar is ‘n “skool” wat glo dat daar vyfvoudige bedienaars in die liggaam van Christus is wat in albei hierdie bedienings funksioneer. Die rede hoekom hulle so glo is omdat herders en leraars altyd naas mekaar in die Bybel genoem word met die woordjie “en” tussenin, wat hierdie standpunt dalk regverdig. Die skrywer neem geen standpunt in vir of teen hierdie oortuiging nie.

Die Evangelis

Anders as die apostel, die herder, die leraar en die profeet, funksioneer die evangelis buite die huiskerk gemeentes. In samewerking met die huiskerk gemeentes organiseer hy evangelisasie uitreikings en maak hy nuwe bekeerlinge wat by die bestaande huiskerke ingeskakel word. In ander gevalle oorhandig hy ‘n nuwe groep bekeerlinge aan ‘n apostel wat met hulle ’n nuwe gemeente sal plant, leer en ontwikkel. Evangeliste funksioneer ook net sporadies soos wat die Heilige Gees lei. Hy kan nie net aanhou nuwe bekeerlinge maak as daar nie óf apostels óf bestaande huiskerk gemeentes is om die nuwe bekeerlinge te akkommodeer nie. Dit sal in so geval geen nut hê nie.

Die fokus met betrekking tot evangelisasie in huiskerke val nie op die bekering van ’n klomp mense nie maar op die dissipelskap van mense. Die institusionele kerk is gefokus op die massa evangelisasie van mense. Vir hulle is die getalle van belang. Die huiskerk gemeenskap is gefokus op die “maak dissipels” van alle mense. Vir die huiskerk is hierdie stadiger proses nie ’n struikelblok nie wetende dat, wanneer die proses sneeubal, dit tog die uitnemender weg is. Op die lang duur is dit die vinnigste en die beste manier om die wêreld te bekeer. Die feit dat die grootste deel van die Christendom wêreldwyd in huiskerke is, is die bewys daarvan. Dissipels volg Jesus en dissipels word volwasse seuns van God. Vir die huiskerk is dit dus ’n wen-wen situasie: Kwaliteit is beter as kwantiteit maar tog word kwantiteit op die lang duur verseker.

Verskillende bedieninge binne die gemeente

Hierdie bedienaars is gewoonlik die volgende: evangelistiese gawes, profetiese gawes, leringe, herders gawes (ouderlinge), helpers, kragte, genadegawes van gesondmaking, regeringe, allerhande tale, vermaners, uitdelers, voorgangers, barmhartigheid werkers. Hierdie mense staan nie in die funksie van die vyfvoudige bediening nie maar die gawes manifesteer in hulle en die goeie werke van God voer Hy deur hulle uit in die gemeentes. Hulle is gewone gemeentelede wat in ‘n groeiproses is en van hulle sal mettertyd in die vyfvoudige bediening funksioneer. Hulle bediening funksioneer nie so seer tydens samekomste nie (behalwe vir die gawes van die Gees) maar tydens ander gemeente aktiwiteite en die daaglikse handel en wandel van die gemeente. Hierdie is die interaksie van die gemeentelede met mekaar deur die week (Gedeelde gemeenskapslewe). Baie belangrik om te weet is dat hierdie bedienings glad nie deur middel van organisasie werk nie. Hierdie aktiwiteite word glad nie gereël of georganiseer nie. Dit is ’n Jesus leef in ons bediening. Alle bediening word in die hart van Jesus in ons gebore. Die laaste hoofstuk behandel hierdie aspek volledig.

Die Gemeentelede

Soos ek reeds genoem het is die vyfvoudige bediening nie in plek geplaas om die gemeente te lei, te bestuur of te regeer nie. Die gemeente is veronderstel om op sy eie te funksioneer onder direkte leiding van Jesus Christus deur die Heilige Gees. Dit is hoe God dit bepaal het en dit is wat ons in die Nuwe-Testamentiese kerk sien.

Al die werk in die gemeente word deur die gemeentelede gedoen. Nie deur ‘n pastoor of biskop of een of ander kerkleier nie. Dit was God se plan van die begin af. Ignatius van Antiochië het die enkel leier in die Katolieke kerk aangestel in ‘n leierskap posisie soortgelyk aan die wêreld sisteme van die tyd. In die Romeinse ryk was leierskap, organisasie en bestuur alles terme en sisteme wat kenmerkend goed ontwikkeld was. Dit is hierdie omstandighede en die Romeinse kultuur en invloed wat daartoe gelei het dat die Katolieke kerk hierdie tipe leierskap in die kerk begin implementeer het. Die staat, die militêre mag en basies die hele Romeinse ryk met al sy fasette was op hierdie manier bestuur en beheer. Hoekom nie ook die kerk nie?

Die “hoof” ouderling was dus die eerste aanstelling volgens die wêreld sisteme. Stelselmatig is die werk van die gemeentelede aan hierdie hoof ouderling wat later as “biskop” bekend gestaan het, oorgedra en het die gemeente passief begin word. Dit is een van die grootste rampe wat die kerk ooit kon tref. Dit het die gawes van die Gees in die byeenkomste en die gedeelde gemeenskapslewe van die gemeentes basies laat ophou.

In God se koninkryk is almal op dieselfde vlak en het almal dieselfde geleenthede. God is nie ‘n aannemer van die persoon nie. Elkeen se funksie verskil van mekaar soos die liggaamsdele van ‘n persoon ook verskil. Ons het egter elke lid van die liggaam nodig. Die liggaam funksioneer nie reg as ons een lid behandel asof ons dit nie nodig het nie. Dit maak inteendeel die liggaam gebreklik. Hierdie verpersoonliking wat Paulus hier maak sluit elke wedergebore gemeentelid in, ongeag hoe gering hy of sy in ons oë mag lyk. Hierdie aktiwiteite of funksie van al die gemeentelede vind tydens die byeenkomste plaas en ook tydens die gedeelde gemeenskap lewe van die gemeente. (Meer hieroor later)

As ons onsself die vraag wil afvra: Wat wil God vandag in sy kerk doen? Dan is die antwoord baie duidelik:

Hy wil sterk lokale huis gemeentes bou.

Hy wil elke gemeentelid leer om in die Gees te vloei deur die inwonende Jesus lewe.

Hy wil elke gemeentelid leer om mekaar in die daaglikse lewenswandel te dien deur die liefdesdiens van Jesus in ons (Die gedeelde gemeenskapslewe).

Dit is juis tydens hierdie gemeente interaksie waar geestelike groei en ontwikkeling plaasvind omdat elke lid aktief besig is met die wil van God. Dit is ook juis die onaktiewe lewens styl van die institusionele kerk wat geestelike groei belemmer.

Die rol van die Ouderling

Voordat ons die ouderling bespreek moet ons net weer noem dat daar geen leiers in die huiskerk gemeente is nie. Nadat die apostel die grondliggende werk gedoen het en die gemeente verlaat het, word niemand in ‘n posisie of enigiets soortgelyk aangestel nie. Daar is nog geen ouderlinge in die gemeente nie en die gemeente funksioneer geheel en al alleenlik onder die leiding van die Heilige Gees.

Paulus en al die Nuwe-Testamentiese apostels wat die huiskerke geplant het, het nooit ouderlinge in gemeentes geïdentifiseer wanneer hulle die gemeente verlaat het nie. Oor ‘n onbepaalde tydperk, gewoonlik binne ’n paar jaar of vyf ontwikkel ‘n paar ouderlinge in die gemeente (Mans én vrouens). Dit is van groot belang dat die ouderlinge in die gemeente vanself ontwikkel ongeag hoe lank dit neem. Daar mag onder geen omstandighede ouderlinge van ander gemeentes “ingevoer” word na ‘n bepaalde gemeente nie. ‘n “Ingevoerde” ouderling het nie die respek van die gemeente verdien nie en word amper altyd ‘n geforseerde en posisionele aanstelling. So ‘n gemeente het onmiddellik ‘n agterstand wat die wrang vrugte daarvan sal pluk.

Deur die eeue heen het apostels by hierdie metode gehou. Ook hedendaagse apostels doen dit steeds so. Sodra ‘n apostel of enige iemand anders ‘n ouderlinge of ouderlinge aanstel is dit gewoonlik die begin van die einde vir die gemeente. So ‘n gemeente keer omtrent altyd terug na die institusionele opset en mis die Godgegewe almal deelnemende en almal funksionerende gemeenskapslewe van die ware Bybel gefundeerde huiskerk.

Van die begin af weet die ware Bybel gefundeerde ouderling dat hy in geen opsig bo die res van die gemeente verhewe is nie. Hy funksioneer absoluut tot in die fynste besonderhede soos ‘n gewone lidmaat van die gemeente.

Die ouderlinge word deur die Heilige Gees in die gemeente geplaas om ‘n toesighoudende funksie te vervul. Hulle word nooit amptelik aangestel nie en hulle beklee nie ‘n spesiale posisie in die gemeente nie. Hy of sy kan homself nie aanstel as ouderling nie en kan ook nie deur enigiemand anders aangestel word nie. Aanstelling, amp, titel of posisie noodsaak kontrole. Om die organisatoriese “status quo” wat so verkry is te handhaaf is wette, reëls en regulasies nodig. Taak omskrywings is nodig om so ’n persoon “korrek” te laat funksioneer. Dit is om hierdie rede dat God nie die ouderling of die vyfvoudige bediening in posisies aanstel nie.

Net soos die vyfvoudige bediening word hulle op dieselfde manier deur God aan die gemeente gegee as ’n geskenk vir die gemeente. Hulle taak was om die gemeente te dien. Waar die Bybel noem dat Titus ouderlinge moes aanstel, was dit dus nie posisionele aanstellings nie maar bloot ‘n funksionele aanstelling. Dit was basies net ‘n erkenning van die funksie van die ouderlinge wat reeds respek en agting in die gemeentes geniet. Die Heilige Gees rus hulle toe vir die betrokke funksie en apostoliese werkers bevestig dit net.

Die jongeres in die gemeente begin outomaties vir hierdie wyser en ouer mense respek ontwikkel en begin outomaties na hulle opsien vir geestelike raad. Hulle sien die mooi voorbeeld wat hierdie mense openbaar en sien die werke wat hulle by hul geloof toepas. Die jongeres begin dan hierdie mooi voorbeeld navolg en word so outomaties deur hierdie seniors geestelik ontwikkel. Niemand kom dit agter nie maar dit is presies wat gebeur.

Die ouderlinge het geen seggenskap oor die jongeres of die res van die gemeente nie en is absoluut op alle gebiede op gelyke voet met hulle. Hulle het geen besluitneming outoriteit oor niks en niemand in die gemeente nie. Hulle neem besluite saam met die res van die gemeente lede op gelyke vlak deur middel van die Bybel gefundeerde “konsensus” metode.

Hierdie ouderlinge is ook nie predikers nie. Inteendeel, daar word nie in ‘n huiskerk gepreek nie.

Huiskerk byeenkomste

‘n Tipiese huiskerk byeenkoms sien daar min of meer as volg uit:

Gees geleide aanbidding

Gemeentelede bedien mekaar deur middel van die Gees gawes soos beskryf in 1 Kor. 14:26

Getuienisse

Familie “fellowship”

Ete en verbond maal

Volgens die Skrif is dit hoofsaaklik net die evangelis wat preek en dit geskied nie in huiskerk byeenkomste nie. Evangelisasie uitreikings geskied in sale, op die markplein, in die opelug, agter in erwe, in groot lapas of onder groot oop lapas of afdakke, in strate en nog ‘n klomp ander plekke waar ongeredde mense bymekaargebring is.

Die doel vir evangelistiese uitreikings was primêr om nuwe bekeerlinge bymekaar te maak en te ontwikkel. Ontwikkeling word verseker deur hierdie bekeerlinge by klein huiskerk gemeentes in te skakel of hulle aan ’n apostel te oorhandig wat met hulle ’n nuwe gemeente plant.

Een van die grootste misverstande in die institusionele kerk is die prominensie wat “die preek” geniet. Mense het uitermate baie verknog geraak daaraan. Baie kinders van God, as hulle nie hul weeklikse kwota daarvan kry nie voel hulle het vreeslik uit gemis. Preke is baie mooi en baie predikers het die kuns bemeester om die mooiste openbarings en leerstellings deur simboliek en skadubeelde met woorde oop te breek wat regtig indrukwekkend is. Niemand kan dit ontken nie. Dit bly egter die intellektuele oordraging van kennis op siel vlak en is nie naastenby die prominensie werd wat dit geniet nie.

Dit vermag nie veel nie, verander nie werklik mense se lewens nie en bring baie min geestelike groei. Gaan ondersoek dit. Gaan kyk bietjie hoe sien die lewens van miljoene Christene daaruit wat Sondag vir Sondag vir baie jare na preke sit en luister. Jy sal op jou rug val as jy die statistiek van die werklike resultate daarvan sien.

Oral waar Jesus instruksies gegee het met betrekking tot “preek” was dit om die evangelie aan ongeredde mense te bring. “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie…” Dit was nie vir die gemeente byeenkoms bedoel nie. Die woordjie “preek” in die Nuwe-Testament beteken letterlik “proklameer” of “verklaar”. Gaan proklameer of verklaar dat Jesus Christus die Seun van God is wat die sonde van die wêreld weggeneem het.

David C. Norrington het ‘n boek, “To preach or not to preach”, oor die rol van die preek in die kerk geskryf wat baie insiggewend is. Hier volg ‘n kwotering uit ’n artikel oor die boek:

To Preach or Not to Preach? questions one of the sacred cows in the modern church, namely “the sermon,” and the preeminence it’s given. Norrington’s premise is not built on novelty or questioning just to question. He goes back to the New Testament and shows that there is no evidence for “a regular weekly” sermon that believers are to lean upon, and the whole “church” experience is to be wrapped around. This book also shows how “the sermon” as it has come to be practiced supplants the one-another ministries of everyday believers, and stifles the expression of Christ in the Ekklesia. To Preach was originally published in Britain by Paternoster Press in 1996…. To Preach is a well-documented study that will challenge traditional ideas, restore hope and function in the body of Christ, and help us understand that “preaching” in the NT was primarily a vital evangelistic activity directed toward unbelievers.

– Amazon.com (Skrywer onbekend)

1 Kor. 2:4-5 beaam juis dit:

En my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.

Paulus sê hier dat in sy optrede, gees en krag, die deurslag gegee het in sy bediening. Hy het gedemonstreer, in die gees bedien en in krag bedien. Dit was alles praktiese opleiding en praktiese manifestasies van die Christus lewe. Hedendaagse preke veroorsaak dat mense se geloof in die wysheid van mense bestaan. Heilige Gees gawes dra die woord van God oor in gees en in waarheid en in die krag van God. Daarom bestaan mense se geloof wat op hierdie manier bedien word in die krag van God.

Die weeklikse byeenkoms behoort aan Jesus om deur sy Gees te bedien en te werk soos die Gees wil, selfs al is daar ‘n vyfvoudige bedienaar teenwoordig. Hy is dan soos enige ander gemeentelid en neem deel soos die Heilige Gees lei net soos die ander gemeentelede. Niemand preek nie.

Addisionele byeenkomste

Woord bediening (lering of opleidingsessies)

Evangelisasie uitreikings

Gemeente besluitneming sessies (vergaderings)

Tydens hierdie addisionele byeenkomste bedien vyfvoudige bedienaars (Leraars, evangeliste, profete, herders en apostels).

Woord bediening skole

Word gewoonlik deur vyfvoudige bedienaars gereël – Tydens hierdie sessies word die gemeentes toegerus en geleer in die woord. Hulle leer sekere Bybelse waarhede en die fundamentele beginsels van huiskerke. Hierdie sessies is nie aaneenlopend nie en vind net sporadies plaas. Meer as een gemeente word gewoonlik betrek by so ‘n geleentheid. Dit gaan uitsluitlik oor die leer van die woord van God, met ander woorde die Bybel of die Skrif. Die fokus moet egter die werklike woord van God wees en nie allerhande mooi boodskappe nie. Dit is die woord wat geloof bring. Bybelstudie behandel dus dit wat daar in die Bybel geskryf is en wat dit vir ons beteken.

Evangelisasie uitreikings

Word gewoonlik deur ‘n evangelis gereël – Besoekende evangeliste of apostels werk saam met die huis gemeentes deur nuwe dissipels te maak op allerhande maniere soos die Heilige Gees lei. Hierdie uitreikings vind ook net sporadies plaas.

Gemeente besluitneming sessies of vergaderings

Word deur enigiemand in die gemeente gereël – Elke keer wanneer besluite geneem moet word moet ‘n gemeentelid vra vir ‘n vergadering. Die hele gemeente moet teenwoordig wees en hulle moet van die Bybel gefundeerde “konsensus” metode gebruik maak.

Die ontwikkeling van die Gees gawes

Net soos daar in die huiskerk gemeentes, deur die Heilige Gees werking, ouderlinge ontwikkel word om toesig oor die gemeentes uit te oefen, net so begin daar allerhande geestelike gawes tydens gemeente byeenkomste manifesteer. Van die mense wat in die gawes funksioneer ontwikkel verder om dan uiteindelik in die vyfvoudige bediening te funksioneer soos die Heilige Gees dit wil. Hulle word dan deur die betrokke gemeentes (of liewer die Heilige Gees), uitgestuur om óf ander gemeentes te besoek en te bedien óf nuwe gemeentes te gaan plant.

Dit is wat met Paulus en Barnabas gebeur het in Hand 13:2

En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.

Hierdie gedeelte in die Skrif beteken bloot “maak vir Paulus en Bárnabas beskikbaar vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het”. Ek wil dit net weer duidelik maak dat mense soos Paulus en Bárnabas deur God geroep word en deur Hom uitgestuur word. Geen mens of “kerkraad” of gemeente kan dit doen nie. Niemand kan enige persoon ordineer of salf of toewy of aanstel in enige posisie of funksie nie. Dit is ‘n aksie wat eksklusief net deur God uitgevoer kan word.

Dit is wel Skriftuurlik vir die vyfvoudige bediening om ‘n meedeling (impartation) deur middel van handoplegging uit te voer maar dit verwys alleenlik na die Heilige Gees doping en die gawes van die Gees. Dit het niks met posisionele aanstellings te doen nie (Sien Hand 8:18, 1 Tim 4:14 en Heb. 6:2).

‘n Gemeentelid sal byvoorbeeld tydens handoplegging gedoop word in die Heilige Gees waarna die gawes van die Gees, soos profesieë, tale en uitleg van tale deur hom manifesteer. Later kan God hom byvoorbeeld roep en afsonder om in die vyfvoudige bediening te funksioneer. Dit is dan wanneer hy uit die gemeente gestuur word om in die liggaam van Christus te funksioneer. Dit beteken van huis gemeente tot huis gemeente soos die Heilige Gees hom lei en natuurlik ook evangelistiese uitreikings in samewerking met huis gemeentes of in samewerking met ’n apostel.

Later meer oor leierskap in die kerk. Die besluitneming konsep en proses is belangrik om te verstaan as ons Bybel gefundeerde leierskap beter wil verstaan.

HOOFSTUK 11

BESLUITNEMING IN DIE HUISKERK

Wie neem die besluite?

Ons het reeds Jesus, wat die Hoof van die kerk is, se standpunt oor leierskap in die kerk behandel. Let op die volgende woorde in Matt. 20:25-28

Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.

Let op die woorde “heers”, “gesag uitoefen”, “só moet dit onder julle nie wees nie” maar eerder “dienaar wees”, “dienskneg wees” en “dien”.

Lukas 22:25-26

En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem. Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie ’n leier is, soos een wat dien.

Wat die Bybel hier bedoel is nie dat as jy ‘n dienaar is, jy later ‘n leier sal word nie. Dit beteken ook nie dat as jy ‘n dienskneg word jy later ‘n heer of ‘n meester word nie. Dit beteken by God is jy eerste of is jy groot omdat jy ander met jou bediening of gawes gedien het op aarde. Jy is groot want jy het nooit posisie aangehang nie maar die lewe van ‘n dienskneg aangeneem. Jy sal jou beloning of jou kroon ontvang wanneer jy voor die troon van God verskyn. Dit is wanneer Hy jou sal bedank omdat jy getrou was oor min en dan gaan Hy vir jou sê: “Oor weinig was jy getrou, oor veel sal Ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou Heer”.

Wat Jesus eintlik hier sê is dat daar nie leiers in die kerk moet wees nie. Hy sê ‘n leier moet wees soos een wat dien want in die kerk van God dien die broeders mekaar. Weereens, leierskap is net funksioneel; dit is nie ‘n posisie nie.

Almal is op gelyke vlak en almal het dieselfde seggenskap oor kerksake. Niemand moet enige besluite op ander mense afdwing soos die wêreld dit doen nie.

Vir baie mense klink hierdie stellings net ‘n bietjie te vergesog. Die rede hiervoor is dat ons al die jare anders geleer is in die kerk en in die wêreld. Dit is al wat ons ken. Hoe dan anders?

Tog is dit nie hoe dit in die Nuwe-Testamentiese kerk en die vroeë kerk was nie. Inteendeel, daar is genoeg Skrif wat bewys dat besluitneming deur middel van konsensus gedoen is. Konsensus beteken die hele gemeente neem almal saam die besluit deur eendragtig saam te stem oor ‘n saak. Jy mag dalk vra of dit werklik moontlik is om so besluite te neem en ook hoe gaan dit prakties uitgevoer word? Die antwoord is dat die Bybel bewys dat dit nie net moontlik is nie maar wel so uitgevoer is in die Nuwe-Testamentiese kerk.

Miljoene huiskerke wêreldwyd volg vandag nog steeds hierdie metode suksesvol uit. Ek wil net noem dat die huiskerk “beweging” die grootste Christelike “beweging” in die wêreld is. Statistieke bewys dat die aantal lidmate in huiskerke wêreldwyd ’n geruime tyd reeds die institusionele kerk verbygegaan het. Dit net vir interessantheid. Ons in die westerse samelewing is geneig om te dink dat huiskerke ‘n nuutjie is of nie baie populêr is nie. Inteendeel, hoewel huiskerke die afgelope vyftig tot honderd jaar fenomenaal toegeneem het, het dit nooit werklik opgehou bestaan vanaf die Nuwe-Testamentiese tyd nie. Deur al die jare heen was daar altyd mense wat vasgehou het aan die leer van die apostels.

Soos u reeds afgelei het rus besluitneming in die kerk in die hande van al die lidmate. So was dit dan ook in die vroeë kerk:

Hand 15:22

Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochië te stuur saam met Paulus en Bárnabas…

Hand 15:25

het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus.

In die vroeë kerk was die klem op eenheid en gelykheid:

Ef. 4:3

en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.

2 Kor. 13:11

Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

1 Kor. 1:10

Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

In hierdie versie sien ons duidelik die “konsensus” metode vir besluitneming uitgespel. Konsensus is niks anders as eenstemmig wees, eenparig te besluit, verenig te wees, dieselfde mening te hê en dieselfde gesindheid te hê nie.

Rom 15:5-6

En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus. Sodat julle die God en vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.

Hierdie versies bring iets baie belangrik na vore: Dit beklemtoon die krag van eenheid, om een van hart te wees, om saam te stem oor ‘n saak, om een klank te maak soos wat ‘n simfonieorkes almal, in tyd, harmonieus saamspeel. Dit is eenheid en dit is die teëvoeter vir baie probleme en ellende. Dit beklemtoon ook dat ons eensgesind volgens die wil van Christus moet wees.

Matt 18:19 sê die volgende:

Weer sê ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.

Konsensus is veilig want besluitneming lê nie in die hande van ‘n paar mense nie maar in die hande van almal. Jy kan vir jouself dink dat as 0,01% van die gemeente besluite neem is die kanse vir die neem van verkeerde opsies soveel groter. Dit dalk die rede waarom die kerk so baie sukkel om die uitdagings van gemeente lewe die hoof te bied en leerstellige vraagstukke te hanteer. Die geskiedenis van die institusionele kerk lê gesaai met verkeerde besluite.

Ons sien selfs in die Ou Testament wat gebeur wanneer die staat Israel eendragtig is oor besluite, wat eintlik beteken hulle het konsensus bereik oor ‘n saak. Dit is ‘n baie kragtige beginsel in die gees wêreld.

1 Kron. 12:38

Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met ‘n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die orige Israeliete was een van hart om Dawid koning te maak.

Hier sien ons dat net soos die hele vergadering en die hele volk een van hart was om Dawid koning te maak, net so moet ons ook een van hart, ‘n onverdeelde hart, Jesus Christus koning oor ons gemeente maak. Sien Rom 15:6

Sodat julle die God en vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.

1 Kron. 13:1-4

En Dawid het raad gehou met die owerstes oor duisend en oor honderd, met elke bevelhebber; en Dawid het aan die hele vergadering van Israel gesê: As julle dit goedvind en dit van die Here onse God is, laat ons ons versprei en na ons broers stuur wat nog oor is in al die landstreke van Israel, en saam met hulle na die priesters en die Leviete in die stede waar hulle weiveld het, dat hulle by ons bymekaar moet kom. En laat ons die ark van onse God na ons toe oorbring, want in die dae van Saul het ons daarna nie gevra nie. Toe sê die hele vergadering dat hulle so moes doen want die saak was reg in die oë van die hele volk.

Dawid was ‘n goeie en ‘n regverdige koning. Hier raadpleeg hy nie net die owerstes nie maar ook die hele vergadering en die hele volk van Israel. Hy doen hier iets wat vandag se regerings versuim om te doen. Hy neem nie ‘n besluit wat teenstrydig met die volk se mening is nie. Al is regerings demokraties verkose sal hulle steeds wederregtelik besluite neem wat nie in lyn is met die wil of mening van hulle kiesers nie. Dit is myns insiens oneties!

2 Kron. 30:4

En die saak was reg in die oë van die koning en in die oë van die hele vergadering.

Hier sien ons dat Hiskia, wat ook ‘n Godvresende koning was saam met die hele vergadering konsensus bereik.

Die konsensus metode spreek nie net van eensgesindheid, eenheid en verenig wees nie, maar ook van gelykheid.

Rom 12:3-5

Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

Jesus het op ‘n plek gesê moenie jouself verhef nie, want julle is almal broeders. Daar is net twee posisies in die kerk: Een is die Hoof van die kerk, Jesus Christus, en die ander is broeders. Die een is die Kop of die Hoof van die liggaam en die ander is die verskillende lede van die liggaam. Daar bestaan geen ander posisie nie.

1 Kor. 12:23-25

En dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid, terwyl ons sierliker lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee, sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.

Hier sien ons die funksie van die lede van die liggaam uitgespel: Elke lid moet gelyke sorg vir die ander lede dra.

Ef. 4:16

Uit wie die hele liggaam – goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate – die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Hier sien ons dat elke lid die liggaam moet ondersteun op sý manier. Elkeen het sý funksie, sý plek, sý deel, sý doel. Niemand het dit gekies nie. God het dit aan elkeen toebedeel soos Hy wou. Daar is dus geen plek vir ydele roem in die liggaam van Christus nie. Niemand verdien enigiets in die liggaam van Christus nie want ons het alles deur genade ontvang. Alles werk deur die Gees van God in almal. Vir God is elke handeling wat die vrugte van die Gees openbaar dieselfde. Vir God is elke handeling wat die gawes van die Gees openbaar dieselfde. Die vrugte van die Gees en die gawes van die Gees werk deur almal. Wat maak ons dan verskillend wat posisie betref? Niks! Wat maak ons verskillend wat die vrugte betref? Niks! Wat maak ons verskillend wat die gawes betref? Niks!

Die enigste verskil tussen kinders van God is dat daar verskillende grade van bediening en salwinge van bediening is. Daar is baie redes hiervoor. Party mense het Jesus vroeër in hul lewens aangeneem as ander. Party mense is meer gehoorsaam as ander. Party is langer op die pad as ander. Opvoeding speel ‘n rol, blootstelling speel ‘n rol, kanse gebruik en kanse verspeel speel ‘n rol, omstandighede in verskillende huise verskil, omstandighede met betrekking tot verskillende loopbane verskil. Persoonlike ywer speel ’n rol. Daar is letterlik ‘n magdom faktore wat die intensiteit en die effektiwiteit van verskillende mense se bedienings en werk in die liggaam van Christus beïnvloed. Almal het doodeenvoudig nie dieselfde voorregte en geleenthede in die lewe nie. Natuurlik is dit ‘n baie goeie rede om niemand te veroordeel nie en ook nie te veel van jouself te dink nie soos Rom 12:3 sê.

Ons sien ook in 1 Kor. 12:25 dat God opsetlik die hele liggaam in posisie gelykgemaak het. Ek glo dit is onder andere ook omdat Hy géén verdeeldheid in sy liggaam wou hê nie. Hy het tot die uiterste toe gegaan om te verseker dat almal op dieselfde vlak in die liggaam van Christus is. Almal het dieselfde regte, dieselfde seëninge, dieselfde verwagtinge en ook dieselfde seggenskap in die liggaam van Christus. Niemand is oor niemand aangestel nie. Soos wat Adam en Eva in die tuin aangestel is om oor alles te heers, so ook ons. Adam en Eva is nie aangestel om oor mense te heers nie maar oor die handewerk van God.

God het gesê dat hulle die aarde moes onderwerp en oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip moes heers. Die mens moes oor die skepping heers, nie oor ander mense nie. As die sondeval nie plaasgevind het nie sou daar geen regering of wêreldse sisteme van oorheersing gewees het nie. Dit was deel van die vloek van die sondeval. Jesus het egter die vloek van die sondeval omgekeer. Hy het die mens weer as heerser van die skepping herstel. Ons is nou weer konings! Ons staat van heerskappy in die skepping van God is herstel. Dit behoort aan die kinders van God; aan die kerk. Niemand is veronderstel om oor ons te heers nie, veral nie in die kerk nie.

Met konsensus het God weereens dit wat ín die Godheid is, in sy kerk ingebou. In die Godheid is daar nie demokrasie of outokrasie nie. Selfs in die Godheid heers daar ‘n staat van konsensus.

When the church is in sympathetic harmony, God will act. In this connection, consensus mirrors the decision-making activity within the triune God, whose nature we were created to reflect. God acts when Father, Son and Spirit agree. Decision-making in the Godhead is communal and marked by mutual submission. In other words, it is consensual.

– Frank Viola

Die Godheid is waarlik een van hart, een in Gees, een in mening en een van sin. Die Vader is in ons en Jesus is in ons. Omdat ons ook die natuur van God in ons het en die Gees van God in ons het, is ons almal heeltemal in staat om presies dieselfde eenheid en gesindheid van God ook in die gemeente te openbaar. Ons is uit God gebore en het dieselfde DNA in ons as wat Hy in Hom het. Ons kan óók gesamentlik besluite in die gemeente neem omdat ons deel van die familie van God is.

As iemand in die huiskerk op sy eie besluite neem sonder dat hy die ander betrek, dan dwing hy sy wil af op die res. Ons noem dit outokrasie. Dit breuk die eenheid in die gemeente. Daar sal in so ‘n geval altyd ontevredenheid in die gemeente wees en dit sal eventueel lei tot kerkskeuring. Ook wanneer ‘n klein groepie in die huiskerk besluitneming op hierdie manier toepas sal dit dieselfde gevolg hê.

Aan die ander kant, wanneer ‘n demokratiese metode van besluitneming gebruik word sal daar altyd ‘n groep ontevrede mense in die gemeente wees. Die meerderheid (50% + 1) is tevrede en gelukkig met die besluit maar die res van die groep nie. Hoekom nie? Want die wil van die groter groep word op die kleiner groep afgedwing. Die verloorders moet maar aanvaar dat hulle die onderspit gedelf het. Hulle moet dit aanvaar omdat dit ‘n demokratiese beginsel is. Dit is die lewe. So werk dit.

Dit is egter nooit ‘n uitgemaakte saak dat die meerderheid die regte besluit neem nie; selfs al wen hulle met 95% van die stemme. Dit is dan die rede hoekom demokrasie nie in die kerk hoort nie. God het ‘n volmaakte manier van besluitneming wat almal tevrede stel in sy kerk ingebou; konsensus. Vanselfsprekend sal konsensus nie in die institusionele kerk werk nie. Hierdie metode van besluitneming werk nie in ‘n organisasie nie. Dit is te groot en te lomp en besluitneming word deur institusionele vereistes aan bande gelê.

Die werklikheid is dat besluite in die kerk geneem moét word. Alle metodes van besluitneming het sy voordele en sy nadele. Konsensus is egter die veiligste manier van besluitneming want die minste verkeerde besluite of foute word deur middel van konsensus gemaak. Konsensus is ook die Bybel gefundeerde metode van besluitneming. Die Nuwe-Testamentiese kerk en die vroeë kerk het nie van hierdie metode afgewyk nie. Hulle het gebly by die leer van die apostels. Daar is geen teken van outokrasie in die Nuwe-Testamentiese kerk met betrekking tot besluitneming nie. Daar is ook geen teken van demokrasie nie. Daar is egter verskeie verwysings na konsensus as die Godgegewe metode van besluitneming.

Gesamentlike onderwerping aan die sin van Jesus

In die kerk is die enigste ware veiligheidsnet met betrekking tot besluite om die sin van Jesus te vind. Ons moet elkeen individueel die sin van Jesus vind vir ons lewens en ook as ‘n gemeente. Jesus is ‘n God van liefde en ‘n God wat bemoeienis maak met sy kinders en met sy kerk. Die kerk is sy liggaam en Hy is die Hoof van sy liggaam. Hy het ‘n wil met betrekking tot alles wat binne sy liggaam gebeur. Natuurlik is daar kleinigheidjies en amper onbenullige besluite wat geneem moet word wat niemand kopsere oor het nie. Of dit nou links of regs moet wees maak amper nie saak nie.

Dan is daar belangriker besluite en selfs uiters belangrike besluite wat geneem moet word in die gemeente. Jesus het ‘n wil en ‘n opinie met betrekking tot al daardie besluite. Sy opinie en sy wil is die antwoord! Dit is die regte besluit! Ons as gemeente moet nou net die sin van Jesus vind elke keer as ‘n besluit geneem moet word! Dit is so maklik soos dit. Inteendeel, wanneer Jesus Christus in ons en deur ons leef, dan beheer Hy ons deur middel van sy inwonende lewe. As ons die sin van Jesus lééf, dan word besluitneming baie makliker.

Hoe vind ‘n mens die sin van Jesus? Party besluite word vergemaklik omdat die Bybel baie duidelik is oor sekere aspekte van Christenskap. Die sin van Jesus is ast’ware uitgespel vir ons. Dan is daar ander aspekte wat ‘n bietjie moeiliker is om in die Bybel raak te sien. Dit is hier waar daar ‘n bietjie meer besprekings en motiverings in die gemeentevergadering gaan wees. Dan is daar regtig moeilike besluite wat geneem moet word omdat dit baie moeilik uit die woord van God toegelig word. Dit is hier waar ons as ’n gemeente saam moet poog om die sin van Jesus te vind.

Daar is drie baie belangrike vrae wat beantwoord moet word wanneer ons gemeente besluite moet neem:

Soos jy kan sien met betrekking tot my verwysing na die Skrif is die eerste vraag die volgende: “Is die oplossing Skriftuurlik?” Dit is van die uiterste belang vir die gemeente. Daar moet geen kompromieë aangegaan word in hierdie verband nie.

Die tweede vraag is die volgende: “Is dit in harmonie met die organiese struktuur van die huiskerk?” Weereens is dit van die uiterste belang vir die gemeente. As gemeentelede weer gebruike van die institusionele kerk in die huiskerk inbou is dit gewoonlik die begin van die einde. Weereens moet geen kompromieë aangegaan word nie. Die lewende organisme kan weer met reëls en regulasies, wat ons menslike instellings noem, doodgedruk word en net ‘n dooie menslike struktuur gaan oorbly.

Die derde vraag wat ons onsself moet afvra is of die oplossing ’n resultaat van die Christus lewe ín ons is? Of neem ons hierdie besluit vanuit ’n “organisasie” perspektief? Weereens moet geen kompromieë aangegaan word nie. Alle aksies moet Gees werking wees en nie vlees werking nie. Menslike beheer moet nooit die oorweging vir besluite wees nie. Besluite net om te beheer, te kontroleer en te organiseer is vlees besluite.

Sterf in jouself is ‘n definitiewe vereiste vir effektiewe besluitneming

‘n Baie belangrike les wat almal moet leer in die kerk van God is dat die kerk van God groter en belangriker is as ons. Elkeen van ons is net ‘n lid van die liggaam van Christus. Ons is elkeen ‘n klein deeltjie van ‘n veel groter prent. Ons is nie die legkaart nie maar net een deeltjie van ‘n baie groot legkaart.

Baie keer moet ons die eie ek kruisig en bereid wees om die minste te wees in sekere situasies. Dit is waarom Paulus die broeders van al die gemeentes meer as een keer vermaan het om een van gees en een van gemoed te wees. Dit is ‘n besluit wat ons neem. Daar mag dalk verskillende opinies wees oor ‘n sekere saak maar Jesus sê: “Ek het die oplossing. Soek My en julle sal My vind. As julle My vind dan het julle die oplossing vir die probleem”.

As iemand dan wysheid kortkom moet hy dit van God bid wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt. Die gemeente moet leer hoe om die sin van Jesus korporatief as ‘n gemeente te vind. Dit is hoe God gevind wil word. Jesus werk altyd met die gemeente; die broeders en die susters. Hy is nie ‘n God van individue nie. Hy is ‘n God van ‘n familie, sý familie. Soos jy reeds gesien het, is daar weinig plek vir individualisme in die kerk van God; die liggaam van Christus is ‘n korporatiewe liggaam waardeur Hy Homself aan die verlore wêreld openbaar, die kerk is die korporatiewe tempel van God waarin Vader Hom tuis gemaak het, en die kerk is die korporatiewe bruid wat die vrou van die Lam is.

Ons as individue moet altyd die res van die liggaam, die res van die tempel en die res van die bruid met deurnis en respek behandel. Ons moet altyd ons mede boeties en sussies konsidereer. Hulle is die heiliges van die Allerhoogste God. Ons moet laaste wees en nie eerste nie, ons moet dien en nie bedien word nie, ons moet die minste wees en nie die meeste nie, ons moet onsself verneder en nie verhoog nie, ons moet agter wees en nie voor nie, ons moet nederig wees en die een moet die ander hoër ag as homself. Dit is die gesindheid van Jesus en ons moet daardie selfde gesindheid openbaar. Dit is die kern van die huiskerk gemeente.

Nie net wanneer besluite geneem moet word nie maar elke dag met ons interaksie met mekaar is hierdie een van die belangrikste lesse wat ons moet leer. Dit is presies wat Jesus in gedagte gehad het toe Hy gesê het dat ons elke dag ons kruis moet opneem. Hy kon net sowel gesê het dat ons mekaar moet verdra, lief moet hê en geduldig met mekaar moet wees. Dit is juis hierdie interaksie wat die karakter van Jesus in ons inbou.

Sonder hierdie tipe interaksie vind daar maar weinig geestelike groei of karakterbou plaas. Dit is die grootste rede hoekom senior mense van vyftig jaar en ouer nog steeds babatjies in die Here is. Hulle het nooit geestelik opgegroei nie. Dit is hier waar die gedeelde gemeenskapslewe van die huiskerk gemeente van onskatbare waarde is. Dit is dan ook waarom God die klein en intieme familie gemeente op aarde kom vestig het en nie mega gemeentes nie.

Omdat eensgesindheid en vrede vir God so baie belangrik is, is dit vanselfsprekend dat daar altyd mense gaan wees wat tydens besluitneming sessies sal moet sterf in hulleself en toegee tot die standpunt van ander. Partykeer moet jy maar die minste wees. Paulus het op verskeie plekke vir die gemeentes gesê om onderdanig teenoor mekaar te wees. Hy sê eintlik vir hulle die volgende: “Laat ander toe om jou te oorreed”. “Wees inskiklik”. “Wanneer iemand jou advies gee, wees oorreedbaar”.

Konsensus of eensgesindheid kan nie bereik word as Paulus se raad nie gevolg word nie. Gewoonlik is ouderlinge se raad goed en kan die jonges in die Here net veilig optree deur oorreedbaar te wees. Aan die ander kant is dit nie ‘n uitgemaakte saak dat die ouderlinge se advies korrek is nie. Dit is juis om hierdie rede dat ouderlinge nie die reg het om hulle wil op die res van die gemeente af te dwing nie. Hulle moet óók oorreedbaar wees. Daar moet konsensus bereik word deur almal in die gemeente. Niemand mag uitgeskakel word nie.

Wat maak ons as konsensus nie bereik word nie?

In so ‘n geval moet die “status quo” gehandhaaf word tot konsensus bereik word. Die verandering mag nie deurgevoer word nie. As dit gaan oor die implementering van ’n nuwe kwessie of aspek dan mag dit nie geïmplementeer word tot konsensus bereik is nie. As dit gaan oor die verandering of staking van ’n ou kwessie of aspek dan mag dit nie gestaak of verander word tot konsensus bereik is nie. Die vergadering moet maar verskeie kere verdaag tot konsensus bereik word. Gewoonlik kan tyd ‘n hulpmiddel wees om uiteindelik konsensus moontlik te maak.

In so ‘n geval word die gemeente se gesindheid en geestelike volwassenheid tot die uiterste getoets. Dit is hier waar God eintlik vir ons wys wat in ons is. Hier kom dan goedjies na vore wat ons nie geweet het in ons is nie. Hierdie is ook goeie teelaarde vir karakterbou wat ons nie by ons verby moet laat gaan nie. En as ons bereid is om in hierdie omstandighede te weier dat leerstellige verskille ons uitmekaardryf, dan kan God ons as ‘n eenheid so aanmekaar weef dat niks ons sal kan skei nie.

As die gemeente hier vasskop en die gesindheid van Jesus openbaar en elke gemeentelid bereid is om in homself te sterf sal die volgende ‘n werklikheid word:

Die gemeente sál en gáán altyd konsensus bereik.

Almal sal tevrede wees oor die besluite wat geneem is al is dit nie wat almal aanvanklik wou gehad het nie. Uit die aard van die saak gaan party lede meer entoesiasties wees as ander maar tog sal daar wel ’n gesindheid van tevredenheid wees.

Die gemeente gaan geestelik verryk en sterker daaraan toe wees as toe hulle begin het.

Die gemeente gaan ‘n hegter eenheid wees.

Dit sal ‘n korporatiewe besluit wees omdat konsensus bereik is. Om hierdie rede sal almal eienaarskap en verantwoordelikheid aanvaar vir die gevolge van die besluit. Daar sal nie murmurering of suur druiwe wees nie, want die hele gemeente besit die besluit wat geneem is.

Daar sal ‘n gevoel van vervulling wees omdat die gemeente die sin van Jesus gesoek het en gevind het. God sal hulle beslis bekend maak dat hierdie oorwinning Hom behaag het. Nie net oor die regte besluit geneem is nie maar ook oor hoe die besluit geneem is. Eenheid, gemeenskap, liefde, aanvaarding en deelname is in die Christelike gemeenskap selfs belangriker as die besluite wat geneem moet word. Vir God is dit eintlik belangriker in watse gesindheid die besluitneming proses uitgevoer is as die besluit self!

Konsensus is nie altyd maklik nie

Niemand kan ontken dat konsensus nie altyd die maklikste pad is nie. Dit kos altyd ‘n prys om die wil van God uit te voer. Dit is egter sonder twyfel die regte pad:

Die verantwoordelikheid rus op elke gemeentelid om die sin van Jesus te soek.

Elke gelowige moet leer om geduldig met mekaar in liefde te stoei totdat die sin van Jesus korporatief gevind word. Hoe stoei ons in liefde? Saggies maar ferm. Ons maak mekaar nie seer nie.

Dit bou die gemeente.

Dit kweek geduld.

Dit kweek wedersydse liefde en respek.

Dit beperk die vlees en self vergelding.

Dit bevorder die opneem van die kruis van Christus.

Dit bevorder die “sterf in jouself” wat eie wil en agendas betref.

Dit is absoluut die prys werd.

Dit gee God die geleentheid om met ons te werk.

Verkeerde besluite word baie effektief uitgeskakel as gevolg van die dinamiek en die aard van konsensus (Besluite word uitgestel totdat konsensus bereik word).

Dit vereis sterk verhoudings.

Dit vereis wedersydse liefde.

Dit vereis toewyding tot ander meer as die begeerte om hulle te oorreed of te ontspoor.

Konsensus erken dat liefde, eenheid, verhoudings, kommunikasie en deelname belangriker is as vinnige besluite.

Konsensus kweek ‘n gesindheid van saamhorigheid.

Dit bevorder die sin van gemeenskap en saamklewing.

As ‘n gemeente eventueel nie konsensus kán bereik nie, kan hulle die saak na een of twee van die vyfvoudige bedienaars verwys wat hulle kan help om konsensus te bereik. Dit moet egter net gedoen word as daar geen hoop meer is om konsensus te bereik nie. Dit is eintlik ‘n teken van die geestelike onvolwassenheid van die betrokke gemeente en die vyfvoudige bedienaars sal ongelukkig moet help in so ‘n geval.

Ek wil net ‘n paar laaste woorde sê oor konsensus, of miskien moet ek liewer dat die Skrif self praat oor die wysheid wat in God is en wat Hy vrylik aan ons beskikbaar gemaak het deur sy Gees, sy woord en sy Seun:

1 Kor. 2:9-16

maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ’n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in ’n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.

Dissipline in die huiskerk

Die hele gemeente is verantwoordelik vir die handhawing van dissipline in die huiskerk. Net soos wat daar informele interaksie plaasvind in die natuurlike gesin vind dit ook in die geestelike “gesin” plaas. Dit is amper vanselfsprekend dat iemand iewers gaan oortree en ook vanselfsprekend dat daar met oortredings gedeel moet word. Oortredings kan nie oorgesien word nie omdat dit tot verdere probleme en ontevredenheid kan lei. Interaksie in die familie van God is altyd informeel van aard en daarom moet dissipline ook informeel hanteer word. Dit moet nooit ’n uitgerekte traumatiese en formele ondervinding vir enigiemand wees nie. Die doel van dissiplinêre aksie is om eensgesindheid en vrede in die gemeente te bewerkstellig:

1 Kor. 1:10

Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees en dat daar geen skeuring onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

Die hele boek van Korintiërs is ’n “pleidooi” van Paulus waarin hy die gemeente van Korinte aanspoor en motiveer om self dissipline in die gemeente te handhaaf en dissiplinêre aksie toe te pas. In die boek gee hy duidelike leiding oor korrekte optrede en korrekte dissiplinêre aksie. Volgens 1 Kor. 6:1-11 mag broers in die gemeente nie mekaar na howe of regbanke toe vat nie. Paulus beskou dit as ’n skande en dat ons liewer maar skade moet ly terwille van die Naam van die Here. Wanneer iemand teen ’n enkele gemeentelid oortree het pas ons die Bybel gefundeerde metode toe om die geskil op te los. Jesus het vir ons volgens Matt. 18:15-17 voorgeskryf hoe ons ons broeders in die gemeente moet behandel:

En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broer gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat dit in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.

Hier is dit baie duidelik uiteengesit vir die gemeentelid in die gemeente. Hy moet sy broer verleentheid spaar deur die saak privaat te hanteer. As sy broer nie wil luister nie is daar vir hom geen ander opsie as om dit bekend te maak nie. Word die saak of kwessie nie opgelos nie wat doen ons dan? Die man het nie na die gemeente geluister nie en “ek” behandel hom nou soos ’n ongeredde mens. Die probleem bly egter onopgelos. Hoe nou gemaak? Jesus is baie duidelik hieroor toe Hy vir Petrus ’n paar versies verder aan antwoord (vers 22): “Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe…” Verder bly net vergifnis. Geen verdere aksies en oordeel nie.

Wat van boeties en sussies wat besig is met ernstige sondige aktiwiteite? Hoe hanteer ons hulle? Paulus verwys in 1 Kor. 5:1 na ’n man wat besig is met hoerery. Dit is ’n ernstige oortreding veral omdat die vrou wat saam met hom bly die vrou van sy vader is. Dit kan nie in die gemeente toegelaat word nie. Daar móét aksie geneem word. Paulus is baie duidelik daaroor in 1 Kor. 5: 5-7

Om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus. Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

Dit klink erg maar Paulus se oordeel in hierdie verband maak sin. As die gemeente hierdie tipe leefstyl toelaat sal dit uiteindelik tot die ondergang van die hele gemeente lei. Volgens vers 8 moet ons as gemeente feesvier met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid. In vers 9 tot 12 sê Paulus dat ons nie met hoereerders kan omgaan nie, al staan so ’n persoon bekend as ’n “broeder” van die gemeente. Nie net hoereerders nie, hy noem ’n hele lysie van sondes wat onaanvaarbaar is. Volgens Paulus moet ons as die gemeente, volgens vers 12, die mense wat binne die gemeente is oordeel. Paulus se laaste aanbeveling is baie duidelik (vers 13): “Verwyder tog dié slegte mense onder julle uit

Dit staan buite alle twyfel wat die gemeente se verantwoordelikheid is. As ambassadeurs van die Allerhoogste God moet ons onberispelik wees in ons optrede en in ons handel en wandel. Wanneer sulke gedrag kop uitsteek moet ons die hele gemeente saamroep vir ’n vergadering en ’n besluit neem met betrekking tot die dissiplinêre aksie wat geneem moet word en dit uitvoer. Dit moet in ’n baie mooi gesindheid gedoen word maar daar moet ferm en daadwerklik opgetree word. Ons kan nie onverantwoordelik daarmee deel nie. Dissipline is belangrik maar die wyse hoe ons dit toepas ook. Ons kan nie dinge net oorsien nie maar ons moet dit ook op ‘n volwasse en ’n verantwoordelike wyse uitvoer.

’n Belangrike faktor wat altyd in berekening geneem moet word, is die herhaling en aard van die sondige aktiwiteit. Is dit ’n leefwyse by die betrokke persoon of is dit die resultaat van ’n persoon wat nog nie ver gevorder het in sy heiligmaking proses nie? Ons het wysheid nodig om hierdie kwessies korrek te hanteer en daarom moet ons die sin van Jesus soek en daarom moet ons as ’n gemeente saam bid vir wysheid. Moenie vergeet nie; soos met alle gemeente kwessies moet ons ook met dissiplinêre aksie konsensus bereik voor ons die besluit kan deurvoer.

HOOFSTUK 12

KARAKTERTREKKE EN GEESTESHOUDING VAN VYFVOUDIGE BEDIENAARS

‘n Nuwe geslag bedienaars

Jannie van Zyl se skrywes oor die nuwe geslag bedienaars wat God nou opwek is vol kosbare waarhede wat nie net hierdie hoofstuk nie maar ook my geestelike lewe wonderlik verryk het. Besoek gerus sy webblad vir studiemateriaal wat gratis afgelaai kan word: www.woordfokus.co.za

Die Here sê in 1 Samuel 2:35 die volgende:

En Ek sal vir My ‘n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in my hart en in my siel is. En Ek sal vir hom ‘n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die aangesig van my gesalfde kan wandel.

Hierdie priester was Samuel. Hy is ook ‘n tipe van Jesus wat ons Hoëpriester geword het. Jesus het God ook behaag deur ‘n getroue Hoëpriester te wees wat gehandel het net soos dit in Vader se hart en siel was. Hy het net gedoen en gesê wat Hy die Vader sien doen het en wat Hy by die Vader gehoor het.

Voor Samuel was Eli die priester in Israel. Eli het egter nie voor God gehandel en gedoen soos dit God behaag het nie. Om hierdie rede het God ‘n oordeel oor Eli en sy huis gebring. Hy het ook dan vir Eli met Samuel vervang toe Hy die oordeel oor hom voltrek het. God vervang altyd die oue met die nuwe, die onvolmaakte met die volmaakte, die vlees met die Gees, die kennis met die openbaring, die sweet en vlees reuk van die godsdiens met die seëninge en guns van ware aanbidding, ’n welriekend geur vir Vader.

Samuel is ‘n tipe van die nuwe geslag bedienaars wat God nou opwek. Hierdie bedienaars onderwerp hulle totaal aan die wil van God. Hulle het werklik die eie ek gekruisig. By hulle is daar geen ambisie om ‘n groot naam in die liggaam van Christus te word nie. Vir hulle is daar niks belangriker as om net God te behaag nie. Hulle ag geensins die eer van mense nie. Hulle lewe grootliks ‘n onbekende of obskure lewe. Hulle is nie televisie predikers nie en poog glad nie om op die voorgrond te wees nie. By hierdie nuwe geslag bedienaars is die hart en siel van God die belangrikste fokus in hul lewens. Daar is trouens ‘n heel ander gesindheid, ‘n ander fokus en ‘n ander motivering in hul harte as by die “Eli” bedienaars. Hulle skep groot behae daarin om altyd voor die aangesig van die Gesalfde (Jesus) van die Here te wandel. Hulle wil gehoorsaam wees, hulle wil dien.

Samuel was getrou aan God tot met sy dood. Hy het nooit afgedwaal van hierdie pad van oorgawe, gehoorsaamheid en geregtigheid wat hy met God geloop het nie. Hy het soos Paulus die pad getrou gewandel en soos Paulus sal hy ook die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang wanneer die Opperherder verskyn.

Ons lees ook in Hand 13:22 van die gesindheid van Dawid:

En nadat Hy hom (Saul) afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.

Wat het Samuel en Dawid en Paulus anders gemaak as die Eli bedienaars? Dit was ‘n gesindheid. Trouens, dieselfde gesindheid wat Jesus gehad het, was ook in hulle. Hulle het in hul diepste wese daardie honger en dors en brandende begeerte gehad om God te behaag. Dit was ‘n harts bediening, nie ‘n verstand bediening nie. So is daardie selfde gesindheid ook vandag in die harte van die nuwe geslag bedienaars. Hulle sien die posisies die eer en die glorie van die Eli bediening. Hulle neem kennis daarvan maar dit trek hulle nie.

Wie kan die eer en glorie weerstaan wat met ‘n groot bediening gepaard gaan? Daar is behalwe die geestelike seëninge ook die ander voordele wat ons eer en ons ego streel. Laasgenoemde ‘n gevolg van die institusionele kerk instellings. Soos in geskiedkundige oorloë deel die kerk ook “medaljes” uit vir uitstaande optrede en dapperheid aan sy “generaals”. Soos in dié oorloë draai alles ook om die strategie en visie van die senior offisiere in beheer van die weermagte. Hulle word vereer, bewonder en amper verafgood. Hierdie tipe eer het vir die nuwe geslag bedienaar geen waarde nie.

Hulle sien die glorie maar sien ook die prys wat daarvoor betaal word. Hulle sien die vlees, hulle sien die mensehand in die godsdienstige aktiwiteite. Hulle sien die produk van die siel en hulle herken dit as nié van die Gees nie. Hulle wil daarmee niks te doen hê nie.

In elkeen van hul lewens het daar ‘n dag aangebreek toe hulle deur dit kon sien. Die georganiseerde godsdiens met sy glorie het vir hulle sy glans verloor. Agter alles, vaag en versluier het hulle ‘n beeld van Goddelike openbaring gesien. Deur die waas van godsdiens het hulle ‘n lewende Wese gesien wat wag om Homself volkome aan sy kinders te openbaar soos Hy werklik is. Met die tyd, soos hul meer openbarings ontvang het, het sy heerlikheid in hulle toegeneem. Hulle het egter geweet dat daar nog meer is. Hulle het geweet die tyd het aangebreek dat hulle nuwe dimensies van openbarings kennis gaan beleef en ’n voller oorwinningslewe gaan ervaar. Hulle het geweet dat die leemte in hul harte wat die godsdiens agtergelaat het, gevul gaan word. Waarmee word hulle harte gevul? Met Jesus Christus. Ons noem dit die openbaring van Jesus Christus in sy liggaam. Ons noem dit die “volheid lewe”. Ons noem dit die “Jesus lewe” in en deur sy liggaam, die kerk van God. Die kerk word deur Jesus bevrug. Hy groei in die kerk op en leef uiteindelik in sy volheid in en deur die kerk.

Dit is presies hoekom die glorie van beroemd wees, bekwaam wees en dinamies wees nie vir hulle belangrik is nie. Hulle sterf eerder in hulself as hulle maar net die Een Opperwese van glorie en majesteit in sy volle heerlikheid in sy kerk kan aanskou. As hulle Hom net kan behaag en Hom sien en voel en ervaar in hul binneste op ‘n vlak van heerlikheid wat hulle nog nooit ervaar het nie. Hierdie gesindheid maak hulle gehoorsame instrumente in die hand van God. Hulle voer net uit wat in sy hart en in sy siel is.

Meer en meer nuwe geslag bedienaars meld by die Koning aan vir diens. Hulle begeer meer van Hom. Vir hulle is dit voor die hand liggend dat hierdie openbaring en ervaring nie in die institusionele kerk lê nie. Hulle hoor sy stem, hulle ken sy hart en hulle weet hulle het genoeg gesien en genoeg gehoor om nie die leuen verder te glo nie.

Daarom is hulle bereid om die onbekende in te beweeg. Hulle is bereid om die vreemde te trotseer en Hom te volg op die water. Hulle verlang met ‘n ongekende dors en ‘n honger na die wil, heerlikheid en glorie van Christus soos net Hy Homself kan openbaar en net Hy kan verklaar. Hulle is bedienaars so reg ná die hart van God wat al sy welbehae sal doen. Hulle word nooit teleurgestel nie. Hulle ervaar ‘n Jesus wat hulle absoluut verbyster en bedwelm! Die ontmoetings met Hom en hul interaksie met Hom laat hulle sprakeloos en oorweldig!

Hulle was bereid om ambisies neer te lê en alles wat hulle ontneem van hierdie heerlikheid waarna hulle gesmag het. Hulle was bereid om hierdie “dienskneg” God te volg deur self ‘n dienskneg te word. Vir hulle is die handdoek en die skottel nie ‘n verleentheid nie. Posisie beteken vir hulle niks nie. Om die minste te wees laat ‘n soet smaak in die mond. Soos Jesus leiding geneem het in hierdie “dien” tipe gesindheid, so doen hulle ook. Hulle verstaan nou dat om anders te wees as die heersers van die wêreld ‘n baie praktiese konnotasie het. Jy lei deur te dien, jy lei deur te doen, jy lei deur te wys hoe, jy lei deur dit self te doen en dan ander te motiveer om dieselfde te doen.

Jy besef dat die res van die liggaam niks anders doen as jy nie. Jy wys en jy doen en hulle doen dieselfde. Hulle doen nie iets anders as wat jy doen nie. Almal is broeders, almal is gelyk en almal het dieselfde werkbeskrywing. Verskillende gawes en funksies ja, maar almal het dieselfde werkbeskrywing. Die Nuwe-Testamentiese leierskap is dus nie gebou op wêreldse leierskap-sisteme nie maar op die priesterskap van alle gelowiges en op die gawes van die Heilige Gees. Die Heilige Gees maak almal bedienaars en almal priesters. Hý is die bekwaam maker. Hý werk deur almal.

Ons lees in 1 Pet. 2:9 die volgende:

Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.

Jesus sê dat Hy ons konings en priesters gemaak het vir sy Vader. Aan ons het Hy mag gegee om die wêreld te oorwin en op die aarde te heers. Ons sal priesters van die Here genoem word; aan ons sal gesê word: “Dienaars van onse God!”

Ons het ‘n nuwe geslag bedienaars geword omdat ons almal ‘n nuwe “spesie” geword het wat deur die Heilige Gees bewoon word. Anders as die gewone mense in die Ou-Testament het ons die Heilige Gees ontvang. In die Ou Testament was die Heilige Gees net “op” mense maar ook net op die leiers van die tyd; die priesters, die profete en sommige konings soos Dawid. Die gewone mens het nie die Gees van God gehad nie. Vandag is ons almal “leiers” want ons word almal vervul met die Heilige Gees. Hoor wat sê Jesus in Matt 20:25-28

Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos wat die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.

In die ware kerk van God is nie groot manne nie. Leiers voer gesag uit in die institusionele kerk deur húlle opinies te laat geld, húlle geloof uit te lewe, húlle visie te propageer en húlle voorkeure tydens besluitneming hoër te ag as die van ander. Hierdie gesindheid loop dikwels oor tot onregverdige onderhandelings en selfs outokratiese besluitneming, gewoonlik as die kwessie vir die betrokke leier belangrik genoeg is. Van hulle praat selfs van sý gemeente en sý preekstoel. Die meeste van hulle doen dit in ‘n baie mooi gees en gesindheid maar dit maak nie die sisteem reg nie. Almal se opinies behoort ewe veel waarde te hê en ewe veel gewig te dra. Almal moet hul geloof kan uitleef en tydens besluitneming tel elkeen se oogpunt ewe veel. Dit is juis hoekom besluitneming in die vroeë kerk so effektief was.

Die institusionele kerk het in die loop van die jare gewoond geword aan ’n outokratiese tipe besluitneming en bestuurstyl sonder om dit te veel te bevraagteken. Die familie interaksie op gelyke voet is verander in ‘n bevel-styl verhouding soos werknemers in ‘n maatskappy. Hierdie selfde voornemens en gesindhede word die meeste van die tyd nooit uitgespreek nie maar dit is daar: “My posisie gee my die outoriteit om my beginsels en oortuigings op julle af te dwing as dit moet”. “Ek doen dit in ‘n sagte gees en ’n mooi gesindheid maar as ek teëstand kry sal ek my voet dwars neersit”.

In die institusionele kerk word grootheid gemeet aan aanhangers getalle, prominensie, eksterne krag, mag en politieke invloed. Kerkleiers misbruik hulle posisies dikwels. Hulle mag lê eerder in status, titel en posisie. Hierdie posisionele aanstellings het baie keer ook politieke oorwegings as grondslag. Ek dink Hos. 8:4 kan hier baie goed van toepassing gemaak word:

Hulle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder My wete…

Kyk waar het die besluitnemings proses in die institusionele kerk ons al gebring: Dominees trou paartjies van dieselfde geslag, homoseksuele predikante word op preekstoele toegelaat, leierskap word beskerm wanneer hulle uitgevang word vir kinder molestering en korrupsie (om natuurlik die denominasie se goeie naam te beskerm), die maagd geboorte van Jesus Christus en daarmee sy aanspraak as Seun van God word nie erken nie, morele standaarde van kerk lidmate word nie aangespreek nie, mense word in posisies aangestel wat geen sin maak nie, gemeentes word familie besighede wanneer al die pastoor se kinders voltydse aanstellings kry en nog baie meer wêreldse en selfs sondige aktiwiteite word deur die kerk toegelaat en goedgekeur. Die groot leemte hier is dat ‘n baie klein groepie mense deur middel van wêreldse metodes besluite neem. Die wêreldse metodes het groot skuiwergate en leemtes wat veroorsaak dat besluite geneem word wat nooit geneem moes word nie. Besluite word as gevolg van tegniese redes deurgevoer wat nie moes nie. Partykeer maak net een stem die verskil. Klink na politiek nè.

Hierdie “gesag uitoefen” van party kerkleiers wissel van geen druk op die gewone gemeente lidmate tot ‘n druk wat grens aan die druk wat werknemers by hul werk van hul werkgewers ervaar. Hierdie stelling is geensins oordryf nie. Hoe mooi of hoe diplomaties kerkleiers dit ook al doen, die gesag wat hulle uitoefen het ‘n dodelike effek. Dit beweeg die gemeente tot passiwiteit en afhanklikheid met betrekking tot bediening en onderwerping met betrekking tot besluitneming. Dit lei ook tot die neem van besluite wat nie binne die wil van God is nie.

Besluite word doodeenvoudig deur 0,01% van die gemeente geneem en hierdie besluite word op die meerderheid afgedwing. Dit is vanselfsprekend so en almal aanvaar dit so. Dit verskil egter niks van die wêreld nie.

Inteendeel die industriële of sake wêreld poog nog om die werkmag meer aktief betrokke te maak met besluitneming. Daar word allerhande werkswinkels gehou om die werksmag toe te rus en te motiveer om meer betrokke te wees met besluitneming.

Geskiedenis het egter bewys dat dit vir die institusionele kerk nog altyd ‘n probleem was. Kerkleiers wou nog altyd beheer gehad het om die institusie of die struktuur effektief te beskerm. Sodra dit voel asof situasies en omstandighede ontstaan wat die gesag uit hulle hand neem of blootstelling veroorsaak, het kerkleiers nog altyd vinnig oorgegaan tot aksie. In die naam van “Om die kerk te beskerm” of “Om die wil van God te laat geskied” of “Die beste vir die gemeente” of wat ook al, is daar al menige besluite geneem wat eintlik teen die wil van God is.

Vir God is sy bruid binne die institusionele kerk na aan sy hart en vir Hom die prioriteit. Vir die kerkleier kom die struktuur eerste want dit is essensieel vir sy voortbestaan. Die “struktuur” skryf ast’ware voor wat gevolg moet word, toegelaat moet word, nagejaag moet word en nie toegelaat moet word nie. Die “struktuur” is in werklikheid in beheer en die leierskap in die struktuur is sy slaaf. Hulle is die pionne van die “magte” in beheer van hulle eie skeppingswerk.

Hierdie is alles areas en sisteme waaraan die nuwe geslag bedienaar nie vasklou nie. Hy het daardie juk van sy nek afgewerp. Die bande is losgesny en die kettings gebreek. Hy begin asemhaal en hy begin lewe. Hy is vry om sy God in gees en waarheid te dien sonder gebondenheid en sonder die dooie atmosfeer en die dooie gees van die godsdiens. Hy hoor die kerkklok lui op ‘n Sondagoggend en dit bring altyd gemengde gevoelens; ‘n ongekende vreugde wetende hy is verlos van die godsdiens, maar ook ‘n weemoed wetend dat so baie nog vasgevang is in sy greep. Vasgevang as gevolg van die werking van magte lank voor sy bestaan wat hom nou nog kniehalter, belas, belemmer en beroof.

Die nuwe geslag bedienaar weet dat al is hy self nie in beheer nie, God is nóg in beheer. Hy weet hy hoef niks en niemand te beskerm nie. God het ons nie nodig om sy kerk of sy gemeente of sy kinders te beskerm nie. Niemand het ons aangestel om dit te doen nie. Gaan lees maar die Bybel en jy sal sien dat niemand ooit aangestel is om God se handewerk te beskerm nie. Hy is die Hoof van die gemeente en in beheer. Die nuwe geslag bedienaar het nie net homself nie maar alles, insluitend die beheer van mense, aan God oorgegee. Hy vertrou God dat sy wil sal geskied.

Dit is juis hierdie gesindheid van aanvaarding, oorgawe en gehoorsaamheid wat hom ‘n volmaakte instrument in die hand van God maak. Hy doen net wat in die hart en siel van God is. Hy voer sy welbehae uit. Hy het nie nodig om enigiets anders te doen nie want daar is niks wat enigiets anders voorskryf nie. Daar is ook niemand wat enigiets anders voorskryf of eis nie. Hy hoor net die Stem van God in elke situasie. Hy hoef niks en niemand in ag te neem nie. Hy neem net in ag wat God wil uitvoer. Hy vra nie vrae nie en hy neem nie beheer nie. Hy voer net uit in eerbied, gehoorsaamheid, agting en liefde. Die opgestane Jesus leef in hom. Hy bedien net Jesus en niks anders nie. Jesus bedien in hom en deur hom.

Hierdie gesindheid maak ‘n baie groot verskil. Kom ons beskryf, ontleed en vergelyk ‘n bietjie die werk van die nuwe geslag bedienaar met die van die institusionele kerk met behulp van ‘n illustrasie:

Funksie van die tipiese institusionele kerk bedienaar:

Hy staan voor ‘n groot gehoor. Almal sit in rye met hulle oë op hom gerig. Langs sy “preekstoel” het hy ‘n groot verhoog met ‘n hele klomp houtwerk masjinerie. Dit staan netjies gepak in rye. By elke masjien is ‘n plakkaat met tegniese inligting oor die kenmerke van elke masjien. Daar kan jy lees wat elke masjien kan doen en uit watse onderdele dit bestaan. Geen masjien is in die elektriese stroombaan gekoppel nie. Daar is glad nie hout, skroewe, houtlym of enige ander materiaal op die verhoog nie.

Die bedienaar het op die kateder voor hom ‘n netjiese teoretiese handleiding met al die inligting wat jy nodig het om jou redelik goed in te lig oor “hoe om houtmeubels te maak”.

Hy werk baie behendig deur die handleidings en ander inligtingsbronne. Die gehoor konsentreer baie goed, hulle maak aantekeninge en word goed vertroud met die teoretiese inligting van die meubel bedryf. Die naakte waarheid is egter dat hulle totaal passief is. Hulle neem inligting in maar hulle leer geen vaardigheid aan nie. Niemand maak meubels nie. Nie die leier of instrukteur nie en ook nie die gehoor nie.

Die teoretiese lesse word oor ‘n baie lang tydperk gegee. Inteendeel, dit hou nooit op nie. Jare gaan verby en niemand maak meubels nie. So hier en daar daag iemand op met ‘n stoeltjie of ‘n juweelkissie wat hy by die huis aanmekaar geslaan het. Die oorgrote meerderheid van die toeskouers het egter nog nooit ‘n meubelstuk van enige aard gemaak nie.

Funksie van die tipiese nuwe geslag bedienaar

Jy kry hom op straat, op die markplein, op die sportveld en in huise in sy omgewing. Hy beweeg van huis tot huis, van straathoek tot straathoek, van die markplein tot die sportveld. Orals waar hy gaan is houtwerk masjiene aan die werk. Op stoepe, in motorhuise, onder afdakke, langs die hoofweg, op die sportveld, op die markplein.

Die nuwe geslag bedienaar help hier en daar. Hy gee hout aan. Hy hou ‘n stuk hout vas wat iemand besig is om te saag. Hy smeer vir iemand houtlym aan op die gemerkte areas. Hy dra skuurpapier aan. Dan staan hy ‘n bietjie rond en bekyk die gewerskaf hier om hom. Hy is lus om sy eie tafel aan mekaar te slaan. Hy het gister die stoele klaargemaak.

Maar dan sien hy iemand ‘n bietjie onbehendig worstel met sy skaafmasjien. Hy vra hom of hy hom ‘n bietjie kan wys hoe die masjien werk. Hy vroetel aan die apparaat se verstel knoppies, kry die regte sny diepte en draai die slinger vas. Hy wys sy kollega hoe om die hout vas te hou. Gee ‘n bietjie advies met betrekking tot veiligheid. Vertel hom sommer hoe om kwaliteit hout materiaal uit te soek en waar om dit aan te koop. Hy gee die stuk hout terug en staan eenkant en toekyk.

Hy sien hoe sy jong kollega die hout nou behendiger oor die skaafmasjien skuif. Die reuk van hout was nog altyd vir hom ‘n lekker reuk. Hy geniet dit om die tevrede glimlag op sy nuwe broer se gesig te sien. Ja-nee hy kan sommer sien die knaap gaan ‘n meubelmaker van formaat wees.

Met ‘n selfvoldane glimlag stap die nuwe geslag bedienaar terug na sy eie toerusting. Hy wil die tafel vandag klaarmaak (In God se wêreld is niemand passief nie).

Toerusting is nie teoretiese skoling nie

Vir dienswerk moet ‘n mens toegerus word. Jesus het gesalfde gawes aan die kerk geskenk of gegee om die heiliges toe te rus vir dienswerk. Hierdie gawes volgens Ef. 4:8,11 en 13 het ons reeds bespreek. (Apostels, profete…). Hy het ook die gawes van die Gees gegee (Woord van kennis, tale…). om Homself aan die heiliges te openbaar. Beide hierdie groepe gawes het net een oogmerk ten doel: Om die heiliges te onderrig in Christus. Dit gaan dus alles oor Christus die persoon. Die toerusting van die heiliges het dus niks te doen met die skoling in Bybel onderwerpe nie en die bediening is nie die uitdra van Skrif kennis of Skrif vertolking nie. Om hierdie rede is die hele georganiseerde godsdiens ‘n siel produk.

Ware bediening is die interaksie met Jesus die Persoon in die lewens van die nuwe geslag bedienaars. Hulle leef Jesus, hulle praat Jesus, hulle openbaar Jesus, Hy praat met hulle, Hy openbaar Homself aan hulle, Hy leef deur hulle, hulle leer om deur die inwonende Christus te leef. Dit is ‘n driehoek verhouding (Ek , jy en God) wat alle aspekte en dimensies van menswees, kind wees, bruid wees, broer wees, suster wees, pa wees, ma wees en familie wees insluit. Dit is ‘n daaglikse interaksie wat regdeur die week nooit ophou nie. Op ‘n Sondagoggend kom die vrug van Goddelike openbarings en Goddelike verhoudings in die gemeente byeenkoms tot uiting en ervaar ons die lewende Jesus in ons midde. Deur die week was daar interaksie waartydens die gemeente “Jesus” vir mekaar uitgeleef het en in die byeenkoms neem almal deel tot stigting. Bediening is dus die manifestasie van die Christus lewe. Hy werk in ons en deur ons. Daar is geen verstandelike skoling, Bybel onderwerp studie, programme of rituele betrokke nie.

Paul had enough faith in the work of the Holy Spirit and understood his own position in the Great Commission. The Apostles merely laid the foundation on which new believers could build their relationships with God. They knew that the new-found joy in Jesus would be enough to encourage them to congregate regularly. It would be the platform from which they would develop accountability and responsibility towards one another. These converts were now the agents ministering to the needs of their own communities. They did so within the context of their own abilities, resources and spirituality.

– Johan Carstens

Wie maak dit alles moontlik? Hoe is dit moontlik dat sulke wonderwerke deur sulke ongeskoolde vissermanne kan plaasvind? Hoe is dit dat hulle met soveel wysheid praat? Is dit dan nie Estelle en Frans wat hier voor ons oë grootgeword het nie?

Dit is alles die werk van die Heilige Gees wat van gewone mense besondere mense maak. God is nie ‘n aannemer van die persoon nie. God soek nie slim mense nie. God soek gewone mense en Hý rus hulle toe om sy bedienaars te wees. Almal van hulle. Niemand is uitgesluit nie. Die Heilige Gees rus ons almal toe vir dienswerk. Nie ‘n enkele persoon in die kerk van God is nie ‘n bedienaar van God nie!

Saad gedagtes uit “’n Nuwe geslag bedienaars” van Jannie van Zyl

God is tans besig om deur sy Gees vir Hom konings en priesters op te wek. Hierdie konings en priesters volg nie hulle eie godsdienstige programme nie. Hulle het net ‘n hart vir dit wat in God se hart is. Ambisie speel by hulle geen rol nie. Hulle is deurwas met hemelse visie. Hierdie priesters en konings is oorwinnaars. Hulle is oorwinnaars omdat hulle net ore het vir die Heilige Gees en nie vir die wel gedefinieerde teologie van ons tyd nie. Slegs oorwinnaars deel die troon en die heerskappy met Jesus. Hulle regeer op aarde saam met Christus. Elke ware weergebore kán opgroei tot ‘n volwasse seun van God. Deur volwasse seuns van God vloei die Gods lewe na ‘n behoeftige en sterwende wêreld. Hulle stel geensins in bediening belang nie. Hulle fokus is op Jesus en sy beeltenis neem in hulle vorm aan. Hulle weet dat ware bediening die vrystelling van die inwonende Christus is. Hulle leef in ‘n nuwe Gees dimensie en het waarlik ‘n diepe verhouding met die Here. Hulle leef nie deur oortuigings of metodiek nie. Hulle leef deur die gemeenskap met die hemelse Bruidegom. Die nuwe geslag bedienaar het die volheid lewe gevind en ingegaan.

– Jannie van Zyl

Omdat hulle die Goddelike gesmaak het; die Gees salwing op verhoudings inplaas van godsdiens, is die volgende kenmerke en kwaliteite vir hulle mooi en na aan die hart: Spesiale agting en respek vir ander kinders van God, die minste wees in alles, menslikheid en beskeidenheid, bereidheid om te dien, sagmoedigheid en nederigheid, hoë agting vir ander, bereidheid om te werk in die koninkryk van God (Wanneer hy nie fasiliteer of “on-the-job-training” gee nie, dan maak hy self ook “meubels”). Sy werk is egter Gees aktiwiteite en nie vlees aktiwiteite nie.

Ware geestelike leiers is betroubare karakters, nie dinamies begaafd nie, hulle is getroue broers en susters, nie deeglike administrateurs nie, hulle is goeie voorbeelde, nie heersers nie, hulle is goeie vaders en moeders, nie despote nie, hulle is oorreders van die waarheid, nie outokrate nie, hulle is leidende knegte, nie slawedrywers nie, hulle is gewone Christene, nie intelligente reuse nie, hulle is fasiliteerders, nie tiranne nie, hulle is diensknegte, nie aristokrate nie, hulle is versorgers, nie intimideerders nie, hulle is net gewone godvresende mense, nie geestelike spesialiste nie, hulle is geestelike toesighouers, nie professionele predikers nie, hulle soek die koninkryk van God, hulle manipuleer of beheer nie die kinders van God nie, hulle erken die behoeftes van ander meer as hul eie, hulle werk nie vir geld nie, hulle is nie huurlinge nie, hulle meld aan vir diens sonder om oor vergoeding te onderhandel. Hulle is waarlik uitverkoop aan God en sy ewigheid doel.

Wat is die praktiese gevolge van hierdie gesindheid wat Jesus kom demonstreer het?

In die kerk van God werk almal en die “leiers” hou toesig oor die werk. Ek plaas die woord “leiers” tussen aanhalingstekens want dit dui steeds daarop dat Nuwe-Testamentiese leiers nie ‘n posisie is nie maar net ‘n funksie. ‘n Funksie wat maklik misbruik kan word. Hulle toesig bestaan geheel en al net uit ‘n “wys hoe” of demonstrasie. Hulle motiveer ander om dieselfde te doen. Hulle kyk uit vir gevare en afwykings en hulle bring dit aan die lig. Hulle gee raad en advies en hulle fasiliteer. Die res laat hulle aan God en aan die gemeente oor. Hulle dwing niks af nie en hulle neem geen aksies nie. Hulle vermaan, hulle versoek en hulle probeer oorreed maar dit is hoe ver hulle gaan. Hulle neem geen beheer nie. Hulle vertrou God en die sisteem wat Hy in plek gesit het.

Hulle besef dat leierskap volgens wêreldse metodes die “almal is priesters” sisteem van die kerk benadeel en beperk. Dit skaad die familie beeld van die kerk. Dit onderdruk vrye deelname en vrye funksionering. Dit hou die gelowige priester in sy kinderskoene. Hy kan nie ontwikkel nie. Hulle groei nooit op nie. Hulle bly swak in die Gees en onseker van hulleself. Hulle word teoreties “vet” gevoer maar gaan nooit oor tot aksie nie.

Daar bly vir die informasie geskoolde kind van God net een van twee opsie oor: Verlaat die institusionele kerk of kry jou diploma en leer ander mense wat jy die afgelope twintig jaar geleer is. Die bose kringloop gaan net aan en aan. Selfs die institusionele kerkleiers erken dat hulle diep teleurgesteld is in die vordering en geestelike groei onder hulle lidmate. Dit kan ook nie anders nie. Die struktuur en sisteme wat in plek is kan nie geestelike groei bevorder nie. Die struktuur moet vaarwel toegeroep word, uitmekaar gehaal word en as skroot verkoop word. Die lewende organisme in die institusionele kerk moet vrygelaat word om te lewe.

Daar kom ‘n dag dat hierdie stap nie langer uitgestel sal kan word nie. Kerkleiers gaan eventueel gedwing word om dit te doen. Kerklidmate gaan die institusionele kerk verlaat en daar gaan niemand oorbly nie. Die bittereinders gaan eventueel ‘n dooie godsdiens bedryf en van geestelike honger en dors omkom. Ek het geen idee wanneer dit gaan gebeur nie maar ek weet dit kom.

Kyk ‘n bietjie wat gebeur as die dominee of pastoor skielik bedank en daar is vir ‘n maand of twee geen plaasvervanger nie.

Vir ‘n paar dae gaan daar niks aan nie. Niemand weet wat om te doen nie. Wie gaan preek? Wie gaan vir die siekes bid? Wie gaan die hospitale besoek? Wie gaan die finansiële kerksake hanteer? Wie gaan die berading doen? Wie gaan die nuwe fondsinsameling projek hanteer? Wie gaan die Bybelstudie klas hanteer? Hoekom het hy so skielik bedank en ons in hierdie benarde posisie gelos?

Almal is verstom. Hulle sit passief in die banke en kyk na die leë preekstoel. Hulle weet nie wat om te doen nie. Hy het self nie “meubels” gemaak nie, hy het hulle nooit gewys hoe om “meubels” te maak nie maar nou kan hulle selfs nie eens dit doen wat hulle hom so getrou jaar na jaar sien doen het nie (ander vertel hoe om meubels te maak). Ons moet baie dringend ‘n dominee beroep!

Kom ons kyk ‘n bietjie wat sê die Bybel van die funksies en karaktereienskappe van die nuwe geslag bedienaar:

1 Pet. 5:1-3

Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ‘n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ‘n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word: Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.

Hier sien ons God se wil met betrekking tot leierskap duidelik uitgespel. God wil hê ons moet lei deur voorbeeld en nie deur gesag of heerskappy nie.

1 Pet. 5:5

Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed met onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die ootmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

Hier sien ons dat Paulus sê dat die jongeres aan die oueres onderdanig moet wees net soos wat hulle ook almal mekaar onderdanig moet wees. In die koninkryk van God ag almal mekaar hoër as hulself en is almal onderdanig aan mekaar. Selfs die oueres is onderdanig teenoor die jongeres (want die oudste onder julle moet wees soos die jongste – Luk. 22:26).

Daar is tog ‘n versoek spesifiek aan die jongeres gerig: Die oueres het al ‘n pad gestap en uit sy of haar lewenservaring kan hulle jou baie leer en baie goeie raad gee. Wees dus bereid om deur hulle oorreed te word vir jou eie beswil.

Wat is ons dan as ouderlinge? Die Bybel sê tog ons is aangestel om toesig te hou oor die kudde?

Die woord “ouderling” in die Grieks is “presbuteros” wat “’n ouer man” beteken. Dit verwys na ‘n “ervare” of ‘n “konfyte” man. Iemand wat die pad geloop het en weet waaroor dit gaan. Daarom kan ‘n vrou ook ‘n ouderling wees. Ervaring het hulle toegerus vir hulle dienswerk. Daarom kan hulle toesig hou, daarom kan hulle ‘n voorbeeld wees vir ander. Hulle ken die pad, hulle weet wat werk en wat werk nie. Hy kan vir ander manne die pad wys. Sy kan vir ander vroue die pad wys. Hy of sy bly egter nog steeds net mens en is nie ‘n “superman” of ’n “supervrou” nie. Hulle kan ook verkeerd wees en foute maak. Daarom moet hulle ook nederig wees en altyd ‘n leersame gees hê.

Omdat hulle ervare is, het God hulle ‘n toesighouer funksie gegee: “Terwyl julle die pad stap, kyk tog ‘n bietjie uit na die jongeres en die onervare manne en vroue. Wees daar vir hulle as hulle jou nodig het. Help hulle en wys hulle. Moenie oor hulle heers nie. Wys hulle net in liefde en ootmoedigheid. Sonder dwang maar met bereidwilligheid. Moenie hulle misbruik of verskuilde agendas hê nie. Moenie dit doen vir vuil gewin nie.

Die Bybel gefundeerde ouderling funksie was eintlik baie meer passief as wat ons dink. Hulle het eintlik in die lokale huiskerk gemeente ‘n baie lae profiel gehou. ‘n Buitestander sal byvoorbeeld ‘n hele paar keer besoek, hetsy tydens die byeenkomste of tydens die weeklikse interaksie en glad nie weet wie die ouderlinge in die gemeente is nie.

In this way, the role of the elders can be likened to the human liver. The liver works invisibly, filtering out poisons and other toxic substances. It resists infections by producing immune factors and removing bacteria from the bloodstream. The liver organically detoxifies the human body, causing it to function properly. But it does so in a quiet, hidden way. In a similar fashion, the elders detoxify the church behind the scenes so that the body can function without hindrances.

– Frank Viola

Hulle hou net ‘n ogie. Hulle kyk wie kry swaar en wie het hulp nodig. Hulle weet van almal se pyn en verdriet. Hulle moedig hier ‘n bietjie aan en gee daar ‘n bietjie advies. Hulle hou ‘n ogie oor die welstand van die gemeente lede. Die gemeente doen die werk saam met hom. Hulle doen dieselfde ding. Hulle kyk maar net ‘n bietjie uit sonder om krities te wees, beterweterig te wees of opdringerig te wees.

Terwyl sy hande op die skaafmasjien is kyk hy ‘n bietjie rond. Hy herken ‘n “wolf” die oomblik wat hy hom sien. Hy herken valse profete die oomblik wat hy met hulle te doen kry. Sy weet onmiddellik wanneer iets of iemand die lokale gemeente probeer insluip om skade aan te rig. Hulle weet dat God in beheer is en daarom oorreageer hulle nie. Tog waarsku hulle almal getrou en laat dit aan God en die gemeente oor om die regte besluite te neem en die regte optrede uit te voer. Hy oorreed, maar dwing nie af nie. Dit is nie sy gemeente of sy kudde nie. Dit behoort aan die Opperherder wat getrou sy werk in die gemeente sal doen.

Hierdie funksies word alles agter die skerms uitgevoer. Die gemeente is nie eens bewus daarvan nie. Hulle doen dit in restaurante wanneer hy of sy met ‘n broer of suster oor ‘n koppie koffie gesels, hulle doen dit telefonies of so terloops wanneer hulle mekaar in die dorp raakloop en so meer. Partykeer stel hy proaktiewe aksie voor soos om vir ‘n arm gesin vir die maand van kos te voorsien. Hy stel voor dat iemand bemoedig moet word. Hy gaan bid vir die siekes. Hy doen dit egter deur mense saam te nooi om hulle te leer en te wys hoe om gehoorsaam aan God “die werke by die geloof” te sit. Hy doen dit ook in die Gees. Hy is nie besig met sy eie programme en metodes nie.

Konings en priesters na God se hart

Ons het almal posisionele aanstellings in die kerk van God deelagtig geword toe ons gelowig geword het. Christus het ons almal gemaak konings en priesters vir sy Vader. Ons sit in hemelse plekke saam met Jesus op sy troon. Ons heers reeds nou saam met Hom. Hy het ons bekwaam gemaak om te regeer as konings en priesters. Daar ís dus posisionele aanstellings in die kerk en dit is vir almal in die koninkryk van God. Niemand is uitgesluit nie. God het nie nodig om leiers oor sy konings en priesters aan te stel nie. Hy het net ‘n bietjie toesighouding nodig. Iemand om net ‘n ogie te hou.

Om dit te illustreer wil ek die volgende voorbeeld gebruik:

‘n Dinamiese, vindingryke Boer het ‘n groot prys vir n vrugteplaas betaal met baie vrugte boorde, plaasimplemente, ‘n inleg fabriek, ‘n vars vrugte verpakkingsafdeling, ‘n droëvrugte fabriek en so meer. Hy het die afgelope tyd met tussenposes en tydens verskillende periodes ‘n klomp deskundiges op die plaas gehad om die werkers toe te rus vir hul dienswerk. Nadat die deskundiges weg is het hy niemand in beheer geplaas van die verskillende seksies en areas van verantwoordelikheid nie. Hy het die werkers net so leierloos gelos.

Hy het genoeg vertroue in die werkers gehad om self al die funksies uit te voer. Hulle is spesiaal uitgesoek vir hierdie doel. Dit is ‘n nuwe stelsel wat nog nooit so gefunksioneer het in die geskiedenis van die mens nie. Die Boer het baie tyd met elke werker bestee en iets van Homself, ‘n stukkie van sy Visie en Persoonlikheid vir elkeen gegee. Soveel tyd het Hy met elkeen bestee dat hulle baie verknog en afhanklik van Hom geword het. Hulle ken Hom baie goed en weet presies wat Hom gelukkig maak.

Hy het besluit om op ‘n lang vakansie oorsee te gaan en die plaas net so in beheer van die plaaswerkers en fabriekswerkers te los. Hy het egter net voor sy vertrek vier van die arbeiders wat al lank vir Hom werk eenkant toe geroep. Met die volgende woorde het Hy hulle totsiens gesê terwyl Hy vertrek:

“Hou ‘n bietjie ogie oor die werk ouens. Moenie oorneem nie maar gee net so bietjie raad as dit nodig is. Ek wil hê dat die manne self moet ontwikkel en hulle gaan dit nooit doen as julle te veel inmeng en hulle voorskryf nie. As dinge tóg handuit ruk, praat maar mooi met hulle. As hulle moedeloos word bemoedig hulle maar ‘n bietjie maar dit is baie belangrik dat hulle self die mas opkom. Dit gaan partymaal ‘n bietjie uitdagend vir hulle wees maar as hulle van die begin af op hulle eie voete staan sal hulle oorwin. Hulle moenie eens agterkom julle hou ‘n ogie vir my nie kêrels. Sterkte manne”

Hierdie is dan die funksie van die ouderlinge in die gemeente. As hulle getrou aan hierdie beginsels bly gaan hulle Goddelike Bybel gefundeerde toesig oor die kudde van God uitoefen. Die gemeente en die koninkryk van God gaan baie baat daarby. Daar gaan dae wees wat hulle lus gaan voel om beheer te vat en die skape te kasty, te bepreek, hulle misnoeë te wys, hulle teleurstelling te wys, hulle te beveel en hulle te dwing. God sê egter dat hulle nie so mag optree nie. Dit val buite die riglyne van hulle funksie. Hulle het geen reg, outoriteit of mandaat om so op te tree nie. Hulle het nét die volgende gereedskap in hul hande: bemoediging, stigting, lering, oorreding, vermaning, advies, gebed, hulp, voorbeeld wees, en motivering. Niks anders nie.

Die mag van besluitneming of gesag lê in die hande van die hele gemeente. Daarom lê ook die dissiplinering van onordelike gemeentelede in die hande van die gemeente. Dit kan nie in die hande van ouderlinge en die vyfvoudige bedienaars lê nie. Dit sou ongetwyfeld die hiërargiese sisteem van die wêreld op die gemeente afgedwing het. Al die konings en priesters van God besluit almal saam oor gemeente aktiwiteite en kerksake.

Paulus en Johannes het groot probleme met ‘n sekere Diótrefes gehad wat sy funksie as ouderling misbruik het. Hy het ál meer gesag begin uitoefen en het homself eventueel aangestel in ‘n leierskap posisie. ’n Ander moontlikheid is dat hy as ’n valse apostel van buiteaf ingekom het en die gemeente oorgevat het. Wat dit ook al was, dit het ernstige gevolge vir die gemeente gehad.

3 Joh. 1:9-11

Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie. Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente. Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goeddoen is uit God; maar hy wat kwaad doen het God nie gesien nie.

Hier beskryf Johannes vir ons ‘n man wat die besluitneming oorgeneem het en die gesag uitoefen in die gemeente. Hy het wederregtelik eienaarskap oor die gemeente geneem en opgetree asof dit aan hom behoort. Hy was in beheer en het gemaak soos hy wil. Dit is nie hoe Jesus en die apostels die fondament gelê het vir ‘n Bybel gefundeerde gemeente nie. Oorweeg die woorde van Johannes: “…wat onder hulle die eerste wil wees

Paulus het ook uitgevaar teen hierdie tipe godsdienstige leiers in 2 Kor. 11:1-33. Hy noem hulle valse apostels. Paulus was egter ook ontsteld oor die gemeente, by wie die besluitneming rus, dit toegelaat het dat so ‘n persoon inkom en alles oorvat. Hy vermaan hulle oor hierdie slapheid of laksheid.

2 Kor. 11:4,19 en 20

Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval (is julle sommer tevrede daarmee).

Want julle verdra graag die dwase, omdat julle so verstandig is!

Julle verdra dit mos as iemand knegte van julle maak, as iemand julle opeet, as iemand julle beet neem, as iemand hom aanstel, as iemand julle in die gesig slaan.

Kyk in watse ernstige lig Paulus hierdie slapheid van die gemeente beskou. In vers 13 sê hy dat sulke mense valse apostels en bedrieglike arbeiders is. Die gemeente het nie oordeelkundig opgetree nie deur hierdie valse apostels toe te laat om hulleself oor hulle aan te stel en oor hulle te regeer nie. Paulus vat die gemeente aan omdat hulle toelaat dat iemand knegte van hulle maak. Hy was ook ongelukkig oor die gemeente hierdie fout nie regstel nie. Paulus en die ander apostels het verskeie kere die gemeentes gewaarsku teen sulke mense wat verskuilde agendas het.

Selfs Jesus, in sy brief aan die gemeente van Efese in Op. 2:2, het dit hoog op prys gestel dat die gemeente dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie. Die gemeente het hierdie apostels as leuenaars bevind en hulle nie toegelaat om in die gemeente te bedien nie of oor te vat nie. Dit spreek van ’n volwasse gemeente op hierdie gebied:

Op. 2:2

Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het.

Vergoeding vir ouderlinge

Die ouderlinge het nie soos die vyfvoudige bediening aanspraak gemaak op finansiële hulp van die gemeentes nie. Hulle was gewone mense met gewone sekulêre beroepe en selfversorgend. Petrus en Paulus het egter hierdie funksie van die ouderlinge hoog op prys gestel. Dit is ‘n belangrike funksie en die ouderlinge verdien ‘n dubbele eer daarvoor. Ons lees in 1 Pet. 5:4 die volgende:

En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.

Paulus sê in 1 Tim 5:17-18 die volgende:

Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer. Want die Skrif sê: Jy mag ‘n os wat graan dors, nie muilband nie; en: die arbeider is sy loon werd.

Die Griekse woord vir eer in hierdie versie is “time” (Uitspraak: tie-mê) wat “respek” of letterlik “eer” beteken. Die normale Nuwe-Testamentiese woorde vir “finansiële vergoeding” of “salaris” of ”loon” naamlik (misthos of opsonion) kom nie in hierdie vers voor nie. ‘n Dubbele eer is dan werklik ‘n dubbele respek en ‘n dubbele eer en nie finansiële vergoeding nie. Daar was egter wel ouderlinge wat ook in die vyfvoudige bediening as leraars gefunksioneer het, wat nie net eer en respek nie maar ook finansiële vergoeding ontvang het. Hulle het tussen huiskerk gemeentes beweeg en die mense die woord geleer.

Paulus het nege sendbriewe aan gemeentes in Asië geskryf. Al nege briewe is aan die broeders geskryf en aan hulle gerig. (Aan die Heiliges in…, Aan die broeders in…, Aan al die geliefdes van God…, Aan die gemeentes van…). Altyd aan die kerk of die gemeente. Hy het almal as ‘n geheel bemoedig, versterk, vermaan, geleer en bedien. Hy het nie ‘n enkele brief aan die ouderlinge of aan enige ander leier gerig nie. Hy het inteendeel nie ‘n enkele keer met die ouderlinge in die briewe gepraat nie. Net met een geleentheid het hy die ouderlinge vlugtig gegroet en nie eens persoonlik nie. Hy het die gemeente gevra om hulle namens hom te groet. Ons lees daarvan in Heb. 13:24:

Groet al julle voorgangers en al die heiliges…

Hierdie wys duidelik die posisie van ouderlinge en leiers in die kerk uit. Daar is nie posisionele leiers nie. Net funksionele leiers. Ook Jakobus, Petrus, Judas en Johannes het dieselfde gesindheid ingeneem met betrekking tot ouderlinge in die sendbriewe wat hulle uitgestuur het. Hulle het geen brief aan enige ouderling geadresseer nie of met hulle gepraat nie. Hulle het ook die hele gemeente aangespreek in hulle briewe. Selfs wanneer die apostels die gemeentes gemotiveer het om dissiplinêre stappe teen ongehoorsame broeders te neem, het hulle die gemeente aangespreek en nie die ouderlinge nie. Hoekom? Omdat die hele gemeente verantwoordelik was vir gemeente aktiwiteite en ook vir dissiplinêre aksie in die gemeente. Dit was nie ‘n funksie vir leiers soos ons vandag in die institusionele kerke sien nie.

HOOFSTUK 13

DIE GEDEELDE GEMEENSKAPSLEWE

Wat behels die gedeelde gemeenskapslewe?

Wie doen dan al die werk? Wie is verantwoordelik vir al die aktiwiteite en funksies binne die gemeente? Wie is verantwoordelik vir pastorale versorging? Wie hanteer lering en dogmatiese leerstellings? Wie is verantwoordelik vir bediening? Wie is verantwoordelik vir berading? Wie sorg vir die behoeftiges? Wie kyk na die weduwees en die wees in die gemeente?

Hierdie funksies is sonder twyfel die verantwoordelikheid van elke lid van die hele gemeente. Almal maak “meubels”. Die gemeente is nie slaafs van die vyfvoudige bedienaars afhanklik nie.

Al hierdie gemeente aktiwiteite sorteer onder die “gedeelde gemeenskapslewe” van die kinders van die Here. Dit is alles die uitvloeisel van die inwonende Christus in ons. Alles is uit Hom gebore. Die bediening het sy ontstaan in Christus. Hý maak bemoeienis met elke behoeftige mens deur al sy kinders. Hy spreek elke behoefte aan deur sy kinders. Ons is sy hande en sy voete. “He loves people through us. He cares for people through us. He touches people through us”. Ons is die liggaam waardeur Hy werk. Elke liggaamsdeel het ’n funksie. Nie net die vyfvoudige bediening nie maar elke gelowige kind van God. Dit is die “dienswerk” van die heiliges. Die dienswerk van die heiliges is om Jesus Christus te bedien.

1 Pet. 4:10

Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God

Uit onderstaande Skrifgedeeltes is dit baie duidelik dat alle geestelike bediening sowel as sosiale bediening en versorging van gemeentelede in die Nuwe-Testamentiese kerk, deur die gemeentelede self uitgevoer is. Al die lede van die liggaam het mekaar ondersteun, bedien, gestig, bemoedig, geleer, beraad, vermaan, versorg, mekaar se laste gedra, mekaar gemotiveer, vir mekaar gebid, die siekes besoek, mekaar gehelp en mekaar bygestaan. Lees baie stadig en aandagtig deur die Skrifgedeeltes en onthou, die sendbriewe waaruit hierdie Skrifgedeeltes kom is aan die hele gemeente gerig.

Hulle word ook as gelowiges pertinent gevra om hierdie funksies saam uit te voer:

Rom 12:10 – wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning (Wees hartlik teenoor mekaar)

Rom 12:10 – wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning (Eer mekaar)

Rom 12:16 – wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie (Wees nederig teenoor mekaar en wees eensgesind)

Rom 13:8 – Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ’n ander liefhet, het die wet vervul (Wees lief vir mekaar)

Rom 14:19 – Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien (Hê vrede met mekaar)

Rom 14:19 – Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien (Stig mekaar)

Rom 15:7 – Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God (Aanvaar mekaar)

Rom 15:14 – Maar ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan (Vermaan mekaar)

Rom 16:16 – Groet mekaar met ’n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle (Wees vriendelik en gasvry met mekaar)

1 Pet. 1:22 – As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ’n rein hart (Wees lief vir mekaar)

1 Pet. 3:8 – En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik (Wees eensgesind met mekaar) (Hê medelye met mekaar) (Ontferm julle oor mekaar) (As die een lid huil, huil saam met hom; as een lid bly is, wees saam met hom bly)

1 Pet. 4:9 – Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer (Wees gasvry met mekaar)

1 Pet. 5: 5 – Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade (Wees nederig teenoor mekaar) (Wees onderdanig teenoor mekaar)

1 Thess. 4:9 – Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê (Wees lief vir mekaar)

1 Thes. 5:11 – Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen (Bemoedig mekaar)

1 Thes. 5:11 – Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen (Bou mekaar op)

1 Thes. 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Vermaan mekaar om die regte ding te doen)

1 Thes. 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Bemoedig mekaar om sterk te staan)

1 Thes. 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Ondersteun mekaar sodat julle staande kan bly)

1 Thes. 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Wees geduldig met mekaar)

1 Joh. 1:7 – Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde (Kuier by mekaar en maak bemoeienis met mekaar)

1 Joh. 3:11 – Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê (Wees lief vir mekaar in woord en in daad)

1 Kor. 1:10 – Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening (Wees eensgesind met mekaar)

1 Kor. 5:3-5 – Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het, in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus — om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus (Dissiplineer mekaar)

1 Kor. 6:1-6 – Durf iemand van julle wat ’n saak teen ’n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie? Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge? As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word. Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie? Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges? (Dissiplineer mekaar) (Los probleme self in die gemeente met mekaar op)

1 Kor. 11:33-34 – Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ’n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom (Wag vir mekaar en konsidereer mekaar)

1 Kor. 12:25 – sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra (Sorg vir mekaar)

1 Kor. 14:31 – Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word (Leer mekaar) (Bemoedig mekaar)

1 Kor. 14:39-40 – Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie. Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan (Wees ywerig om mekaar te bedien)

1 Kor. 15:58 – Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie (Motiveer mekaar om die werk van die Here getrou te doen)

1 Kor. 16:2-3 – Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie. En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring (Sorg vir mekaar)

Gal 5:13 – Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. (Dien mekaar)

Gal 6:2 – Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus (Dra mekaar se laste)

Ef. 4:2 – met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra (Verdra mekaar)

Ef. 4:32 – Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het (Wees vriendelik met mekaar) (Ontferm julle oor mekaar) (Vergewe mekaar)

Ef. 5:19 – Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here (Praat met mekaar tot eer van die Here) (Sing vir mekaar tot bemoediging en stigting)

Ef. 5:20-21 – terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God (Wees tevrede met wat julle het in mekaar) (Wees onderdanig aan mekaar)

Kol 3:13 – Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen (Verdra mekaar) (vergewe mekaar)

Kol 3:16 – Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here (Leer mekaar) (Vermaan mekaar) (Sing vir mekaar)

Kol 3:16 – Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here (Sing vir mekaar)

Heb. 3:13 – Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie (Vermaan mekaar om nie afvallig in sonde te word nie)

Heb. 10:24 – en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor (Gee ag op mekaar en motiveer mekaar tot liefde en goeie werke)

Heb. 10:25 – en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom (Motiveer mekaar om aktief te wees en die samekomste nie te verontagsaam nie)

Jak 5:16 – Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag (Bely julle sondes aan mekaar)

Jak 5:16 – Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag (Bid vir mekaar)

Bogenoemde gemeente aktiwiteite word nie deur leiers uitgevoer nie. Dit word deur elke lid van die gemeente uitgevoer. Ons kan dit nie aan die ouderlinge of vyfvoudige bedienaars oorlaat nie. Nee, dit is ons almal se werk. Elkeen bring sy kant en sodoende maak almal die werk baie ligter.

With dramatic clarity, all of these “one-another” exhortations incarnate the fact that every member of the church is to share the responsibility for pastoral care. Leadership is a corporate affair, not a solo one. It’s to be shouldered by the entire body.

– Frank Viola

Bediening is nie net vir party mense nie. Bediening is nie net vir mense wat in die vyfvoudige bediening staan nie. Bediening is nie net vir mense wat die gawes van die Gees in hul lewens deelagtig is nie. Bediening is nie net vir die ouderlinge nie. Bediening is nie net vir mense wat in die Heilige Gees gedoop is nie. Nee, bediening is vir elke gelowige kind van God. Die Bybel sê dat ons dissipels van alle mense moet maak, hulle moet doop en hulle moet leer om alles te onderhou wat Jesus sy dissipels geleer het.

Die ouderlinge (maar tog ook almal in die gemeente) se funksie, as ‘n enkele woord beskrywing, word die beste in Heb. 13:24 weergegee:

Groet al julle voorgangers

Hoekom noem Paulus die ouderlinge “voorgangers”? Die klem lê natuurlik op die woord “voorganger”. ‘n Voorganger is iemand wat ander mense wys hoe dinge gedoen word. Hy loop voor en hy demonstreer hoe dit gedoen moet word. Enigiemand kan ‘n voorganger wees, nie net die ouderlinge nie. Hulle besoek die siekes, hulle vat kos weg vir die hongeriges, hulle leer die jonges, hulle help die behoeftiges in die gemeente. Onthou die gemeente is maar klein. Gewoonlik so 5 tot 30 mense. Die ander gemeentelede sien dit en begin dit self ook te doen. Deur die self doen, wys ons ander en in die proses motiveer ons ander deur ‘n goeie voorbeeld te wees.

2 Thess. 3:7-9

Want julle weet self hoe julle ons moet navolg, want ons het ons nie onordelik onder julle gedra nie; ook het ons nie brood by iemand kosteloos geëet nie; maar ons het met arbeid en inspanning nag en dag gewerk om nie iemand van julle tot las te wees nie. Nie dat ons nie die reg het nie, maar om onsself vir julle as ‘n voorbeeld te stel, dat julle ons kan navolg.

Paulus doen en hy wys ander hoe.

The five steps of equipping people:

You do, you do with someone who watches you, you allow someone to do while you watch, someone else do, someone else do with someone else.

– John Maxwell

Basies sê John Maxwell dat mense toegerus word of geleer word deur die volgende prosesse te volg:

Jy doen eers die taak self. As jy die taak nie self kan doen nie kan jy nie ander leer om dit te doen nie.

Dan doen jy die taak voor iemand sodat hy kan sien hoe dit gedoen word.

Die volgende stap is om daardie persoon toe te laat om nou die taak te doen terwyl jy toekyk.

Daardie persoon gaan nou uit en hy doen self die taak.

Die persoon doen nou die taak voor iemand anders sodat ‘n derde persoon kan sien hoe hy dit doen.

Dit is waarlik “toerusting” soos Jesus dit gedoen het.

As al vyf hierdie stappe uitgevoer word dan vind gesonde “toerusting” van mense plaas. Die siklus is heeltemal voltooi want elke persoon wat geleer is, leer ook nou ander.

Ons praat nie van ‘n groot las op die gemeentelede se skouers nie. Onthou huiskerk gemeentes is maar klein. Iemand se motor het gebreek en iemand gaan help hom om dit reg te maak. Iemand is siek en almal of party gaan bid vir hom. Iemand het nie kos in die huis nie en die ander maak ‘n bietjie kos bymekaar vir hulle. Iemand is ‘n bietjie terneergedruk en die ander bemoedig hom ‘n bietjie. Iemand verjaar en die ander gaan kuier ‘n bietjie vir hom. Almal maak bemoeienis met almal. Almal maak die werk ligter want daar is soveel minder mense om na om te sien en soveel meer mense om dit te doen.

In die gemeente het almal ‘n gawe, almal is bedienaars en almal is verantwoordelik vir mekaar (Rom 12:6, 1 Kor. 12:1, Ef. 4:7, 1 Pet. 4:10). Die idee dat die ouderlinge of die herder van die gemeente soos in die institusionele kerk verantwoordelik is vir hierdie gemeente take is glad nie Skriftuurlik nie. Dit is hoekom daar eintlik niks aangaan in die kerk nie. Die Herders in baie gemeentes voer nie werklik hierdie take uit nie en die gemeentelede nog minder. Almal is passief. Daar word gepreek en geluister en dit is omtrent al, en dit is nie waarvoor ons geroep is nie. Ons is nie geroep om te preek en te luister nie. Jesus het ons persoonlik gewys wat ons moet doen deur vir ons ’n leefwyse van die “Jesus bediening” te demonstreer. Hy het ons presies gewys wat ons moet doen en hoe ons dit moet doen. Lees weer 2 Thes. 3:7-9. Is dit wat die leiers van vandag doen of nie? As ons almal moet doen wat die vyfvoudige bedienaars vandag doen dan gaan ons almal preek. Daar gaan egter niemand op die kerkbanke sit vir wie ons kan preek nie.

Iemand in die institusionele kerk het eenkeer die volgende gesê: “We equipped people for our world, the church world, and not for their world, the everyday life”. Hierdie stelling is heeltemal waar maar daar is tog ook iets wat nie sin maak in hierdie stelling nie: Die kerk wêreld is veronderstel om presies dit te wees: “the everyday life”!

Die kerklewe het geword “die plek tussen die vier mure van die kerkgebou”. Die wêreld daar buite is in werklikheid vir die institusionele kerk ‘n onbekende plek. Hoekom? Want hulle ken nie die gedeelde gemeenskapslewe van die familie van God nie. Dit is vir hulle totaal vreemd.

The devil is so happy when believers don’t come out of the four walls of the church. He revels in the fact that most of us don’t yet know who we are… People have said, “Come to church with us”, but that builds the wrong image. We are not going to church. We are the church!… We have brought people to the church building to get everything: to get saved, to get healed, and so forth. But the kingdom is in us to take salvation, healing, and every heavenly provision to the world. We don’t have to bring the people to the church building.

– Bill Winston

Ons gaan nooit leer wie ons is tussen die vier mure van die kerkgebou nie. Ons gaan nooit leer wie ons is terwyl ons deur strukture vasgedruk word nie. Ons moet uitbreek!

Die Nuwe-Testamentiese kerk was in die hande van die mense, die broeders en die susters. Daar was nie die georganiseerde herder geleide strukture wat ons vandag ken nie.

Die hoofrede hiervoor is dat die kerk of die gemeente eintlik ‘n familie is. Die interaksie tussen die gemeentelede is familie interaksie. Daar is nie die styfheid van half vreemde of totaal vreemde mense nie. Almal ken mekaar en hulle ken mekaar goed. Daar word hegte familie bande gesmee en almal word baie lief vir mekaar. Dit is baie maklik wanneer die gemeente klein en intiem is. Groot kerke kan dit maar vergeet. Hierdie aspek van Christen wees is egter van uiterste belang.

Christian community is indispensable for proper spiritual formation and development. The church that’s living as family will produce transformation in its members. The church that isn’t won’t.

– Frank Viola

Familie tipe gemeenskapslewe is dus nie opsioneel nie. Dit is ‘n opdrag.

Gal 6:10

Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goeddoen, maar die meeste aan die huisgenote (familie) van die geloof.

Rom 8:29

Want die wat Hy vantevore geken het, die het Hy ook vantevore geordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders.

Ef. 2:19

So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote (familie) van God.

1 Tim 5:1-2

‘n Bejaarde man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos ‘n vader, jongeres soos broers, bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.

Die hele Nuwe Testament is deurweek met terme soos familie, kinders van God, broeders, susters, vaders, nuwe geboorte, seuns van God en huisgenote. Die lokale gemeente is die familie van God. Die huis gemeentes in die dorp is die familie van God. Die kinders van God binne die institusionele kerk is die familie van God. Maar ons moet lewe soos ‘n familie. Nie soos ‘n klomp werkers in ‘n groot korporasie nie.

In ‘n groot korporasie lewe elkeen maar vir homself. Dit werk nie so in God se familie nie. Daar sorg hulle vir mekaar. Hulle spandeer tyd met mekaar, hulle groei saam en word saam groot, hulle deel verantwoordelikheid in die “huis”, hulle betoon liefde en toewyding aan mekaar, net soos in ‘n natuurlike familie.

Hulle leef presies soos ‘n natuurlike familie al lewe hulle in verskillende huise. Soos die natuurlike familie mekaar help en ondersteun, net so doen die geestelike familie ook. Omdat hulle tyd met mekaar spandeer weet hulle van probleme, gebeurtenisse en omstandighede in mekaar se lewens. Dit is ’n gesindheid. As hulle dit nie doen nie en bymekaar verby lewe, nie weet wat aangaan in mekaar se lewens nie, mekaar se kinders nie soos hulle eie aanvaar en beskou nie, watse familie is dit dan?

Jak 2:14-17

Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie – wat baat dit? Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

Hierdie geloof in aksie noem Jakobus ware geloof. Geloof is ‘n leefwyse van omgee. Jy voorsien in jou eie behoeftes maar ook in ander se behoeftes. Ander voorsien ook in jou behoeftes. Dit is die gesindheid en aksies van wedersydse versorging. Ons verkoop nou wel nie al ons eiendom en besittings soos die Nuwe-Testamentiese kerk gemaak het nie maar ons sorg wel vir mekaar.

Fil. 2:4

Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.

Let op die belangrike woordjie: Elkeen ook die ander s’n. Die welstand van jou geestelike broers en susters is jou probleem ook. Nie net hulle s’n nie. Dit is ware “agape” liefde in aksie.

Uit die aard van die saak word mense wie se optrede uit lyn is ook soos in die natuurlike familie hanteer. In die natuurlike familie sien die broers en susters die onvanpaste gedrag of optrede, dit wek kommer of verdriet by hulle en hul spreek dit aan. Net soos dit nie in die natuurlike familie geduld kan word nie kan dit ook nie in die geestelike familie geduld word nie. Net soos daar in die natuurlike familie die regte metode aangewend moet word om die probleem aan te spreek, net so ook in die geestelike familie.

Daar word nie op mekaar geskreeu en verwyte toegesnou nie. Nee, die probleem word rustig en ordelik hanteer sodat daar nie kwaai gevoelens later en onnodige seerkry betrokke is nie. Almal is betrokke met die dissiplinering van broeders en susters in die huiskerk, nie net party mense of net die ouderlinge nie. In 1 Kor. 5:1-7 lees ons hoe die kerk die onordelikes moet aanspreek wanneer hulle uit lyn raak. Dit moenie geïgnoreer word of net oorgesien word nie. Dit moet aangespreek word.

Hierdie dan mense is die dienswerk van die heiliges. Die vyfvoudige bediening rus die heiliges toe vir hulle dienswerk. Ef. 4:11-13 is baie duidelik hieroor:

En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus…

Wie word toegerus? Wie moet werk? Wie het dienswerk? Die antwoord is baie duidelik: Die heiliges, en die vyfvoudige bediening moet hulle toerus om dit te doen. Die institusionele kerk het dit heeltemal verkeerdom: Die vyfvoudige bediening werk, hoewel nie in die korrekte opset nie en hoewel hulle ook nie die regte werk doen nie. Die werklikheid is onteenseglik dat dit eintlik húlle is wat werk en die heiliges is totaal passief. Dit is nie God se ewigheid plan vir die heiliges nie. Jesus het gekom om die koninkryk van God te kom vestig op aarde. Hy het elke mens nodig daarvoor. Hy het ook elke mens wat Jesus volg oorgebring vanuit die koninkryk van duisternis en in die koninkryk van die Seun van sy liefde oorgeplaas.

Ons is konings en priesters in die koninkryk van God. Ons is verordineer om in sy koninkryk te heers. Ons moet alles in die natuurlike wêreld onderwerp aan die geestelike koninkryk van God en oor die handewerk van God heers. Ons moet die verlossingswerk van Christus voortsit in hierdie koninkryk. Ons moet sy koninkryk uitbrei en die koninkryk van die duisternis verdryf totdat die heerlikheid van God die aarde vul. Die kerk is die lig wat duisternis verdryf omdat die lig van Jesus in ons skyn. Jesus sit sy verlossingswerk in ons voort. Hy verlos deur ons, Hy red deur ons, Hy genees deur ons, Hy maak vry deur ons. Ons moet sy koninkryk beginsels leer en uitvoer. Hierdie koninkryk is egter ’n familie koninkryk. Dit is die enigste koninkryk in die geskiedenis van die mensdom waarvan die hele bevolking van die koninkryk familie is. Dit is ook die enigste koninkryk waarin almal presies dieselfde in alles is. Niemand is hoër of beter as ander nie. Almal het dieselfde genade, voorregte en toegang tot die hulpbronne en voordele in die koninkryk.

Daar is nie slawe in die koninkryk van God nie. Almal is konings en priesters van God. Die speelveld is absoluut gelyk vir almal. In hierdie koninkryk word dit van almal verwag om te werk. ’n Mooier woord natuurlik is om mekaar te “dien”. Net soos Jesus moet elkeen die “dienskneg” gesindheid van ons Heer en Meester navolg. Hierdie gesindheid maak dit moontlik vir God om nie net die karakter en natuur van God in ons te ontwikkel nie maar ook om die wonderwerkende krag van God in ons te ontwikkel. Paulus sê totdat ons almal kom tot die mate van die volle grootte van Christus. Ons groei dus saam op totdat ons almal kom tot ’n volwasse man. Jesus was ons “default” voorbeeld. Ons moet doen wat Hy gedoen het. Inteendeel Hy self sê dat ons moet doen wat Hy gedoen het. Dit is die kerk se dienswerk. Dit is die heiliges se dienswerk! Tog moet ons dit reg verstaan. Dit is in werklikheid Jesus Christus wat in ons opgroei tot ’n volwasse man namate ons Hom toelaat om in ons te leef en in ons te heers.

Die heiliges se dienswerk is om ’n gedeelde gemeenskapslewe saam met hulle broers en susters in die Here te lewe net soos wat Jesus dit gedoen het. Jesus het met die dissipels saamgeleef soos met ’n familie want hulle is sy familie. Toe die skare vir Hom sê dat sy natuurlike ma en broers buitekant op hom wag, toe antwoord Hy: (Matt. 12:48-49)

Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: Wie is my moeder? En wie is my broers? En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit sê: Dáár is my moeder en my broers.

Jesus het die gedeelde gemeenskapslewe saam met sy dissipels gelewe en dit is die eerste en fundamentele dienswerk van die heiliges in die kerk wat hy ons gewys of geleer het. Dit is een van die twee pilare waarop die kerk gegrondves is.

Jesus het deur die land gegaan, daar in die dorp waar Hy was, in die gemeenskap, op straat, op die markplein, op die sportveld, op die hoof roetes, in huise, op see, in ’n boot, in die veld, ja orals waar Hy en sy “familie” gewandel en hulle hul bevind het, daar was sy dienswerk genesing, aanvaarding, bemoediging, hulp, sorg, bemoeienis, verlossing van demone, verlossing van tradisies, verlossing van godsdiens, vrylating van gevangenis, goeie nuus, kos gee, versorging, aankondiging van die aangename jaar van die Here en die proklamasie van die koninkryk van God hier op aarde. Hy wil dit steeds in en deur ons doen.

Hy het die koninkryk van God verkondig in Gees en in krag. Hy het dit prakties gedemonstreer. Hy het ons gewys wat ons moet doen en hoe ons dit moet doen. Hy verlang nie van ons om enigiets anders te doen as juis dit wat Hy gedoen het nie. Sy opdrag aan ons is dan ook om dieselfde te doen. “Die werke wat Ek doen, sal julle ook doen”. Inteendeel; “julle sal groter werke as Ek doen omdat Ek na die Vader gaan. Soos die Vader My gestuur het stuur Ek julle ook. Julle sal siekes genees, duiwels uitdryf, dooies opwek, My Naam proklameer en verklaar aan die ongelowiges, julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee”. Waar? Op straat, op markpleine, in huise, op die hoof roetes, op die sportveld, op die skoolterrein, in die winkel, orals waar julle gaan. Dit is julle dienswerk. Julle doen dit deur in My gawes te funksioneer (Die gawes van die Gees). Moet dit nie uit julleself doen nie. Dit sal geen krag hê nie.

Dit is waarvoor die gawes van die Gees gegee is. Hierdie “dienswerk van die heiliges” is die “verlossingswerk van Jesus” wat Hy deur sy kinders uitvoer. Hiervoor het ons die doping in die Gees nodig, hiervoor moet ons in die gawes van die Gees funksioneer en hiervoor moet ons die vrugte van die Gees openbaar in ons alledaagse lewenswandel. Hierdie drie “elemente” verklaar die lewende God se bestaan, karakter en wil.

Hiervoor het ons die regte toerusting nodig. Ons het die regte milieu nodig. Ons het die regte atmosfeer nodig. Soos klein plantjies en soos klein babatjies het ons blootstelling aan die regte voedsel, grondstowwe, sonlig, interaksie, water, bemesting en al die ander elemente nodig om te groei. Ons noem dit geestelike groei maar ons groei eintlik in Christus wanneer Hy in ons groei. Daarsonder sal ons nooit tot volwassenheid kom nie. Sonder Christus ín ons ly die koninkryk van God skade en sukkel ons om die koninkryk van duisternis totaal uit ons samelewing te verdryf.

Jesus was nie ’n professionele prediker nie. Inteendeel, Hy het baie min “gepreek”. Preek verander nie lewens nie. Preek is verstand kennis. Preek is die letter en preek is dood. Nee, as jy wil leer fietsry, dan ry jy fiets. Jy val maar jy staan op en probeer weer. As jy heen-en-weer oor die pad slinger dan byt jy vas. Jy pas die beginsels en reëls van die natuurlike wette wat balans beheer toe en jy druk deur tot jy dit regkry. Leer om net Jesus te bedien. Laat Jesus toe om in jou en deur jou te bedien. Laat Hom toe om vanuit jou te vloei na ’n verlore en behoeftige mensdom. Jy woon nie ’n teoretiese konferensie by nie. Dit is net verstand kennis en as jy jou hele lewe daar sit gaan jy graf toe sonder om fiets te ry. Dit is so eenvoudig soos dit. Ons “dienswerk” is nie om na preke te luister nie en die vyfvoudige bediening se “funksie” is nie om te preek nie. Ons moet almal, vyfvoudige bedienaars én die heiliges, presies dieselfde doen, net soos wat Jesus gedoen het, as ons geestelik wil opgroei tot die volle gestalte van Christus: Verkoop die geboue of breek dit af. Laat Jesus ín jou toe om die heiliges te wys hoe om te bedien.

In die droom van Nebukadnésar het ons gesien dat die koninkryk van God sonder die toedoen van ’n mensehand uit die Hemel afgekom het, alle ander koninkryke vernietig het en groter en groter geword het totdat dit die hele aarde gevul het. Kyk ’n bietjie wat sê Dan 2:44 en vers 35:

Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aanmaak, maar self sal dit vir ewig bestaan.

…maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.

Dit is nou God se doel en sy plan vir ons. Hy wil nou die aarde ín ons vul. Hy het ons nou nodig om hierdie profesie in totale vervulling te bring. Ja, daardie fisiese koninkryke waarna die boek Daniël verwys is reeds verslaan (Babilonië, Medië, Persië, Griekse ryk en die Romeinse ryk). Hulle was egter ook ’n tipe van die koninkryk van duisternis wat ook verslaan is maar die fisiese realisering daarvan in die natuurlike wêreld moet deur die kerk teweeggebring word. Daarvoor het hy volwasse seuns van God nodig. Babatjies en kindertjies kan dit nie volbring nie. Diensknegte kan dit nie volbring nie. Paulus het pertinent genoem dat die hele skepping met reikhalsende verlange wag vir die openbaarmaking van die seuns van God (Rom 8:19). Die woordjie “kinders” van God in die oorspronklike Grieks in hierdie vers is “uióς” (uitspraak “hwee-os”) wat eintlik volwasse “seuns” van God beteken en nie “kinders” nie. Die oorwinning wat die Seun in die gees wêreld behaal het, moet nou deur die seuns in die natuurlike wêreld materialiseer. Ons moet kom tot die volle gestalte van Christus om hierdie taak te volbring. Daar kom ’n dag wanneer die natuurlike wêreld in die koninkryk van God opgeneem word. Daar kom ’n dag wanneer nie net lokale munisipaliteite nie maar staats regerings bloed gewaste kinders van God gaan wees en die wêreld volgens God se koninkryk beginsels regeer gaan word. God se koninkryk moet heers in hierdie wêreld. Dit is wat die boek Daniël voorspel. Jesus Christus gaan die hele wêreld in en deur die seuns van God regeer voor Hy weer kom.

Die kerk moet eers oorwin voor Jesus weer kom. Wanneer die wêreld hierdie familie koninkryk van God in sy volle glorie in liefde sien funksioneer, sal hulle “getrek” word daarna en deel word daarvan. Die kerk moet eers in ’n liefdes verhouding en in ’n familie opset funksioneer voor dit sal gebeur. Die godsdiens van die georganiseerde kerk is dood en is glad nie aantreklik nie. Dit trek mense nie. Dit stoot mense af. Die heiliges moet eers ’n familie word. ’n Familie spreek van eenheid, liefde en informele, vrolike, feesvierende, intieme interaksie. ’n Familie spreek ook van aanvaarding, veiligheid, simpatie en saamstaan. Dit is die gedeelde gemeenskapslewe van die familie van God.

Dit is nie professionele predikers nie maar elke funksionerende lid van die liggaam van Christus, wat geestelike groei bevorder. Daar is Skrif daarvoor: (Ef. 4:15-16)

HOOFSTUK 14

STADIUMS VAN GEMEENTE GROEI EN ONTWIKKELING

Die omgewing waarin die kerk geplant is, is van groot belang

Dit is belangrik dat ons sekere vrae rondom die groei stadium van die huiskerk moet vra. Wat laat ‘n gemeente groei? Hoekom breek party gemeentes op? Watse fases of groei stadiums gaan ‘n gemeente deur voor dit volwassenheid bereik? Wat hou alles in plek? Wat maak ‘n gemeente sterk?

Die institusionele kerk het sekere strukture in plek om dit in stand te hou. Wat hou die huiskerk in stand? Die huiskerk word uit die Gees gebore en deur die Gees in standgehou. Daar is geen menslike struktuur of ondersteunings sisteme hiervoor nie. Die lewende inwonende Jesus, met ander woorde, Jesus ín ons beheer die kerk en hou die kerk in stand. Hy beheer ons van binne af, Hy hou ons in stand van binne af. Namate ons onsself vernuwe deur vlees werking in ons lede dood te maak kan Jesus Christus in ons opgroei en Gees werking moontlik maak. Ons onderwerp die vlees en ons onderwerp die siel deur die vernuwing van ons gemoed. Ons kruisig ons ou self sodat Jesus in ons kan leef en kan heers. Ons doen dit saam as die korporatiewe liggaam van Christus.

Kol 1:27 en 28

Aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid. Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel.

Ons opgroei het eintlik te doen met die Christus beeltenis in ons. Ons opgroei in Christus word bepaal deur die mate waarin ons Hom toelaat om in ons te leef. Ons begin almal as babatjies in Christus. Soos wat ‘n babatjie stadig maar seker opgroei tree daar voortdurend veranderings in met betrekking tot sy vermoë, sy funksionering, sy grootte, wysheid, vaardighede, kapasiteit, kennis, ervaring, verwysingsraamwerk, beeld en nog ‘n klomp ander goed. ‘n Mens kan voor jou oë sien hoe die klein mensie groei en ontwikkel. Goedjies wat ‘n maand gelede vir hom moeilik was word nou redelik maklik bemeester. Hy geniet die nuwe dingetjies en elke dag bring vir hom nuwe geleenthede vir nuwe ervarings en nuwe uitdagings om onder die knie te kry. Hy word by die dag groter en sterker. Hy absorbeer al hierdie goed wat om hom gebeur en dit laat hom vinnig ontwikkel.

In die huis gemeente vind groei geestelik presies dieselfde plaas. Die kerk is ’n lewende wese en daarom groei sy. Geestelike groei word moontlik gemaak deur die Gees werkinge in die lewe van die individu en die gemeente. Die Gees gebruik ons interaksie met mekaar, persoonlike omstandighede en die gawes van die Gees as boustene.

Hierdie groei fases in die huiskerk is werklik uniek. Omdat die huiskerk gemeente soos ‘n jong boompie in ‘n geestelike “Utopia” geplant is waar al die verskillende elemente, grondstowwe, voedsel, stikstof, water, son en lig perfek gebalanseerd en beskikbaar is, vind daar dinamiese groei en ontwikkeling plaas.

Wat is hierdie spesifieke grondstowwe wat die gemeente nodig het en wat is ‘n geestelike “Utopia”? Die woordeboek sê dat ‘n “Utopia” ‘n plek is waar perfekte sosiale en politieke sisteme is. Dit is ‘n perfekte plek, staat of balans van wat nodig is om die organisme te voed en positief te beïnvloed. Die volmaakte politieke omstandighede is die afwesigheid van die posisionele leierskap strukture van die georganiseerde kerk. Die volmaakte sosiale omstandighede is die teenwoordigheid van die gedeelde gemeenskapslewe en die almal funksionerende en deelnemende sisteme van die organiese kerk. Die almal neem deel, almal bedien, almal funksioneer, almal kommunikeer, almal help, almal dra by, almal sorg en almal ondersteun is alles essensiële dimensies van familielewe en van kardinale belang in die kerk van God. Almal op gelyke vlak is juis dit wat ‘n funksionerende kind van God nodig het om groei te verseker. Daar is geen beperkings nie, daar is geen bande of knie halters of jukke of tooms of toue of kettings nie. Almal is vry, almal haal asem en almal lewe.

Dit kan weereens glad nie met die institusionele kerk vergelyk word nie. Waar die geestelike “mensie” of gemeente in die institusionele kerk konstant aan wanvoeding, ongunstige omstandighede en droogte blootgestel is kan geestelike groei net nie normaal plaasvind nie. As ons die toestand van die geestelike kerk binne die georganiseerde godsdiens werklik moet sien sal dit vir ons ‘n skok wees. Ek is seker daarvan dat hierdie wese ‘n maer, uitgeteerde, krom, uitgehongerde, bleek, kreupele of invalide moet wees. Daar is nie ‘n manier dat sy ‘n gesonde gebalanseerde wese is nie. Menslike instellings is steeds besig om haar te versmoor en dood te druk. Sy smag na geestelike stikstof, water, grondstowwe, lig en plantvoeding.

Die frustrasie van pastore en dominees in die institusionele kerk is die bewys daarvan. Opnames en steekproewe in die loop van die jare het dit oor en oor bewys dat geestelike groei in die georganiseerde kerk bitter stadig of glad nie plaasvind nie. Jaar na jaar sit die mense passief in die banke en stagneer. Hulle word nie uitgedaag nie, hulle word nie opgekommandeer vir diens nie, hulle word nie gebruik nie, hulle word nie uitgestuur nie, hulle doen nie veel nie, hulle weet nie hoe nie en daar word nie veel van hulle verwag nie. Dit is hoe die struktuur dit voorskryf.

Ek wil graag ’n voorbeeld noem: Ek het op ’n tyd ’n sekere gemeente gereeld besoek. In die gemeente het ek die vernietigende gevolge van die institusionele struktuur eerstehands aanskou. Op ’n sekere dag het ’n persoon net voor die pastoor sy preek sou begin opgestaan om ’n getuienis te deel. Nog voor hy sy mond kon oopmaak het die pastoor met ’n streng stemtoon gesê: “Please sit down sir”. Die persoon het daarop gevra of hy nie net ’n kort getuienis kon deel nie. Die pastoor het gereageer deur sy bevel te herhaal: “Please sit down sir”. Die voorval was onmiddellik ’n verleentheid vir almal. Nie net vir die persoon wat sy getuienis wou deel nie maar vir baie wat daarna moes luister. Wat het hier gebeur? Hierdie was die resultaat van die ondermynende invloede van die institusionele kerk in aksie. Die formele aard van die byeenkoms asook die geesteshouding van die leierskap van die institusionele kerk druk die almal funksionerende funksie van die familie van God dood. Niemand in daardie gemeente het werklik die vrymoedigheid om die 1 Kor. 14:26 bediening in die byeenkomste uit te leef nie. Dit word nie gepromoveer nie en aksies soos hierdie keer dit. Wat is die gevolge daarvan? Passiewe gemeentelede wat nooit die kans gegun word om te bedien en geestelik te groei nie. Dit is werklik baie ongunstige omstandighede vir die kerk van God.

Mense in die institusionele kerk wat wel geestelike groei toon doen dit meer uit persoonlike ontwikkeling as met die hulp van die “kerk”. Pogings om hierdie kondisies te verander en die probleem die hoof te bied werp weinig vrugte af omdat die struktuur in elk geval nie die almal deelnemende en funksionerende model van die huiskerk kan akkommodeer nie. Dit is soos om naaldwerk met ’n koevoet te probeer doen.

Die meganiese na-aap metodes van die institusionele kerk om “organiese” metodes te implementeer slaag nie daarin nie omdat, wat hulle ook al doen, die kettings wat die struktuur in plek gesit het nooit afgeskud kan word nie. Dit is altyd daar. Baie leiers sien die tekortkominge in hulle struktuur en weet wat nodig is vir die gemeente. Sy pogings om dit binne die struktuur vir die gemeente beskikbaar te maak werk egter nie en dit wat hy poog “ontplof” gewoonlik in sy gesig. Ons verwys hier na sel kerke of selgroepe en dies meer. Gene Edwards, ’n baie bekende Amerikaanse skrywer wat aktief met die planting van huiskerke besig was, vertel dat hy eenkeer deur institusionele kerkleiers genader is om hulle te leer hoe om huiskerke te plant. Dit sou ’n seminaar wees met die betrokke denominasies se leiers wat almal sou inkom vir opleiding. Hulle wou egter dat Gene hulle die versekering gee dat die denominasie steeds beheer oor hierdie huiskerke sou behou. Hulle wou by Gene weet watse kontrole maatreëls hulle kan inbou om steeds beheer te behou. Hierdie kondisie of vereiste was vir hierdie kerkleiers baie belangrik maar dit het vir Gene in sy spore gestop. Hy was verplig om die uitnodiging van die hand te wys. Die hele oefening sou ’n vermorsing van tyd gewees het. Al sou die planting van hierdie huiskerke volgens Bybel gefundeerde beginsels uitgevoer word sou die beheer meganismes van die betrokke denominasie dit aan bande gelê het en doodgedruk het.

Die organiese kerk het nie hierdie negatiewe meganismes en strukture wat die institusionele kerk so genadeloos ondermyn nie. Daarom is geestelike groei dinamies. Mense wat die georganiseerde kerk verlaat het om deel te word van ‘n huiskerk gemeente kan nie uitgepraat raak hieroor nie. Daar is inteendeel nie ‘n manier dat geestelike groei nie plaasvind nie omdat al die omstandighede so gunstig daarvoor is. Dit kan nie gekeer word nie. Dit vind outomaties plaas net soos wat ’n plant outomaties groei. Ons plant die saadjie en ’n paar dae later sien ons dat dit oornag opgekom het en dit groei onverpoos voort tot ’n groot boom. Hoekom werk dit so? Want net soos in die natuur kan geestelike groei ook nie gekeer word wanneer al die grondstowwe volmaak beskikbaar is nie.

Die Skrif is baie duidelik oor presies watse elemente in die kerk van God nodig is om geestelike groei te bevorder. Nee, dit is nie prediking nie. Ek het reeds iewers genoem dat die preek die mees oorskatte handeling in die institusionele kerk is. Dit het nie naastenby die geestelike waarde as wat die kinders van God in die loop van die jare daaraan geheg het nie. Ja, dit is mooi en dit roer ons binneste en ons is mal daaroor. Die preek het sy “wow” oomblikke. Die werklikheid is egter dat die preek “roomys” en allerhande “lekkernye” op die Christen se bord van geestelike voedsel is. Die inherente probleem met die tradisionele institusionele “preek” is die volgende: Dit roep die kind van God op tot aksie, dit breek sekere waarhede oop, dit verduidelik simboliek in die Bybel, dit probeer die kinders van God mobiliseer, dit por aan, dit probeer motiveer, dit bring egter ook ’n gevoel van “ek moet perform” en baie keer skuldgevoelens, “ek sit op my louere maar daar is werk om te doen”, “ek moet opstaan en doen”, “sonder die werke is die geloof dood”. Dit klink alles goed maar dit werk nie in praktyk nie. Dit bring bloot verstand kennis en bring siel reaksies voort. Na die “wow” gaan almal huis toe en môre is alles vergeet.

Deur middel van die preek gee die institusionele kerk aan die kinders van God opdrag maar drie baie belangrike elemente is afwesig: Dit wys nie vir die heiliges wat om te doen nie. Dit wys nie vir die heiliges hoe dit gedoen moet word nie en dit het ook nie die strukture in plek om hierdie “opdragte” prakties uit te voer nie.

Twee alternatiewe en baie belangrike elemente is baie noodsaaklik: Praktiese opleiding en die geleentheid om dit wat jy geleer het toe te pas. Die gevolge van die institusionele kerk se metode van toerusting (die preek) kan steeds met die woorde van Hos. 4:6 beskryf word; hoewel die kinders van God die kerkbanke warm sit en vol teoretiese kennis geprop word, gaan hulle steeds ten gronde as gevolg van ’n gebrek aan kennis. Hoekom? Omdat ware toerusting nie teoretiese skoling is nie. Die kind van God word nie praktiese vaardigheid geleer nie. Om korrek toegerus te word moet die kind van God saam met sy broers en susters in die voetspore van Jesus volg. Dit is die “oë gefokus op Jesus” met die handdoek en skottel in die hand. Dit is ’n leefwyse wat aangeleer word, nie ’n vyfpunt metode of aksieplan nie.

As die preek dan nie geestelike groei bevorder nie, wat bevorder dit dan? Die Skrif is baie duidelik hieroor. Dit is iets met oneindig baie meer waarde as preke; dit is die Godgegewe metode van geestelike opvoeding in die kerk: (Ef. 4:16)

Uit wie die hele liggaam – goed saamgevoeg en saam verbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate – die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde

Hier sien ons wit op swart dat die hele liggaam die groei van die liggaam bevorder. Hoe? Deur die ondersteuning wat elke lid gee deur middel van die werking van elke afsonderlike deel in sy mate. Hoe? Deur middel van die almal funksionerende en deelnemende aard van die dele of lede van die liggaam. Deur middel van die almal funksionerende leefwyse van die kinders van God; tydens die byeenkomste en in die daaglikse gedeelde gemeenskapslewe. Dit wat elke lid deur die werking van die Heilige Gees doen, dit bevorder groei in die liggaam van Christus. Dit wat elke lid doen ondersteun die liggaam. Dit is so in die liggaam ingebou. Die fisiese liggaam groei eintlik volgens die instruksies in die DNA van die liggaam wat sel groei beheer. Elke liggaamsdeel funksioneer volgens hierdie DNA instruksies. Dit is so in die selle van die liggaam ingebou. Dit is hoe God ook die liggaam van Christus aanmekaargesit het. Net soos ’n natuurlike liggaam gesond en sterk word wanneer al die liggaamsdele funksioneer, net so vind gesonde geestelike groei plaas in die gemeente wanneer al die gemeentelede funksioneer.

Om die gedeelde gemeenskapslewe en die almal funksionerende dienswerk van die heiliges (gemeente) te vervang met die diens wat die pastoor lewer (preek en ander bediening) is om die liggaam se slukderm af te sny, die linkerbeen te amputeer en al twee arms te verwyder. Watse kans het so ’n liggaam om gesond en sterk op te groei?

In die huiskerk funksioneer die liggaam normaal. Al die lede van die liggaam funksioneer en die liggaam is in ’n baie gesonde toestand. Daarom is gesonde geestelike groei ’n uitgemaakte saak. Dit gesê, moet ‘n mens nie aanneem dat daar nie probleme in huiskerke is nie. Nee, daar is definitief groei probleme in die huiskerk wat geïdentifiseer en opgelos moet word om groei konstant te verseker.

Watse groei probleme ondervind die huiskerk gemeente?

Om hierdie vraag te beantwoord moet ons eers weet wat “geestelike groei” regtig is. Wat beteken dit om ’n volgroeide volwasse kind van God te wees? Wat bedoel Paulus as hy sê ons moet kom tot die volle gestalte van Christus?

Om hierdie vrae te beantwoord moet ons vanselfsprekend na Jesus kyk. Wie en wat is Jesus?

Jesus was absoluut gefokus daarop om heiligmaking na te streef.

Hy was gehoorsaam in alles wat Vader van Hom verlang het.

Hy het ’n gesindheid van ’n dienskneg aangeneem.

Hy het net gesê en gedoen wat Hy die Vader sien doen het en Hy die Vader hoor sê het.

Hy het ’n gesindheid gehad van die minste te wees en het Homself nooit verdedig nie.

Sy vertroue was absoluut in die Vader en Hy het op niks en niemand staatgemaak behalwe die Vader alleen.

Hy het ’n sterk geloof in die almag en krag van Vader gehad.

Hy het geweet dat Vader is en dat Vader ’n beloner is van die wat Hom soek.

Hy het ’n sterk geloof in die liefde van Vader gehad.

Hy het geweet wie en wat Hy in God was.

Hy het geweet dat Hy in volmaakte geregtigheid voor God gestaan het.

Hy het geweet dat oorwinning op alle vlakke van sy lewe gewaarborg is.

Jesus het geweet dat Hy tot alles in staat is deur die Vader wat Hom krag gee.

Hy het geweet dat dit belangriker is om die natuur van Vader uit te leef en te demonstreer as wat dit is om die krag van God te demonstreer. Die vrug van die Gees was in Hom en Hy het dit altyd in sy handel en wandel gedemonstreer. Hy het toegelaat dat Vader in Hom en deur Hom lewe.

Hy het mense bemoedig, vir hulle gebid, hulle geleer, bystand verleen waar nodig, hulle genees, duiwels uitgedryf, hulle gevoed, bemoeienis met hulle gemaak, gevangenis vrygelaat, blindes laat sien.

Jesus moes nes ons hierdie goed alles onder die knie kry. Hy was nie God op aarde nie maar mens. Die goed was nie maar net volmaak in Hom nie. Nee, Jesus moes ook geestelik groei en beter en sterker word daarin. Lukas 2:52 bevestig dit:

En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.

Die kind van God moet ook tot die besef kom dat al hierdie goed ook op hom van toepassing is as hy geestelik wil groei:

Ons moet ook fokus daarop om heiligmaking na te streef.

Ons moet gehoorsaam wees aan alles wat God van ons verlang.

Ons moet ’n gesindheid van ’n dienskneg aanneem.

Ons moet net sê en doen wat Jesus gesê en doen het.

Ons moet altyd die minste wees en onsself nooit verdedig nie.

Ons vertroue moet absoluut in God wees en op niks en niemand staatmaak behalwe Hom alleen nie.

Ons moet ’n sterk geloof in die almag en krag van God hê.

Ons moet weet dat God is en dat Hy ’n beloner is van die wat Hom soek.

Ons moet ’n sterk geloof in die liefde van God hê. Ons moet weet dat Vader ons net so lief het as wat Hy vir Jesus lief het.

Ons moet weet wie en wat ons in God is.

Ons moet weet dat ons net so volmaak in geregtigheid voor God staan as wat Jesus voor Hom staan.

Ons moet weet dat oorwinning op alle vlakke van ons lewens gewaarborg is.

Ons moet weet dat ons tot alles in staat is deur Christus wat ons krag gee.

Ons moet weet dat dit belangriker is om die natuur van God uit te leef en te demonstreer as wat dit is om die krag van God te demonstreer. Die vrug van die Gees is in ons en ons moet dit altyd in ons handel en wandel demonstreer.

Ons moet mense bemoedig, vir hulle bid, hulle leer, bystand verleen waar nodig, hulle genees, duiwels uitdryf, mense voed, bemoeienis met hulle maak, gevangenis vrylaat, blindes laat sien.

Ons moet die familie eienskappe van God in ons geestelike familie demonstreer.

Bogenoemde lysie kan egter in een sinnetjie saamgevat word: Die beeltenis van Jesus Christus word in ons gevestig. Geestelike groei in ons het dus alles te make met die opgroei van die Christus beeltenis in ons. Hy word meer en ons word minder. Dit is ware geestelike groei. Dit is ware almal deelnemende en almal funksionerende bediening.

Die dag wat die kerk ten volle besef dat hulle in dieselfde salwing, krag en geregtigheid van Jesus staan, daardie dag sal die seuns van God in oorwinning kom. Geestelike groei is om soos Jesus te wees. Inteendeel, dit is om Jesus toe te laat om in ons en deur ons te lewe. Dit is nie net moontlik nie, nie net bekombaar nie maar vanselfsprekend as ons net doen wat ons móét doen. Dit vat net gehoorsaamheid, toewyding en ywer. God sal nooit van ons iets verwag wat nie gedoen kan word nie. Ons besit die DNA van God in ons, ons besit die natuur van God in ons en ons is tot alles in staat deur Hom wat ons krag gee.

Ons kan egter nie soos Christus hierdie pad alleen stap nie. Ons het die ondersteuning en hulp van ons boeties en sussies in Christus nodig en saam kan ons dit vermag. Dit is dán ’n uitgemaakte saak. Die oorwinning is verseker, gewaarborg en al klaar opgeskryf in die rekordboeke van die hemel!

Saam kan ons opgroei tot ’n volwasse seun in Christus. Saam kan ons mekaar ondersteun, motiveer, help, bemoedig, aanmoedig en leer totdat ons almal kom tot die volle gestalte van Christus soos Ef. 4:13 dit bevestig.

Groei stadiums

Daar is hoofsaaklik vier stadiums van ontwikkeling wat ‘n huiskerk gemeente moet deurgaan voor die gemeente volwassenheid bereik. Die bereidwilligheid van elke lid om te verander en die Heilige Gees toe te laat om hom of haar te verander speel ‘n belangrike rol in hierdie verband. Hoe vinniger elkeen in homself sterf en hoe vinniger die gemeente saam as ‘n korporatiewe bruid in eenheid die beeltenis van Jesus Christus soek en vind, hoe vinniger “groei” hulle deur hierdie stadiums.

Die Wittebrood fase

Die eerste stadium is gewoonlik die wittebrood fase. Tydens hierdie fase is alles “hunky-dory” in Utopia. Alles is net fantasties. Almal is lief vir mekaar en alles loop net reg. Daar is ‘n wonderlike eenheid en ‘n soete en ryke ondervinding met Jesus en met mekaar. Veral die ouer Christene wat die institusionele kerk verlaat het is baie opgewonde en verras oor die vryheid wat hulle in Christus ervaar. Hulle word weer verlief op Hom soos hulle was toe hulle Hom die eerste keer ontmoet het. Almal geniet die wonderlike fase van groei en ontwikkeling en hulle kan nie gelukkiger wees nie. Dit is asof daar geen einde aan die vreugdevolle samesyn en seëninge van God is nie.

Die Beproewings fase

En dan, van iewers uit die niet is daar skielik probleme in Utopia. Niemand het dit verwag nie en niemand het dit sien kom nie. Hierdie toets of beproewing gooi die jong gemeente onmiddellik in ‘n paniek en hulle ervaar ‘n vuurdoop van intense emosionele wroeging. Die beproewings fase het aangebreek. Gewoonlik wissel die toets of beproewing van lig tot ernstig. Dit kan baie traumaties wees en selfs in ‘n “bloedige oorlog” ontaard. Daar kan baie redes en oorsake vir so ‘n beproewing wees. Dit gáán kom en móét kom in alle huis gemeentes. Sonder hierdie toetse kan die gemeente nie groei nie. Dit is die boustene vir karakterbou in die individu sowel as in die gemeente self.

Dit kan vergelyk word met ’n huwelik. Die man en vrou besef skielik dat hulle ’n klomp “issues” het om deur te werk. Allerhande gebeure en trauma in elkeen se verlede asook vlees werkinge en wie weet wat alles in elke gemeentelid se lewe word skielik in sy binneste wakker gemaak en hy of sy moet deel daarmee. Net so is dit ook in die huiskerk gemeente. Partykeer is daar misverstande of insidente wat mense se geestelike volwassenheid ’n bietjie toets. Toe ons Jesus aangeneem het, het ons die Goddelike natuur ontvang. Ons het sy vermoë deelagtig geword. Ons kan soos God wees want sy bloed (DNA) vloei in ons are. Ons het egter hierdie krisisse in ons lewens nodig sodat sy natuur in ons, deur kennis, selfbeheersing, lydsaamheid en broederliefde in ons kan ontwikkel. 2 Pet. 1:4-7 sê dit so duidelik:

…sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur…En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug en by die deug die kennis en by die kennis die selfbeheersing en by die selfbeheersing die lydsaamheid en by die lydsaamheid die godsvrug en by die godsvrug die broederliefde en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie.

In die midde van die stryd is hierdie toetse en beproewings alles behalwe lekker. Dit het die potensiaal om die jong gemeente te laat disintegreer. In so geval is die meer ernstige gevolge dat daar gewoonlik maar ‘n paar mense is wat “seerkry” in die proses en nie langer kans sien vir huiskerke nie. Dit is hier waar die koring van die kaf geskei word.

God gebruik hierdie tipe beproewing om die pêrels van die klip te skei. Hy openbaar ook in die proses wat binne-in jou is. As dié tipe beproewing nie kom nie gaan jy nooit weet van die “vlees” in jou wat “uitgewas” moet word nie. God wil elkeen van ons in ons geloof en in ons verhouding met Hom en met ander mense suiwer. Hy wil ons maak soos Hy is. Hierdie beproewing is die oond van suiwering. Dit brand al die onsuiwere metale uit ons uit tot net die goud oorbly.

Die goud van die Gees, ware geloof en die Goddelike natuur is natuurlik in dié wat hulleself onderwerp aan hierdie suiwerings proses deur in hulself te sterf. Dit is hulle wat aanvaar en toegee en skik en vrede maak. Die eise wat jou broers en jou susters somtyds stel moet hanteer word. Hoe gaan jy dit hanteer? Hierdie “gesuiwerde” kinders van God kry glad nie seer in die proses nie. Hulle oorleef dit sonder om emosionele skade op te doen. Onderwerping aan God en sy wil bring altyd heling, berusting, vrede en oorwinning. Al voel dit nie so te midde van die stryd nie.

Seerkry, as dit ontleed word, is natuurlik ‘n teken van geestelike onvolwassenheid. Dit is jammer as mense seerkry maar as hulle dit verniet deurgegaan het, is dit nog ‘n groter verdriet. Ek glo dat as jy totaal in jouself gesterf het en in die geloof lewe is dit onmoontlik om seer te kry.

Wat is seerkry presies? Hoe kry ‘n mens seer in ‘n gemeente? Iemand het iets gedoen of gesê wat jy nie van hou nie. Iemand het van jou geskinder en jou beledig. Jy het nie jou sin gekry nie. Wat dit ook al is. Jy was onskuldig en is te nagekom. “So what?” “Get over it”! Die Skrif sê mos baie duidelik dat ons 70 maal 7 keer moet vergewe.

In die huiskerk gemeente kan so-iets maklik gebeur. Alles en nog baie erger as wat ek hier genoem het, het met Jesus gebeur. Hy is belaster, gevloek, beskinder, beledig, geslaan, as demonies besete toegesnou. Wat was altyd sy gesindheid wanneer Hy te nagekom is? “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie” Ons kan presies dieselfde van Stephanus sê. Hy het dieselfde woorde geuiter terwyl hy met klippe doodgegooi is. Dit is een van die grootste tekens van geestelike volwassenheid. As ons soos Stephanus kan optree, “we are getting over it while it is happening”, nie eers jare later nie.

Wanneer daar in ‘n krisis fase gemeente breek plaasvind kry jy altyd na die tyd twee groepe mense. Die een groep wat eenkant lê en wonde lek. Hulle is totaal ontnugter en tot in hul diepste wese geskok en gekrenk. Hulle is kwaad vir God en almal om hulle. Hulle wil niks met die kerk te doen hê nie en val gewoonlik terug in hul geloof. Party vat letterlik jare om weer hul vertroue in die kerk en in God terug te kry. Party maak dit nooit weer nie. Hulle is klaar met kerk. Dit is werklik geestelike onvolwasse mense wat so optree.

Die ander groep is ‘n bietjie hartseer oor die ongewenste gebeurtenis maar begin reeds met mekaar praat om weer met ‘n nuwe groep te begin. Hopelik werk dit dié keer mooi uit. Hulle vertroue in God, sy kinders en sy gemeente is nie geskaad nie. Hulle weet waar die blaam werklik lê: In die vlees. Hulle weet nou wat kan gebeur as die vlees nie gekruisig word nie. Hulle het so pas die vernietigende gevolge van die “eie ek” gesien. Hulle plaas die blaam waar dit hoort en hulle bekeer hulleself as hulle besef dat deel van die probleem die vlees in húlle was. Hulle kyk nie net vas in die vlees in hulle broeders en susters nie. Dit maak hulle ook nie moedeloos nie. Hulle weet dat daar vir hulle ‘n onverwelklike kroon wag as hulle standvastig in die geloof voortbeur deur al die storms en teenslae heen. Inteendeel, hulle is sterker nou as wat hulle was toe hulle begin het. Die stryd was nie verniet nie.

Daar is natuurlik gemeentes wat glad nie ‘n wittebrood beleef nie. Hulle is sommer onmiddellik in ‘n vuurdoop fase. Hoe dit ook al sy, as die gemeente hierdie vuurdoop suksesvol oorleef dan gaan die gemeente oor na die volgende groei fase, die kruisiging fase.

Die “Opneem van die kruis” fase

In die beproewings fase het die gemeente besef dat hulle nie daar kan vassteek nie. Hulle het dit oorleef deur in hulle self te sterf met betrekking tot die spesifieke beproewing wat hulle deurgegaan het. Hulle het egter in die proses besef dat daar ‘n baie belangrike fase in die kind van God se lewe is waarvan hulle nie langer kan wegskram nie. Ons noem dit die “kruis opneem fase”. Die gemeente kies nou vrywilliglik om die dinamiek van die beproewings fase permanent hulle eie te maak. Hulle besef dat om jouself daarvan te probeer weerhou is net so goed as om te besluit om nie verder te groei nie.

Luk. 9:23

En Hy sê vir almal: As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en my volg.

Luk. 14:27

En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aankom nie, kan my dissipel nie wees nie.

Om Jesus in sy opstanding en in sy oorwinning te volg, moet jy Hom eers volg na die kruis. Die gemeente moet eers leer om saam die kruis van Jesus te ervaar. Saam sterf hulle elke dag in hulself. Die vlees, die eie ek, fisiese gemak, eie voorkeure, en ‘n magdom menslike eienskappe, karaktertrekke en kwaliteite moet daagliks gekruisig word. Elkeen byt op sy tande en laat gaan al hierdie goed wat hulle beroof van ‘n oorwinnende, Gees vervulde, Goddelike lewe saam as individue maar ook saam as familie van God. Hulle weet dat as hulle wil oorwin en saam met Jesus wil deel aan die oorwinning van sy opstanding, dan is dit nodig.

Hiermee sê ek nie dat almal in armoede moet leef en hulleself allerhande dinge moet ontsê nie. Nee, ons is koningskinders, ons lewe in oorwinning want ons God sorg vir ons. Ons kan Hom vertrou vir fisiese voorsiening. Die Skrif sê mos dat ons oor niks besorg moet wees nie. Vra en jy sal ontvang. Werp al jou sorge op Jesus want Hy sorg vir jou. In Hom kom ons niks kort nie want Hy voorsien in al ons behoeftes. Nee, ek praat van jou mede gelowiges te aanvaar, te dien en lief te hê soos Jesus dit gedoen het. Ek praat van die opoffering van eie begeertes, opinies en gemak wanneer jou medegelowiges dit vereis of wanneer omstandighede daarvoor vra.

Plaas alles op die altaar wat nie van God af is nie. Dit is veral in die gedeelde gemeenskapslewe waar al hierdie dinge ontbloot en uitgesuiwer word. Elkeen leer sy lesse. Elkeen erken die vlees en kruisig dit. Die een “stamp” per ongeluk aan die ander en die vlees spring uit. Die een sê iets van die ander en die vlees spring uit. Die een vergeet per ongeluk van die ander en die vlees spring uit. Dit is juis hierdie gedeelde gemeenskapslewe wat die boustene van geestelike groei is. Daarsonder kan ons maar vergeet om geestelik te groei.

Dit is in hierdie fase wat die vrae telkemale opkom. As jy die ontbloting van die vlees aanskou of bewus word daarvan dan vra jy jouself elke keer: Is ek bereid om dit op te gee? Is ek bereid om te verloor? Is ek bereid om in myself sterf? Is ek bereid om die minste te wees?

“Gaan ek baklei daarvoor?” is natuurlik nie die oplossing nie. Al is jy reg. En so verwag God van ons om alles aan die kruis vas te spyker; ons opinies, ons idees, ons temperament, ons bedienings, ons gawes, ons agendas en uiteindelik onsself. As almal in die groep dit nie doen, sal hulle nie almal in die groep oorlewe nie. Met hierdie fase is die fokus op die belange van die groep en nie die van individue nie.

Die gedeelde gemeenskapslewe kan net werk as die gemeente soos ‘n familie saamlewe. Hulle deel mekaar se lewens deur die week. Die goeie en die slegte. Hulle is bly saam met mekaar en hulle ween saam met mekaar. Die een ly as die ander een ly want hulle maak hulleself verantwoordelik vir mekaar se probleme. Hulle vier egter ook fees saam met mekaar want hulle deel in mekaar se vreugde. Mense, glo my vry, daar is nie ‘n ander manier vir die ware aanbiddings lewe nie.

Die werk van die kruis is absoluut noodsaaklik om die groep sowel as die individu na geestelike hoogtes te neem wat hulle nog nooit ervaar het nie. Dit is juis hierdie fase wat die groep na die volgende fase lanseer soos ‘n ruimtetuig die kajuit die hemelruim in lanseer en indryf.

Die Oorwinnings fase

Ons noem die volgende fase die “Heerlikheid van Jesus” fase of die “Oorwinnings” fase. Dit is hier waar die groep leer om deur die inwonende Jesus te leef. Jesus leef in ons en deur ons en ons stel Hom vry in hierdie wêreld sodat elke oog Hom in ons sien. Die gemeente het in gehoorsaamheid deur “vuur” gewerk en nou sien hulle die Godsvrug. Hulle bou ryk verhoudings met mekaar en hulle sal hulle lewens vir mekaar gee. Jesus openbaar Homself aan hulle soos hulle nog nooit in hul lewens ervaar het nie. God is met hulle en almal sien dit, weet dit en ervaar dit.

Daar is ‘n salwing op hul byeenkomste en die wêreld sien die liefde wat hulle vir mekaar het. Net Jesus word opgelig in hul teenwoordigheid. Niks en niemand anders nie. Hulle het diepe verhoudings en daar is geen plek vir godsdiens nie. Konflik kom en gaan, krisis situasies word hanteer, mense sterf in hulself, mense word gehoorsaam aan al die eise wat van hulle gevra word, Jesus se karakter word stewig in hulle ingebou en hulle geloof het waarlik in alle lydsaamheid standvastigheid bereik. Hulle is volwasse seuns van God en hulle heers saam met Christus. Wanneer mense na hulle kyk sien hulle net Jesus. Die vlees is dood.

Die gemeente bly nie konstant in hierdie fase nie. Hulle gaan oor in ‘n aanhoudende siklus weer deur al die fases, behalwe die wittebrood fase. Hierdie keer is hulle egter ‘n volwasse gemeente wat weet wat om te verwag in elke fase. Hulle word in die proses net ‘n sterker en hegter eenheid. Hulle het daarin geslaag om God op ‘n dinamiese wyse af te bring na die mense van hierdie verlore gaande wêreld. Waarheid, vrede, vryheid, genesing, verlossing, hoop, geloof en liefde is in hul midde en in hul hande.

Daar vind geestelike groei gedurende al die fases plaas. Dit is net op verskillende vlakke en dimensies en dit voel nie altyd so nie. Party groei fases is lekker en ander alles behalwe lekker. Wat getalle groei betref is daar ook ‘n definitiewe tendens. Tydens die lekker fases, die wittebrood en die oorwinnings fases, kom daar altyd mense by. Gedurende beproewings, krisisse en die kruisiging fases verloor die gemeente lidmate. Dit is nou maar in die meeste gevalle so.

In die institusionele kerk is daar nie groei fases nie, want die georganiseerde kerk is nie ‘n lewende organisme nie. Dit is ‘n meganiese vervaardigde produk wat is en bly soos die vervaardiger dit aanmekaargesit het. Die institusionele organisatoriese strukture hou alles in stand en daar vind baie min verandering plaas. Dit kan nie juis verander nie. Die vervaardiger mag dalk so dan en wan ‘n verbetering aanbring aan een van die meganismes maar dit is omtrent al. Die mense binne in hierdie “produk” gaan wel deur groei stadiums maar baie stadig. Soos ek gesê het: Hulle ís “geplant” in ‘n donker plek met min “water, stikstof en voeding”.

Multiplisering van huiskerk gemeentes

Ek gaan nie veel sê aangaande hierdie aspek van groei in die huiskerk gemeente nie. Dit is nie so belangrik nie omdat die fokus op geestelike groei val eerder as numeriese groei. Dit kan gebeur dat ’n huiskerk so groot word dat selfs die grootste vertrek in die gemeente se grootste huis nie meer groot genoeg is om die gemeentelede gemaklik te akkommodeer nie. In so geval moet daar seker maar multiplisering plaasvind maar dit moet solank as moontlik uitgestel word. Solank al die lede van die gemeente nog aktief kan deelneem en aktief kan funksioneer in die gemeente is so ’n stap glad nie nodig nie. Dit behoort letterlik jare te neem voor só iets gebeur. Die fondasie van die tweede groep wat afstig moet reg wees daarvoor en dit moenie as ’n metode van evangelisering gebruik word nie.

Apostels en evangeliste plant eerder ’n nuwe gemeente as om die getal lidmate van bestaande huiskerke te veel aan te vul met nuwe lidmate tensy die betrokke gemeente baie klein is. Dit is eerder die gemeentelede self wat nuwe lidmate by hul gemeente byvoeg. Die leiding van die Heilige Gees met betrekking tot multiplisering is baie belangrik. Ons moet dit nie sommer net doen voor die tyd reg is daarvoor nie.

Geestelike seisoene in die huiskerk

Die gemeente moet deur al vier die seisoene gaan. Ons kan nie net lekker somermaande beleef waartydens alles maklik en lekker is nie. As ons nooit die winter beleef nie sal ons nooit weet waartoe ons in staat is en hoe God ons uit situasies red en deur beproewinge dra nie. Hoe sal ons ooit die waarde van ons geloof en geestelike oorwinnings kan waardeer en meet as ons nie ‘n paar nederlae en ongunstige omstandighede getrotseer het nie? Ons het herfs ook nodig om ‘n bietjie met betrekking tot ons geestelike aktiwiteite af te skaal. Herfs is ‘n seisoen van gereedmaking vir geestelike en fisiese rus. Dit is nie so koud en lelik soos die winter nie maar tog ervaar ons binne ons ‘n gevoel van kompensasie. Ons moet stok vat. Ons moet evalueer waarheen ons op pad is en wat ons hier maak. Waarmee is ons besig? Is ons nog op die regte pad? Moet ons verstellings maak? God wil nie hê dat ons altyd voortsnel en nooit ’n bietjie rustig wees nie. Dit is juis baie nodig in ons lewens.

Die somer met al sy aktiwiteite put ‘n mens uit. Die lente bring ‘n bietjie kleur en varsheid in ons midde. Dit maak ons opgewonde om uit te sien na meer in Jesus. Mense is bang vir verandering en hulle hou nie daarvan nie. Dit haal ons egter uit ons gemak sones uit. Daarom moet die winter ook kom. Dit is nie lekker nie maar ons móét winter maande beleef. Daar moet variëteite wees. Dit bring nuwe dimensies in ons verhoudings. Dit haal goed uit ons uit wat moet uit en sit goed binne-in ons wat in ons moet wees. Dit is presies wat die seisoene doen.

Seisoene is natuurlik totaal onvoorspelbaar. Ons weet nie wanneer dit kom nie en ons weet nie wat kom nie tot dit ons getref het nie. En as dit ons getref het dan moet ons maar daarmee deel. Dit gaan nie help ons huil daaroor nie.

Die winter seisoene is tye wanneer niks wil uitwerk nie. Ons voel ons is nêrens op pad nie en ons trotseer die een krisis na die ander. Mense verlaat die gemeente en ons word minder. Daar is geen opwindende vooruitsigte nie en almal voel lus om handdoek in te gooi. Ja, daar moet sulke tye wees. Dit is hier waar die getrouheid, lydsaamheid, lankmoedigheid en selfbeheersing getoets word. Dit is hier waar motiewe getoets word, met oppervlakkigheid gedeel word en geloof soos goud gesuiwer word.

Kyk watse emosies Paulus partykeer moes ervaar. Ons lees daarvan in 2 Kor. 1:8:

Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onbekend moet wees met ons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het nie, dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het.

Dit was vir Paulus en sy metgeselle so swaar dat dit bo hul vermoë gevoel het. Hulle het ook in ’n stadium geen hoop om te oorleef gehad nie.

Dit is hier waar elkeen maar net vasbyt en aangaan. Ons klou net aan Jesus vas, ons onderwerp onsself aan God, ons weerstaan die vyand en ons sterf in onsself. Ons word gesif en ons word geweeg: “Gaan ons val?” is die vraag wat deur jou gedagtes flits. “Gaan ons te lig gevind word?” Jy sien hoe mense, van wie jy dit nie verwag het nie, tou opgooi en druipstert hulleself uit die voete maak. Dít is die pad van geloof in die huiskerk. Dinamies, vervullend, uitdagend, emosievol, lekker, opwindend, hard, soet, bitter, absoluut ‘n moet as jy ’n oorwinnaarslewe wil lei en baie na aan jou God wil leef.

O, die somer is lekker! Daar kom knaend nuwe lede by, dinge loop klopdisselboom, almal groei en almal voel uitbundig van vreugde. Wie sou ooit kon dink dat dit so Goddelik kan wees? Dit is juis hiervoor dat ons vasgebyt het. Nou pluk ons die vrugte van ons arbeid en ons swaarkry. God is goed en Hy is getrou. Ons leef in soveel dankbaarheid en vreugde dat dit vir ons voel asof ons binneste gaan oopbreek!

Dit is dan wanneer ons besef dat die winter hierdie ware feite omtrent onsself, ons motiewe en die tekortkominge van ons eie vermoëns kom bevraagteken en bevestig het. Dit bring onsself net weer tot die besef wie en wat ons in Christus is:

2 Kor. 4:7

Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.

Ja, die winter het ons ontbloot, ons aan die kaak kom stel, maar nie sonder om ons te beloon met sulke wonderlike geestelike seëninge soos om hierdie versie jou eie te maak nie.

Daar is ook droë seisoene, woestyn ervarings, wind, stofstorms en sand in ons oë en in ons hare en wie weet waar nog? Ons lippe is gebars en ons dors na water. Daar is omtrent geen Gees werkinge in die byeenkomste nie. Mense getuig maar dit raak ons nie juis nie. Daar is nie diepte nie en ons hoor God omtrent glad nie. Ja, dit kan ook gebeur maar weereens moet ons net deur die stofstorms beur. God is getrou. Vra net die regte vrae en jy sal die regte antwoorde kry. Die droë seisoen sal opklaar. Dit kom, net soos al die ander seisoene, van God af. Hý bring dit en Hý vat dit weg. Dit is daar vir ‘n rede. Ons gaan nie verniet daardeur nie. Alles werk altyd ten goede mee vir ons. Ons sal dit weereens oorleef en ons sal die vrugte daarvan pluk. Die oorwinning breek altyd deur. Dit is hoe God werk.

Die nat seisoen is die wonderlikste van al die seisoene. Daar is ‘n Gees werking in ons byeenkomste soos nog nooit vantevore nie. Mense word gesond. God praat met ons duideliker as ooit. Ons kan nie regop staan in sy teenwoordigheid nie. Dit is asof ons ‘n herlewing ervaar. Niemand wil huis toe gaan nie en ons baai in ons liefde vir Hom en vir mekaar. Ons word gevul met sý onvoorwaardelike, nimmereindigende liefde.

Wees gemotiveerd ondanks uitdagings

Soos jy kan sien is daar werklik wonderlike tye maar ook moeiliker tye in die groei fases van die huiskerk gemeente. Dit is hoe dit moet wees. Dit is hoe God dit ontwerp het want dit is hoe Hy sy wil, karakter en Godgegewe eienskappe in ons inbou. Moenie wegskram daarvan nie. Moenie huiwer of bang wees daarvoor nie. Glo my, die resultate van God verordineerde geestelike familielewe maak dit ‘n duisend maal die moeite werd. Jy sal tot in jou diepste wese só dankbaar en só vervuld wees.

Jou liefde en jou honger vir Jesus Christus gaan net meer en meer en groter en groter word. Die godsdiens met sy slaggate sal juis in hierdie groei prosesse uit jou sisteem verwyder word. Jou uitkyk op die lewe, jou opinie omtrent mense, jou hele waarde sisteem gaan drasties verander. Jou gedagtes en die manier hoe jy dink gaan verander. Jy gaan vir die eerste keer in jou lewe ‘n normale mens wees wat funksioneer en leef soos God dit verordineer het.

Dit is hier waar jy gaan besef watse invloed die institusionele kerk werklik op jou lewe gehad het. Jy gaan ‘n liefde vir mense ontwikkel wat jy nie geweet het moontlik is nie. Jy gaan ware “agape” liefde ervaar. Die Skrif gaan vir jou skielik baie sin maak want jy gaan die beginsels wat jy lees duidelik in jou lewe en in die kerk sien. Jy gaan weet, sonder twyfel, dat dit wat jy ervaar die werklike toepassing van die Skrif is. Al die dele van die legkaart gaan voor jou oë presies in plek val en dit gaan só bevrydend wees.

Jy gaan definitief nie meer ‘n gevangene van menslike metodiek, voorskrifte en tradisies wees nie. Nee, jy gaan vry wees. Jy sal die waarheid ken en die waarheid sal jou vrymaak. Die informele leefwyse van die huis gemeente gaan jou soos ‘n handskoen pas want dit is hoe God sy kinders bedraad het. Eenvoud, openheid, onskuld en ongesofistikeerdheid is Goddelike eienskappe. Dit is hoe God is en dit is hoe ons is. Jy gaan baie meer vreugde en genot in jou geloof wandel beleef. Die huis gemeente lewenstyl is lekker. Geen kettings, bande of enige gebondenheid sal in jou lewe meer wees nie. Dit is presies wat God vir jou in gedagte gehad het.

Dit is egter belangrik dat jy weet hoe en wat die huiskerk familielewe is en wat dit behels. Moenie te veel te gou verwag nie. Daar gaan teleurstellings ook wees. Mense gaan jou partykeer faal en jy gaan ongewenste onderonsies met mense beleef. Dit is die toetse wat jy moet deurgaan. Iemand gaan jou moontlik kritiseer sonder om ‘n beter voorstel as jy aan te bied en jy kan dalk dieselfde met hulle doen.

Moenie bang wees om die pad te stap nie. Wees dapper, dit is ‘n Godgegewe lewens tog. Moenie bang wees vir mislukking nie. Dit gaan gebeur en jy gaan daaruit leer. Moenie bang wees om jouself bloot te stel voor jou broers en susters nie. Dit is oorgawe. Dit is die pad na geestelike oorwinning. Moenie wetties wees nie. Wees geduldig, wees oop vir verandering, wees bereid om oorreed te word. Wees bereid om vreemde goed te aanvaar. Moenie al jou idees, voorkeure en oortuigings op die groep af forseer nie. Moenie nee sê vir alles nie. Doen dit net wanneer die voorstel absoluut teen die grein van jou oortuiging insny.

As jy ‘n voorstel doen, moet jy bereid wees om verantwoordelikheid daarvoor te neem en dit deeglik uit te voer. Moenie bang wees om kreatief te wees en ‘n bietjie te waag nie.

Moenie bang wees om meer te praat en deel te neem as jy ‘n introvert is nie. Inteendeel, sterf in jouself deur juis dit te doen. Wees bereid om minder te praat en deel te neem as jy ‘n ekstrovert is. Onthou introverte wil eintlik deelneem maar moet aangemoedig word. Ekstroverte moet introverte ’n kans gee. Maak ‘n punt daarvan om hulle opinies te vra. Dit sal hulle help om deel te neem. Maak ‘n punt daarvan om op ‘n mooi manier ekstroverte ‘n bietjie stil te kry sodat introverte ook ‘n kans kan kry.

Moenie fanaties oor ‘n sekere onderwerp wees nie. Dit is gewoonlik ‘n teken dat dit hopeloos te belangrik vir jou is. Daar moet altyd ‘n balans met alles wees. Onthou, die weeklikse byeenkoms behoort aan Jesus en die Heilige Gees. Dit is nie daar om aan ons behoeftes te voorsien nie. Ons byeenkomste is nie soos die van sorg groepe wat so ’n paar jaar gelede die kop uitgesteek het nie. As dit die geval was, sou dit ’n vleeslike bediening gewees het en nie van veel waarde gewees het nie. Leer om ontvanklik vir die Gees werking in die byeenkomste te wees. Dit is nie jou byeenkoms nie. Die Gees wil deur almal werk. Los jou spesiale leerstellings, belangstellings en geestelike stokperdjies by die huis. Ek dink veral aan die eindtyd leerstellings en dergelike leerstellings. Daar is baie belangriker dinge om met mekaar te deel as dit.

Die manifestering van die Gees gawes

Die Gees gawes kan nooit geforseer word nie. Die Heilige Gees is in beheer daarvan en ons moet gehoorsaam wees. Ja, ons moet ons beywer vir die gawes maar ons moet ook gehoorsaam wees deur in die Gees te vloei. Ja, ons moet ook uitstap in die geloof wanneer dit by die gawes van die Gees kom. Dit is juis met betrekking tot die Gees gawes waarna Paulus verwys waar hy sê dat God ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee het nie maar van liefde, krag en selfbeheersing.

Jy moet jouself tog asseblief nooit veroordeel en martel as jy ‘n fout met betrekking tot die gawes van die Gees gemaak het nie. Sê jammer Here, kom daaroor en gaan aan daarmee. Dit is soos om te leer fietsry. Jy gaan tog nie aspris met die fiets val nie of hoe? Jy gaan ook nie ophou as jy eenkeer geval het nie? Hoe gaan jy anders ooit leer?

Wanneer ‘n gemeente jonk is, is die gawes van die Gees nog onder ontwikkeld en moet ons die leemte ‘n bietjie vul met ander aktiwiteite. Frank Viola maak min of meer die volgende voorstel:

Begin altyd met sang aanbidding. Dit skep altyd ’n gewyde atmosfeer.

Die periodes waarna ek nou gaan verwys se durasie hang af van die aantal lidmate van die gemeente. Hoe groter die gemeente hoe langer sal elke periode neem.

Eerste periode: Luister elke week na die Huiskerk CD’s om vertroud met die beginsels te word. Almal word so op hoogte gebring en weet waaroor alles gaan. Die CD’s is op die “huiskerk” webwerf beskikbaar: www.huiskerk.co.za (Alternatiewelik kan uit die Handleiding gelees word – Dit kan gratis afgelaai word op dieselfde webwerf)

Tweede periode: Gee elkeen ‘n kans om sy bekerings getuienis te vertel tot almal ‘n kans gehad het. Laat net een persoon by geleentheid toe om dit te deel. Elkeen behoort so ’n week voor die tyd te weet wanneer dit sy beurt is sodat hy of sy ’n bietjie kan voorberei daarvoor. Vra ’n bietjie uit daaroor. Dit moenie sommer net so ’n kort getuienis wees nie. Leer die persoon so ’n bietjie beter ken in die proses en bepaal wat belangrik vir hom of haar is, wat is hul stokperdjies en droom vir die lewe en so meer. Sodoende begin ons familie bande smee en bevorder ons die gedeelde gemeenskapslewe. Dit is baie belangriker om die eerste jaar ’n familie te word as om allerhande gemeente aktiwiteite na te jaag.

Derde periode: Gee twee persone by geleentheid kans om hulle gunsteling geestelike liedjie te sing, CD te speel of saam met die gemeente te sing. Hulle moet sê hoekom dit vir hulle spesiaal is. Hierdie aktiwiteit berei almal voor om mekaar met hulle talente en gawes te dien en is baie belangrik.

Vierde periode: Gee een of twee persone by geleentheid kans om hul gunsteling Skrifgedeelte te lees en te bespreek. Doen ‘n groepbespreking. Doen dit tot almal ‘n kans gehad het. Hierdie aktiwiteit is ook noodsaaklik om die gemeentelede te leer om in die Gees te vloei deur middel van die gawes van lering, bemoediging en stigting.

Vyfde periode: Gee een of twee persone by geleentheid kans om hulle aspirasies vir hul lewens te deel. Wat hulle graag wil doen of word. Al was dit reeds in die eerste sessie gedoen behoort dit herhaal te word. Sodoende leer ons mekaar se aspirasies en weet waarvoor om vir mekaar te bid en waarvoor ons mekaar moet aanmoedig.

As almal al hierdie sessies deurgegaan het, is die groep al goed vertroud met mekaar en kan die Gees gawes al beoefen word.

HOOFSTUK 15

HOEKOM BREEK HUIS GEMEENTES OP?

Dogmatiese en ander verskille

Daar is ‘n paar dingetjies wat veroorsaak dat huiskerk gemeentes opbreek maar dit kan alles teruggewerk word na basies een rede; die menslike vlees. Mense is partykeer net nie geestelik volwasse genoeg om die eie ek in sekere situasies te kruisig ter wille van die voortbestaan van die gemeente nie. ‘n Onbenullige leerstellige verskil kan byvoorbeeld ‘n “deadlock” in ‘n gemeente veroorsaak wat hulle eventueel uitmekaardryf. Lank na die tyd, as hulle terugkyk daarna kan hulle nie glo dat daardie dogmatiese verkil, wat vandag vir hulle nie eens meer dieselfde waarde het nie, hulle uitmekaargedryf het nie.

Dit is ‘n gesindheid wat ‘n gemeente opbreek. Daarna voel hulle sleg daaroor en verwyt hulle hulself oor hulle nie ‘n ander gesindheid openbaar het nie. Die gemeente wat besluit het dat daar nie ‘n manier is dat hulle gaan toelaat dat verskille hulle uitmekaardryf nie, hulle oorleef. Die oproep van Paulus aan die gemeente: “Laat julle oorreed” is hier van uiterste belang. Hy sê hier aan die gemeente dat ons nie hardekwas moet wees nie. Moenie halsstarrig wees nie. Moenie hardkoppig wees nie. “Laat julle oorreed al voel julle, julle is reg”. Die spreekwoord wat sê “It is better to be happy than to be right” is hier ook baie waar.

Ons weet van gemeentes wat jare lank met dogmatiese verskille onder hulle lede oorleef het. Hulle het net besluit dat hulle nie gaan toelaat dat verskille hulle onder kry nie. Hulle het besluit dat eenheid, liefde en verhoudings belangriker is as om reg te wees. Al was dit soms moeilik het hulle altyd óm hierdie kwessies gewerk. Hulle het altyd konsensus met besluitneming bereik! Wat impliseer hierdie stelling? Dit impliseer dat daar altyd iemand was wat hom laat oorreed het en besluit het om die minste te wees. Toe hierdie gemeente hulle volwasse fase bereik het, was hulle oorstelp van vreugde. Niemand het hulle ‘n kans gegee om te oorwin nie maar hulle het. Hulle het almal baie sterker anderkant uitgekom.

Dit is die hart van God wanneer dit kom by dogmatiese verskille. Niemand kan sy oortuigings op ‘n ander afdwing nie. Hy vra net dat ons mekaar moet aanvaar met ons verskille. Dit is hoekom daar in die Nuwe-Testamentiese kerk en in die vroeë kerk nie ‘n klomp denominasies was nie. Daar was net een kerk. Mense kon en het in liefde mekaar aanvaar en in harmonie saamgelewe. Dit was nie nodig om ‘n ander geloof of ‘n ander denominasie te stig waar soort, soort soek nie. Nee, daar was net één soort, die seëvierende kerk van God, die liggaam van Christus. Daar is net een liggaam van Christus.

Die oomblik toe die institusionele kerk ‘n organisasie geword het inplaas van om ‘n lewende organisme te bly, net daar het baie deure vir mense oopgegaan om hulle eie voorkeure na te streef. Die mens het nou self sy eie wil, ambisies en voorkeure in die kerk bepaal en geïmplementeer. Organisasies word bestuur. Besluite word geneem en dinge word verander. So het verskillende denominasies ontstaan en mense kon inskakel by groepe waar hulle gemaklik gevoel het. Wette, reëls en groeperings is die magte wat organisasies bestuur en beheer. Dit is die rede hoekom eenheid in die kerk, myns insiens, in die hande van die organiese huiskerk lê. Hoekom? Omdat leiers en denominasies deur te veel reëls, regulasies, leerstellings en konstitusies geskei word.

Die sisteem moet vaarwel toegeroep word en mense moet God se metode van geestelike gemeenskap omhels. Daar is nie ‘n ander alternatief vir die kerk van God nie.

God plaas ons partykeer juis by ‘n huis gemeente wat oorwegend anders glo as ons sodat Hy ons kan leer om ons te onderwerp. Hy moet ons leer dat verhoudings baie belangriker as leerstellings is. As jy jou broers en susters so lief het dat jy hulle aanvaar met hulle verskille, sonder om jou oortuigings op hulle af te dwing, dan het jou geloof volmaak geword. Paulus skryf in Fil. 2:12-15 en in Rom. 4:13-22 vir ons hoe ons moet optree met betrekking tot leerstellings en geloofsverskille. Dit gaan oor gesindhede:

Fil. 2:12-15

Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld.

Elkeen van ons moet individueel ons eie heil uitwerk en ook as ‘n groep in die gemeente moet ons ons eie heil saam uitwerk. As geestelike familie saam, as natuurlike huisgesin saam en ook as individu werk ons in harmonie ons eie heil uit. Elkeen moet eendag aan God verantwoording doen oor sy eie lewe. Daarom het ons geen reg om ons eie oortuigings op ander af te dwing nie. Daarom moet ons ook in ’n mooi gesindheid mekaar se opinies en geloofsoortuigings respekteer en aanvaar. Jy gaan eendag verantwoording doen oor jou eie lewe, laat ander ook toe om self te besluit oor hulle lewens en om oor hulleself verantwoording te doen.

Dit is soos om mense toe te laat, soos met ‘n buffet-ete, om die kos op te skep wat hy graag wil eet. Daar is allerhande lekker geregte beskikbaar vir hom maar hy het die reg om op te skep wat hy graag wil. ‘n Mens gaan tog nie iemand se bord uit sy hand neem, vir hom opskep en dit voor hom neersit nie. Hy eet nie pampoen nie en nou het jy vir hom pampoen opgeskep. Die “geestelike” voedsel wat hy eet is ‘n saak tussen hom en God. Dit het eintlik niks met jou en my uit te waai nie.

Ons sien dalk dat iemand homself ondervoed en ons is opreg bekommerd daaroor. Maar ons gaan hom nie vas druk en die boontjies met ‘n eetlepel in sy keel afwurg nie. Party mense doen presies dit met geestelike voedsel. Ons mag dalk, met die regte gesindheid natuurlik, getuig van die voordele van sekere voedsel maar dan los ons dit vir die toehoorders om met daardie inligting te maak wat hulle wil. Daar mag nooit enige druk, skuld gevoelens, dwang, of enige ander skemas op mense geplaas word of uitgevoer word om ander mense te beweeg om ons oortuigings in te sien nie. Hoekom word ons kwaad wanneer ons sekere leerstellings beredeneer? Ons word kwaad omdat die ander persoon nie “ons” standpunt insien nie. Ons hoef nie. Ons kan rustig wees hieroor. Hoekom móét hy jou standpunt insien? Die Heilige Gees leer ons en Hy lei ons. God is in beheer en Hy deel met elke mens. Dit is in elk geval belangrik oor wat Sý standpunt is. Dit is in werklikheid Sý leerstellings en nie ons s’n nie. Ons kan dit maar net aan Hom oorlaat om mense met verkeerde leerstellige oortuigings tot ander insigte te bring. Glo my, ons is deur niemand aangestel om dit te doen nie.

Die Gees werking in die Gees vervulde byeenkomste van die huiskerk, waar Jesus Homself deur die Gees aan sy kinders openbaar, is presies die regte plek vir leerstellige regstellings. Die Heilige Gees oortuig mense van Skriftuurlike waarhede sonder dat iemand ‘n woord hoef te sê. Hoe gebeur dit? Die Heilige Gees doen dit deur middel van “impartation” (Van Gees tot gees). Die verstand met sy tekortkominge is nie hier betrokke nie en daarom word die persoon sonder enige probleme van die waarheid oortuig.

Ons moet regtig toelaat dat God ons verlos en ons genees van hierdie euwel van “reg wees” en “reghelp” waaraan so baie van ons ly. Daar is niks goeds daaraan nie en dit bring net frustrasie en verdeeldheid. In die huiskerk kan ons regtig rustig oor lering wees.

Selfs al hoor jy met jou eie ore hoe iemand in die vergadering van die gemeente ‘n verkeerde leerstelling verkondig, behou die vrede en die harmonie en moenie die persoon daar voor almal reghelp nie. Moet hom ook nie eenkant reghelp nie. Moenie hom in die verleentheid stel nie. Liefde en verhoudings is nie net belangriker nie maar ook meer werd as leerstellings. Laat dit aan die Heilige Gees oor. Kyk wat sê Paulus in 2 Tim. 2:14 hieroor:

Herinner aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot die ondergang van die hoorders

Hier sien ons baie duidelik dat twisvrae en woordestryd volgens 1 Tim. 6:5 nie net nuttelose stryery is nie maar dat dit ook lei na afguns, twis, lasteringe, bose agterdog en volgens 2 Tim. 2:14 lei tot die ondergang van die toehoorders. Daar word dus baie groot skade aangerig in die lewens van die mense wat hierdie tipe woordestryd moet aanhoor. Uit respek vir en ook uit ’n pligsbesef teenoor die mense om jou in alle wysheid en verantwoordelikheid moet hierdie tipe gesprekke ten alle koste vermy word, selfs al voel jy dat iemand iets móét sê of doen om die dwaalleer reg te stel.

Die Heilige Gees is ook daar en Hy het gehoor wat gesê is. Hy sal getrou wees en net daar in die stilligheid die waarheid in stilligheid aan die toehoorders openbaar. Dan sal Hy dalk op ‘n ander geleentheid die waarheid met betrekking tot die verkeerde leerstelling op sý manier kragtig by almal tuisbring. Moenie dit uit jouself doen nie. Dit gaan altyd die verkeerde resultate oplewer. Wag tot iemand jou opinie vra voor jy dit gee. Los lering vir die Heilige Gees om mense te leer en te oortuig. Los dit vir die besoekende vyfvoudige bediening wanneer hulle lering sessies aanbied. Ja, ons leer mekaar tog in die huiskerk maar dit moet altyd ’n Gees aktiwiteit wees gebore in die hart van Christus in jou. Dit mag nie uit jouself kom nie.

Paulus het selfs die regte van elke persoon ten opsigte van sy eie geloof en eie oortuigings beklemtoon in Rom 14:13-22. Hierdie gedeelte gaan oor spys en drank en spesiale dae in die kerk.

Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dit liewer, om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.

Wat is hierdie hindernis of struikelblok? Deur jou oortuiging op hom af te forseer. Hy sê in vers 17 die volgende:

Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

Wat se Paulus hier? Hy sê vrede en blydskap en geregtigheid in die Heilige Gees is belangriker as die kwessie oor spys en drank of die viering van spesiale dae.

In vers 20 sê hy dat ons nie terwille van voedsel die werk van God moet afbreek nie.

Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie.

In vers 22 sê hy die volgende:

Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God.

Wat sê Paulus? Los dit my broer. Bly stil. Hou dit vir jouself. Moenie oor dié goedjies stry nie. Los hom dat hy glo soos hy wil. As hy nie sekere vleis wil eet nie los hom. As hy sekere dae wil vier as spesiale dae los hom. Hy moet jou ook los as jy dit wel wil eet of nie wil vier nie.

Hier is dit duidelik dat almal geakkommodeer moet word met betrekking tot hul geloofsoortuigings. Hy doen jou nie skade aan nie. Hy mag dalk homself skade doen deur byvoorbeeld nie in Goddelike genesing te glo nie, maar dit is tussen hom en God en tot sy eie skade. Ons moet regtig rustig wees oor leringe en mekaar se oortuigings verdra. Ons moet ook geduldig wees met betrekking tot geestelike groei. Wees geduldig teenoor jou geestelike broeder met deernis en liefde. Dit is baie belangriker as korrekte leerstellings. Jy is al baie langer op die pad as hy. Gee hom kans om die goedjies baas te raak. Moenie hom veroordeel nie. Hy sal nog daar kom want hy het die Heilige Gees wat hom alles leer en hy het nie nodig dat iemand hom leer nie.

Nie dat ‘n mens altyd ‘n persoon los om te verkondig wat hy wil nie. As ‘n spesifieke persoon knaend terugkeer na sy verkeerde leerstellings toe moet die gemeente op ‘n ander geleentheid, nie tydens die normale byeenkoms nie, die persoon toelaat om alles te sê wat hy wil sê aangaande die spesifieke leerstelling. Dan moet die gemeente konsensus daaroor bereik en met die persoon deel. In sekere gevalle sal hulle die persoon meedeel dat hulle geluister het wat hy te sê gehad het en dat hulle kennis neem daarvan. Hoewel hy die reg het om so te glo is dit miskien nie hoe hulle dit sien nie. Daar word nou van hom verwag om hierdie leerstelling vir homself te hou en nie meer daaroor met gemeentelede te praat nie. Die betrokke persoon moet nou in homself sterf, hom onderwerp aan die gemeente se besluit en daaroor kom. As hy gehoorsaam is sal hy die goeie vrugte daarvan pluk.

Die geskiedenis het ons geleer dat Christene in die institusionele kerk altyd leringe afgedwing het op ander. Vanaf die tyd van die vroeë Katolieke kerk tot vandag toe hou hulle vergaderings daaroor, die leiers neem ‘n amptelike besluit oor ’n spesifieke leerstelling en die uitslag van die besluit word amptelik aangekondig. Dit word deel van die denominasie se dogmatiese leerstellings of konstitusie en almal regdeur die denominasie moet dit doodeenvoudig so aanvaar. Dit word letterlik op die hele kerk of denominasie afgedwing. Gaan lees bietjie in die kerkgeskiedenis boeke watse besluite en watse leerstellings al so ingestel is en watse gevolge dit gehad het. Dit het verskriklike skeuring, tweedrag, bloedige vervolging en die aanvaarding van duiwelse leerstellings in die kerk veroorsaak. Juis dit wat die institusionele kerkleiers so vrees het hulle aartsvyand geword.

Institutional religion also propagates the fear of the trappings of heresy, and rightly so. Ironically, if we are not in a system of religion we have the freedom to steer clear of what the Holy Spirit does not teach. The truth is that when we are locked into institutionalized Christianity, we find ourselves most vulnerable and exposed to spiritual domination and manipulation.

– Johan Carstens

God se metode is dat elkeen verantwoordelik is om leerstellings verantwoordelik te hanteer. Toets dit met die Skrif, toets dit met ander, vra die Heilige Gees om jou te help daarmee en as dit van jou verlang word, hou dit vir jouself. Jy hoef nie ‘n klomp mense saam met jou op ’n dwaalspoor te vat nie. Almal het die Heilige Gees en het nie nodig dat iemand hulle leer nie.

Ook wanneer besoekende vyfvoudige bedienaars verkeerde leerstellings in die huiskerk gemeente verkondig, word dieselfde metode gevolg. Nadat die gemeente konsensus bereik het, vra hulle die betrokke bedienaar om nie die spesifieke leerstellings te verkondig nie. Indien hy hom onderwerp aan hulle versoek behoort die gemeente hom te verdra maar as hy nie daarvan wil afsien nie, moet die gemeente konsensus bereik en die betrokke bedienaar nie verder toelaat om die gemeente te besoek of te bedien nie. Niemand is bo enigiemand verhewe nie. Almal doen verantwoording aan almal. Dit is God se metode van funksionering en sy beskermings sisteem in die kerk.

Kom ons sê vir argumentsonthalwe die betrokke vyfvoudige bedienaar se leerstellings was in werklikheid nie verkeerd nie, dan maak dit nie saak nie. Hy moet hom nog steeds onderwerp aan die gemeente se besluit en daardie leerstellings nie verkondig wanneer hy hulle besoek nie. Die gemeente kan dalk besluit dat die gemeente nog nie geestelik volwasse is vir die betrokke leerstelling nie en dat die bedienaar eers moet wag daarmee. Hy moet so ‘n besluit eer en hom daaraan onderwerp. Die Heilige Gees sal die waarheid wel op sy tyd tuisbring by die gemeente. Daar is geen haas nie. Dit is hoe dit werk in die huiskerk gemeentes. As gevolg van die feit dat Jesus self in beheer is en deur middel van Heilige Gees geïnspireerde gawes met sy kerk deel, is die openbaring van korrekte leerstellings net ‘n kwessie van tyd. Dit kom altyd deur op die regte tyd en op die regte plek.

Waar kom die huiskerk beginsels vandaan?

Die volgende vrae kan altyd gevra word: Waar kom die Nuwe-Testamentiese kerk aan al hierdie goed? Waar het hulle dit gehoor? Wie het gesê hulle moet bymekaarkom soos hulle dit gedoen het? Die antwoord sien ons in die Skrif. Jesus het gekom om die koninkryk van God te kom vestig hier op aarde. Vanselfsprekend sal alles wat Hy gedoen en gesê het baie betekenisvol wees.

Tog sou ‘n mens kon sê dat Jesus nie werklik spesifieke praktiese leiding of praktiese maatreëls ten opsigte van gemeente aktiwiteite en samekomste gegee het nie. Behalwe vir dit wat Hy voor sy kruisiging gedoen en gesê het, wat eintlik algemene waarhede is, dek dit nie juis die liturgie nie. Maar dan sien ons egter ‘n baie belangrike Skrifgedeelte in die Bybel wat presies die teendeel bewys:

Hand. 1:3-4

Aan wie Hy ook, na sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het. En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader…

Jesus was op ‘n missie. Hy sou nie halwe werk kom doen het nie. Hy het presies kom doen wat die Vader Hom gestuur het om te doen. Hier sien ons baie duidelik dat Jesus ná sy opstanding nog baie kentekens gedoen het, en vir nóg veertig dae oor die koninkryk van God gespreek het. Hierdie kentekens en sy orale opleiding oor die koninkryk van God is nie deur die skrywer van die boek Handelinge weergegee nie. Tog is dit duidelik dat Jesus daardie veertig dae intensiewe opleiding moes gedoen het. Dit is hier waar Hy die praktiese riglyne deurgegee het.

‘n Mens kan duidelik sien dat die apostels glad nie in die duister was of onseker was oor hoe hierdie nuwe organisme genoem “kerk” moet funksioneer nie. Inteendeel, alles het klopdisselboom geloop. Kyk wat lees ons in Hand 2:42-47

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Hier kan ons duidelik sien dat hierdie mense geweet het wie hulle is, wat hulle moet doen, waarheen hulle op pad is en die guns van God geniet het. Die “volhard in die leer van die apostels” was nie net die woorde en handelinge van Jesus wat ons in die vier Evangelies van lees nie. Dit was spesifiek dit wat Jesus so intensief met hulle gedeel het tydens die veertig dae na sy opstanding. Daarom het Jesus vir hulle gesê: “…en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het”.

Ons sou nie geweet het wat dit was nie as die fundamentele apostels nie presies dit gedoen het nie (geleer het wat Jesus hulle geleer het) en dit ook nie op papier vir ons verewig het nie. Dit is hoofsaaklik waar die sendbriewe vandaan kom. Dit is dit wat hulle daardie veertig dae by Jesus gehoor het wat die apostels in die sendbriewe geskryf het. Hy (Jesus) het hulle geleer hoe die kerk saam moet kom en hoe hulle die gedeelde gemeenskapslewe saam moet leef deur die inwonende Jesus. Daar is geen twyfel hieroor nie.

Dit was sy laaste bevele voor Hy opgevaar het hemel toe. Ons kan ook aan die Skrif aflei dat Jesus ook later aan Paulus verskyn het en hom ook deeglik opgelei het, net soos wat Hy dit met sy ander apostels gedoen het. Paulus het ook aangaande hierdie bevele en instruksies in sy sendbriewe geskryf. Dit is dan ook die rede waarom die sendbriewe so dinamies is en so gewigtig in waarde ten opsigte van kerkleer is. Dit is eintlik die woorde van Jesus want Paulus het die mense geleer wat Jesus hom tydens hierdie verskynings geleer en beveel het.

As ons dit wat ons in die sendbriewe sien, toepas in die daaglikse handel en wandel van die familie van God, dan bly ons by dit wat Jesus en die apostels geleer het. Ons mag nie daarvan afwyk nie. As die institusionele kerk dit wat georganiseerde godsdiens beheer as Skriftuurlik verdedig, dan leef dit ‘n leuen. Jy kan alles in die Skrif in teruglees as jy wil maar nie sonder om die Skrif blatant te waninterpreteer nie.

Dit is juis om hierdie rede dat die ware kerk nie leerstellings en dogmas op ander afdwing nie. Dit sou weereens meebring dat groepering plaasvind en sulke groeperinge hul leerstellings verdedig deur dit terug te lees in die Skrif in. Die huis gemeente verwyder hierdie skuiwergat. Ons leer die Skrif, die Heilige Gees leer ons deur middel van Gees meedeling (impartation), Hy bevestig dit in sy woord en niemand hoef dit te verdedig nie. Dit word van Gees na gees oorgedra, die verstand is nie betrokke nie en die Skrif bevestig die waarhede. Ons dra kennis oor, ons leer en ons profeteer maar ons laat die oortuiging aan die Heilige Gees oor.

Dit is juis hierdie gesindheid wat ons volwasse seuns van God maak. Ons leer almal om werklik op God en die Heilige Gees te steun vir leiding, wysheid en lering. Ons koppel elke mens aan die Heilige Gees leiding. Ons koppel elke mens aan Jesus deur hom te leer om sy verhouding met Jesus te verdiep. Ons beklemtoon die feit dat elke mens die Heilige Gees het en ’n volwaardige seun van God is. Daar hoef nie menslike middelaars tussen ons en God te wees nie. God wil ’n persoonlike verhouding met elke mens hê. Ongeag wie hy of sy is en wat hulle menslike vermoë is. God werk met die gees van die mens en almal se gees is presies dieselfde. Niemand het ’n voorsprong of ’n verhewendheid bo ander nie. Moenie daardie leuen glo nie. Glo my, dit is nie die waarheid nie. Ons doen mense juis groot skade aan deur tussen hulle en God te gaan staan. Ons word ’n “geleier” tussen hulle en Christus. Sodanige handeling bring verwydering en skade in die liefdes verhouding van sulke mense en Christus.

Almal in die huiskerk gemeente moet hierdie beginsels aangaande leringe onder die knie hê. Gepaardgaande daarmee moet almal ’n gesindheid van liefde, aanvaarding en respek aangaande geloofsoortuigings hê. Laastens moet almal amptelik en daadwerklik besluit en onderneem om nooit in der ewigheid toe te laat dat leerstellings ’n wig tussen hom en sy geestelike familie indryf nie.

Stagnasie

Nog ‘n faktor wat die opbreek van huiskerke kan veroorsaak is wanneer daar ‘n periode van stagnasie plaasvind. Dinge het net skielik begin afkoel. Die gawes van die Gees het minder geword, daar is nie ‘n varsheid in die samekomste nie, mense begin verveeld raak, alles begin ‘n roetine word en die opwinding van ‘n paar weke gelede is net weg. Niemand weet wat aangaan nie en alles is net kleurloos en gemiddeld.

Mense is nou maar eenmaal ‘n wese wat baie maklik verveeld kan raak. Baie mense hou nie van roetine nie en ons lewe in ‘n wêreld van vermaak en sosiale stimulasie soos nog nooit tevore nie. Dink maar aan televisie, sosiale media en die rolprentbedryf. Of ons dit nou wil hoor of nie, ons gemeente aktiwiteite kompeteer in ‘n mate met ons sosiale lewe en ons lewenstyl.

Die Heilige Gees is in beheer van ons lewens en ons gemeente aktiwiteite. As Hy nie in beheer is nie dan is ons besig met ‘n dooie godsdiens. Daar is egter ook baie praktiese metodes om verandering en opwinding in die gemeente aktiwiteite te behou en dit moet gedoen word sodra so ‘n periode van stagnasie gearriveer het.

Hier moet ons egter baie wys optree want daar is ‘n paar praktiese komplikasies of slaggate waarin die gemeente kan trap as hulle nie op hul hoede is nie.

Een van hierdie slaggate is om allerhande gemeente aktiwiteite na te jaag wat nie op daardie stadium goed is vir die gemeente nie. ‘n Paar oorywerige lede van die gemeente oorreed byvoorbeeld die gemeente om baie aktief betrokke te wees met evangelisasie uitreikings. Dit is dalk nog ‘n jong gemeente met jong lidmate of ‘n paar oud institusionele kerk lidmate wat eintlik besig is om te “detox”. Hulle was dalk so betrokke met gemeente aktiwiteite in die institusionele kerk en wil net ‘n bietjie asem skep. Hulle leer nou baie nuwe goed en hul aandag is nou by hierdie nuwe pad van ontdekkings en avontuur. Hulle wil dit wat hulle leer graag toepas in hul lewens. Om hulle aandag nou op ander aktiwiteite te plaas sal doelloos wees.

Ondervinding het ons geleer dat ‘n jong gemeente vir ‘n redelike lang tyd geen projekte of uitreikings moet aanpak nie. Hulle is nog nie geestelik sterk genoeg nie, is nog nie in ‘n hegte eenheid saamgebind nie, vertrou mekaar nog nie heeltemal nie en sal dit nie goed hanteer nie. Dit is eerder ‘n tyd van “inkyk” as “uitkyk”. Die fokus is op die groepie en op die individu binne die groepie. Saam met die Heilige Gees word “stok gevat”, “verstellings gemaak”, “vraagstukke uitgesorteer”, “nuwe goed herkou”, “beginsels geëvalueer” en so meer. Alles is nuut en die gemeente is nie gereed om hul aandag elders te gee nie.

Inteendeel, ons het gevind dat alle gemeente aktiwiteite die beste werk as dit ‘n natuurlik uitvloeisel van die Heilige Gees werking is. Almal weet dan dat dit van God af kom en dat dit die regte tyd is. Dit sluit gemeente bidure, evangelisasie uitreikings, woord bediening en enige ander projekte in. As dit die produk van ywerige kinders van God is, is dit vlees en nie die regte ding om te doen nie. As dit ‘n natuurlike uitvloeisel van die Gees werking in die gemeente is, is dit lewe, is dit kragtig en sal dit vrugte vol wees. Wanneer die inwonende Jesus ons gemeente aktiwiteite beheer dan kan ons nie ’n fout maak nie. Die Jesus lewe is en bly die enigste ware en getroue salwing in ons lewens.

Soos u gesien het is selfs bidure nie ‘n outomatiese, wettiese instelling nie. Die gemeente bid net wanneer tye van intree, deur middel van gebed, deur die Heilige Gees ingelei word. Dit sal ook dan net periodiek wees. “Ons móét bid” is gewoonlik ’n godsdienstige oortuiging. Wanneer ’n tyd van gebed deur die Heilige Gees ingelei word sal almal dit weet.

Alle gemeente aktiwiteite is anders as waaraan ons gewoond is. Evangelisasie was in die institusionele kerk op sekere maniere uitgevoer. Maatskaplike en sosiale uitreikings was op bepaalde maniere uitgevoer. Ons kan dieselfde sê vir alle ander gemeente aktiwiteite. Hierdie is nog ‘n rede waarom die gemeente eers moet wag met allerhande projekte en uitreikings. Ons het wysheid nodig en moet eers geestelik toegerus word om hierdie verantwoordelikheid te aanvaar en suksesvol uit te voer. Wees rustig hieroor en wag op die Heilige Gees.

Stagnasie word veroorsaak deur te min interaksie met mekaar. Hoe meer ons betrokke is in mekaar se lewens hoe beter. Familie aktiwiteite bring opwinding. Daar is dan meer om te doen en meer om oor te gesels.

Dingetjies wat wel gedoen kan word om stagnasie die hoof te bied is die volgende:

Mans en vrouens byeenkomste – Behalwe die weeklikse gemeente byeenkoms, kan die mans alleen en die vrouens alleen, elke ander week bymekaarkom. Die week as die vrouens bymekaarkom kyk die mans na die kinders en andersom. Hierdie byeenkomste is uitsluitlik vir spanbou en om mekaar te leer ken. Dit is ‘n tyd vir gesels, kuier, speel, raad gee en so meer. ‘n Goeie gewoonte is om die byeenkoms altyd met sang aanbidding te begin, ‘n bietjie te getuig en oor geestelike kwessies te praat. Dan moet dit oorgaan in speel, gesels en lekker dinge te doen. Almal moet mekaar leer ken en vertroue in mekaar kry. Dit moet ‘n veilige plek vir elke broer of suster wees waar hy of sy weet hulle goeie raad kan kry, kan gesels oor dit wat hulle pla of na aan die hart is. En natuurlik, dit moet ‘n plek wees waar hulle nie bekommerd oor die veiligheid met betrekking tot konfidensiële inligting hoef te wees nie.

Kwartaallikse oorslaap sessies – Weereens moet die mans alleen en die vrouens alleen elke drie maande alleen bymekaarkom. Die sessie moet vroeg op ‘n Saterdagoggend begin en eers laat die Sondagmiddag klaarmaak. Tydens hierdie naweke moet die gewone gemeente byeenkoms afgestel word. Weereens moet die ander geslag na die kinders kyk as die ander helftes hulle oorslaap het. Dié broers of susters wat nie kan oorslaap nie moet gemotiveer word om tenminste in die dag deel te neem as hulle kan. Hierdie sessies is weereens ontwerp om mekaar te leer ken en om vertroue, aanvaarding en liefde onder mekaar te kweek. Die vrouens moet allerhande speletjies soos “charades”, “Pictionary” en bord speletjies speel, ‘n video kyk, springmielies en sjokolade saameet, die helfte van die nag deur gesels, saam sing, geskenkies omruil en so meer. Die mans kan kampeer, op ‘n visvang ekspedisie gaan, video’s kyk, mekaar leer hoe om romanties teenoor hulle vrouens te wees, ‘n boek saam te lees, saameet en speletjies speel.

Week aktiwiteite – Deur die jaar gedurende die week moet daar allerhande aktiwiteite saam gedoen word. Hierdie aktiwiteite is ook ontwerp om mekaar te leer ken en mekaar te help om “familie” te word. Mans kan sport saam beoefen, golf speel, ‘n krieket of rugbywedstryd gaan kyk, “paintball” speel, gaan skyfskiet, vlugbal speel, saam gaan uiteet, mekaar oornooi vir ete, ‘n mans aand geniet, ‘n krieketwedstryd saam met die seuns speel, saam gaan draf, ‘n gemeente speletjie dag deur teen die vrouens en dogters krieket of iets anders te speel en so meer. Die vrouens kan saam oefen, saam gaan uiteet, saam ‘n “scrapbook” maak, ‘n sirkel joernaal op datum hou, saam ‘n resepteboek skryf, ‘n Pamperlang dag reël, ‘n “makeover” vir een van die susters reël, ‘n susters aand geniet, om die beurt mekaar ‘n stokperdjie aan te leer, mini golf te speel en so meer.

Hierdie “ken mekaar” aktiwiteite moenie ligtelik opgeneem word nie. Dit is in werklikheid die “fondasie” vir die gedeelde gemeenskapslewe. Dit is die begin van “familie” wees. Ons moet saam eet, ons moet saam sing, ons moet saam plesier hê, ons moet saam deel.

Iemand in die gemeente moet ook die “gemeente register”, wat basies net ‘n lys met die name, epos adresse, telefoonnommers, verjaarsdae van almal insluitende dié van die kinders, op datum hou, en gereeld vir elke gemeentelid ‘n afskrif gee. Daar moet regtig gepoog word om elke lid se verjaarsdag op die een of ander manier te vier al is dit sommer net ’n kleinerige okkasie soos om ’n roomys saam te gaan eet of ’n melkskommel te drink. Dieselfde moet gedoen word wanneer iemand by hul werk gepromoveer word, enige prestasie op die sportveld of waar ook al behaal, graduasie en so meer.

Uitbranding

Wanneer oorywerige kinders van die Here te veel aktiwiteite, projekte, uitreikings en gebedsaksies aanpak kan dit mettertyd skadelik vir die gemeente word. Wanneer dit gebeur moet hulle ernstig daaroor besin. Die Heilige Gees sal nooit ‘n gemeente tot op hierdie plek dryf nie. Net soos luiheid nie goed is nie net so ook is oorywerigheid ‘n probleem in die gemeente van God. Daar moet altyd ‘n balans gehandhaaf word.

Institusionalisering

Wanneer ‘n begaafde mens die bewondering van die gemeentelede begin aangryp en hulle begin opkyk na hom en ook stelselmatig afhanklik raak van sy insette en bediening, kan dit somtyds lei tot die institusionalisering van die gemeente. Wat eintlik hier gebeur, partykeer opsetlik maar ander kere onskuldig, is dat so ‘n persoon stelselmatig ‘n posisionele leier in die gemeente word. Wanneer hulle weer hulle oë uitvee is hulle nie meer ‘n outentieke huiskerk nie. Hulle begin dieselfde pad loop as die institusionele kerk en nie lank daarna begin die gemeente aan dieselfde “dooddruk” kondisie van die institusionele kerk lei. Die lewende organisme kwyn en die organisasie floreer. Mens kom dit agter as die Gees gawes begin afneem en gemeentelede passief begin word. Ons ondervinding met hierdie tipe tendens is dat ontevredenheid mettertyd sy kop uitsteek wanneer al die tekens en rituele van die institusionele kerk stadig maar seker terugkom. Die gemeente sal uiteindelik ten gronde gaan.

Dit is juis om hierdie rede dat die gemeente van dag een af konsensus hieroor móét bereik. Geen mens moet toegelaat word om homself, soos Diótrefes van 3 Joh. 1:9, aan te stel as ‘n posisionele leier in die gemeente nie. Nie eens ‘n praktiese reëling, hoe gering ook al, moet in hierdie verband toegelaat word nie.

Wanneer ‘n vyfvoudige bedienaar ‘n gemeente besoek, tel hy dit baie vinnig op. Dit is miskien nie amptelik nie, maar ‘n posisionele leier is hier teenwoordig. Iemand het in ’n posisie ingestap. Hy sien die tekens en hy tel dit op in die Gees. Menslike leierskap ondermyn altyd die vloei van die Heilige Gees want hy begin ‘n “tussenganger” word tussen God en die mens. Hoekom? Die mense begin passief word en na hom opkyk vir geestelike voeding en pastorale sorg. Hulle kan dit nie wegsteek nie.

Wanhoop en moedeloosheid

Somtyds kan dit gebeur dat ‘n gemeente net te veel krisisse en beproewings deurgegaan het en nie werklik konsensus kan bereik oor sekere goed nie. In die proses is baie dinge gedoen en gesê en die gemeente lei ‘n bietjie aan skok. Almal is bang hulle doen of sê iets wat iemand afstoot, almal is oorversigtig en niemand weet hoe om die situasie te hanteer nie. Besluitneming het nou al omtrent ‘n marteling geword en almal voel effens depressief. Gemeente aktiwiteite is afgeskaal en daar gaan nie veel aan in die byeenkomste nie. Tog wil die gemeente nie tou opgooi nie. As hulle egter nie die situasie opgelos kan kry nie sal die gemeente uiteindelik opbreek.

Dit is baie belangrik om hier te noem dat dit die vyfvoudige bediening se werk is om huis gemeentes te besoek en hulle te help om deur al hierdie fases te kom. Dit is hulle bedieningswerk in die liggaam van Christus. Hulle help om probleme te identifiseer, hulle gee advies, hulle rus die gemeentes toe om die verskillende groei fases baas te raak. Dit is juis waarom die vyfvoudige bediening se funksie so belangrik is. Die kerk kan nie sonder hulle nie. Hulle help, hulle stig, hulle bemoedig, hulle gee baie belangrike insettinge maar op die ou end hang dit af hoe die gemeente elke situasie hanteer.

Die gemeente moet altyd die vyfvoudige bedienaars toelaat om hulle te besoek juis om hulle by te staan in hul geestelike groei. Wolwe (vyfvoudige bedienaars wat huis gemeentes besoek om skade aan te rig – onwetend of doelbewus) móét weggehou word ja maar ware bedienaars móét toegelaat word. Sonder hulle insettinge en bediening staan die gemeente nie ‘n goeie kans om te groei tot volwassenheid nie. Die Skrif sê tog duidelik dat die vyfvoudige bediening deur God gegee is om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk.

Dit kán gebeur dat vyfvoudige bedienaars met verskuilde agendas skade aanrig aan ‘n betrokke gemeente. Die verkeerde ding vir daardie gemeente is om nou ‘n gesindheid van oor beskerming aan te neem deur die vyfvoudige bediening te weier om hulle werk te doen. Nie almal het verskuilde agendas nie en die kerk kan nie sonder die vyfvoudige bediening groei nie. Die gemeente wat die vyfvoudige bediening wegwys pleeg geestelike selfmoord.

HOOFSTUK 16

DIE PRIMÊRE ROL VAN DIE VYFVOUDIGE BEDIENAARS

Geestelike termometers

Dit is baie belangrik om hier te noem dat dit die vyfvoudige bediening se werk is om huis gemeentes te besoek en hulle te help om deur al die groei fases te kom. Hulle is geestelike termometers. Hulle bedieningswerk in die liggaam van Christus is om die gemeentes te besoek en die geestelike kondisie van die gemeentes te meet. Hulle vat ast’ware die gemeente se temperatuur en identifiseer afwykings of substandaard kondisies. Hulle monitor situasies en help die gemeente herstel as hulle ‘n bietjie olik of siek is. Hulle help om probleme te identifiseer, hulle gee advies, hulle rus die gemeentes toe om te herstel van probleme wat in die verskillende groei fases opgedoen is. Hulle leer die gemeentes hoe om te ontwikkel en hoe om mekaar te ondersteun om geestelike groei te bevorder.

Dit is juis waarom die vyfvoudige bediening se funksie so belangrik is. Die kerk kan nie sonder hulle nie. Hulle is deur God gegee om deur die krag en die openbaring van die Heilige Gees hierdie observasies te maak en te help om dit reg stel.

Hulle help, hulle stig, hulle bemoedig, hulle gee baie belangrike insettinge maar uiteindelik hang dit af hoe die gemeente hulle advies toepas en elke situasie hanteer. Die vyfvoudige bedienaar is net ‘n raadgewer. Hy neem nie besluite of beheer oor nie. Tydens die besluitneming proses van die gemeente staan hy eenkant. Hy neem nie saam deel aan die lokale gemeente se besluitneming proses nie. Hy mag dalk teenwoordig wees en raad gee tydens ‘n besluitneming vergadering maar dit is so ver as wat sy insettinge gaan.

Wat kan verkeerd loop in ‘n huiskerk gemeente?

‘n Huiskerk gemeente kan die pad heeltemal byster raak. Hulle kan baie maklik en baie gou heeltemal afwyk van die ware aard van ‘n outentieke huiskerk. Hierdie afwykings neem hulle mettertyd al hoe verder van die wil van God af en die uiteinde van die gemeente is dan gewoonlik disintegrasie of kerkskeuring.

Van die belangrikste redes vir afwykings is onkunde: Gemeentelede weet nie wat die aard en dinamiek van die ware outentieke Bybel gefundeerde huiskerk is nie. Dit is juis om hierdie rede dat die Huiskerk handleiding deeglik deurgewerk moet word voordat die gemeente begin funksioneer as ‘n nuutgebore gemeenskap van heiliges. Almal moet vertroud wees met die beginsels wat die Nuwe-Testamentiese huiskerk beheer. As almal weet waaroor dit gaan skakel dit baie frustrasie en probleme uit. Nuwe lidmate moet ook op hoogte gebring word. Die huiskerk handleiding of CD’s moet aan hulle gegee of geleen word sodat hulle dit kan deurwerk indien moontlik. As die groep egter op Jesus gefokus is dan het hulle alles wat hulle nodig het om suksesvol te bly staan deur al die beproewings heen. Niks sal hulle onder kry nie.

Dit gesê, moet ons aanvaar dat ons in die wêreld baie uitdagings die hoof moet bied. Ons moet die wêreld oorwin. Daar is magte teen ons, nie almal boos nie maar net so genadeloos. Die “eie ek” en die “eie wil” byvoorbeeld. Ons moet waak teen ons vyande in ons geloof wandel. Die Engelse spreekwoord is hier ook baie waar: “Prevention is better than cure”. Die alternatief is om probleme so gou moontlik te identifiseer en reg te maak voordat skade aangerig word. Daarom is gereelde besoeke deur al vyf die vyfvoudige bedienaars baie noodsaaklik. Elkeen het sy funksie in die liggaam van Christus en elkeen fokus op sy funksie.

Die herder is gefokus op afwykings met betrekking tot herderskap in die gemeente. Hy sal op die ouderlinge fokus en op die welstand van die gemeente. Hy is besorg oor welstand en verhoudings. Die Heilige Gees sal hom lei om in hierdie areas te bedien. Hy sal openbarings deur die Heilige Gees in hierdie areas ontvang en aanspreek.

Die gemeente se aandag en ywer is onder andere dalk te veel gefokus op “fellowship”. Moenie ‘n fout maak nie, “fellowship” is die fondasie waarop die pilaar van die gedeelde gemeenskapslewe staan en is baie belangrik. Die gemeente kan egter te veel “fellowship” en ‘n wanbalans in gesindhede openbaar. Daar is gewoonlik tekens daarvan soos ‘n kondisie van te veel sorg en fokus op ons as groep en niks en niemand anders buite ons groep nie. Die Engelse spreekwoord noem dit: “Us four and no-more”. So ‘n groep kry gewoonlik nie mense by nie.

Mense word genooi en hulle besoek wel die gemeente. Hulle skakel egter nie in nie, want hulle tel ‘n “vibe” op. Die “vibe” sê julle is welkom om te besoek maar moenie inskakel nie. Ons is ‘n oulike groepie en alles is “hunky-dory” hier by ons. As julle inskakel kan dit dalk die harmonie kom verstoor. So ‘n groepie reik dan ook nie uit na buite nie. Hulle weet nie van ander mense se ellende, pyn en verdriet nie en is net op hulle eie probleme gefokus. Hulle is naderhand werklik glad nie bekommerd oor ander mense nie.

Die herder behoort hierdie afwyking baie vinnig te identifiseer en moet dit dan aanspreek. Hy moet die gemeente op ‘n baie diplomatiese manier in kennis stel wat hy observeer of wat die Heilige Gees op sy hart lê. Hy moet hulle vertel van die gevolge van so ‘n gesindheid. Hulle is soos ‘n dam wat geen uitvloei het nie. Daar is ‘n invloei maar hulle gee niks uit nie. So ‘n gemeente is nie soos ‘n sprankelende rivier wat lewe gee nie. Dit is soos ‘n vuil dam wat vir hulleself opgaar. Hulle kan die seëninge egter nie alles self gebruik nie en dit begin verrot en dryf in die water rond. Hulle is eintlik besig om hulleself te isoleer. Die opbouende hupstoot wat hulle moes kry elke keer wanneer nuwe mense inskakel het nie gebeur nie en nou pluk hulle die wrang vrugte daarvan. Nuwe mense bring nuwe dimensies en nuwe groei geleenthede in die gemeente in.

So ‘n gemeente begin mettertyd stagneer en die isolasie begin sy tol eis. As hierdie kondisie nie reggestel word nie sal die gemeente uiteindelik disintegreer of opbreek. Hulle moet tot die besef kom dat hulleself belangriker geword het as Jesus. Hul verhouding met Hom, as gemeente, is nie meer gesond nie.

Wanneer ‘n leraar die gemeente besoek raak hy byvoorbeeld bewus van ‘n kondisie wat hy identifiseer as kortsigtigheid met betrekking tot leerstellings. Die groep is byvoorbeeld behep met ‘n spesifieke onderwerp of leerstelling en dit is al waaroor hulle kan praat of gefokus is. Hulle is byvoorbeeld behep met die eindtyd leerstellings of Goddelike genesing. Daar is nie ‘n balans met betrekking tot hulle fokus nie. Hulle is so behep met “hulle” leerstelling dat hulle die groter prentjie totaal verloor het. Alles draai om hierdie leerstelling. Wanneer nuwe mense inkom word hulle dadelik gepols om hulle standpunt of opinie aangaande hierdie leerstelling vas te stel. Dit sal dan ook bepaal hoe hulle in die groep aanvaar gaan word.

Dit is hier waar die leraar die groep met positiewe lering moet wys daarop dat geen leerstelling vir Jesus Christus kan vervang nie. Jesus behoort eintlik die fokuspunt van ons almal te wees. Daar waar almal om Hom vergader en Hom altyd die middelpunt van hul aandag en fokus maak, daar sal balans, vrede en oorwinning wees. Jesus maak onmiddellik die groter prentjie duidelik. Hy openbaar sy globale wil omtrent alles. Hy bring ons op hoogte met sy prioriteite en dit wat vir hom belangrik is. Hy wys ons wat ons ewigheid doel is en Hy bring Goddelike doelgerigtheid in ons lewens. Fokus op Jesus en alles val in plek.

Soek eers die koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word. Hier sien ons dat ons fokus nie op die bymekaarmaak van aardse besittings moet wees nie.

Ons moet weet wat sy koninkryk beginsels is. Ons moet uitvind watter wette beheer sy koninkryk. Ons moet weet hoe ons moet optree en watter handelings is nie volgens God se koninkryk beginsels nie. Een beginsel sê “reik uit na ander”. ‘n Ander beginsel sê “gee om vir mekaar en sorg vir mekaar”. ‘n Ander beginsel sê “saai en jy sal maai”.

Die leraar moet rigting aanwys met betrekking tot God se koninkryk beginsels. Dan sal geestelike groei plaasvind en die gemeente kan volwasse status bereik. Die apostel of die leraar identifiseer byvoorbeeld ‘n kondisie van geestelike hongersnood. Die gemeente het net nie genoeg openbarings woord in hulle nie. Die tekens daarvan is duidelik sigbaar: Net ‘n paar mense neem aktief deel in die byeenkomste. Die meerderheid is passief en totaal van hierdie klein groepie binne die groot groep afhanklik. Daar is nie geestelike diepte in die byeenkomste nie. Alle besprekings en aktiwiteite is oppervlakkig. ‘n Mens kan duidelik sien die groepie leef op melk en nie vaste spys nie. Hulle is geestelik ondervoed.

Hulle praat nie oor Jesus buite die byeenkomste nie en dit is duidelik dat hulle nie juis weet waarheen hulle op pad is nie. Hierdie kondisie kan baie maklik reggestel word. Die gemeente het net ‘n goeie dosis geestelike voedsel nodig. Die apostel of die leraar moet dit onmiddellik vir hulle gee. Ek stel voor dat spesiale lering sessies gereël word. Elke gemeente moet die regte geestelike voedsel eet, hulle moet ‘n gebalanseerde maaltyd geniet en hulle moet leer hoe om hierdie voedsel met ander te deel.

Op dieselfde wyse sal die profeet ook kondisies in die groep identifiseer. Hy sal observeer of deur Gees openbaring weet of die groep visieloos is of ‘n verwronge visie vir die groep het. Hy sal profeties bedien en rigting aanwys. Die profeet bring weereens gebalanseerdheid met betrekking tot die visie van die groep. Die visie is weereens nie iets nie maar die persoon Jesus Christus. Hy moet meer word en hulle minder. Hy moet die fokuspunt in alles en almal wees.

Hy sal God se wil vir die spesifieke groep en vir spesifieke individue in die groep aanwakker. Hy sal weet waar die aanpassings gemaak moet word. Hy sal God se wil aan hulle bekend maak. Hy sal so ’n vlugtige lig skyn op die geestelike pad wat hulle moet loop. Hy sal hulle stig en bemoedig en deur handoplegging die geestelike gawes en die doping in die Heilige Gees in hulle aanwakker.

So ook die apostel of enige ander vyfvoudige bedienaar wat in hierdie area ‘n salwing het. ‘n Gemeente wat nie die doping in die Heilige Gees deelagtig is nie sal nêrens kom nie. Hulle het reeds gefaal nog voor hulle begin het.

Die vyfvoudige bediening mag dalk ook ‘n kondisie van “verslawing aan Gees gawes” by ‘n groep onderskei. Maak weereens geen fout nie, die Gees gawes is die fondasie van die “geestelike bediening” in die huiskerk gemeente. ‘n Mens of ‘n groep kan egter ook hier uit balans raak. Ons herken hierdie toestand wanneer mense absoluut gefokus is op die Gees gawes. Dit is al waarvoor hulle lewe. Hulle jaag net wonders en tekens agterna. Hulle wil ten alle koste ervarings beleef deur die Heilige Gees in aksie te sien en te voel. As hulle niks sien of voel nie is hulle diep teleurgesteld. Vir hulle draai alles om tekens, wonders, profesieë, tale, sensasie en gevoel. Hulle wil God ten alle koste met hulle fisiese sintuie ervaar.

Mense met hierdie gesindheid is ook maar geestelik nog onvolwasse. Dit is werklik nie al waaroor dit gaan nie. Daar is ander dimensies van God wat niks met die gawes van die Gees te doen het nie. Ons dink aan die vrugte van die Gees soos liefde. Dan is daar goed soos aanvaarding, stil wees en geloof. Partykeer is dit juis ons geestelike volwassenheid wat vir Jesus en die Heilige Gees die vrymoedigheid gee om sommer net saggies met ons in ons gees te werk. Daar is geen gevoel of gebeurtenis nie maar Hy het sy doel in ons bereik soos Hy wou. Partykeer móét God se werk in geloof geskied en nie in krag nie omdat dit juis ons geloof versterk.

Partykeer moet ons behoeftes nie in kragtige Gees werking voorsien word nie maar in die outomatiese resultaat van gehoorsaamheid. Partykeer moet ons die stryd aansê en nie net van God verwag om ons probleme met ‘n “towerstokkie” op te los nie. Ons kan nie net “partytjie” hou nie en ons kan nie net Gees werking geniet nie. Ja, word dronk in die Gees maar onthou, die fokus moet altyd op Jesus wees. Die liedjie sê: “We seek the Giver, not the gifts”.

Jesus is die enigste Persoon of rede waaroor ons absoluut behep mag raak. Moenie terughou nie. Jy hoef geen balans te hou wanneer dit by Hom kom nie. Raak tot jou ore toe verlief op Hom en word ‘n “Jesus freak”. Aanbid Hom, geniet Hom, baljaar in sy teenwoordigheid soveel as wat jy wil. Hy is die Bruidegom en Hy verdien dit!

Die vyfvoudige bedienaars moet dan hierdie en soortgelyke kondisies in die gemeente identifiseer en saam met die gemeentes moet dit reggestel word. Net in ‘n goed gebalanseerde gemeente, waar die fokus Jesus is en al die ander goed in ‘n mooi balans teenoor mekaar lê, sal geestelike groei dinamies wees.

Jesus is altyd die oplossing vir al ons probleme

Ek het laat deurskemer dat die vyfvoudige bediening altyd, in alle omstandighede, die fokus weer op Jesus plaas om die probleme in die gemeentes op te los. Hoekom volg hulle altyd hierdie beginsel?

Die apostels het ‘n openbaring van ‘n asemrowende, majestueuse Jesus gehad. Dink ‘n bietjie daaraan: Jesus het vir veertig dae lank aan hulle verskyn ín sy verheerlikte liggaam. Hy het hulle geleer en intens insae in hul lewens gemaak tydens daardie tyd. Hulle het belewenisse ervaar in daardie tyd wat hulle nooit sou vergeet nie. Dit was soos om in die Hemel te wees. Hulle het Jesus geken en Hy het ‘n groot indruk op hulle gemaak. Hulle was deurweek met Hom en sy Gees.

Hulle het dit egter nodig gehad want om die koninkryk van God te vestig op aarde in die vyandige omgewing waarin die apostels en die vroeë kerk hulle bevind het, sou nie maklik wees nie. Die apostels het twee groot probleme in die gesig gestaar: Die Jode en die Romeine.

Die Jode se aanslag was tweërlei van aard. Eerstens was daar die Joodse geloof met sy leiers wat Jesus verwerp het. Hulle godsdiens is ontmasker en hulle posisies as selfaangestelde leiers is bevraagteken (Onthou, God het nooit die Fariseërs en die Sadduseërs aangestel nie – die bestaan van hierdie leiers was ’n menslike instelling). Hulle hele geloof, waardesisteem, beginsels en die relevansie van hulle verhouding met God is bevraagteken en aan die kaak gestel. Jesus het hulle blootgestel. Hy het duidelik kom uitwys dat wat hulle gedink het van God is, eintlik maar net menslike tradisie en oorlewering was. Hulle het Jesus gehaat en later die apostels gehaat en sou nie rus tot almal uitgewis was nie.

Dan was daar nog die jaloesie oor die Christelike geloof so vinnig toegeneem het. Die boek Handelinge sê dat die Here daagliks bygevoeg het by die gemeente en dat die Christene guns geniet het in die oë van die hele volk. Die Jode was dan ook, as gevolg van jaloesie, verantwoordelik vir genadelose vervolging en die Christene het swaar gekry onder hulle. Die Christene was uiteindelik heeltemal uitmekaar gedryf namate meer en meer van hulle gestenig is en doodgemaak is.

Tweedens was daar die Joodse Christene. Hulle het Jesus aangeneem maar wou net nie hulle Joodse tradisies en heilige koeie opgee nie. Hulle was vir Paulus ‘n groot frustrasie. Oral waar hy gemeentes gestig het en die volkome verlossingswerk van Jesus geleer het (die genade daad van Jesus waar menslike werke geen rol speel nie maar alles uit genade ontvang word), het hierdie “valse” apostels knaend die “heidense” Christelike gemeentes besoek en hierdie wettiese verordeninge kom leer. Hulle was soos skelm wolwe wat die skape in die nag infiltreer en hulle geloof kom besoedel het met Joodse tradisies.

Om hierdie bedreiging die hoof te bied was juis een van die redes hoekom Paulus die sendbriewe moes skryf. Hy moes gedurig probeer red wat te red is en vals leringe regstel met die onvervalste woord van God. Hierdie “wolwe” was ‘n bedreiging vir die huiskerk gemeentes en vir baie lank ‘n groot frustrasie in die koninkryk van God. Hulle het alles probeer afbreek wat die apostels gebou het en het dit baie keer reggekry. Hoekom het Paulus hulle optrede in so ‘n ernstig lig beskou? Omdat ‘n “genade geloof” die fondament is waarop die kerk gebou word. ’n “Werke geloof” bring self geregtigheid wat eintlik die verlossingswerk van Jesus verwerp. ’n “Werke” geloof is niks anders as ’n dooie godsdiens nie. Die “werke geloof” lyk goed maar die uiteinde daarvan is die dood. Paulus het die gemeentes knaend gewaarsku met die volgende woorde: “As iemand enige ander geloof as net Jesus Christus verkondig, vervloek is hy”, “moenie so ’n persoon by julle ontvang nie”.

Vandag in die huiskerk gemeenskap het ons nie meer hierdie Joodse bedreiging wat oor ons koppe hang nie. Daar is tog steeds mense wat soortgelyke leringe en byvoegsels promoveer. Hulle probeer altyd die “genade” werk van Jesus Christus met ‘n Jesus plus geloof vervang. Jesus is nie genoeg nie. Daar moet altyd iets bygevoeg word. Dit is ’n groot gevaar vir huiskerke. Dan is daar ook Christene wat allerhande Joodse tradisies in die kerk probeer invoer: “raak nie aan nie”, “smaak nie”, “Joodse vakansiedae en Oud Testamentiese Joodse feeste”, “die blaas van sofars”, “die waai van baniere”, “Joodse gebed tjalies”, ander kledingstukke, artikels en so meer.

Dan was daar die Romeinse ryk om mee rekening te hou. Die hele ryk was deurweek met heidense gelowe. Een van die redes wat hierdie afgode diens so aangehelp het, was die vrede wat daar in die ryk geheers het. Die lande wat in die Romeinse ryk opgeneem is kon effektief met mekaar handel dryf omdat baie gunstige omstandighede hiervoor geheers het. Daar was hoofpaaie wat regdeur die ryk al die vername stede aanmekaar gekoppel het en almal kon vrylik rondbeweeg en dit het die ekonomiese kondisie van die hele Romeinse ryk positief beïnvloed. Hierdie gunstige omstandighede het natuurlik ook die Christelike geloof gepas.

Die lande wat in die Romeinse ryk opgeneem was, was oor die algemeen tevrede om deel van die ryk te wees as gevolg van die voordele wat dit ingehou het. Israel was egter nie tevrede daarmee nie. Die heidense gelowe en gebruike het hom dwars in die krop gesteek en die beloftes van God in die Ou Testament dat hulle nooit oorheers sou word nie, het dit vir hulle ondraaglik gemaak in die ryk. Die Jode het natuurlik vergeet dat God se beloftes kondisies gehad het waaraan hulle nie voldoen het nie. Een van hierdie heidense gelowe in die Romeinse ryk was mense aanbidding. Sommige van die Romeinse keisers het van die mense verwag om hulle te aanbid. Mense wat geweier het om dit te doen is baie keer wreed gemartel en dood gemaak.

Ons kan ons indink dat die Jode en die Christene swaar gelei het onder hierdie omstandighede. Keiser Nero in 54-68 NC en Keiser Domitian in 81-96 NC het baie Christene maar ook Jode wreed gemartel en vermoor. Nero het Christene in olie geweek en hulle dan lewendig saans in sy tuin aan die brand gesteek om as straatlampe te dien. Domitian was nog erger in sy vervolging van Christene. Toe hy aan bewind was, het hy die Keiser aanbidding tot die uiterste gedryf. Die ergste en wreedste vervolging van Christene was egter tydens die heerskappy van Diocletian in 286-305 NC en Galerius in 305-311 NC. Baie kinders van God het in dié tyd as martelare gesterf. Daar is nooit amptelik rekord gehou van die aantal martelare wat tydens die Romeinse periode gesterf het nie, maar ‘n skatting van tussen 1 en 3 miljoen oor ‘n tydperk van 250 jaar word algemeen aanvaar. Dit was donker tye in die geskiedenis van die kerk maar tog het die Christelike geloof steeds baie vinnig gegroei.

Dit was in hierdie tye wat Christus sy koninkryk kom vestig het. Die apostels en die kerk het regtig groot uitdagings gehad maar het regtig iets gehad wat hulle bonatuurlik versterk het om staande te bly en die oorwinning te behaal. Wat was dit?

Hulle het ‘n Jesus geken wat jou laat snak na jou asem. Hulle was deurweek met Hom. Hy was so groot ín hulle dat geen uitdaging, probleem, situasie of kondisie enigsins ‘n kwessie was nie. Dit is hoekom hulle bly staan het en dit is hoekom hulle oorwinning gehad het in alle omstandighede.

Dit was die fondasie waarop die apostels gestaan het. Dit was ook die fondasie waarop die vroeë gemeentes gestaan het. Hoe kon die vroeë gemeentes ook op hierdie selfde fondasie gestaan het? Hulle het nie dieselfde ervarings met Jesus gehad as wat die apostels gehad het nie of hoe? Hy het mos nie vir veertig dae aan elke gemeente verskyn nie, of het Hy?

Die antwoord is voor die hand liggend. In die vroeë kerk het die apostels en die res van die vyfvoudige bediening hierdie fondasie in die huis gemeentes ingebou. Dit was dié fondament wat hulle gelê het. Daar was geen reëls, regulasies en konstitusies in werking gestel om hulle te beheer nie. Niks het die gemeente beheer of gemeentelede se gedrag gereguleer nie behalwe Jesus, die Persoon. Die antwoord vir elke probleem was altyd net Jesus. Omdat die apostels so met Jesus deurweek en begeester was, het hulle geweet dat Hy al is wat die gemeentes nodig het. Niks anders was gekonsidereer nie. Ons lees daarvan in 1 Kor. 3:11-12:

Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom…

Jesus is die fondasie. Hy is ook die goud, die silwer en die kosbare stene. Die plus en allerhande leerstellings, bedienings, idees, opinies, konstitusies, agendas en geestelike belangstellings is die hout, die hooi en die stoppels. Paulus sê ’n bietjie verder aan dat die dag sal kom dat dit deur vuur openbaar gemaak gaan word. Die vuur gaan die hout en die hooi en die stoppels verbrand. Daar sal daarvan niks oorbly nie, want die wind sal tot die as wegwaai. Daarom sê hy dat ons versigtig moet wees hoe ons op hierdie fondasie bou.

In elke huiskerk planter se lewe kom daar altyd die versoeking om iets anders te bou. Ons moet ons egter daarvan weerhou. Paulus het vir ons die voorbeeld kom stel. Hy het geweet wat is die Goddelike oplossing vir elke situasie. Kom ons kyk ‘n bietjie met watse probleme Paulus gekonfronteer was:

1 Kor. 1:10-13

Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening. Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is. Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus. Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?

1 Kor. 3:2-4

Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos — is julle nie vleeslik nie?

1 Kor. 5:1-3

n MENS hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ’n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het. En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit…

1 Kor. 6:1-11

Durf iemand van julle wat ’n saak teen ’n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie? Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge? As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word. Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie? Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges? Dan is dit al werklik ’n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie? Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders. Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

Hierdie is probleme wat Paulus met die gemeentes in Korinte gehad het. Ons praat nie eens van die ander gemeentes in ander stede of dorpe nie. Net in Korinte was dit al klaar erg genoeg. Kyk waarmee hy gesit het; ernstige goed soos kerkskeuring, tweedrag, twiste, jaloersheid, vleeslikheid, dwaling, hoerery, ander sondige optrede, wêreldse gedrag en so meer. Ek wonder hoe sou die kerk vandag sulke probleme in gemeentes opgelos het?

Paulus het hom weerhou daarvan om allerhande planne, idees en maatreëls in plek te stel. Hy het hom daarvan weerhou om beheer te neem. Hy het hom weerhou daarvan om ‘n deksel op die vry deelnemende aard van die gelowiges se byeenkomste en leefwyse te plaas. Nee, hy gaan hulle nie beperk nie. Hy het geweet dat die gemeente hulle fokus van Jesus afgehaal het. Hy het geweet die gemeente het net weer ‘n konfrontasie met daardie asemrowende majestueuse Jesus nodig. Hy het geweet Jesus is die antwoord. Hy het geweet dat as Sy liefde en sy Gees weer die gemeente deurweek, dan sal sý wil en sý liefde weer seëvier en hierdie vleeslikheid onder hulle verwyder. Paulus se rede en prediking was nooit in wysheid nie maar in Gees. Ons weet ook dat die Gees altyd die fokus op Jesus plaas. Kyk hoe konfronteer Paulus die Korintiërs hier nadat hy van die lelike goed onder hulle geledere gehoor het:

1 Kor. 2:2-5

want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde. Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing; en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.

1 Kor. 3:23

maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

1 Kor. 1:23

maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ’n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke…

1 Kor. 1:30-31

Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.

Ons moet nooit in die versoeking kom om beheer oor te neem wanneer ons afwykings en probleme in die huiskerk gemeente ervaar nie. Ons moet op God en sy wil vertrou. Al is ons nie in beheer nie; Hy is nog steeds in beheer en Hy is in staat om enige situasie in die gemeente te herstel. Moenie inmeng nie. Moenie die situasie in jou eie hande neem en probeer manipuleer nie. Bring net die fokus terug na Jesus. Gee vir hulle Jesus en jy gee vir hulle die oplossing. Moenie teen die probleem vaskyk nie. Moenie die intellek inspan nie. Moenie redes soek en die waaroms probeer beantwoord nie. Moenie vergaderings hou en die probleem probeer ontleed nie. Kry net die hele gemeente se oë weer gefokus op hierdie asemrowende majestueuse Jesus. Dit maak dit nie net maklik nie maar dit draai die situasie onmiddellik om.

As ons hierdie fondasie van Jesus Christus reggelê het, dan ervaar die gemeente dieselfde belewenis met Jesus as wat die eerste apostels gehad het. Hy verskyn nou nie vir veertig dae lank aan hulle nie maar deur die Gees word Hy, elke keer as die gemeente bymekaarkom, daar in hul midde deur openbarings bediening teenwoordig gemaak. Hulle sien Hom soos Hy is. Hulle ervaar Hom soos Hy is en hulle ken Hom. Hulle ken sy stem en hulle word net so deurweek met sy persoon en sy Gees soos wat die eerste dissipels was. Dit is die belofte van God aan hulle wat op hierdie manier bymekaarkom en lewe.

Hoekom hulle (wat so bymekaarkom) en nie almal nie? Twee redes: Want hulle kom bymekaar op God se manier, die manier wat God self teenwoordig maak in hul byeenkomste; deur middel van die gawes van die Gees (Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging —laat alles tot stigting geskied) en nie op die manier wat mense teenwoordig maak nie (Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, laat die voorsang leier die gemeente in lofprysing en aanbidding lei, laat die herder afkondigings maak, laat die herder bid, laat die herder preek, laat die herder die mense deur gebed bedien, laat die gemeente al hulle aandag op die herder rig, laat die gemeente stil wees — laat alles tot stigting geskied).

Tweedens lewe hulle ook op die manier wat God beveel het, die gedeelde gemeenskapslewe van die gelowiges en nie die geïsoleerde lewe van die institusionele kerk nie. Daarom is die Jesus van die huiskerk anders as die Jesus van die institusionele kerk. Dieselfde Jesus, maar ‘n heeltemal anderse ervaring en belewenis van Hom. Die een groep ken Hom en hulle is deurtrek met sy Gees en sy Persoon. Die ander het meer ‘n intellektuele kennis van Hom en weet nie regtig wie Hy is nie, al dink hulle so. Hulle weet nie van beter nie. Hulle weet nie dat daar meer is as wat hulle ervaring van Hom is nie. Hulle weet nie dat Hy baie groter is as dit wat hulle van Hom sien nie.

Die vyfvoudige bedienaars is mense wat Jesus ken en sy woord ken. Hulle het ‘n baie intense en diepe verhouding met Hom. Hulle fokus is Jesus. Vir hulle is die Woord en die woord dieselfde ding want Jesus ís die Woord van God. Inteendeel, Hy het die woord ten volle oopgemaak vir hulle omdat hulle ervaring, die gedeelde gemeenskapslewe en die gawes van die Gees, die woord relevant gemaak het. Nou eers verstaan hulle die woord. Nou eers val die legkaart in plek. Nou eers verstaan hulle die vier evangelies en die sendbriewe van die apostels ten volle. Dit het werklik die regte leefwyse nodig om ten volle tot verwerkliking te kom.

HOOFSTUK 17

DIE GRONDSLAG VAN ESSENSIËLE BYBELSE WAARHEDE

Dit is baie belangrik dat die huiskerk gemeente deeglik bewus moet wees van ‘n paar Bybelse waarhede om hulle te help om geestelik te groei en om in hulle geloof versterk te word. Sonder hierdie Bybelse waarhede het hulle ‘n groot agterstand en gaan dit die pad vorentoe bemoeilik. Wat is hierdie waarhede? Ek noem dit die groot G’s

Geloof uit genade

Elke gelowige in die gemeente moet weet dat ons net uit genade gered is. Daar is hoegenaamd niks wat ons kan doen van ons kant af om ons verlossing en saligheid te bewerkstellig nie, te verdien nie of in stand te hou nie. Daar moet nie die minste twyfel hieroor wees nie. Ons kan in niks roem nie behalwe die genade werk wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het nie. Ons kan niks daarby voeg nie en niks daarvan wegneem nie. Dit was ‘n liefdesdaad van God aan die mens wat totaal in sy eie sondes en ellende vasgevang was. Daarom noem ons dit redding of verlossing. Ons Verlosser het ons, deur sy bloed wat vir ons gevloei het, kom red van ons sondes en uit ons wanhopige toestand van verdoemenis.

Hy het vir ons die prys eens en vir altyd ten volle betaal en ons gered van die hel, sonde en die ewige verderf. Sonder Hom sou ons almal in die grootste wanhoop en ellende verkeer het. Nie een van ons sou daarvan kon ontvlug het nie. Ons sou nie ‘n kat se kans gehad het nie. Daar sou geen uitkoms gewees het nie, want die Bybel sê dat almal gesondig het en nie een van ons die heerlikheid van God deelagtig is nie. Daar sou vir ons geen hoop gewees het nie en ons sou dit heeltemal verdien het. Deur Hom het daar vir ons versoening gekom met die Vader. Daar is dus vir ons almal net een uitweg, net een hoop om uit hierdie gemors te kom. En dit is om jou hart en jou lewe vir Christus te gee. Aanvaar sy geskenk van genade en moenie godsdienstig wees nie.

Verwerp alle pogings om jou verlossing te probeer verdien. Verwerp alle pogings om God te probeer behaag. Net die bloed van Jesus kan Hom behaag. Verwerp alle pogings om goed oor jouself te probeer voel deur ‘n goeie en ‘n mooi lewe. Verwerp alle pogings om uit jouself allerhande mooi goed te probeer doen. Verwerp alle pogings om uit jouself verkeerde dinge uit jou lewe te probeer kry. Dit lyk na die regte pad maar die uiteinde daarvan is die dood. Stop dit om minderwaardig oor jouself te voel. Stop dit om altyd skuldig oor jouself te voel. Dit doen oneer aan die verlossingswerk van Jesus en die krag van sy bloed. Ons hoef nooit sleg oor onsself te voel nie, want ons leef in genade. As ons faal reinig die bloed ons altyd en aanhoudend. Vergeet van moets en moenies, raak nie aan nie, smaak nie en allerhande wettiese goedjies. Hierdie wettiese goedjies fokus op gedrag en nie op genade nie. Dit is niks anders as die Joodse tradisies wat hulle op die kerk wou afsmeer nie. Leef in vryheid en in genade sonder enige oordeel. Leer om nie op gevoel te lewe nie maar op die waarheid van die onvervalste woord van God. Kyk wat sê 1 Joh. 3:2-3 oor die reiniging van die bloed van Jesus:

Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

Hier sien ons in stede van om iets te doen om beter oor jouself te voel, moet ons maar net ons hoop op Jesus gevestig hou. Deur net op Hom te hoop sê jy eintlik vir Hom; ek weet ek kan nie, maar ek maak op Jou staat, en juis omdat jy daardie gesindheid het, reinig sy bloed jou voortdurend. Ons maak altyd staat op wat Jesus reeds vir ons gedoen het. Daar is nooit ‘n breukdeel van ‘n sekonde wat sy bloed jou nié reinig nie. Jy is altyd, dag en nag, deur alle omstandighede en beproewings heen, net so reinig soos Jesus self. Hier staan dit wit op swart (1 Joh. 3:3), ons is altyd net so rein soos Jesus self omdat ons hierdie hoop op Hom het. Daar is geen verskil tussen die reinheid van Jesus en ons reinheid nie. Die Bybel sê ook Jesus is ons Hoëpriester wat elke dag vir ons intree by die Vader.

Jy het nog altyd net die wit gewaste kleed aan wat Hy vir jou aangetrek het toe jy Hom begin volg het. Jou vuil modder bevlekte klere is verbrand en jou sondes is so ver van jou verwyder as wat die Ooste en die Weste van mekaar af verwyder is. Die Ooste en die Weste kan nooit bymekaar uitkom nie. Hoe verder jy Wes loop hoe verder ontwyk die Weste jou want Wes bly altyd Wes van jou al loop jy reg rondom die aarde. God dink nooit weer aan jou sondes nie omdat dit nie meer bestaan nie. In sy teenwoordigheid is ons altyd skoon en rein. Sjoe! Dit ís genade!

Dit is waarom 1 Joh. 3:6 en vers 9 sê dat kinders van God nie kán sondig nie. Hoekom nie? Want hulle is uit God gebore en die saad van God bly in ons:

Vers 6: Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien nie en Hom nie geken nie.

Vers 9: Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie want hy is uit God gebore.

Om dit beter te verstaan moet ons nie vergeet dat die mens uit gees en uit vlees bestaan. Die mens se gees is altyd in absolute harmonie met God en kan nie sondig nie. Jou gees behaag God ten alle tye. Hy wil nie sondig nie en kan nie sondig nie. 1 Joh. 3:6 en 9 praat hier van die gees. Die probleem is egter met ons vlees. Ons vlees is nie in harmonie met God nie en wil eintlik sondig. Dit word deur vleeslike begeertes gelei en die eie ek vier hoogty. Daar is ’n stryd tussen die gees en die vlees. Daar is nie oorlog tussen die twee nie. Die twee druk ook nie arm om te kyk wie die sterkste vandag is nie. Nee, die gees probeer altyd om die vlees te oorreed om die regte ding te doen. Hy redeneer met die vlees en wys hom op die negatiewe gevolge van ’n roekelose leefwyse. Hy oorreed die vlees om homself vrywillig oor te gee aan die wil van God. Die vlees laat hom ook oorreed en kom so al meer in lyn met die wil van God. Hy begin verstaan en hy begin insien dat Godsweë die beste is. Hy slaag egter nie altyd daarin om homself te onderwerp nie. Partykeer wil hy sy eie wil laat geskied en dan sondig die vlees. Dit is hierna wat Paulus verwys in Rom 7:15-20

Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie! Maar wat ek haat, dit doen ek. En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.

Paulus het dus die werklikheid van 1 Joh. 3:6 en 9 verstaan. Hy het geweet dat hy (gees) nie wil en nie kan sondig nie. Maar hy het ook geweet dat hy (vlees) wil sondig en kan sondig. Hoe is dit moontlik en hoe werk dit?

Hy wat uit God gebore is kan nie sondig nie omdat God nie kan sondig nie. Almal ín Jesus kan nie sondig nie omdat Jesus nie kan sondig nie. As jy die hele 1 Joh. 3 lees dan sê dit vir ons basies die volgende: Moenie mislei word nie. Hy wat dink dat hy nie sondig nie maak ‘n groot fout. Ons het almal gesondig. Maar moenie moedeloos wees nie. Hy wat Jesus volg het sy hoop op Hom gesit en daarom reinig hy homself voortdurend, terwyl sy hoop op Jesus en Jesus alleen bly. Hy word geregverdig omdat hy glo en nie homself probeer regverdig nie.

Daarom is dit dan onmoontlik vir so ‘n persoon om te sondig. Die oomblik wat hy iets verkeerd doen (vlees), wat onder normale omstandighede sonde sou gewees het, word die daad in so ‘n persoon se lewe nie as sonde toegereken nie uit genade omdat hy uit God gebore is, God se saad in hom is en hy in God glo. Hierdie verkeerde misstap is ín Jesus gedoen en daarom word dit nie as sonde gereken nie. In Jesus opereer genade en waar genade opereer is nie sonde nie. Al daardie verkeerde dade, word net soos die ou verkeerde dade, onmiddellik deur die bloed van Jesus weggeneem en daarom kan God nie eens aan ons nuwe sondes dink nie, wat staan nog die oues. Dit word gouer as die heel kleinste breukdeel van ‘n sekonde so ver as die Ooste van die Weste is, van ons verwyder. Inteendeel, dit word van ons verwyder terwyl ons dit doen. Daar is nie eens die kleinste breukdeel van ‘n sekonde ter sprake nie. In Jesus verdwyn sonde onmiddellik. Selfs die verkeerde dinge wat ons nog gáán doen word ook gereken reeds weggeneem te wees deur die bloed van Jesus want Hy het reeds ál ons sondes, tot die wat ons nog nie eens gedoen het nie, op die kruis vir ons gedra. Dit is baie belangrik om te weet dat die bloed van Jesus nie sonde bedek soos die bloed van lammers van die Ou Testament gedoen het nie. Die bloed van Jesus neem sondes weg, daarom bestaan dit nie meer nie.

Vers 5: En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie.

Hierdie versie beklemtoon die feit dat Jesus ons sondes eens en vir altyd weggeneem het. Wanneer jy ín Hom sondig is dit weg terwyl jy dit doen. Eerstens is daardie sonde nie deur die ware jy (gees) gedoen nie maar deur jou vlees. Daarom word dit jou nie toegereken nie. Dit is groot genade. Ook Johannes die doper het, toe hy die Messias aangewys het gesê: “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” Ons is ín Hom en ín Hom is geen sonde nie. Daarom is daar ook geen sonde in ons nie, want ons is ín Hom. Kan jy al sien dat jy elke dag van jou lewe in en deur alle omstandighede heen, elke sekonde van elke dag net so rein, geregverdig, geregtig en sondeloos soos Jesus is. Presies dieselfde, daar is geen verskil nie. Hy het dit reggekry deur werklik sondeloos te lewe. Want dit was en is ín Hom. Ons kan dit net doen deur Hom, uit genade en in die geloof, aan te neem as ons Verlosser. Dit was nie en is nooit ín ons nie. Ons het Hom verewig nodig en daarom bly Hy altyd ons Hoëpriester.

Ons moet dit uit geloof en in genade ontvang, maar die eindresultaat is dieselfde. Ons is net so rein, net so Heilig, net so geregtig, net so regverdig en net so sondeloos soos Jesus self. Dit is hoe volkome sy verlossingswerk was, dit is hoe kragtig sy bloed is. Dit is presies hierdie wonderlike waarheid wat ons die reg gee om enige tyd, elke sekonde van elke dag, sonder enige skuldgevoelens van enige aard, die allerheiligste teenwoordigheid van God te kan instap en met Hom gemeenskap te hê. Dit maak ons altyd skoon en rein voor God. Dit is hoekom ons altyd, in sý teenwoordigheid, net liefde, aanvaarding, genade en vrede ervaar. Daar is nooit skuldgevoel as ons die troonkamer van God betree nie.

As jy in sý teenwoordigheid skuldgevoelens ervaar beteken dit altyd net een van twee dinge:

Jy maak nog in ‘n mate op jouself staat om reg te lewe. Daar is nog ‘n ietsie wat jy uit jouself probeer doen óf,

Jy verstaan nie die wonderlike verlossingsdaad van Jesus Christus volkome nie. Jy weet nog nie presies wat dit is om in genade te lewe nie.

As jy nog baie teleurgesteld in jouself voel wanneer jy faal, dan is dit ‘n baie goeie teken dat jy nog nie geregtigheid uit genade verstaan nie. Party mense vra die vraag; hoe kan jy nie teleurgesteld voel as jy gefaal het nie? Die antwoord is eenvoudig: Omdat ek God lief het, wil ek Hom graag altyd behaag deur ’n mooi en gehoorsame lewe te lei. Omdat ek Hom lief het, wil ek nie hierdie wonderlike genade misbruik deur dit as ’n verskoning te gebruik om te doen wat ek wil nie. Omdat ek Hom lief het poog ek altyd om die regte ding te doen. ’n Onbesonne oomblik van faal is dus werklik nie opsetlike misbruik van sy genade nie. Omdat ek weet dat ek sy genade nie misbruik het nie maar werklik gefaal het, en omdat ek weet dat sy bloed my reeds gereinig het, voel ek geen teleurstelling, verwyt of veroordeling daaroor nie. Ek hou nie daarvan nie en ek sê steeds, “ekskuus” maar gaan dadelik aan om heilig voor Hom te lewe sonder enige veroordeling. Die duiwel kan my nie meer soos ’n veroordeelde laat voel nie, want dan sou dit fokus op werke. Ek vóél geen oordeel nie, want ek weet daar ís geen oordeel nie. Ek kan nie sondig nie en dit wat my vlees aanvang word my nie toegereken nie. Dawid het dit in die Ou Testament al profeties verwys na die mense wat in die Messiaans dispensasie wedergeboorte sou word uit die Gees van God volgens Psalm 32:2

Welgeluksalig is die mens aan wie die Here die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie

As jy ‘n lewe van val en opstaan ervaar waar jy jouself aanhoudend moet bekeer, dan is dit ‘n definitiewe teken dat jy die genade boodskap nog glad nie verstaan nie. Die evangelie uit geloof en uit genade is net te goed om waar te wees vir sulke mense. Iemand wat dit werklik verstaan en nie op “gevoel” lewe nie maar in geloof lewe, lewe in oorwinning. Dit maak ‘n baie groot verskil. So ‘n persoon bekeer homself net een keer. Hy weet wie hy is in Christus Jesus. Hy sal nooit die leuen oor sonde en sonde bewustheid glo nie; want hy glo die woord van God en hy lewe nie op gevoel nie.

Jy behoort nooit weer so ‘n gevoel van skuld of veroordeling in jou te aanvaar of toe te laat nie. Dit is van die duiwel af en hy misbruik jou onkunde. Jy moet die duiwel, sy aanklagte en hierdie gevoelens weerstaan.

Wat dit ook al is, dit is net hier waar die duiwel mense die onderspit laat delf. Net hier behaal hy die oorwinning oor hulle. Hoekom? Geregtigheid en genade is die fondasie waarop jou geloof staan. Sonder daardie fondasie is die stryd verlore; jy kan nie teen sy leuens en aanklagte staan as jy nie in geregtigheid staan nie. Jy kan nie die beloftes van God vir jouself toeëien as jy nie in geregtigheid staan nie. Baie keer bid mense vir genesing en hulle ervaar dat hulle werklik geloof het daarvoor maar tog maak hulle nie die deurbraak nie. Die rede daarvoor is gewoonlik juis hierdie onderwerp. As jy weet dat jy altyd in geregtigheid voor God staan dan maak dit jou vrymoedig, dapper en versterk dit jou geloof.

Grace is God’s overwhelming desire to treat people as though sin never happened.

– Kenneth Copeland

Omdat jy in Jesus is, het jy vir God nog nooit gesondig nie. Daarom behandel Hy ons soos mense wat nog nooit gesondig het nie. In Christus het ons geen verlede nie, net ’n toekoms.

Geregtigheid

Ek het reeds ‘n paar dinge oor geregtigheid gesê maar wil net die volgende byvoeg: Geregtigheid gaan gepaard met verlossing uit genade. Omdat ons uit genade lewe, en nie uit dooie werke nie, het Jesus ons geregtigheid geword. Jesus was die enigste mens wat ooit sonder sonde op aarde as 100% mens kom lewe het. Dit het Hom geregtig gemaak. Die Bybel sê, nou dat ons Hom as ons Verlosser aangeneem het, het sy geregtigheid ons s’n geword. Daarom ís ons die geregtigheid van God in Christus. Dit beteken ons is net so geregtig voor God soos Jesus Christus self.

Rom 4:5

aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.

2 Kor. 5:21

Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Die Bybel sê ook dat ons met ons harte glo tot geregtigheid en met ons monde bely tot redding. As ons God se geregtigheid verstaan, dan verstaan ons sy liefde. Dit is ‘n liefde wat sê dat Ek al die reg het om jou te vernietig, maar omdat Ek jou oneindig lief het, maak ek eerder ‘n weg, al kos dit wat ook al, om jou te red sodat Ek jou verewig as my bruid teen My bors kan vasdruk en koester. As jy sy liefde verstaan, verstaan jy ook sy voorsiening (Hy wat tot God nader moet weet dat Hy is en dat Hy ‘n beloner is van die wat Hom soek).

God se hartsbegeerte vir elkeen van ons is om net hierdie groot genade te aanvaar. Hy wil hê dat ons moet ‘n lewe van oorwinning en vrede moet lei. Hy wil hê dat ons moet vergeet van sonde en selfverwyt. Om voor Hom te staan en sanik oor sulke goedjies verheerlik Hom glad nie. Dit bring nie eer aan die verlossingswerk van Jesus nie en dit bring nie eer aan die krag van sy bloed nie.

Maar ons kan mos nie sommer net sondig soos ons wil nie! Natuurlik nie. Genade is nie ‘n lisensie om te lewe soos jy wil nie. Mense het nie ‘n lisensie nodig nie. Mense wat wil sondig doen dit in elk geval. Toe Paulus hierdie genade boodskap aan die vroeë gemeentes verkondig het, is hy oor hierdie selfde kwessie gekonfronteer. Hoor wat was sy antwoord:

Rom 6:1-2

Wat sal ons sê: Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het; hoe kan ons nog daarin lewe?

Kyk die uitroep teken. Paulus kan dít nie insien nie! Hoe kan ons so redeneer? As jy ‘n ontmoeting met hierdie wonderlike wese, die Seun van God gehad het, en jy het ‘n ware liefdes verhouding met Hom, dring die liefde, respek en agting wat jy vir Hom het jou om nie aspris te sondig nie. Dit kom nie eens in jou op nie. Ons neem hier ’n besluit. Ons besluit om nie ons posisie in hierdie asemrowende liefdevolle God te misbruik nie. Vir hom, hoewel kind van God, by wie dit nie ‘n hartsbegeerte is om Hom in gees en waarheid te dien nie, is die genade boodskap nie eens nodig nie. Hy sal God in elk geval teleurstel deur nie heiligmaking na te streef en te koester nie. Hy het nie die “genade skuiwergat” nodig om te maak wat hy wil nie. Hy doen dit in elk geval. Paulus se stelling beklemtoon dat heiligmaking ‘n gesindheid is. Jy het dit, of jy het dit nie. Jy het nie ‘n lisensie nodig nie.

Daar is ’n spreekwoord oor kinders van God in hierdie verband: “When you give them the choice; to choose to sin or to choose to love Jesus Christ, they always choose to love Christ”. Wanneer hulle faal is dit altyd die sonde in hulle, die vlees wat nog nie heeltemal onder beheer is nie, wat sondig. Hulle sal altyd eerder kies om Christus lief te hê as om te sondig. Die oomblik van swakheid kom vir almal in ’n stadium in ons geestelike groei. Dit is onvermydelik. Dit is juis die rede hoekom ons genade nodig het.

Jy wat na heiligmaking streef, wat is die gevolge van ‘n onbesonne daad wat jy in ‘n oomblik van swakheid pleeg? Dit verander nie jou posisie in Christus nie. Jy is steeds ín Hom en jy is steeds in die koninkryk van die Seun van sy liefde. Jy is steeds ‘n skoon bloed gewaste kind van God. God sê vir jou: Moenie my vermy nie. Kom dadelik in My teenwoordigheid in en ervaar hoe ek jou met My liefde koester en jou posisie in My bevestig. Moenie veroordeel voel nie, want as jy so voel, dan leef jy volgens die wet en nie uit genade nie.

Wat is die praktiese gevolge van so ‘n onbesonne daad dan? Dit moet tog een of ander effek hê? Ja, dit het. Dit vertroebel verhoudings. Toe jy jou werkgewer gevloek het, het jy hom ‘n bietjie afgestoot. Jy het hom voor die ander werknemers in die verleentheid gestel. Hy voel ‘n bietjie gegrief en dit kan finansiële komplikasies hê. Jou promosie is dalk met ‘n jaar uitgestel. Die verhouding moet ook nou herstel word. Ons kan dit nie daar laat nie. Die atmosfeer moet “skoongemaak” word. Vergifnis is nodig om verhoudings te herstel en nie om jou posisie in Christus te herstel nie. Dit het geen skade gely nie. Daardie woordjie, ek is jammer, ek weet nie wat oor my gekom het nie, vergewe my; dit maak alles weer reg. Dit openbaar die gesindheid van Jesus en dit herstel weer die verhouding. Indien jou werkgewer nie jou apologie aanvaar nie, kan jy dalk verder daaronder lei soos geen promosie nie solank jy vir hom werk nie. Die belangrikste is dat jy jou saak met hom reggemaak het en reg moet hou.

As jy tydens hierdie voorval net hartseer oor die voorval was en graag die verhouding wou herstel, is jy in die wil van God en eer jy sy verlossingswerk en die krag en genade van sy bloed. As jy egter veroordeel voel of as jy jou ast’ware weer in sak en as wil bekeer, dan leef jy nog onder die wet. Jy streef dan nie net na heiligmaking met die hulp van die Heilige Gees in jou nie, maar vir jou is korrekte optrede ‘n absolute móét, en uit jouself. Hoe kan ek so sê? Want in jou mislukking en teleurstelling het jy nie teruggeval op sy genade nie maar jou blindgestaar teen jou mislukking. Jy sien, God se genade is ons “backup”. Nie ‘n foutlose leefwyse nie. As jy hierdie waarheid verstaan, dan leef jy ‘n oorwinnende lewe van heiligmaking sonder teleurstelling, skuldgevoel of oordeel, ongeag jou tekortkominge. Ek het die volgende aanhaling op Facebook raakgeloop:

Die Bybel leer ons dat verlossing deur genade geskied en net deur genade. Geen menslike pogings of menslike hulp van enige aard is van enige waarde nie. Wanneer die verlore en dorstige sondaar na Christus kom vir verlossing, dan kom hy soos ’n gebruikte voertuig; “voetstoots ” as ’n vuil, verlore en ’n verdoemde sondaar. Daar is geen doel om eers skoon te probeer maak of ’n beter persoon te probeer wees nie. Nee, hy kom “voetstoots”. Hy kom met leë hande. Hy kom sonder “werke”.

Genade is “onverdiende guns”. Onverdiende guns beteken die straf wat ons toekom is op Christus geplaas en die “geregtigheid van Christus” het ons deel geword. Dit is ’n gratis geskenk. Die enigste ding wat ons moet doen, is om met ons hele hart te glo en hierdie geskenk te ontvang.

Van hierdie oomblik af is ons nie meer slawe van die sonde en van die duiwel nie. Nee, Jesus het ons vrygemaak van sonde. Hy het sonde weggeneem. Hy het ons nie IN sonde vrygemaak nie maar vrygemaak VAN sonde. Vry van slawerny het ons nou ’n nuwe Meester en ’n nuwe verhouding met God. Die ou dinge het verbygegaan (die dien van die wêreld, satan en die sonde). Alles het nuut geword. Daardie nuwe lewe is ’n lewe in Christus wat na heiligmaking lei. Dit lei ook na ’n nuwe begin met nuwe werke, ’n nuwe verhouding en nuwe verantwoordelikheid.

Nou kom daar egter ’n vraag op: IS VERANTWOORDELIKHEID NIE MAAR NET WEEREENS “WET” GEMENG MET GENADE NIE?

Die antwoord is nee, verantwoordelikheid beteken nie dat jy teruggaan onder die wet van Moses nie of dat jy probeer om jou eie saligheid met “werke” probeer bewerkstellig nie. Nee, hoe kan jy iets probeer bewerkstellig wat jy reeds gratis ontvang het?

Verantwoordelikheid beteken net dat jy groei in die genade wat Christus reeds vir jou gegee het en reeds in jou begin het. Deur gehoorsaamheid groei jy in die geloof. Christus het jou uit die modder uit opgetel, jou skoongewas, jou ’n nuwe mens gemaak, jou op die pad van geregtigheid gesit en vir jou nuwe beginsels gegee waarvolgens jy moet lewe.

Hy bring jou in beweging met hierdie nuwe beginsels en nuwe direksie maar jy moet self daarvolgens wandel. Jy moet self besluit om hierdie beginsels te volg en daarvolgens te lewe. Jy moet self jou keuses maak en as jy Hom toelaat sal Hy die werk wat Hy in jou begin het, voltooi. Hy doen dit deur middel van die Heilige Gees in jou lewe. Om deur die Heilige Gees gelei te word beteken dat jy die verantwoordelikheid het om die Heilige Gees in jou lewe te gehoorsaam. As jy dit doen dan sal die Heilige Gees jou altyd van “sonde” af weglei en jou lei na die woord van God. Hy sal jou altyd lei na die waarheid en na die wil van God vir jou lewe. Hy lei jou na nuwe werke wat by die geloof pas. Om gehoorsaam te wees beteken nie “wet” of “werke” nie. Nee, gehoorsaamheid beteken ’n nuwe natuur. Om gehoorsaam te wees beteken getrouheid en dankbaarheid.

Genade beteken jy het die voorreg om ’n vrugte volle Gees vervulde lewe te lewe. Daar sal altyd ’n verskil wees tussen kinders van God en sondaars. Hulle het twee verskillende “nature” en twee verskillende “meesters”. Deur hulle vrugte sal jy hulle ken. As daar geen verandering is nie dan het daar nie nuwe geboorte plaasgevind nie, daar is nie ’n nuwe mens nie en daar is ook geen verlossing nie. Wanneer ’n persoon nie ’n nuwe natuur ontvang het nie, dan het hy steeds die ou natuur van die duiwel en is hy steeds die “ou man” en doen hy steeds dieselfde ou dinge. As ’n mens hom nie wil bekeer nie dan is daar geen genade nie.

Die Nuwe-Testamentiese boodskap is ’n boodskap van verandering. Jesus en die apostels het ’n boodskap van verandering gepreek. ’n Verandering na ’n nuwe lewe met nuwe werke. Hierdie verandering is ’n nuwe lewe van wandel in die Gees en in die lig van God. Die boodskap was dat hulle wat hierdie lewe het die mag besit om die sonde, die duiwel, versoekinge en hierdie wêreld te oorwin want die Gewer van hierdie lewe het reeds alles oorwin.

Om in die WIL van God te wandel moet kinders van God die verantwoordelikheid aanvaar om volgens die WOORD van God te wandel. Om gehoorsaam te wees is nie wetties nie. Die skrywers van die Nuwe-Testamentiese woord van God het baie “moets” en “moenies” vanaf die boek Handelinge voorgeskryf. Hoewel die Skrif sê dat ons hierdie bevele moet gehoorsaam moet ons dit nie “wetties” doen nie. Ons doen dit nie om salig te word nie, nee, ons doen dit om die evangelie van Christus in gehoorsaamheid te leef. Ook Jesus het in die vier evangelies “moets” en “moenies” voorgeskryf. In Matt.28:19 sê hy: “…en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het”.

Charles Spurgeon het eenkeer gesê: “If you have received this grace, which has abounded over your sin, take care that you do more for grace than you ever did for sin. Grace that can’t change a life will not save the soul. Take heed that you stay in grace and not fall from it”

– Willem Franck

Soos ek reeds genoem het, genade en geregtigheid is die fondasie waarop elke kind van God se geloof en sy wandel met God staan. Ook die huiskerk gemeente het hierdie fondasie nodig om effektief en dinamies geestelik te groei. Sonder hierdie fondasie wag daar probleme vir beide die individu en die gemeente. Hierdie fondasie is waarheid en is lewe. Enige ander weg lyk dalk reg of lyk dalk goed maar bring eintlik die dood.

Geloof in die Rhema woord van God

Die woord van God kom altyd in ons tot stand deur die Heilige Gees. Sonder die Heilige Gees is die woord van God dood. Logos woord is dood. Elke gelowige moet toelaat dat die Heilige Gees hom leer. Niemand anders kan jou leer nie omdat die Gees van God enige woord wat tot jou kom, eers in jou gees “Rhema” (openbarings) woord moet maak voordat dit in jou hart kan groei en vrug dra. Al die kennis in jou gees en in die koninkryk van God kom deur middel van openbarings woord. Die Heilige Gees is altyd die een wat ons oortuig van die waarheid of die een wat die waarheid vir ons oopbreek. Hy praat met ons direk in ons gees. Die Bybel sê dat ons die waarheid sal ken en dat die waarheid ons vry sal maak. Hierdie “ken” is in die gees en nie jou fisiese brein nie. Waarheid kan jou net vrymaak as dit in jou gees is en vrug dra. Baie belangrik hier om te onthou is dat sonder die Heilige Gees woordbediening onmoontlik is.

Die duiwel ken net die “logos” (geskrewe) woord van God en daarom is hy grootliks in die donker met betrekking tot God se wil en God se planne. As hy die “Rhema” woord gehad het, sou hy nie so naarstigtelik Jesus se dood gesoek het nie. Hy sou geweet het dat Jesus moes sterf om die sondes van die wêreld weg te neem en die heerskappy van die aarde weer terug te neem. Hy het egter nie die Heilige Gees om hom te lei en die woord aan hom te openbaar nie. Daarom is hy steeds in die donker. Hy weet sekere goed maar baie dinge weet hy nie. So ook mense, ongeredde en ook geredde mense. Ja, selfs gelowiges weet net wat die Heilige Gees aan hulle openbaar. Dit is ook dan presies hoekom Hy gestuur is. Hoor wat sê Jesus in Joh. 14:26

Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat ek julle gesê het.

Ons word dus presies soos die woord sê deur die Gees van God gelei en geleer. Dit maak ons kinders van God. Net kinders van God het die Heilige Gees en daarom kan net kinders van God deur die Gees gelei word. Nou kom die Nuwe-Testamentiese waarheid tot sy reg: Alle kinders van God word deur die Gees gelei want alle kinders van God het sy Gees. Hy het sy Gees op alle vlees uitgestort soos die profeet Joël voorspel het. Die Gees is nie meer soos in die Ou Testament net op priesters, profete en konings nie. Daarom sê Jesus die volgende:

Lees 1 Joh. 2:27

En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.

Lees 1 Joh. 2:20

En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.

Lees Joh. 6:63

Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Ons het dus die Heilige Gees, Hy bly in ons, ons het óók die salwing van die Heilige Gees, die woorde van Christus wat ons moet leer ís gees en lewe, ons is gees, God is Gees en omdat Hy sy Gees vir ons gegee het, weet ons alles want Hy leer ons en Hy herinner ons aan alles wat Jesus gesê het. Jesus leer ons dus deur sy Gees.

Ons leermeester is dus Jesus Christus deur die Heilige Gees. Na wie toe moet ons dus gaan as ons wil leer. Na God toe. In Matt 23 beaam Jesus dit:

Lees Matt 23:8-12

Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders. En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is. Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus. Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.

Jy het seker ook al gehoor mense verwys na iemand as sy geestelike vader, gewoonlik omdat hy baie respek en agting vir so ‘n persoon het. Hy het gewoonlik iets by so ‘n persoon geleer. Dit is mooi om respek vir mekaar te hê en mekaar te respekteer. Tog sê die Bybel dat ons nie geestelike vaders moet hê behalwe God nie. Want God is ons Vader. Hý leer ons. Kyk wat sê Psalm 32:8

Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; My oog sal op jou wees.

God bevestig hier in die Ou Testament presies wat Jesus in die Nuwe Testament sê. Hý wil ons leer.

Hoor wat sê Jak. 1:5

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Hier bevestig God dit weer. Hý wil ons leer, Hý wil ons lei, Hý wil vir ons wysheid gee. Weet jy watse eer jy jou God aandoen as jy Hom nader vir wysheid en kennis. Hy belowe dat Hy dit vir jou sal gee elke keer as jy Hom vra. Dit is vir Hom ‘n eer want jy maak Hom jou bron, jou raadgewer, jou vertroueling. Nee, God wil nie hê jy moet ander vra vir wysheid nie. Hy wil ook nie een van baie raadgewers wees nie. Hy wil nie hê dat ander jou moet leer nie. Hý wil dit vir jou doen.

Dit is sy wil want dit is die beste en veiligste manier om die waarheid en wysheid deelagtig te word. Klop jy aan enige ander deur, gaan jy die meeste van die tyd 99% opinies hoor! God sê eintlik vir jou dat jy ’n kans waag as jou wysheid van iemand anders af kom. Dit maak nie saak wie daardie persoon is nie. Hy is nie God nie. Mense dink hulle doen goed deur ander gesiene of suksesvolle mense te nader vir raad, advies of hulp. Hulle dink so want hulle verwar omstandighede, situasies en Skrifgedeeltes met mekaar. Hulle dink dat dit die eerbare en regte ding is om te doen. Hulle het dit selfs iewers in die Bybel gelees. Die werklikheid is dat hulle dit wat hulle gelees het nie in die regte konteks bring nie. Hulle verstaan dit verkeerd. Ek wil dit graag illustreer deur middel van ‘n voorbeeld:

Johan wil weet wat hy eendag moet word. Hy hou van ‘n paar beroepe maar is baie onseker. Hy kan na ‘n beroepsadviseur toe gaan wat toetse op hom gaan doen, sekere beroepe gaan groepeer in kategorieë wat die beste by sy profiel pas. Uiteindelik het hy ‘n keuse uit ‘n paar beroepe en selfs ‘n bevestiging dat een spesifieke beroep hom soos ‘n handskoen gaan pas. Johan kan egter na God toe gaan vir wysheid. Hy doen dit toe ook. God se antwoord aan Johan was toe dat Hy wil hê dat Johan sy pa op die plaas moet help boer terwyl Hy hom voorberei om die liggaam van Christus evangelisties te bedien. Om ‘n boerdery te bestuur was nie eens op die beroeps adviseur se lys van geskikte beroepe nie. Wat het Johan hier wys geword. Hy het kennis geneem van die wil van God vir sý lewe. Mense kan dit nie vir jou gee nie. Hy mag dalk intellektueel baie bevoegd wees om ’n rekenmeester te wees maar dit is nie wat God vir sy lewe beplan nie. God wil hê Hy moet ’n evangelis word!

Die werklikheid is dat die adviseur jou nie eens ken nie. Hy kan nie vir jou besluit nie. Daar is niks fout daarmee om beroepsvoorligting te gebruik nie en dit kan baie waardevol wees. Moet dit egter nie jou bron van wysheid maak nie. Daar is ’n meer uitnemender weg. Bid jou God vir wysheid. Hy sal jou wysheid, raad en advies gee.

Johan moet nou boer. Sy pa is oud en die boerdery is nie baie suksesvol nie. Johan weet nie veel van boerdery af nie. Hoe moet hy dit nou hanteer? Moet hy gaan raad vra by ander suksesvolle boere? Kom ons kyk wat sê Spreuke:

Spreuke 24:6

Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.

Hier sien ons dus dat dit goed sal wees om raad by die omliggende boere te vra. Die Bybel sê leer by ander en kry baie advies. Hoekom? Mense met ervaring het al die pad gestap en kan jou baie raad gee. Luister na al die raad en besluit dan wat is die beste raad vir jou omstandighede en jou situasie. Gebruik jou gesonde verstand om dit uit te werk. Jy sal voorspoedig boer en suksesvol wees in jou arbeid as jy goeie raad inwin.

Die Bybel sê eintlik vir ons om mense raad te vra oor die alledaagse, die wêreldse goed, die fisiese dinge. Selfs hier, as ons steeds onseker is na al die raad, kan ons God steeds vra vir wysheid om jou te help om te weet watter raad die beste vir jou omstandighede sal wees. As dit egter kom by God se wil vir ons lewe, sy planne vir ons lewe en sy woord, die geestelike goed, dan moet ons God ons bron van wysheid en kennis maak. Hier gaan mense se raad vir jou niks beteken nie. Inteendeel, dit gaan jou verwar, op ‘n dwaalspoor neem en vir jou ‘n groot probleem word. So erg? Definitief ja, so erg. Kyk na die volgende Skrifgedeeltes:

Spreuke 3:6

Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.

Spreuke 8:14

Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne. Hierdie gedeelte gaan oor die Gees van God wat “Wysheid” genoem word. Wysheid word met ‘n hoofletter geskryf.

Spreuke 19:21

Baie planne is in ’n man se hart, maar die raad van die Here, dié sal bestaan.

Spreuke 21:30

Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die Here nie.

Dit is baie duidelik dat God ons raadgewer en ons leermeester is. Hy leer ons deur die Heilige Gees en ons het nie nodig dat iemand ons leer nie. Die Heilige Gees maak die “logos” woord “Rhema” in ons harte. Hy maak intellektuele kennis openbarings kennis. Openbarings kennis is God se instrument waarmee Hy sy kerk toerus. Hy doen dit van Gees tot gees. Hy skakel die brein of intellektuele vlak van die prosessering van informasie uit. Wat moet ons gesindheid dan hieroor wees. Kom ons lees net nog ‘n paar versies wat meer perspektief gee.

2 Tim 3:14-17

Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

2 Tim 2:15

Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Hier sien ons dat as ons die Skrif ken, dan is ons volkome toegerus vir elke goeie werk. Skrif kennis maak ons volkome. Hoe maak Skrif kennis ons volkome? Die Heilige Gees gebruik die Skrif kennis en Hy maak dit openbarings kennis in ons gees? Hoe kry Hy die Skrif kennis in ons gees? Dit kom tot ons deur die volgende hulpmiddels: Deur die Skrif te lees, deur leraars, deur Christelike literatuur, deur ons broers en susters, deur die vyfvoudige bediening en laastens praat die Heilige Gees direk in ons gees met ons. Baie interessant is dat al hierdie bronne van kennis in twee groepe ingedeel kan word. Die eerste groep wat uit net een Persoon bestaan, naamlik die Heilige Gees, is die een wat openbarings kennis verskaf (“Rhema” woord). Die ander bronne word almal, op gelyke vlak, in die tweede groep ingedeel want hulle almal verskaf intellektuele kennis (“Logos” woord).

Hoekom plaas ons al die ander op gelyke vlak? Alle logos woord is op gelyke vlak in die sin dat logos woord net inligting is. Dit maak nie saak hoe dit tot jou kom nie want dit bly net “logos” woord. ‘n professor op ‘n universiteit kan dit aan jou oordra dan is dit nog steeds net “logos” woord. Jou pastoor kan dit aan jou oordra dan bly dit steeds net “logos” woord. Jou ma kan dit aan jou oordra en dan bly dit steeds net “logos” woord. Jy lees dit in ’n boek en dan bly dit steeds net “logos” woord. Jy lees dit in die Skrif (Bybel) en dit bly net “logos” woord. Vir hierdie rede behoort ons ewe veel waarde te heg aan die insette van alle mense. Moenie mense op hulle baadjie takseer nie. Nou kan hierdie tweede groepie nog verder in weereens twee groepe verdeel word: Die Skrif in die een groep want dit is van voor tot agter totaal net “logos” woord. Die ander groep (leraars, Christelike literatuur, broers en susters en die vyfvoudige bediening) verskaf twee tipes informasie, “logos” woord en hulle eie opinies.

Predikers sê gewoonlik dat hulle die woord van God bring as hulle preek. Dit is eintlik nie heeltemal waar nie. Die Skrifgedeeltes waarna h